Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Louis Luyt &kie maak SA RUGBY se naam gat!....
Louis Luyt &kie maak SA RUGBY se naam gat!.... [boodskap #7479] Ma, 21 Oktober 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Die koerant "The Australian" verklaar
"South African rugby is digging itself a black hole":
"the world champions are in a mess".
Die artikel is nie baie vleiend nie,
maar die beste van alles is dat dit waar is !

En 'n groot rede daarvoor is nie rugby self nie,
maar die poephol Louis Luyt.
Want hy dink omdat hy geld het hy kan in alles inwurm.
Die lys van dinge wat hierdie ploert alles gedoen het om
SA rugby se naam gat te maak is baie lank. Onlangse dinge:
Hy het die oorwinning oor die Australiers met die wereldrugbytoernooi
bederf deur sy dronk uitsprake op 'n onthaal daarna, voor die hele wereld.
Toe stel hy sy handlanger Markgraaff aan
(wat Pienaar uitskop - wonder hoekom ?)
Hy maak dit so onaangenaam dat ander dit nie kan uithou nie,
(Ray Mordt,Keith Parkinson, Morne Du Plessis...)
Toe dank hy Griffiths af en vervang hom met Oberholzer,
sy skoonseun. Baantjies vir boeties.
Nadat Doc dood is, het hierdie ou en sy verkrampte en korrupte kliek
mos oorgevat.

En daar is ander redes ook: (En dit is die oorsese pers vol!)
Kanniedood fossiele wat aandring om die ou vlag te swaai.
Julle maak ons naam krater man ! Steek 'n ossewa in jul agterent op !
Ander dinge wat ons naam gat maak in die buiteland:
Kabinetministers soos Trevor Manuel wat openlik vir die oorsese span skreeu.
Hy is niks anders as 'n wraakgierige rassis nie!

En Henry Tromp: Die pers hier wat skryf: "Henry Tromp had been convicted
of assaulting a teenaged farm labourer who later died".
Sulke dinge help nou nie juis die idee van 'n nuwe SA se rugby nie.
Dit opsigself kon nog gaan, maar die pers oorsee bou 'n prentjie:
Die rugby owerhede gaan ook nie juis uit hul pad om rugby by die
swartes gewild te maak nie. Inteendeel, hulle doen dit sleepvoet.
Hoekom volg hulle nie die voorbeeld wat krieket stel nie ?
Ja, ek wil ook weet ! Is dit oor die ou verkrapte kliek ?

Groete,
(en aan Louis Luyt en sy trawante 'n mandjie groen turksvye:
Bring dit asseblief in verband met julle agterente).
Vorige onderwerp: SA Rugby: EN WAT NOU...??
Volgende onderwerp: Rugby Rugby Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:05:28 MGT 2024