Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vreemde drome
Vreemde drome [boodskap #75487] Di, 08 April 2003 00:00 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek moet
camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.

Dankie
Elaine
Re: Vreemde drome [boodskap #75512 is 'n antwoord op boodskap #75487] Di, 08 April 2003 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Eet jy skaapvleis kort voor jy gaan slaap? Daar's min dinge wat my so kan
laat droom.

Ek het 'n respektabele boek oor marienebiologie waarin 'n eksperiment
aangehaal word waarin hulle 'n ekstrak van wurms wat sekere gewoontes
aangeleer het aan ander wurms gevoer het, en sowaar, die ander wurms kon toe
dieselfde trieks doen!

My punt is, miskien deel jy met die vleisetery iets van daai skaap se
laaste, angsbevange sterwensoomblikke! Nare gedagte. Mens wil amper
vegetariër word, tot jy besef hoe bang moes daai wortel gewees het toe hy
uit die grond getrek word...

Koot

"Elaine" skryf in boodskap news:3e921115.0@news1.mweb.co.za...
> Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
> persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek moet
> camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
> moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
> vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.
>
> Dankie
> Elaine
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75518 is 'n antwoord op boodskap #75512] Di, 08 April 2003 10:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar was in die onlangse S'Camto 'n artikel oor drome - en ek is seker daar
is 'n klomp webbladsye oor drome beskikbaar.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b6u4hp$1ap$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Eet jy skaapvleis kort voor jy gaan slaap? Daar's min dinge wat my so kan
> laat droom.
>
> Ek het 'n respektabele boek oor marienebiologie waarin 'n eksperiment
> aangehaal word waarin hulle 'n ekstrak van wurms wat sekere gewoontes
> aangeleer het aan ander wurms gevoer het, en sowaar, die ander wurms kon toe
> dieselfde trieks doen!
>
> My punt is, miskien deel jy met die vleisetery iets van daai skaap se
> laaste, angsbevange sterwensoomblikke! Nare gedagte. Mens wil amper
> vegetariër word, tot jy besef hoe bang moes daai wortel gewees het toe hy
> uit die grond getrek word...
>
> Koot
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e921115.0@news1.mweb.co.za...
>> Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
>> persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek
> moet
>> camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
>> moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
>> vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.
>>
>> Dankie
>> Elaine
>>
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75519 is 'n antwoord op boodskap #75512] Di, 08 April 2003 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wow! Dan droom ons Suidwesters dat die aarde bewe........

"Koot" skryf in boodskap news:b6u4hp$1ap$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Eet jy skaapvleis kort voor jy gaan slaap? Daar's min dinge wat my so kan
> laat droom.
>
> Ek het 'n respektabele boek oor marienebiologie waarin 'n eksperiment
> aangehaal word waarin hulle 'n ekstrak van wurms wat sekere gewoontes
> aangeleer het aan ander wurms gevoer het, en sowaar, die ander wurms kon toe
> dieselfde trieks doen!
>
> My punt is, miskien deel jy met die vleisetery iets van daai skaap se
> laaste, angsbevange sterwensoomblikke! Nare gedagte. Mens wil amper
> vegetariër word, tot jy besef hoe bang moes daai wortel gewees het toe hy
> uit die grond getrek word...
>
> Koot
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e921115.0@news1.mweb.co.za...
>> Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
>> persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek
> moet
>> camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
>> moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
>> vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.
>>
>> Dankie
>> Elaine
>>
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75522 is 'n antwoord op boodskap #75512] Di, 08 April 2003 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hehehehehehehe, nee ek eet nie kort voor ek gaan slaap nie - veral nie vleis
nie, want dit verteer moeilik en dan kry jy krampe wanneer jy moet slaap!

