Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » pampoene en mielies
pampoene en mielies [boodskap #7563] Vr, 01 November 1996 00:00
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Noudat my masjien weer werk wil ek so bietjie meer oor die pampoene hier
in Kanada vertel: Mens kry nie die wit boerpampoene hier nie. Net sulke
ronde oranjes wat meeste mense nie eens eet nie! Hulle kerf sulke
bangmaak gesigte daarop uit en sit dan 'n kersie binne in. "Jack o'
Lanterns" wat met Halloween in die venster of buite by die voordeur
sit. Mens kry ook 'n kleiner weergawe wat "mini pumpkins" of "pie
pumpkins" genoem word en wat veral vir die maak van "pumpkin pie" bedoel
is. Die Kanadese het so 'n gewoonte om alle soorte terte en koek (selfs
sjokolade koek) met roomys te eet. "Pumpkin pie" word net soos appeltert
warm gee"et en dan is dit 'n treffer kombinasie met die koue roomys!

Dan is daar nog die reuse "North Atlantic Pumpkin" wat net vir kompetisie
doeleindes gegroei word. Elke herfs weeg die mense die pampoene en die
wenner gaan gewoonlik met 'n kontantprys huis toe. Die enigste deel van
die pampoen wat gebruik word is die saad.

Hier is "sweetcorn" die enigste soort mielie wat die mense eet. Ek kon
nog nie 'n behoorlike mielie hier opspoor nie. Miskien kan Gloudina
help, maar ek het 'n vermoede ek moet gaan soek vir "cattle corn" dan is
ek dalk op die regte spoor! Met "Thanksgiving" word "Indian corn" as
versiering gebruik. Dis nou 'n mielie met pitte van verskillende kleure.
Mens kry donkerbruin, pers en geel pitte sommerso deurmekaar op een kop.
Ek verbeel my ek het vroee"rtyd so iets e^rens in die Vrystaat gesien.
Wat noem die mense dit daar?

Groete, Griet
Vorige onderwerp: Re: fietsen in Z.A.: wie kan mij helpen?
Volgende onderwerp: Vliegtuigkaartjies VSA - RSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 01:08:58 MGT 2024