Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Irak se gif
|
|
|
|
|
|
|
Re: Irak se gif [boodskap #75430 is 'n antwoord op boodskap #75425] |
Mon, 07 April 2003 09:53   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
John Bull is nog voor die Golfoorlog vermoor.
En intussen wag almal nog steeds angstig dat Saddam sy wapens van
massavernietiging moet begin gebruik, of dat dit " gevind" word.
Hoe langer hierdie inval duur, hoe minder geloofwaardig sal enige "vonds"
wees.
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e914347.0@news1.mweb.co.za...
> Wel ek weet nou nie so lekker van daai storie nie want ons was in daai
> bedryf en dalk het ons self nie so lekker geweet nie? Wat ek wel weet is
> dat daar 'n wapenverbod deur Amerika op Suid-Afrika was en dat die
> tegnologie vir die G5 en G6 van John Bull gekoop is en uitgesmokkel is na SA
> juis dat die Yanks dit nie moes agterkom nie. Deur sewe lande se hawens is
> die goete gesmokkel en dit was 'n hele klompie jare daarna dat dit vir die
> eerste keer uitge-'figure' is en 'n film daaroor vertoon is op die BBC.
> Later jare, toe ons die Irakese voorsien het van kanonne, was daar manne wat
> met snaakse identiteite die Iraki's gaan oplei het....alles net om die
> Amerikaners te mislei? So dit is verniet gedoen? Wat van die tegnologie
> van seemyne uit Italië? Het jy geweet die 'Eyeties' is van die voorstes in
> die wêreld sover dit seemyne aangaan? Ook die is gesmokkel teen die
> wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
> Jitte....
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:3e9134af.1422568@news.saix.co.za...
>> On Mon, 7 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Suidwester"
>> wrote:
>>
>> Saddam
>>> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
>>> gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
>>> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
>>> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
>>
>> Inderdaad. Maar dink jy ons destydse regering sou dit aan Irak kon
>> verkoop as die Yanks nie toestemming gegee het nie?
>>
>> Het jy geweet dat, ten tyde van die veel genoemde chemiese aanvalle op
>> die Koerde deur Saddam, was Donald Rumsfeld in Irak op besoek aan
>> Saddam? Dat hy hom ontmoet het en dat Rumsfeld GEEN WOORD van kritiek
>> toe teen die chemiese aanvalle gespreek het nie?
>>
>
|
|
|
Re: Irak se gif [boodskap #75437 is 'n antwoord op boodskap #75430] |
Mon, 07 April 2003 10:52   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tog word sy tegnologie steeds gebruik en as hulle nie in Irak sy groot loop
opgeblaas het nie, dan sou hy sekerlik verder kon ontwikkel daaraan. Dit
was egter geensins 'n nuwe idee nie. Die Duitsers was ook aan't werk in
die 2de Wêreldoorlog om London te looi met so 'n tipe kanon. Die
ontwikkeling van wapens vat 'n lang tyd. Weet jy dat die 'stealth'
vliegtuie wat Amerika so suksesvol gebruik en so hoog tegnologies is dat
ander lande nog net droom daarvan, reeds in proefvorm reeds in die 50's die
eerste toetsvlug gedoen het?
Ek self hoop en bid dat die Amerikaners wel nie wapens van
massavernietiging moet kry nie [veral nie as die Irakese enige moontlikheid
het om dit te gebruik nie] want dan gaan die wêreld moet keer of die 3 de
Wêreldoorlog het pas begin. Ek stem ook nie saam met jou dat die
geloofwaardigheid oor wapens van die aard begin kwyn hoe langer dit vat om
dit te ontdek nie, want as jy iets wil wegsteek is dit maklik om dit te doen
en om dit te kry is 'n ander storie. Tog, die aaklige regime van Saddam
gaan iets van die verlede wees en hopelik sal die Irakese van die
geleentheid gebruik maak om 'n ordentlike konstitusie op papier te kry en
die rykdom van die land so 'n bietjie wyer te sprei.........nou nie dat dit
maklik sal gebeur nie. Hier sit ons in Afrika met demokrasie�....die
politici raak al vetter en die mense op die grond al armer.