E

"Koot" skryf in boodskap news:b6u4hp$1ap$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Eet jy skaapvleis kort voor jy gaan slaap? Daar's min dinge wat my so kan
> laat droom.
>
> Ek het 'n respektabele boek oor marienebiologie waarin 'n eksperiment
> aangehaal word waarin hulle 'n ekstrak van wurms wat sekere gewoontes
> aangeleer het aan ander wurms gevoer het, en sowaar, die ander wurms kon toe
> dieselfde trieks doen!
>
> My punt is, miskien deel jy met die vleisetery iets van daai skaap se
> laaste, angsbevange sterwensoomblikke! Nare gedagte. Mens wil amper
> vegetariër word, tot jy besef hoe bang moes daai wortel gewees het toe hy
> uit die grond getrek word...
>
> Koot
Re: Vreemde drome [boodskap #75523 is 'n antwoord op boodskap #75518] Di, 08 April 2003 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Niks wat regtig van hulp is nie. Meestal mense want dink die dooies probeer
met ons praat deur ons drome, dat drome die toekoms voorspel, dat ek
allerhande herbs en kristalle moet gebruik, of andersins baie complicated
goete. Miskien soek ek verkeerd?

E

"Annette" skryf in boodskap news:b6u84b$92m5s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Daar was in die onlangse S'Camto 'n artikel oor drome - en ek is seker daar
> is 'n klomp webbladsye oor drome beskikbaar.
> Annette
Re: Vreemde drome [boodskap #75527 is 'n antwoord op boodskap #75523] Di, 08 April 2003 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, definitief - wat die een artikel geskryf het, is dat as mens gedurig
nagmerries kry, beteken dit dat daar iets in jou lewe is wat moet
uitgesorteer raak.
Maar dit is ook seker nie heeltemal waar nie - want ek het gedurig iets wat
moet uitgesorteer raak, maar ek het nog nooit nagmerries gekry nie.
As ek erg gestres is, droom ek glad nie.

Annette

skryf in boodskap news:3e92b20f.0@news1.mweb.co.za...
> Niks wat regtig van hulp is nie. Meestal mense want dink die dooies probeer
> met ons praat deur ons drome, dat drome die toekoms voorspel, dat ek
> allerhande herbs en kristalle moet gebruik, of andersins baie complicated
> goete. Miskien soek ek verkeerd?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b6u84b$92m5s$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Daar was in die onlangse S'Camto 'n artikel oor drome - en ek is seker
> daar
>> is 'n klomp webbladsye oor drome beskikbaar.
>> Annette
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75528 is 'n antwoord op boodskap #75487] Di, 08 April 2003 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar is heelwat boeke beskikbaar oor Carl Jung en die betekenis van
drome.

On Tue, 8 Apr 2003 02:00:09 +0200, "Elaine" wrote:

> Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
> persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek moet
> camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
> moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
> vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.
>
> Dankie
> Elaine
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75533 is 'n antwoord op boodskap #75527] Di, 08 April 2003 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy dink net jy droom nie, maar navorsing het bewys ons droom elke aand, jy
kan net nie altyd onthou dat jy gedroom het nie :-))
Ek het self tot onlangs ook nooit nagmerries gekry nie, dis 'n nuwe
verwikkeling in my lewe. Miskien het dit iets te doen met die trek, my
vriendin wat al weer swanger is, my suster se babatjie en wat nog alles nie.
Slange maak nogal gereeld 'n draai in my drome, en slange is die enigste
"dier" waarvoor ek regtig bang is :o))

E

"Annette" skryf in boodskap news:b6uh86$92ib3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ja, definitief - wat die een artikel geskryf het, is dat as mens gedurig
> nagmerries kry, beteken dit dat daar iets in jou lewe is wat moet
> uitgesorteer raak.
> Maar dit is ook seker nie heeltemal waar nie - want ek het gedurig iets wat
> moet uitgesorteer raak, maar ek het nog nooit nagmerries gekry nie.
> As ek erg gestres is, droom ek glad nie.
>
> Annette
Re: Vreemde drome [boodskap #75534 is 'n antwoord op boodskap #75528] Di, 08 April 2003 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek was nie suksesvol by die bib nie, maar ek sal uitkyk vir Carl Jung
wanneer ek weer gaan. Of ek sal op die Internet gaan kyk wat kan ek by
Exclusive books bestel.

