Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " drome is ook wonde " deur BREYTEN BREYTENBACH
" drome is ook wonde " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #75484] Ma, 07 April 2003 23:52
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Breyten Breytenbach
drome is ook wonde

elke droom skryf so sy klein, geheime briewe
soggens soek ons die rofies ink in die spieël
om dit weg te kan bêre in argiewe

maar die wonde genees nie

die donkerste bloed bly blom
boorde van revolusies oor die laken
of die borreling van liefde in tuine

van wonde wat nie genees nie

selfs die dowe mag drome droom
soos die malle sy briewe mag fluister
en die blinde na die wind mag kyk

die pyn kneus ons alles 'n inniger kleur -
hoe groen was die voëls in die tuine
van my jeug, hoe ryp en geverf was die son

en die sneeu genees nie

die wêreld is 'n vers ryk aan mense
die mense is konings ryk aan bome
van vrees of van haat, of bome van verlange

wat die drome nie genees nie

want hiér is ons enigste ewige paradys -
ons is ryk soos die visser ryk is
as hy sy laaste eiers sorteer en tel

en die vis terug gee aan die see,
om te kan praat soos eiers kan praat
om te sing soos golwe só lankal bloei

van bloed wat nooit genees nie

die soldate het oë soos ertjies
die boere het hande van grond
en almal droom boodskappe en wêrelde

vol blomme wat nie kan genees nie

daar kom selfs 'n papegaai in die gedig, 'n geel papegaai
wat sy griewe kom lug van strofe
tot reël met die klag in sy tong se swart seile

sodat sy lied nie genees nie

so sal my nagte nooit genees of lees nie
want jy het gekom om my laaste bloed te laat
sou jy ook dan net 'n litteken op my wees?

sonder bloed kan ons nie bloei nie
en ons drome is die nag se bloed
soos ons bloed en 'n bloed gedroom is

só bly ek 'n bedmaarskalk
wat nagteliks leër vloei,
ek pars al die ink uit my hart

vir jou, gedroom, wat nie genees nie

ons liggame is dan omhulsels vlees
wat ook eendag droog moet word, en kieries
as ons, oplaas, droomloos, gaan slaap

en dan eers sal die water asyn word
en die stilte sy reënboë span
en dan sal ons drome ontmoet

en mag dié briewe nooit genees nie
nee, die wonde sal nooit genees nie

(Wesak 1966)
Vorige onderwerp: " Die een is wit " deur R.K. BELCHER
Volgende onderwerp: " Kinderland " deur S.V. PETERSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 15:04:30 MGT 2024