Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Internetkostes
Internetkostes [boodskap #75333] Vr, 04 April 2003 08:19 na volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wat van:

Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
binnekom.

As jy eenmiljoen gebruikers kan kry, gaan jy nie sukkel om
adverteerders te kry nie. Laat die adverteerders die mense se
konneksiekostes betaal. Verskaf die inbelpunte GRATIS.

Of as alternatief, vyf advertensiemails elke dag in jou mailbox. Ek
delete hulle eerder as wat ek so duur gaan betaal om iets te kry wat
eintlik verniet moet wees...
Re: Internetkostes [boodskap #75335 is 'n antwoord op boodskap #75333] Vr, 04 April 2003 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Werkie hierie.
Selfs die magtige Absa kon skaars 'n jaar volhou met sy gratis
internetdiens.
Ons is advertensiebenadeeldes:)))
Annette

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0304040019.4c480bee@posting.google.com...
> Wat van:
>
> Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
> advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
> binnekom.
>
> As jy eenmiljoen gebruikers kan kry, gaan jy nie sukkel om
> adverteerders te kry nie. Laat die adverteerders die mense se
> konneksiekostes betaal. Verskaf die inbelpunte GRATIS.
>
> Of as alternatief, vyf advertensiemails elke dag in jou mailbox. Ek
> delete hulle eerder as wat ek so duur gaan betaal om iets te kry wat
> eintlik verniet moet wees...
Re: Internetkostes [boodskap #75358 is 'n antwoord op boodskap #75333] Vr, 04 April 2003 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - grootgat is terug.
Hy was seker 'n humanshield was misluk het.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3e8d8a7d.19449112@news.saix.co.za...
> On 4 Apr 2003 00:19:44 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:
>
>
>> Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
>> advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
>> binnekom.
>>
>> As jy eenmiljoen gebruikers kan kry, gaan jy nie sukkel om
>> adverteerders te kry nie. Laat die adverteerders die mense se
>> konneksiekostes betaal. Verskaf die inbelpunte GRATIS.
>
> Dis al op baie plekke geprobeer. Dit werk nie. Jy kan eintlik net een
> ad op 'n blad sit wat deur mense raakgesien word - 'n sog banner ad bo
> aan die blad.
> En so 'n ad word deur bitter min mense raakgesien, het navorsing
> gewys.
> Voorts is programme beskikbaar - sommige gratis - wat sulke
> advertensies uit blaaie strip as die blad afgelaai word.
>
>
> Of as alternatief, vyf advertensiemails elke dag in jou mailbox. Ek
>> delete hulle eerder as wat ek so duur gaan betaal om iets te kry wat
>> eintlik verniet moet wees...
>
> En so is die advertensie waardeloos - as mense dit net uitvee. Jy kan
> die meeste e-pos-lesers in elk geval stel om sulke e-pos te skrap of
> in 'n aparte legger te plaas waar jy dit dan eenvoudig uitvee.
>
> Bottom line - advertensies op die net werk nie juis nie.
>
> Daar is reeds gese dat Internet-toegang in die toekoms so noodsaaklik
> vir \ werkende samelewing en ekonomie gaan wees soos paaie vandag is
> en dat dit - soos paaie vandag - die verantwoordelikheid van die staat
> moet raak om dit "gratis" uit belasting-geld te verskaf.
>
> Die meeste lande (ook SA) beweeg in elk geval al nader aan so 'n soort
> model met demokratiese inligting en funksies wat lyk asof hulle na die
> net wil verskuif.
>
> Dis net Telkom wat nog nie wakkergeskrik het uit hul gierige slaap
> nie.
>
Re: Internetkostes [boodskap #75382 is 'n antwoord op boodskap #75333] Sa, 05 April 2003 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Inteendeel Ferdi, Internet advertering werk! As jy dit reg benader en oor
'n redelike tydperk adverteer is dit baie suksesvol. 'n Banner bv. sal net
werk as jy dit vir 2 maande of langer adverteer, as dit aandag trek en as
die teks lekker groot is. Navorsing het getoon dat hoewel mense nie dadelik
op die banner kliek nie, hulle onbewustelik wel die inligting op die banner
"inneem" en dat hulle mettertyd nuuskierig genoeg sal word om die banner te
kliek MITS die banner hulle genoeg "titillate" om te kliek. MAW moenie die
hele game weggee met jou banner nie, hou dit kripties.

E-mail advertering werk ook, indien jy dit reg benader. Baie mense teken in
op nuusbriewe, dit is oor en oor bewys dat goeie advertering reg in die
middel van 'n lekker lees nuusbrief wondere kan verrig. Maar hou die
advertensie kort en interressant (ag wil iemand my tog nie help met die
woord nie), en mense sal wel reageer. So lank dit net nie 'n plein
advertensie email is nie, sal dit werk.

Die beste advertering sal search engine advertering wees - soos op Google,
waar jy 'n keyword koop en elke keer as iemand 'n search doen met daai
keyword kom jou naam eerste op. Jy betaal net as iemand op jou link kliek.
Enigiets van $0.05 tot $0.50 afhangende hoeveel jy wil spandeer, hoe meer jy
spandeer op jou keyword, hoe hoër op is jou naam in die "ranglys". Ons het
dit met groot suskses gebruik.