E

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3e97cc0b.18767013@news.saix.co.za...
>
> Daar is heelwat boeke beskikbaar oor Carl Jung en die betekenis van
> drome.
Re: Vreemde drome [boodskap #75538 is 'n antwoord op boodskap #75533] Di, 08 April 2003 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moenie glo wat die mense jou vertel nie - ek weet wanneer ek droom en
wanneer nie. Dis vir my belangrik om my drome te onthou, sodat ek die perde
kan speel:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e92d0bc.0@news1.mweb.co.za...
> Jy dink net jy droom nie, maar navorsing het bewys ons droom elke aand, jy
> kan net nie altyd onthou dat jy gedroom het nie :-))
> Ek het self tot onlangs ook nooit nagmerries gekry nie, dis 'n nuwe
> verwikkeling in my lewe. Miskien het dit iets te doen met die trek, my
> vriendin wat al weer swanger is, my suster se babatjie en wat nog alles nie.
> Slange maak nogal gereeld 'n draai in my drome, en slange is die enigste
> "dier" waarvoor ek regtig bang is :o))
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b6uh86$92ib3$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ja, definitief - wat die een artikel geskryf het, is dat as mens gedurig
>> nagmerries kry, beteken dit dat daar iets in jou lewe is wat moet
>> uitgesorteer raak.
>> Maar dit is ook seker nie heeltemal waar nie - want ek het gedurig iets
> wat
>> moet uitgesorteer raak, maar ek het nog nooit nagmerries gekry nie.
>> As ek erg gestres is, droom ek glad nie.
>>
>> Annette
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75539 is 'n antwoord op boodskap #75533] Di, 08 April 2003 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

> Slange maak nogal gereeld 'n draai in my drome, en slange is die enigste
> "dier" waarvoor ek regtig bang is :o))

In die mitologie van baie godsdienste speel
die slang 'n groot rol. In baie gevalle is
dit 'n positiewe rol.
Ek dink jy behoort jou drome te probeer neer-
skryf, sodat jy kan sien of daar 'n tema is.
Wanneer jy sê jy kry nagmerries, bedoel
jy dat dit saamgaan met die gevoel dat jy nie
kan beweeg nie, en dat jy wakker is? Dit kan
miskien fisiese oorsake hê.
Snaaks genoeg, ek het bogenoemde soort
nagmerries baie gekry toe ek nog addolessent
was. Een daarvan kan ek nog so duidelik onthou.
Dit het gevoel of 'n dam erens breek, en toe
verskyn die woord "Assez" in helder lig voor
my. Dit is veel later, toe ek op universiteit
kom en begin Frans leer, dat ek uitgevind het
wat die betekenis van die woord is. Dit wil
sê "Genoeg." Deesdae kry ek nooit nagmerries
van daardie soort nie. Ek droom wel baie.
Mens moet ook kennis neem van die invloed
van medisynes op jou. Aspirin gaan vir my altyd
gepaard met 'n klein trip nadat ek dit gedrink
het. Tylenol het 'n diep verdowende slaap en
dan snaakse drome aan die einde van die slaap.
Hoesmedisynes sal vir jou trips laat kry.

Gloudina
Re: Vreemde drome [boodskap #75543 is 'n antwoord op boodskap #75487] Di, 08 April 2003 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 02:00:09 +0200, "Elaine" wrote:

> Weet enigiemand van 'n goeie boek wat ek kan lees of 'n professionele
> persoon wat my drome vir my kan uitlê? Net nie iemand wat vir my sê ek moet
> camomile en tier oge onder my kussing sit om nagmerries te keer nie. Daar
> moet iemand "normaal" wees daar buite wat vir my kan sê hoekom ek die
> vreeslikste drome denkbaar droom deesdae.
>
> Dankie
> Elaine
>

Ek glo jy is 'n bietjie neerslagtig, Elaine. Ek het dit al kan vermoed
toe jy gesê het dat jy geen lus nie meer had om te werk nie..
Moet dokter toe gaan. Hy sal jou 'n antidepressiwum gee. Jy kan
ondertussen miskien al eens probeer om tee te drink van Sint
Janskruid.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vreemde drome [boodskap #75545 is 'n antwoord op boodskap #75512] Di, 08 April 2003 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 11:25:05 +0200, "Koot"
wrote:

> Eet jy skaapvleis kort voor jy gaan slaap? Daar's min dinge wat my so kan
> laat droom.
>
> Ek het 'n respektabele boek oor marienebiologie waarin 'n eksperiment
> aangehaal word waarin hulle 'n ekstrak van wurms wat sekere gewoontes
> aangeleer het aan ander wurms gevoer het, en sowaar, die ander wurms kon toe
> dieselfde trieks doen!
>
> My punt is, miskien deel jy met die vleisetery iets van daai skaap se
> laaste, angsbevange sterwensoomblikke! Nare gedagte. Mens wil amper
> vegetariër word, tot jy besef hoe bang moes daai wortel gewees het toe hy
> uit die grond getrek word...
>
> Koot

Hallo, Koot!

