Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » WORS*********
WORS********* [boodskap #7571] Ma, 04 November 1996 00:00 na volgende boodskap
jd58...  is tans af-lyn  jd58...
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Wors is the name for a type of sausage. Pap is a type of corn derived food, it
is similar to the Italian "palenta" or something.
AS a combination they are favorites in SA.

Johnathan
> ds
Re: WORS********* (en PAP en Braaibrood) [boodskap #7584 is 'n antwoord op boodskap #7571] Wo, 06 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

: Pap is eintlik meer 'n transvaalse ding ???.
Dit sou miskien meer korrek (en raadsamer!) wees om te sê dat "pap is
eintlik net ongewild in die Wes-Kaap"

Buitendien, jy kan (mag?) nie meer sê "Transvaalse", dis Gautengse,
Mpumalangase (magtag!) Noordelike en Noordwestelike Provinsie se ding.

Wat is 'n Vrystaatse Hamburger? Twee skywe stywe pap met 'n stuk slappap in
die middel, met jong mielieskywe as garnering.

Groete,
Dries Venter
Re: WORS********* (en PAP en Braaibrood) [boodskap #7585 is 'n antwoord op boodskap #7584] Wo, 06 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
I jd58...@sable.adelphi.edu writes:
> Wors is the name for a type of sausage. Pap is a type of corn derived food, it
> is similar to the Italian "palenta" or something.
> AS a combination they are favorites in SA.
>
>
> Johnathan
>> ds

Een ding wat wors besonders maak (en wat buitelanders vreemd vind),
is dat jy dit nie in stukke sny nie maar in 'n spiraal draai
en dan gaarmaak.

Die Kapenaars is baie lief vir tamatie en kaas toebroodjies
wat na die vleis op die rooster gerooster word.
Probeer dit gerus: Die wors en vleis stukkies wat nog aan die
rooster se drade vasklou se geur en smaak trek in die brood in,
en dit is HEERLIK. So ook met snoek.
Oppas net dat dit nie brand nie. Hoog bokant die kole.

Pap is eintlik meer 'n transvaalse ding ???.
Die sous vir pap wissel ook: In die Kaap is dit
gewoonlik 'n tamatierige sous, in die Transvaal is dit dikwels
'n vleissous.

Of sweep ek nou weer Provinsialisme op ?
Maak nie saak nie, almal is lekker.

Vriendelik Groete
Vorige onderwerp: Resep vir Koedoe braaivleis...Kangeroevleis,krokodilvleis,hondevleis,haas,emu....
Volgende onderwerp: Restaurante, Sjampanje, goeie maniere ens ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 01:16:17 MGT 2024