Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Skoolskiet
Skoolskiet [boodskap #74528] Sa, 15 Maart 2003 09:12 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?

Slaan iemand oor die kop met die kolf?

TJ
Re: Skoolskiet [boodskap #74529 is 'n antwoord op boodskap #74528] Sa, 15 Maart 2003 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het self gewonder waaroor die bohaai gaan - ek was nie eers bewus daarvan
dat kadette en skyfskiet nie meer by skole gebeur nie.
Ek weet nou wel nie of dit reg is dat die kinders verplig moet word om te
leer skyfskiet nie - ek meen nou maar, sekere mense het maar net nie die
talent om aan te lê nie.
Maar ek kan sien waar dit vandaan kom - die bendelede wat so wild miskorrel
en kinders doodskiet in plaas van mekaar moet geleer word .

Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
> Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>
> Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>
>
> TJ
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74530 is 'n antwoord op boodskap #74529] Sa, 15 Maart 2003 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
... en dis amper so lekker soos ...

"Five fundamentals of basic shooting;
1) stance,
2) proper gun mounting,
3) swinging on the target,
4) trigger pull, and
5) follow through."

... en let veral op nommer 5 om dit weer te kan doen met dieselfde skyf.

Wat hulle nie alles vir die kinders leer nie - die aanlê begin by
skoolskiet.

:-)

TJ
Re: Skoolskiet [boodskap #74576 is 'n antwoord op boodskap #74528] Ma, 17 Maart 2003 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker een van dié akkuraatste gewere [wat nie spesiaal gebou is nie]
beskikbaar op 'n kort afstand. En stil. Sit daarby 'n klompie
sub-soniese patrone [wat jy kan koop by handelaars want dit word gebruik in
diereoes] en jy het 'n lekker goedkoop sluipwapen waarmee jy lekker droog
kan maak. Ons het jarre gelde by Ruacana se watervalle 'n klompie
terroriste geklop en onder hulle was juis van die skyfskiet .22's wat in
Walvisbaai se skool gesteel was so 'n paar maande tevore.

"TJ" skryf in boodskap news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
> Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>
> Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>
>
> TJ
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74577 is 'n antwoord op boodskap #74529] Ma, 17 Maart 2003 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Afgesien van die humor Annette, is skyskiet een van die fynste en tegnieste
sportsoorte wat bestaan. Jy moet een ding onthou, dis nie die wapen self
wat mense doodskiet nie. Dit het altyd 'n mens se hand daarvoor nodig.
Moenie dus die skuld vir misdaad op die wapen plaas en die mens laat skotvry
afkom nie........

"Annette" skryf in boodskap news:b4usqi$23af7e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek het self gewonder waaroor die bohaai gaan - ek was nie eers bewus daarvan
> dat kadette en skyfskiet nie meer by skole gebeur nie.
> Ek weet nou wel nie of dit reg is dat die kinders verplig moet word om te
> leer skyfskiet nie - ek meen nou maar, sekere mense het maar net nie die
> talent om aan te lê nie.
> Maar ek kan sien waar dit vandaan kom - die bendelede wat so wild miskorrel
> en kinders doodskiet in plaas van mekaar moet geleer word .
>
> Annette
>
>
> "TJ" wrote in message
> news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
>> Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>>
>> Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>>
>>
>> TJ
>>
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74592 is 'n antwoord op boodskap #74576] Ma, 17 Maart 2003 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Ons het jarre gelde by Ruacana se watervalle 'n klompie
> terroriste geklop

Sien, Suidwester, dis wat verander het. Dat
witnerwe, uit Suid-Afrika, lakeie van die
Amerikaners, nou verwyder is uit gebiede waarin
hulle nooit moes gewees het nie. Erken nou
maar, jy was 'n lakei van die Amerikaners,
jy het 'n stupid oorlog gevoer wat jy verloor
het, en die regering wat vir jou in daardie
situasie ingedwing het, was net so korrup en
net so oneffektief as wat Mugabe en Nujoma
ooit kan hoop om te wees. As jy van korrup
wil weet, "don't get me started," soos een
van my geliefde karakters op Saturday Night
Live sê.