Wil jy ons miskien almal vanaand met 'n neurose bed toe stuur? :-)

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vreemde drome [boodskap #75564 is 'n antwoord op boodskap #75538] Di, 08 April 2003 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:o))) Is jy psigies?

E

"Annette" skryf in boodskap news:b6ul3b$95jvt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Moenie glo wat die mense jou vertel nie - ek weet wanneer ek droom en
> wanneer nie. Dis vir my belangrik om my drome te onthou, sodat ek die perde
> kan speel:))
> Annette
Re: Vreemde drome [boodskap #75566 is 'n antwoord op boodskap #75539] Di, 08 April 2003 20:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die "droomontleder" op allexperts.com het vir my gesê om van slange te
droom is 'n goeie teken, en as die slang jou pik (soos gebeur het in my
droom) gaan daar glo iets positiefs gebeur, so ek moenie worry nie. Veral
omdat die slag 'n kobra was - glo die sterkste teken van almal.
Behalwe vir die feit dat sy dink ek het 'n "psychic gift" was die vrou spot
on met baie dinge in my lewe, ek was nogal heel verbaas, sy het my tot
presies gesê hoe my ma is na aanleiding van die drome wat ek kry. Ek moet
glo meer oop wees tot die drome en my "gawe" ontwikkel. Ons sal nou maar
sien wat gebeur volgende keer as ek 'n droom onthou.
Ek drink nie juis pille nie, maar ek was Vrydag aand nog goed voor in die
koor nadat ons by 'n rock konsert was. Ek kan nie daai droom so goed onthou
nie, maar ek weet al die mense vir wie ek lief was, wat onlangs dood is, het
'n draai in daai droom kom maak.

Elaine

wrote:
>
>
> In die mitologie van baie godsdienste speel
> die slang 'n groot rol. In baie gevalle is
> dit 'n positiewe rol.
> Ek dink jy behoort jou drome te probeer neer-
> skryf, sodat jy kan sien of daar 'n tema is.
> Wanneer jy sê jy kry nagmerries, bedoel
> jy dat dit saamgaan met die gevoel dat jy nie
> kan beweeg nie, en dat jy wakker is? Dit kan
> miskien fisiese oorsake hê.
> Snaaks genoeg, ek het bogenoemde soort
> nagmerries baie gekry toe ek nog addolessent
> was. Een daarvan kan ek nog so duidelik onthou.
> Dit het gevoel of 'n dam erens breek, en toe
> verskyn die woord "Assez" in helder lig voor
> my. Dit is veel later, toe ek op universiteit
> kom en begin Frans leer, dat ek uitgevind het
> wat die betekenis van die woord is. Dit wil
> sê "Genoeg." Deesdae kry ek nooit nagmerries
> van daardie soort nie. Ek droom wel baie.
> Mens moet ook kennis neem van die invloed
> van medisynes op jou. Aspirin gaan vir my altyd
> gepaard met 'n klein trip nadat ek dit gedrink
> het. Tylenol het 'n diep verdowende slaap en
> dan snaakse drome aan die einde van die slaap.
> Hoesmedisynes sal vir jou trips laat kry.
>
> Gloudina
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75568 is 'n antwoord op boodskap #75543] Di, 08 April 2003 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
St. Jans is seker nou St. Johns Wort of so iets nê? Ek glo nie aan die
kannie worry pilletjies nie, nie vir tydelike depressie nie in elk geval.
My ma is manies en sy MOET pille drink, ek kan met positiewe denke en
bietjie oefening nog ontslae raak van my neerslagtigheid. Ek voel deesdae
nogal op en top, maar ek's nog steeds nie lus vir werk nie. Ek vermoed dit
het te doen met die feit dat ek gatvol is vir web design en nie omdat ek
depro is nie. Hoewel lg. sekerlik tot 'n soort neerslagtigheid kan ly.

