Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onsportiewe skilde
Onsportiewe skilde [boodskap #74735] |
Do., 20 Maart 2003 18:58  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So pas op SABC-TV (19:00) word dit gemeld dat die menslike skilde van
Suid-Afrika baie senuweeagtig is en dat hulle hul in 'n hotel (Pakistan
Hotel) bevind.
Hierdie ouens gaan Irak toe om die Amerikaanse Weermag aan te durf - en dan
word hulle senuweeagtig voordat 'n skoot geskiet is.
Hierdie ouens kan mos nie effektiewe skilde wees in 'n hotel nie - die
hotelle sal nie aangeval word nie. En dit weet die snare. Hulle sal meer
effektief wees as hulle by die militêre teikens gaan bly.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Onsportiewe skilde [boodskap #74798 is 'n antwoord op boodskap #74759] |
Vr., 21 Maart 2003 17:47  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het 'n grappie deur email gekry met die opskrif "HAHAHAHA WE GOT YOU
ALL - WHAT WAR?" aan die email is 'n foto van pres. Bush wat Saddam se kop
met sy kneukels vryf. Jammer dis nie 'n binaries groep nie, ek sou dit
graag met julle gedeel het.
Winnie is dan NOOIT by die sittings nie. Die DA het mos aangebied om vir
haar 'n "one way ticket" Irak toe te koop, want hier is sy in elk geval
useless.
E
"Annette" skryf in boodskap news:b5efjl$28b8en$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink self die lotjie wat soontoe gereis het om as menslike skilde op te
> tree is bietjie ooremosioneel.
> Ek is nie verbaas oor die bewende lotjie in die hotel nie - daar is niks
> soos die harde werklikheid om hulle uit hul droomwêreld te ruk nie.
> Wat Winnie betref - sy het 'n baie goeie rede om nie te kon gaan nie - sy
> moet parlement bywoon:))
> Nou kyk ek laasnag so na al die bommery en so in Baghdad, en volgens CNN is
> daar slegs 4 Iraki soldate dood in die aanvalle.
> Wat gaan aan?
> Is die bomme net props soos in flieks?
> Of word ons gevoer met tonele uit flieks?
>
> Annette
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 09:19:48 UTC 2025
|