"Annette" skryf in boodskap news:b6ri63$86uun$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> John Bull is nog voor die Golfoorlog vermoor.
> En intussen wag almal nog steeds angstig dat Saddam sy wapens van
> massavernietiging moet begin gebruik, of dat dit " gevind" word.
> Hoe langer hierdie inval duur, hoe minder geloofwaardig sal enige "vonds"
> wees.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e914347.0@news1.mweb.co.za...
>> Wel ek weet nou nie so lekker van daai storie nie want ons was in daai
>> bedryf en dalk het ons self nie so lekker geweet nie? Wat ek wel weet is
>> dat daar 'n wapenverbod deur Amerika op Suid-Afrika was en dat die
>> tegnologie vir die G5 en G6 van John Bull gekoop is en uitgesmokkel is
na
> SA
>> juis dat die Yanks dit nie moes agterkom nie. Deur sewe lande se
hawens
> is
>> die goete gesmokkel en dit was 'n hele klompie jare daarna dat dit vir die
>> eerste keer uitge-'figure' is en 'n film daaroor vertoon is op die BBC.
>> Later jare, toe ons die Irakese voorsien het van kanonne, was daar manne
> wat
>> met snaakse identiteite die Iraki's gaan oplei het....alles net om die
>> Amerikaners te mislei? So dit is verniet gedoen? Wat van die
> tegnologie
>> van seemyne uit Italië? Het jy geweet die 'Eyeties' is van die
voorstes
> in
>> die wêreld sover dit seemyne aangaan? Ook die is gesmokkel teen die
>> wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
>> Jitte....
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:3e9134af.1422568@news.saix.co.za...
>>> On Mon, 7 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Suidwester"
>>> wrote:
>>>
>>> > Saddam
>>>> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
>>>> gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
>>>> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook
> aan
>>>> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
>>>
>>> Inderdaad. Maar dink jy ons destydse regering sou dit aan Irak kon
>>> verkoop as die Yanks nie toestemming gegee het nie?
>>>
>>> Het jy geweet dat, ten tyde van die veel genoemde chemiese aanvalle op
>>> die Koerde deur Saddam, was Donald Rumsfeld in Irak op besoek aan
>>> Saddam? Dat hy hom ontmoet het en dat Rumsfeld GEEN WOORD van kritiek
>>> toe teen die chemiese aanvalle gespreek het nie?
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Irak se gif [boodskap #75446 is 'n antwoord op boodskap #75408] |
Mon, 07 April 2003 13:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
Al wat die VSA met Saddam
> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
> gekom het.
> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
Bull was 'n Kanadees.
En wat sê jy van die feit dat baie wapens
van Irak in die Gulf War van die apartheids-
regime af gekom het? Dink jy daar is nou
enige wapens in Irak se hande, noudat die
ANC die leisels het. Hoe verklaar jy dit?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
SARS [boodskap #75633 is 'n antwoord op boodskap #75630] |
Wed, 09 April 2003 13:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Die eerste gevestigde geval van SARS is in Johannesburg.
> Die geval hier in Kaapstad is negatief.
Is dit bekend hoe die persoon in aanraking
gekom het met SARS? Ek hoop hulle is bereid
vir die situasie. Hier in veral Toronto is
dit 'n regtige reuseprobleem, met honderde
mense onder kwarantyn, en tien mense al dood,
almal in Ontario. Die regering moes ook 'n
wet maak wat dit moontlik maak om mense teen
hulle wil te kwarantyn.
Gloudina
|
|
|
|
Re: SARS [boodskap #75643 is 'n antwoord op boodskap #75634] |
Wed, 09 April 2003 19:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Ja, hy was glo onlangs op 'n vlug na Hong Kong.
> Daar word nou dringend gesoek na al die mense hier met wie hy in aanraking
> was.
> Sy toestand is kritiek, en die Rooikruis en 'n hulplyn beskikbaar gestel vir
> mense wat meer wil weet.
Wel, ek hoop hulle het hare op hulle tande
en die wil om almal op te spoor en om hulle
te dwing om vir tien dae vir hulself te isoleer.
