| Knaters,kinders, en aanmaak brandewyn......... [boodskap #7497] |
Di., 22 Oktober 1996 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
|
Senior Lid |
|
|
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
As julle nou regtigwaar 'n bliksemse goeie brandewyn wil drink,
koop 'n bottel 20 jaar oue KWV. Dit het op 'n keer die prys
in Londen gewen vir die wereld se beste brandewyn, met stywe
kompetisie van oral. Ek was toe in Belgie, en het dadelik
vir my 'n bottel gaan koop. (Gelukkig het ons Belgiese wynmense
hulle gat afgevee aan wynsanksies).
20 jaar in 'n eikehout vat is 'n lang tyd ! (vanjaar is dit 1976..)
Ek sê julle: Selfs 'n druppel daarvan is
genoeg om jou "floppy" in 'n "stiffie" te verander.
Lank na jy dit gedrink het talm die reuk van heuning en eikehout
nog in die glas. Ek het die hele bottel druppel vir druppel
oor 'n maand uitgedrink, te suinig om dit te deel.
Maar julle ouens in SA weet mos nie wat julle
het en hoe goedkoop julle dit daar kan koop nie.
Noudiedag het ek vergeet om wyn te koop, maar ek is lus vir 'n dop.
Ek skink toe maar vir my 'n dop (gewone) KWV brandewyn.
(Jy kan dit nou hier in Australie koop vir omtrent $30 = R90)
Ek drink normaalweg my brandewyn of Cognac skoon,
(mens neuk nie water by iets wat goed op sigself is nie)
maar omdat dit so warm is besluit ek skielik
om koue water (die boere noem dit windpompsjerrie) by te gooi.
Ek lag so vir my seun van 4 jr:
"Pappa, is dit aanmaak brandewyn" ?
"Nee my seun, hoekom ?"
"Ek sien jy maak dit met water aan..."
Nou ja- Resep vir aanmaak brandewyn:
------------------------------------
1 stewige dop brandewyn
+water na smaak!
Wie van julle onthou die "Bols storie", wat die NG kerk
in rep en roer gehad het so 10 jr gelede ????????
Daar was 'n kongres van kerke in Nederland
(Die NG kerk was natuurlik die swart skaap oor Apartheid)
en 'n predikant van SA het iets laat val (dalk oor hy vies was?)
oor die Hollandse dominees wat so glasies Bols drink.
(Jy kon destyds Bols-brandewyn in Nederland en SA koop)
Die "bols" het een of ander sinspeling gehad op knaters,
en dit het groot opslae verwek oor dit nou nie juis paslik was vir
'n dominee nie of so iets.
Vriendelike groete.
(niks water vir my nie dankie...)
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Knaters,kinders, en aanmaak brandewyn......... [boodskap #7506 is 'n antwoord op boodskap #7497] |
Wo., 23 Oktober 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
> gal...@ibm.net wrote:
>
> >>
>
> Jip.
>
Toe ek so agtien jaar oud was, het ek gekuier op 'n
wynplaas in Franshoek. Die vriend by wie ek gekuier
het, maak my toe 'n vloeistof drink uit 'n bottel met
geen naam op nie. Ek het dus nie geweet wat ek drink
nie. (Ek was 'n C.S.V. tipe, en ek dink hy was bang
dat ek sou weier om dit te drink, as ek uitvind dit is
alkohol.) Eers toe ek klaar gedrink het, vertel hy vir my
dat dit uitvoer-brandewyn is, en dat die boere net toege-
laat word om 'n paar bottels vir hulle eie gebruik te hou.
Al die ander word uit die land uitgestuur.
Die herinnering aan daardie bruingoud vog laat na
soveel jare nog my liggaam gloei. En het vir altyd my
smaak vir iets minders bederf. Ek verag mengsels. As
ek alkohol moet drink, want ek nie vreeslik gereeld
doen nie, drink ek dit 'neat.' Soos baie goeie 'neat'
jenewer. Dit smaak soos die perlemoerkleure wat 'n
mens binne in 'n skulp vind : ligte rooi, 'n effense groen,
'n onwerklike blou.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Knaters,kinders, en aanmaak brandewyn......... [boodskap #7548 is 'n antwoord op boodskap #7497] |
Wo., 30 Oktober 1996 00:00   |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
|
Senior Lid |
|
|
Koos het geskryf:
> Kan ek 'n bietjie spog met my bottel KWV Port uit 1929?
> Hy le op die kas weggesteek sodat my een kind dit eendag kan erf.
> 'n Mens drink nie so iets self nie, het ek altyd gedink.
Lukas skryf:
> Nadat `n inbreker my wynversameling bygekom het drink ek dit self.
Koos, ek sien van Lukas se brief jy het op my brief reageer,
ek het dit nooit gesien nie. Ek mis briewe. Die elektrone gaan nie
goed deur die Australiese outback nie. Of suip ek te veel ?
Ek het 'n bottel KWV 1949 port wat skoonma vir my gegee het 'n
jaar gelede. Ek weet nie hoe lank dit gaan hou nie, want wragtag,
ek dink ook heeltyd: netnou kom 'n dief en suip dit uit sonder om
dit eers te waardeer. Ek versamel nie wyn nie - ek waardeer dit
te veel. Maar daai port van jou is goud werd hoor.
Moenie dit met enige poephol deel nie. Soos my vriend wat sy
"KWV Directors Special" by 'n spesiale geleentheid aan 'n Australier
aangebied het: toe gooi die ou dit uit oor sy roomys.!
Dit laat my dink aan die dominee wat op huisbesoek was
in die platteland. Die suinige boer wou nie 'n stukkie van sy
geslagde vark aan die dominee afstaan nie. Die dominee het geskimp
maar dit het op dowe ore geval.
(In die ou dae het die dominees groot gesinne gehad en hulle het
maar die kattebak oopgelos vir enige kos-donasies om hul
karige salaris aan te vul). Die boer verduidelik toe:
"Kyk, dominee, onse Here Jesus het vir almal gesterf,
maar hierdie vark het NET vir my gesterf".
Toe ry die dominee maar....
Vriendelike groete.
En Groete aan al julle arme dominees.
Vat maar 'n sluk nagmaalwyn vir troos.
Maar deesdae is die nagmaalwyn ook sonder troos, dis mos sonder
alkohol ("elke hol").
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
|
|
|
|
|
|