Gloudina
Re: Skoolskiet [boodskap #74595 is 'n antwoord op boodskap #74577] Ma, 17 Maart 2003 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee wat - julle manne maak dit erger as wat dit is - op 'n
Voortrekkerkamp is ons rewolwers in die hand gestop en laggend beveel om die
teijen te probeer raakskiet. Geen probleem nie - selfs 'n paar kolskote - ek
sê jou - by ons meisies is aanlê 'n natuurlike ding:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e756dcc.0@news1.mweb.co.za...
> Afgesien van die humor Annette, is skyskiet een van die fynste en tegnieste
> sportsoorte wat bestaan. Jy moet een ding onthou, dis nie die wapen self
> wat mense doodskiet nie. Dit het altyd 'n mens se hand daarvoor nodig.
> Moenie dus die skuld vir misdaad op die wapen plaas en die mens laat skotvry
> afkom nie........
> "Annette" wrote in message
> news:b4usqi$23af7e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek het self gewonder waaroor die bohaai gaan - ek was nie eers bewus daarvan
>> dat kadette en skyfskiet nie meer by skole gebeur nie.
>> Ek weet nou wel nie of dit reg is dat die kinders verplig moet word om te
>> leer skyfskiet nie - ek meen nou maar, sekere mense het maar net nie die
>> talent om aan te lê nie.
>> Maar ek kan sien waar dit vandaan kom - die bendelede wat so wild miskorrel
>> en kinders doodskiet in plaas van mekaar moet geleer word .
>>
>> Annette
>>
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
>>> Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>>>
>>> Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>>>
>>>
>>> TJ
>>>
>>
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74606 is 'n antwoord op boodskap #74592] Di, 18 Maart 2003 04:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ten minste het hy nie 'n korrupte Mugabe en Mbeki in die saal geplaas
nie ...

skryf in boodskap news:3E75D684.60103@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Ons het jarre gelde by Ruacana se watervalle 'n klompie
>> terroriste geklop
>
>
> Sien, Suidwester, dis wat verander het. Dat
> witnerwe, uit Suid-Afrika, lakeie van die
> Amerikaners, nou verwyder is uit gebiede waarin
> hulle nooit moes gewees het nie. Erken nou
> maar, jy was 'n lakei van die Amerikaners,
> jy het 'n stupid oorlog gevoer wat jy verloor
> het, en die regering wat vir jou in daardie
> situasie ingedwing het, was net so korrup en
> net so oneffektief as wat Mugabe en Nujoma
> ooit kan hoop om te wees. As jy van korrup
> wil weet, "don't get me started," soos een
> van my geliefde karakters op Saturday Night
> Live sê.
>
> Gloudina
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74608 is 'n antwoord op boodskap #74592] Di, 18 Maart 2003 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai foeitog ou antie, het ek jou weer op jou spoor na nêrens gesit? Weet
jy waar Ruacana ooit is, of het jy die kaart geraadpleeg? Toevallig is dit
binne Namibië en op daardie stadium was daar 'n oorlog in Angola en was die
SA Weermag nog nie eers betrokke daarby nie. Die enigste belange wat SA
gehad het was die kofferdam wat in Angola by Calueque gebou was om die
Ruacana hidrologiese sisteem te voed en wat elektrisiteit verskaf het aan
beide SWA en Angola. In daardie stadium was daar in Angola nog Portugese
soldate wat op die punt was om te onttrek omdat sake te warm vir hulle
geraak het.
In elk geval, siviele mense het uit Angola na SWA gevlug met oë wat
groot en wit staan in 'n kop wat gedurig agtertoe kyk vanwaar hulle gekom
het. Het jy al ooit so iets beleef, ou dier? Dat mense op 'n helipad
opstap en bleodspore laat want hulle skoene se sole is vodde geloop? Het
jy al gesien hoe lyk 'n verwagtende vrou wat se kind met 'n mes uit haar
maag uitgesny is deur 'n klomp swart hoerkinders wat myle verby rede en
ordentlikheid is?
Dis sulke tye dat redelikheid en ordentlikheid net teorieë is wat jy op
'n keyboard kan uittik en maak of jy wys is. Dis sulke dae wat jy jou
vyand haat vir wat hy doen aan sy eie mense [en dit nogal onder aanmoediging
van mense soos jy!] dat jy juig as jy sien hoe 'n tjopper met 'n .50
Browning in die lug aan't ruk gaan as die masjiengeweer begin knetter en die
terroris wat anderkant die valle gelê het met die einste .22 waarvan ons
gepraat het. Weet jy hoe lyk dit? Die koeëls laat die liggaam dans. 47
skote het hom getref en die stukke is bymekaargemaak.
Klink of ek lekker mal is? Nee, ou koek, ek het dinge beleef en ek glo
anderkant 'n beter mens uitgekom. Jy dink duidelik dat om beter te word
meot jy weghol van alles wat sleg is.....ek dink weer jy gaan uit,
konfronteer dit en stel dit reg. Ons sal egter altyd verskil, want jy ken
net teorie......
skryf in boodskap news:3E75D684.60103@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Ons het jarre gelde by Ruacana se watervalle 'n klompie
>> terroriste geklop
>
>
> Sien, Suidwester, dis wat verander het. Dat
> witnerwe, uit Suid-Afrika, lakeie van die
> Amerikaners, nou verwyder is uit gebiede waarin
> hulle nooit moes gewees het nie. Erken nou
> maar, jy was 'n lakei van die Amerikaners,
> jy het 'n stupid oorlog gevoer wat jy verloor
> het, en die regering wat vir jou in daardie
> situasie ingedwing het, was net so korrup en
> net so oneffektief as wat Mugabe en Nujoma
> ooit kan hoop om te wees. As jy van korrup
> wil weet, "don't get me started," soos een
> van my geliefde karakters op Saturday Night
> Live sê.
>
> Gloudina
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74609 is 'n antwoord op boodskap #74595] Di, 18 Maart 2003 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Aanlê? En dan hol julle weg as julle grofgeskut sien?