Mens sidder om te dink wat in 'n stad soos
Johannesburg kan aangaan as die ding versprei
in plekke soos Soweto. In Toronto, met 'n
gesofistikeerde gesondheidsdiens en 'n redelik
hoogs-ontwikkelde bevolking, is dit al vreeslik
moeilik om alles onder beheer te kry. Hulle moes
al iemand met 'n polisiebevel dwing om in kwarantyn
te gaan.
Hier in Ottawa het ons nog geen geval nie, maar
op elke dokter se deur staan die caveat dat jy nie
moet inkom as jy vir dié en dié vrae positief
antwoord nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: SARS [boodskap #75665 is 'n antwoord op boodskap #75633] |
Thu, 10 April 2003 06:31   |
Stone
Boodskappe: 85 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
wrote in message
>
> Annette wrote:
>
>> Die eerste gevestigde geval van SARS is in Johannesburg.
In Pretoria, nie JHB nie. Hy is tans onder kwarentyn in Pta Oos
Hospitaal. Aanvanklike toets was negatief, maar die mense wat
hom al gesien het en behandel het is baie seker dat dit wel SARS
is. Nog toetse word nou gedoen.
Volgens wat ek gehoor het almal wat betrokke was (Hospitaal,
NICD, ens.) dit uitstekend hanteer en is daar 'n goeie kans dat
dit nie verder sal versprei nie. Al sy kontakte is ook in kwarantyn,
meeste in hulle eie huise en elke dag gaan daar iemand na hulle toe
om hulle te monitor.
>> Die geval hier in Kaapstad is negatief.
>
> Is dit bekend hoe die persoon in aanraking
> gekom het met SARS?
Hy was met vakansie in Hong Kong/China. Dink amper hy was
ook nogal in Guangdon waar dit alles begin het. Terug gevlieg
SA toe en eers na hy terug was by sy huis begin sleg voel.
> Ek hoop hulle is bereid
> vir die situasie. Hier in veral Toronto is
> dit 'n regtige reuseprobleem, met honderde
> mense onder kwarantyn, en tien mense al dood,
> almal in Ontario. Die regering moes ook 'n
> wet maak wat dit moontlik maak om mense teen
> hulle wil te kwarantyn.
>
> Gloudina
>
As al die mense onder kwarantyn mooi saamwerk (en as niemand
oorgeslaan is nie), lyk dit of dit gestop gaan word. En ek hoop
elkeen wat bygedra het om dit te stop kry 'n medalje of iets.
|
|
|
|
Re: SARS [boodskap #75685 is 'n antwoord op boodskap #75670] |
Thu, 10 April 2003 12:14   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Ferdi Greyling wrote:
> Sien daar is ', uitbreek van Ebola in die Kongo. Meer mense is al
> daarvan daar dood as wereldwyd van SARS. Het dit die nuus gemaak in
> Kanada?
Ja, maar dis nie deel van die paniekreaksie
wat SARS hier veroorsaak nie. As jy nou na
'n dokter of kliniek hier gaan, staar daar
'n kennisgewing vir jou in die gesig:"Moenie
inkom as jy ja kan sê op enige van hierdie
vrae nie." En ek dink nie ons het enige
gevalle in Ottawa nie.
Snaaks genoeg, dis glo makliker om ebola
uit te roei as sommige van hierdie ander dinge.
Dis so dodelik, dat almal wat dit het, doodgaan.
Dus kwarantyn jy net die hele area en sien dat
geen mense daaruit ontsnap nie.
Gloudina
|
|
|
Re: SARS [boodskap #75694 is 'n antwoord op boodskap #75685] |
Thu, 10 April 2003 13:36  |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 10 Apr 2003 12:14:47 GMT, "@rogers.com" wrote:
Snaaks genoeg, dis glo makliker om ebola
> uit te roei as sommige van hierdie ander dinge.
> Dis so dodelik, dat almal wat dit het, doodgaan.
> Dus kwarantyn jy net die hele area en sien dat
> geen mense daaruit ontsnap nie.
Wag dat ebola in New York uitbreek en kyk hoe verander die houding
daaroor.
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 13:02:30 UTC 2025
|