Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » gloudina
|
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74752 is 'n antwoord op boodskap #74682] |
Fri, 21 March 2003 03:29   |
possum
Boodskappe: 3 Geregistreer: April 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek skud net my kop oor Gloudina se ongeneeslike idiotisme
Probeer asseblief verstaan:
Die syfer is per 100,000 van die BEVOLKING, nie per 100,000 VOERTUIE nie
Kanada het waarskynlik 10 maal meer voertuie per capita as SA; dus skuif die
punt een plek as jy wil weet hoeveel meer kans het dat jou voertuig in SA
gesteel gaan word.
skryf in boodskap news:3E793755.5020006@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>
>> 2001 Statistieke vir Misdaad in Kanada.
>
>
>> 9. Motordiefstal - 547.6 per 100 000 (1997 - 590.7)
>
> Vir Suid-Afrika:
>> 8. Motordiefstal - 681.5
>
>
>
> Nou kom nou, Elaine. Kanada is amper
> op julle hakke. Sou jy nou kon dink
> dat in die "veilige" Kanada, wat
> omtrent tien keer groter is as SA,
> daar nie veel minder motordiefstal
> per 100,000 as in SA plaasvind nie.
> Ek is self verbaas hoe kort op julle
> hakke ons is. Verskil is, ons sit nie
> met ons skrille stemme en tjank oor
> die toestand nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74781 is 'n antwoord op boodskap #74678] |
Fri, 21 March 2003 14:28   |
Paul
Boodskappe: 163 Geregistreer: November 2005
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Stem 100% saam met jou,Elaine!
Sien die wereld in jou eie land!
"Elaine" skryf in boodskap news:3e78ea56.0@news1.mweb.co.za...
> As dit julle enigste probleme is klink die plek vir my na 'n paradys! Die
> Suid-Afrikaners is seker weg omdat dit so deksels koud word daar.
> Ten spyte van ons probleme, verkies ek SA, daar is darem niks mooier as 'n
> olifant koei en haar kleintjie nie :-)) Vir my is SA (eindelik die hele
> Afrika) 'n paradys, ten spyte van al ons probleme hier. Oor so 5 - 10 jaar
> gaan ons in elk geval nie meer mense in SA hê nie. 60% van ons bevolking is
> HIV+, ek's seker daarvan julle het dieselfde probleem in Kanada, julle mense
> glo ook mos nie aan kondome nie :o)) Julle 'toordokters' glo seker ook
> daaraan dat 'n man wat HIV+ is genees sal word as hy saam met 'n maagd
> slaap.
> Ek neem aan julle probleme is elke dag NET so erg soos ons s'n. Nee wat ons
> kan nie kers vashou by julle misdaadsyfer nie. Kanada klink vir my te
> gevaarlik. Ek's seker daarvan met ons verkragtingsyfer wat 1 elke 22
> sekondes is, is my kanse om verkrag te word vir seker en absoluut nul. Ek
> vermoed julle lees seker ook ELKE dag in julle koerante van nog 'n 6 maande
> oue babadogtertjie wat verkrag is. En julle lees seker elke dag van nog
> 20 - 100 mense wat op die paaie in "taxi ongelukke" dood is? Julle lees
> seker ook elke dag van nog mense wat wreed in hulle huise vermoor is, of van
> ou tannies wat vasgebind is in hulle huise en doodgeslaan is. So erg dat
> hulle haar tande die hele wêreld vol moes optel en hulle haar breins van die
> mure moes afwas. Of van huishulpe wat vermoor is sodat huise leeg gedra kan
> word. En o weë om nie eers van julle "carjackings" te praat nie. Daar word
> ook seker oor die 200 karre ELKE DAG gesteel daar? Of hoe? Ek neem aan
> julle polisie stel ook glad nie belang in julle wel en weë nie. As jy hulle
> bel om te sê iemand breek in by jou daag hulle seker ook eers 'n uur later
> op? Ek neem aan daar's polisiestasies daar by julle wat ook sonder landlyne
> sit, vir weke aaneen, en julle polisiekarre het seker ook nie aldag petrol
> nie? Hier by ons staan die polisiekarre somtyds vir twee weke en kan die
> polisie nêrens heen gaan nie, al wil hulle hoe graag, want hulle het nie
> vervoer nie.
