Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aandele
Aandele [boodskap #74886] Di, 25 Maart 2003 03:15 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Afrikaners,

Ek het vannag gesien op die Engelse televisie (ek kan dit hier in
Vlaandere sien op die kabelnet) dat die Engelse nogal optimisties is
oor die oorlog in Irak...
Goeie saak! Dit wil sê dat die aandele duurder gaan word.. Bygevolg
kan julle vandag gerus varse aandele aankoop!..
Sodoende word myne wat ek al het ook weer beter!

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Aandele [boodskap #75016 is 'n antwoord op boodskap #74886] Wo, 26 Maart 2003 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" wrote in
message
news:1aiv7vsrcteu04blisvohvsoi673khablc@4ax.com...
> Hallo, Afrikaners,
>
> Ek het vannag gesien op die Engelse televisie (ek kan dit hier in
> Vlaandere sien op die kabelnet) dat die Engelse nogal optimisties is
> oor die oorlog in Irak...
> Goeie saak! Dit wil sê dat die aandele duurder gaan word.. Bygevolg
> kan julle vandag gerus varse aandele aankoop!..
> Sodoende word myne wat ek al het ook weer beter!

Ek hoop vir jou finansiële welstand dat jou vermoë om
te weet wanneer dit die regte tyd is om vars aandele te
koop beter is as jou vermoë om te weet of 'n
byvoeglike naamwoord in Afrikaans 'n 'e' aan die end
kry of nie (Gloudina se pogings ten spyt) ;-)

Swart Simon
Re: Aandele [boodskap #75023 is 'n antwoord op boodskap #75016] Wo, 26 Maart 2003 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 Mar 2003 20:30:04 +0200, "Swart Simon"
wrote:

> "Sterrenkijker" wrote in
> message
> news:1aiv7vsrcteu04blisvohvsoi673khablc@4ax.com...
>> Hallo, Afrikaners,

>> Ek het vannag gesien op die Engelse televisie (ek kan
> dit hier in
>> Vlaandere sien op die kabelnet) dat die Engelse nogal
> optimisties is
>> oor die oorlog in Irak...
>> Goeie saak! Dit wil sê dat die aandele duurder gaan
> word.. Bygevolg
>> kan julle vandag gerus varse aandele aankoop!..
>> Sodoende word myne wat ek al het ook weer beter!
>
>
> Ek hoop vir jou finansiële welstand dat jou vermoë om
> te weet wanneer dit die regte tyd is om vars aandele te
> koop beter is as jou vermoë om te weet of 'n
> byvoeglike naamwoord in Afrikaans 'n 'e' aan die end
> kry of nie (Gloudina se pogings ten spyt) ;-)
>
> Swart Simon
>
>
Euh.., moenie worrie nie, Swart Simon. Ek is nog steeds 'n normale
kêrel, weet jy! My gedagtes gaan nog steeds meer na die prys van my
aandele as na die kwaliteit van my Afrikaans!
Ek weet nie wie jy is nie maar ek het so 'n gevoel jy het geld?

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Aandele [boodskap #75028 is 'n antwoord op boodskap #75016] Wo, 26 Maart 2003 22:29 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> Ek hoop vir jou finansiële welstand dat jou vermoë om
> te weet wanneer dit die regte tyd is om vars aandele te
> koop beter is as jou vermoë om te weet of 'n
> byvoeglike naamwoord in Afrikaans 'n 'e' aan die end
> kry of nie (Gloudina se pogings ten spyt) ;-)

Moenie te hard op Norbert wees nie. Hy doen
baie beter met sy Afrikaans as wat ek ooit
in Nederlands sal kan doen. Om die waarheid
te sê, ek probeer nooit in Nederlands praat
of skryf nie, want ek het eenvoudig nooit die
Nederlandse grammatika geleer nie.
Wat die prys van aandele aangaan: daaroor
is ek net so onkundig, alhoewel my geliefkoose
koerantleesstof tog die besigheidsrapporte is.
Ek is gefassineer met die analises van die
kenners. Byvoorbeeld, die tyd om aandele in
die VSA te koop in maatskappye wat militêre
hardeware maak, is nou verby. Die beste tyd
daarvoor was glo ag maande gelede.
Mens verbaas jou darem oor die ekonomiese
kom en gaan van sekere maatskappye. Vir dekades
en dekades was Nortel omtrent die belangrikste
tech maatskappy in Kanada en sy aandele het deur
die jare gestyg totdat dit 'n paar jaar gelede
op die toppunt van die tech bubble $120 was. Toe
bars die bubble, en vir 'n ruk was dit onder $1
dollar en het dit gevaar geloop om van die NY Stock
Exchange afgevat te word. Nou het dit darem weer
geklim na dink ek $3 dollars of so. Maar biljoene
dollars is verloor in die laaste paar jare, veral
deur mense se pensioenfondse.
Mense wat egter 'n rukkie gelede die Nortel
aandele gekoop het, staan om te wen. Een van ons
kinders het Nortel aandele teen $2 dollars gekoop.
Nortel doen wêreldwyd besigheid en sal seker eendag
weer sterk word. Net soos JDS Uniphase, 'n nuwe
maatskappy wat deur Nortel afgespin is spesifiek vir
fiberoptiese dinge, en wat op die toppunt van die
bubble nog hoër as Nortel geklim het en net so hard
geval het. Ondertussen wen die Federale Regering deur
geboue van Nortel en JDS Uniphase wat nou leegstaan
op te koop teen spotgoedkoop pryse, liewer as om
nuwe geboue te bou om hulle verouderende regerings-
geboue te vervang.

Gloudina
Vorige onderwerp: human shields
Volgende onderwerp: " Die dans van die reën " deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:49:03 MGT 2024