"Annette" skryf in boodskap news:b551mn$253nln$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ag nee wat - julle manne maak dit erger as wat dit is - op 'n
> Voortrekkerkamp is ons rewolwers in die hand gestop en laggend beveel om die
> teijen te probeer raakskiet. Geen probleem nie - selfs 'n paar kolskote - ek
> sê jou - by ons meisies is aanlê 'n natuurlike ding:))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e756dcc.0@news1.mweb.co.za...
>> Afgesien van die humor Annette, is skyskiet een van die fynste en tegnieste
>> sportsoorte wat bestaan. Jy moet een ding onthou, dis nie die wapen self
>> wat mense doodskiet nie. Dit het altyd 'n mens se hand daarvoor nodig.
>> Moenie dus die skuld vir misdaad op die wapen plaas en die mens laat skotvry
>> afkom nie........
>> "Annette" wrote in message
>> news:b4usqi$23af7e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ek het self gewonder waaroor die bohaai gaan - ek was nie eers bewus daarvan
>>> dat kadette en skyfskiet nie meer by skole gebeur nie.
>>> Ek weet nou wel nie of dit reg is dat die kinders verplig moet word om te
>>> leer skyfskiet nie - ek meen nou maar, sekere mense het maar net nie die
>>> talent om aan te lê nie.
>>> Maar ek kan sien waar dit vandaan kom - die bendelede wat so wild miskorrel
>>> en kinders doodskiet in plaas van mekaar moet geleer word .
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "TJ" wrote in message
>>> news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
>>>> Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>>>>
>>>> Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>>>>
>>>>
>>>> TJ
>>>>
>>>
>>
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74613 is 'n antwoord op boodskap #74609] Di, 18 Maart 2003 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Nooit!:)) Jy kan nie hol, weg en grofgeskut in een sin gebruik nie;)))
Annette

Happiness is a State of Mind

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e76bce8.0@news1.mweb.co.za...
> Aanlê? En dan hol julle weg as julle grofgeskut sien?
> "Annette" wrote in message
> news:b551mn$253nln$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ag nee wat - julle manne maak dit erger as wat dit is - op 'n
>> Voortrekkerkamp is ons rewolwers in die hand gestop en laggend beveel om die
>> teijen te probeer raakskiet. Geen probleem nie - selfs 'n paar kolskote - ek
>> sê jou - by ons meisies is aanlê 'n natuurlike ding:))
>> Annette
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e756dcc.0@news1.mweb.co.za...
>>> Afgesien van die humor Annette, is skyskiet een van die fynste en tegnieste
>>> sportsoorte wat bestaan. Jy moet een ding onthou, dis nie die wapen self
>>> wat mense doodskiet nie. Dit het altyd 'n mens se hand daarvoor nodig.
>>> Moenie dus die skuld vir misdaad op die wapen plaas en die mens laat skotvry
>>> afkom nie........
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:b4usqi$23af7e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Ek het self gewonder waaroor die bohaai gaan - ek was nie eers bewus daarvan
>>>> dat kadette en skyfskiet nie meer by skole gebeur nie.
>>>> Ek weet nou wel nie of dit reg is dat die kinders verplig moet word om te
>>>> leer skyfskiet nie - ek meen nou maar, sekere mense het maar net nie die
>>>> talent om aan te lê nie.
>>>> Maar ek kan sien waar dit vandaan kom - die bendelede wat so wild miskorrel
>>>> en kinders doodskiet in plaas van mekaar moet geleer word .
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> "TJ" wrote in message
>>>> news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
>>>> > Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>>>> >
>>>> > Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>>>> >
>>>> >
>>>> > TJ
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74616 is 'n antwoord op boodskap #74613] Di, 18 Maart 2003 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he. Ja, mens sal nie weet waarheen nie..........