> Ek wil nie eers ingaan op die probleem wat die staatshospitale en klinieke
> is nie. Maar jy verstaan seker wat daar gaan dit mos net so vrot in julle
> hospitale?
> 30 lyke op 'n plaas in Vancouver - hier by ons vee ons lyke by die honderde
> op, elke dag van ons lewens. Ons lap stukkende baba dogterjies weer
> aanmekaar en begrawe ons dooies. Ons kry ons versekeringsuitbetalings en
> ons koop nuwe karre en huisinhoud. Ons vertroos die slagoffers van misdade,
> en in meeste gevalle, hulle stukkende families. Ons plaas druk op ons
> regering om AZT en Retrovan gratis beskikbaar te stel, en as dit moet koop
> ons dit vir ons vriende en familie wat die siekte het (teen ongeveer R1000
> per maand). Ons verskerp ons sekuriteit en ons sit Netstar in, want op die
> einde van die dag is dit ons land, ons kies om hier te bly, en die lewe gaan
> aan.
>
> Maar dit gaan seker daar by julle ook so? Wat weet ek nou?
>
> Groete
> Elaine
>
> wrote:
>>
> Dit terwyl hulle nou
>> al oor die dertig lyke uitgegrawe het op 'n
>> plasie net buite Vancouver. Dit nadat die
>> premier van British Columbia vir dronk bestuur
>> in Hawai gevang is. Dit terwyl dele van downtown
>> Vancouver van die ergste hole in Kanada is, en
>> mense in gegoede buurtes vra dat daar iets gedoen
>> moet word om die groeiende probleem van prostitute
>> in hulle buurtes te bekamp.Dit nou, bo en behalwe
>> die feit dat mense in duur condominiums sit waarvan
>> die dakke so lek weens slegte struktuur dat die
>> provinsie moet ingryp. Ek ken SA wat Vancouver toe
>> getrek het en nou weer terug is in SA. Dit ten spyte
>> van die feit dat dit nou glo, saam met Zurich, die
>> beste stad in die wereld is om in te bly.
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74786 is 'n antwoord op boodskap #74752] |
Fri, 21 March 2003 14:51   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
new2usa wrote:
> Ek skud net my kop oor Gloudina se ongeneeslike idiotisme
>
> Probeer asseblief verstaan:
>
> Die syfer is per 100,000 van die BEVOLKING, nie per 100,000 VOERTUIE nie
>
> Kanada het waarskynlik 10 maal meer voertuie per capita as SA; dus skuif die
> punt een plek as jy wil weet hoeveel meer kans het dat jou voertuig in SA
> gesteel gaan word.
En op wat baseer jy jou aanname dat
ek dink dis "per 100,000 voertuie"
en nie per 100,100 van die bevolking
nie. Ek het aangeneem dat Elaine ook
die Kanadese syfer aanhaal as per
100,000 van die bevolking, al het sy
dit nie uitgespel nie.
Of Kanada nou 10 maal meer voertuie
per capita het as SA, dit is debatteer-
baar.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74796 is 'n antwoord op boodskap #74786] |
Fri, 21 March 2003 17:40  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het wel gesê dis per 100 000 jy sal sien na elke statistiek vir Kanada
het ek gesê "Moord - 1.8 per 100 000" dis duidelik genoeg sou ek dink.
E
wrote:
Ek het aangeneem dat Elaine ook
> die Kanadese syfer aanhaal as per
> 100,000 van die bevolking, al het sy
> dit nie uitgespel nie.
> Of Kanada nou 10 maal meer voertuie
> per capita het as SA, dit is debatteer-
> baar.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 30 13:24:52 UTC 2025
|