Dankie en groete
E

"Sterrenkijker" wrote:
>>
>
> Ek glo jy is 'n bietjie neerslagtig, Elaine. Ek het dit al kan vermoed
> toe jy gesê het dat jy geen lus nie meer had om te werk nie..
> Moet dokter toe gaan. Hy sal jou 'n antidepressiwum gee. Jy kan
> ondertussen miskien al eens probeer om tee te drink van Sint
> Janskruid.
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vreemde drome [boodskap #75574 is 'n antwoord op boodskap #75568] Wo, 09 April 2003 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 22:55:10 +0200, "Elaine" wrote:

> St. Jans is seker nou St. Johns Wort of so iets nê? Ek glo nie aan die
> kannie worry pilletjies nie, nie vir tydelike depressie nie in elk geval.
> My ma is manies en sy MOET pille drink, ek kan met positiewe denke en
> bietjie oefening nog ontslae raak van my neerslagtigheid. Ek voel deesdae
> nogal op en top, maar ek's nog steeds nie lus vir werk nie. Ek vermoed dit
> het te doen met die feit dat ek gatvol is vir web design en nie omdat ek
> depro is nie. Hoewel lg. sekerlik tot 'n soort neerslagtigheid kan ly.
>
> Dankie en groete
> E
>
Ja, inderdaad, dis Saint John's Wort (in Engels). Moet daardie kruid
nie onderskat nie, Elaine. In Duitsland is Sint Janskruid nog steeds
nommer 1 vir die behandeling van depressies. Moet wel weet dat die
kruid skadelik kan werk as dit geneem word saam met andere medisyne.
So te sien het jy tog aanleg vir depressies. Moet daarmee oppas want
'n mens weet dit gewoonlik self nie of hy/sy 'n depressie het.
Ek het drie jare gelede 'n maagbandoperasie ondergaan en daarvan
'n milde depressie oorgehou. Ek kon dit toe ook nie glo nie maar
naderhand het daardie kruid my gehelp om weer beter te word.
Depressies kan nie steeds genees word met positiewe denkoefeninge nie.
Daar is mos twee soorte depressies: eksogene en endogene depressies.
Daardie eksogene depressies kom deur die buitewêreld en is dus suiwer
psigies. Hier help positiewe redenerings. Maar endogene depressies
word veroorsaak deur innerlike biologiese veranderinge wat 'n gebrek
an neurotransmitters in die harsings veroorsaak. En as jou moeder al
manies is.. (dis die omgekeerde van depressie!) sou my dit nie verbaas
nie jy gaan op dieselfde pad. Selfmoordenaars sit mos ook steeds in
dieselfde families!
Jy kan die Sint Janskruid ook besig om uit te vind of jy 'n depressie
het. As daardie kruid 'n effek gee wat jyself kan opmerk dan sal jy
dit al seker weet en jy kan daarna nog steeds na die dokter toe gaan.

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vreemde drome [boodskap #75601 is 'n antwoord op boodskap #75574] Wo, 09 April 2003 02:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maniese depressie is 'n chemiese afwyking en jy word so té daarmee gebore.
Ek hou myself en die tekens wat ek in my ma gesien het raak. Sodra ek soos
sy word is ek so gou soos nou by die dokter. Jy kan nie glo hoe moeilik dit
is vir die mense wat saam met so 'n persoon moet leef nie. Gelukkig is daar
nog geen tekens by my nie (my man hou my ook dop), maar wel by my jonger
suster.

Dankie vir die inligting, ek sal van die St. Jannetjies probeer, al is ek
deur baie mense afgeraai, juis omdat dit nogal gevaarlik is.