"Annette" skryf in boodskap news:b56q1h$26c9fs$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Haai Nooit!:)) Jy kan nie hol, weg en grofgeskut in een sin gebruik nie;)))
> Annette
>
>
> Happiness is a State of Mind
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e76bce8.0@news1.mweb.co.za...
>> Aanlê? En dan hol julle weg as julle grofgeskut sien?
>> "Annette" wrote in message
>> news:b551mn$253nln$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ag nee wat - julle manne maak dit erger as wat dit is - op 'n
>>> Voortrekkerkamp is ons rewolwers in die hand gestop en laggend beveel om die
>>> teijen te probeer raakskiet. Geen probleem nie - selfs 'n paar kolskote - ek
>>> sê jou - by ons meisies is aanlê 'n natuurlike ding:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3e756dcc.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Afgesien van die humor Annette, is skyskiet een van die fynste en tegnieste
>>>> sportsoorte wat bestaan. Jy moet een ding onthou, dis nie die wapen self
>>>> wat mense doodskiet nie. Dit het altyd 'n mens se hand daarvoor nodig.
>>>> Moenie dus die skuld vir misdaad op die wapen plaas en die mens laat skotvry
>>>> afkom nie........
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:b4usqi$23af7e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Ek het self gewonder waaroor die bohaai gaan - ek was nie eers bewus daarvan
>>>> > dat kadette en skyfskiet nie meer by skole gebeur nie.
>>>> > Ek weet nou wel nie of dit reg is dat die kinders verplig moet word om te
>>>> > leer skyfskiet nie - ek meen nou maar, sekere mense het maar net nie die
>>>> > talent om aan te lê nie.
>>>> > Maar ek kan sien waar dit vandaan kom - die bendelede wat so wild miskorrel
>>>> > en kinders doodskiet in plaas van mekaar moet geleer word .
>>>> >
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > "TJ" wrote in message
>>>> > news:3e72ee7f$0$230@hades.is.co.za...
>>>> > > Hoe pleeg 'n mens misdaad met 'n .22 enkelskoot sport geweer?
>>>> > >
>>>> > > Slaan iemand oor die kop met die kolf?
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > TJ
>>>> > >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74620 is 'n antwoord op boodskap #74608] Di, 18 Maart 2003 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

..ek dink weer jy gaan uit,
> konfronteer dit en stel dit reg.

O, so. Julle het dinge "reggestel."
Vir wie probeer jy fool? Julle het
die stryd in Angola (en in Namibië)
verloor, julle lakeie van ou Jonas
Savimbi. Wie is nou in die saal in
Angola. Die Amerikaners? Ou oorle
Jonas Savimbi?

Tant Hessie van die Nossob
Re: Skoolskiet [boodskap #74621 is 'n antwoord op boodskap #74608] Di, 18 Maart 2003 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Het
> jy al gesien hoe lyk 'n verwagtende vrou wat se kind met 'n mes uit haar
> maag uitgesny is deur 'n klomp swart hoerkinders wat myle verby rede en
> ordentlikheid is?

Terselfdertyd sit en sny die ouens daar
op Vlakplaas die lyke op en probeer hulle
verbrand, of ou Wouter Basson se lakeie
stoot hulle eksperimente oor Namibië uit
vliegtuie uit. Kan jy sien waarheen jou
oog vir 'n oog bloeddorstige soort van
dink en optrede lei? Hoekom begin jy nie
liewer die weg van Christus en Buddha
verkondig en aanhang nie?