Die probleem is nie die advertering nie, die adverteerders sal kom, die
probleem is die koste daaraan verbonde. ISP's en portals buit adverteerders
uit. Hulle kan maklik enigiets van R0.25c tot R1.00 vra per impression.
Per impression is hoeveel keer jou banner wys. Die banner kom op, maar dit
beteken nie iemand gaan op hom kliek nie en jy't so pas 25c op niks
gespandeer nie. Banner advertering kan enigiets van R2000 - R25 000 per
maand kos, dit bo en behalwe jou gewone advertensies in koerante, tydskrifte
en die Geel Bladsye plaas dit buite bereik van die outjies wat juis deur die
Internet maatskappye soos ananzi, getarget moet word - klein tot medium
besighede, juis omdat daar so baie is. Ananzi het hulle pryse vir banners
drasties verlaag, en dit wil my amper voorkom asof hulle meer adverteerders
gelok het a.g. hiervan.

Wat NIE werk nie is pop-ups, en daarvoor is programme beskikbaar om te keer
dat jou skerm na 'n ruk toe is onder pop-ups, van programme wat banners
uithaal is ek nie bewus nie, ek glo amper nie eers daar bestaan so iets nie.

1 uit 10 mense SAL kliek, dis net nie noodwendig die eerste 10 nie.

Groete
Elaine

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Dis al op baie plekke geprobeer. Dit werk nie. Jy kan eintlik net een
> ad op 'n blad sit wat deur mense raakgesien word - 'n sog banner ad bo
> aan die blad.
> En so 'n ad word deur bitter min mense raakgesien, het navorsing
> gewys.
> Voorts is programme beskikbaar - sommige gratis - wat sulke
> advertensies uit blaaie strip as die blad afgelaai word.
Re: Internetkostes [boodskap #75383 is 'n antwoord op boodskap #75333] Sa, 05 April 2003 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nog beter - forseer die gebruiker om die adverteerders se site te besoek.
Deur net te adverteer gaan jy nie regkom nie. Vir elke advertensie waarop
jy kliek (en dit kan getrack word) kry jy sê R0.50c af op jou fooi. Vir
elke aanbod waarvan jy gebruik maak, kry jy sê R2.00 tot R10.00 afslag op
jou maandelikse fooi. Dit sal meer suksesvol wees as blote advertering. En
adverteer ook net deur email en banners op die ISP se site.
Buitendien haat ek dit om van sulke "gratis" ISP's gebruik te maak, jou
konneksie is stadiger en jou hele blerrie bladsy is vol advertensies, op die
einde van die dag het jy net die boonste helfte van die skerm beskikbaar vir
die sites wat jy eintlik wil browse.

Elaine

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0304040019.4c480bee@posting.google.com...
> Wat van:
>
> Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
> advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
> binnekom.
Re: Internetkostes [boodskap #75463 is 'n antwoord op boodskap #75333] Ma, 07 April 2003 15:44 Na vorige boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Apr 2003 00:19:44 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) wrote:

at van:
>
> Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
> advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
> binnekom.
>
> As jy eenmiljoen gebruikers kan kry, gaan jy nie sukkel om
> adverteerders te kry nie. Laat die adverteerders die mense se
> konneksiekostes betaal. Verskaf die inbelpunte GRATIS.

Dis al op baie plekke geprobeer. Dit werk nie. Jy kan eintlik net een
ad op 'n blad sit wat deur mense raakgesien word - 'n sog banner ad bo
aan die blad.
En so 'n ad word deur bitter min mense raakgesien, het navorsing
gewys.
Voorts is programme beskikbaar - sommige gratis - wat sulke
advertensies uit blaaie strip as die blad afgelaai word.


> Of as alternatief, vyf advertensiemails elke dag in jou mailbox. Ek
> delete hulle eerder as wat ek so duur gaan betaal om iets te kry wat
> eintlik verniet moet wees...

En so is die advertensie waardeloos - as mense dit net uitvee. Jy kan
die meeste e-pos-lesers in elk geval stel om sulke e-pos te skrap of
in 'n aparte legger te plaas waar jy dit dan eenvoudig uitvee.

Bottom line - advertensies op die net werk nie juis nie.

Daar is reeds gese dat Internet-toegang in die toekoms so noodsaaklik
vir \ werkende samelewing en ekonomie gaan wees soos paaie vandag is
en dat dit - soos paaie vandag - die verantwoordelikheid van die staat
moet raak om dit "gratis" uit belasting-geld te verskaf.

Die meeste lande (ook SA) beweeg in elk geval al nader aan so 'n soort
model met demokratiese inligting en funksies wat lyk asof hulle na die
net wil verskuif.

Dis net Telkom wat nog nie wakkergeskrik het uit hul gierige slaap
nie.
Vorige onderwerp: x-mecano
Volgende onderwerp: Waar is die Hollandse dames hier?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:53:40 MGT 2024