E

"Sterrenkijker" wrote:
>>
> Ja, inderdaad, dis Saint John's Wort (in Engels). Moet daardie kruid
> nie onderskat nie, Elaine. In Duitsland is Sint Janskruid nog steeds
> nommer 1 vir die behandeling van depressies. Moet wel weet dat die
> kruid skadelik kan werk as dit geneem word saam met andere medisyne.
> So te sien het jy tog aanleg vir depressies. Moet daarmee oppas want
> 'n mens weet dit gewoonlik self nie of hy/sy 'n depressie het.
> Ek het drie jare gelede 'n maagbandoperasie ondergaan en daarvan
> 'n milde depressie oorgehou. Ek kon dit toe ook nie glo nie maar
> naderhand het daardie kruid my gehelp om weer beter te word.
> Depressies kan nie steeds genees word met positiewe denkoefeninge nie.
> Daar is mos twee soorte depressies: eksogene en endogene depressies.
> Daardie eksogene depressies kom deur die buitewêreld en is dus suiwer
> psigies. Hier help positiewe redenerings. Maar endogene depressies
> word veroorsaak deur innerlike biologiese veranderinge wat 'n gebrek
> an neurotransmitters in die harsings veroorsaak. En as jou moeder al
> manies is.. (dis die omgekeerde van depressie!) sou my dit nie verbaas
> nie jy gaan op dieselfde pad. Selfmoordenaars sit mos ook steeds in
> dieselfde families!
> Jy kan die Sint Janskruid ook besig om uit te vind of jy 'n depressie
> het. As daardie kruid 'n effek gee wat jyself kan opmerk dan sal jy
> dit al seker weet en jy kan daarna nog steeds na die dokter toe gaan.
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75604 is 'n antwoord op boodskap #75564] Wo, 09 April 2003 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien - die droom-ding met die perde werk - net jammer ek is nie 'n
dobbelaar nie - so ek wed net die minimum - maar R 138 wen vir R6 se uitleg
is nie te sleg nie.
Ek voel ook goed aan, wat tot nou toe nog elke keer reg was.
Maar as 'n sterrewiggelaar sal ek nie 'n lewe kan maak nie.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e933563.0@news1.mweb.co.za...
> :o))) Is jy psigies?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b6ul3b$95jvt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Moenie glo wat die mense jou vertel nie - ek weet wanneer ek droom en
>> wanneer nie. Dis vir my belangrik om my drome te onthou, sodat ek die
> perde
>> kan speel:))
>> Annette
>
Re: Vreemde drome [boodskap #75609 is 'n antwoord op boodskap #75601] Wo, 09 April 2003 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 9 Apr 2003 04:20:51 +0200, "Elaine" wrote:

> Dankie vir die inligting, ek sal van die St. Jannetjies probeer, al is ek
> deur baie mense afgeraai, juis omdat dit nogal gevaarlik is.
>
> E
>
Sint Janskruid is nie swaar nie en die tee is spotgoedkoop. Moet diè
wel 'n paar weke opeenvolgend gebruik eer jy weet of dit help of nie.
Ek het steeds 'n paar koppies gedrink voor ek slaap toe gaan.
Daar bestaan nog andere natuurlike medisyne teen depressie, soos
ginkgo biloba en kawa-kawa maar mag slegs één daarvan tegelyk
besig. Ginkgo biloba gee bowedien 'n goeie deurbloeding van die
harsings. Ek ken ook 'n mens wat sweer by kawa-kawa.
By my het die gebruik van Sint Janskruid slegs die rigting aangedui.
Toe duidelik was dat daardie kruid 'n goeie effek had het die dokter
my mianserine voorgeskryf. Daarvan het ek slegs 'n miminale dosis
moet besig.

Groetjies,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Vreemde drome [boodskap #75614 is 'n antwoord op boodskap #75604] Wo, 09 April 2003 11:19 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm, elke vrou wat ek ken het 'n 6de sintuig. Miskien is die droomuitlêer
van my nie verkeer nie :-))

E

"Annette" skryf in boodskap news:b70dmj$9k1t0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Miskien - die droom-ding met die perde werk - net jammer ek is nie 'n
> dobbelaar nie - so ek wed net die minimum - maar R 138 wen vir R6 se uitleg
> is nie te sleg nie.
> Ek voel ook goed aan, wat tot nou toe nog elke keer reg was.
> Maar as 'n sterrewiggelaar sal ek nie 'n lewe kan maak nie.
> Annette
Vorige onderwerp: Re: Peter Arnett Sacked for revealing on iraqi TV that us war effort is failing
Volgende onderwerp: 69
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:28:47 MGT 2024