Gloudina
Re: Skoolskiet [boodskap #74638 is 'n antwoord op boodskap #74592] Wo, 19 Maart 2003 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Die byna patologiese afkeer van hierdie sinsnede is vir my baie interessant.
Dit dui amper op iets meer as bloot ideologiese verskille en ek vrek om te
weet wat dit is.

> Dat
> witnerwe, uit Suid-Afrika,
Re: Skoolskiet [boodskap #74640 is 'n antwoord op boodskap #74638] Wo, 19 Maart 2003 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink iemand het 'n skyfie op die skouer;))
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b592di$sef$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die byna patologiese afkeer van hierdie sinsnede is vir my baie interessant.
> Dit dui amper op iets meer as bloot ideologiese verskille en ek vrek om te
> weet wat dit is.
>
>> Dat
>> witnerwe, uit Suid-Afrika,
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74652 is 'n antwoord op boodskap #74620] Wo, 19 Maart 2003 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik wil ek die ou bene nie antwoord nie, want dit dring nie deur nie,
maar dis onwillekeurig. Die jare van die Angola oorlog was in '75/76
gewees wat darem 'n heel klompie jare voor Wouter Basson en sy eksperimente
was...asook natuurlik die polisie en Vlakplaas of die BSB....maar dan skik
jy mos geskiedenis om jou te pas? Wat jy nog moet gaan lees, was dat ten
tyde van die Angolese oorlog, was SA nog nie eers in aliansie met Savimbi
nie....slegs met Holden Roberto en die FNLA in die noorde. Rusland het die
MPLA vol wapens en geld gestop en die VSA het toe, na die Portugese uit
Angola onttrek het, 'n aliansie gevorm met SA en die FNLA. Savimbi het
eers later bygekom. Ten tyde van die Angolese oorlog, tot voor die
Amerikaners onttrek het, het ons al Luanda se ligte in die aand gesien en
verkenners het in die nag daar sake bekyk. Toe word ons beveel om te
onttrek....as jy nou soldaat was, sou jy weet dat onttrek in 'n oorlog
sekerlik die gevaarlikste ding is om te doen.
Later jare, het Unita al sterker geword in Angola en het hulle wel
ondersteuning van SA geniet, alhoewel die SA Weermag nooit toegelaat is om
werklik daar te baklei nie. Dit was slegs operasies teen Swapo kampe in
die gebied. Soos die veelgeroemde Cassinga wat Swapo tot vandag toe as 'n
'heldedag' beskou omdat, volgens hulle, siviele mense hoofsaaklik daar
doodgeskiet was. Wat 'n lot bollie! Ons het Swapo langer as twee weke
voor die tyd gewaarsku dat ons die kamp gaan aanval en wat het gebeur? Al
die offisiere het gevlug en rekrute en hoere en die se kleintjies daar
gelos. En ja, hulle het gevrek soos vlieë, in uniform. Die ou lafaard
wat in bevel was wat so vinnig weggehol het dat die nat strepe gelê het, is
later bevorder tot Hoof van die Leër in Namibië!
En antie, in 23 jaar van konfrontasie in SWA, kon Swapo dit nie een keer
regkry om 'n basis te vestig op SWA grond nie. Jy onthou seker nie lekker
nie, want wat het gebeur met die vredeondertekening? Sam Nujoma het sy
magte opdrag gegee om 'n laaste keer te probeer en toe so goed op sy moer
gekry dat hy vandag nog nie die Boere vergewe het nie.......
Ek stem met jou saam [kan jy dit glo?] dat ons nie die oorlog gewen het
nie, maar ons het dit polities verloor en nie militêr nie. Maar terwyl jy
so hoogheilig op jou troontjie sit en strooi praat, hoekom antwoord jy my
nie oor die skade wat julle 'rewolusionêre' aangerig het aan SA en sy jeug
nie.....'n skade veel groter as wat enige oorlog kon doen? Maar dan sit jy
mos veilig in jou lafaardspossie in Kanada?
skryf in boodskap news:3E771778.3080602@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> ..ek dink weer jy gaan uit,
>> konfronteer dit en stel dit reg.
>
>
> O, so. Julle het dinge "reggestel."
> Vir wie probeer jy fool? Julle het
> die stryd in Angola (en in Namibië)
> verloor, julle lakeie van ou Jonas
> Savimbi. Wie is nou in die saal in
> Angola. Die Amerikaners? Ou oorle
> Jonas Savimbi?
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74653 is 'n antwoord op boodskap #74621] Wo, 19 Maart 2003 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Omdat dit ook maar net 'n manier is om die bevangdes van gees 'n emosionele
kruk te gee.....
Ek sien darem jy lees jou koerante getrou en moet ek seker dankbaar
wees jy en jou soort weet nie 10% van wat werklik aangegaan het nie.
Duidelik ignoreer jy ook geskiedkundige gebeurtenisse soos die Helgate van
Lobango waar Swapo duisende mense vermoor het. Wat van die bomme wat in
die publiek afgegaan het? Selfs jy moet ook erken dat daar 'n groot verskil
is tussen 'n weermag van 'n land wat sy grense patroleer en enigiemand wat
daaroor kom, vang of skiet, en 'n groep mense wat 'n land se grens oorsteek
in die nag, by die weermag verby hou en siviele teikens aanval. Dit was
nie die Boere wat met die konfrontasie begin het nie.....dit was jou
terroristemaatjies. Of gaan jy my nou vertel daar is 'n morele verskoning
vir geweld? As ons jou vandag se norme volg, dan moes die swart mense van
die begin af 'n politieke oplossing gesoek het, dan nie? Hoekom is geweld
vir hulle reg? Jy praat tog tjol!
skryf in boodskap news:3E771868.7030709@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Het
>> jy al gesien hoe lyk 'n verwagtende vrou wat se kind met 'n mes uit haar
>> maag uitgesny is deur 'n klomp swart hoerkinders wat myle verby rede en
>> ordentlikheid is?
>
> Terselfdertyd sit en sny die ouens daar
> op Vlakplaas die lyke op en probeer hulle
> verbrand, of ou Wouter Basson se lakeie
> stoot hulle eksperimente oor Namibië uit
> vliegtuie uit. Kan jy sien waarheen jou
> oog vir 'n oog bloeddorstige soort van
> dink en optrede lei? Hoekom begin jy nie
> liewer die weg van Christus en Buddha
> verkondig en aanhang nie?
>
> Gloudina
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74659 is 'n antwoord op boodskap #74638] Wo, 19 Maart 2003 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Die byna patologiese afkeer van hierdie sinsnede is vir my baie interessant.
> Dit dui amper op iets meer as bloot ideologiese verskille en ek vrek om te
> weet wat dit is.
>
>
>> Dat
>> witnerwe, uit Suid-Afrika,

Wel, Koot, ek glo in sterk medisyne. Jy is
fyngevoelig genoeg vir taal, dat jy "getref"
word deur die gebruik van die woord "witnerf."
Ek, tant Hessie, kommandeer maar net die
energie wat, vir lank, net in die woord
"swartnerf" uitgekom het, om aan te dui dat
daar ook "witnerwe" was.Mense wat met minagting
bejeën moes word. Soos die klomp witnerwe wat
daar in Afrika opgevaar het en begin oorlog
maak het op 'n grens wat vir hulle van geen
belang was nie, om 'n oorlog te voer wat die
Amerikaners te slu was om self te kom voer.
Ou P.W. Botha was 'n witnerf. Frederik Botha,
wat 'n bobbejaan-fetus in Tutu se tuin help
ophang het, was 'n witnerf, al is sy ma vandag
kanselier van die Universiteit van Stellenbosch.
Sal ek aangaan met die lys van mense wat vir my
somtyds skaam maak dat ek dieselfde etniese
groep as hulle deel?

Tant Hessie van Riviersonderend.
Re: Skoolskiet [boodskap #74665 is 'n antwoord op boodskap #74652] Wo, 19 Maart 2003 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Maar terwyl jy
> so hoogheilig op jou troontjie sit en strooi praat, hoekom antwoord jy my
> nie oor die skade wat julle 'rewolusionêre' aangerig het aan SA en sy jeug
> nie.....'n skade veel groter as wat enige oorlog kon doen?

Jong, die enigste nuus wat ek uit SA kry,
is dat die jeug, almal van hulle, nou
skool toe kan gaan en gelyke onderwys kan
kry. Ek weet dat enige skoolkind (en meeste
van hulle se velletjies is nie wit nie) kan
hoop om eendag president te kan word van
hulle eie land. Nou weet ek nie hoekom jy,
witnerf, daar in 'n ander land vir jou sit
en bekommer oor die jeug van SA nie. Hulle
het baie meer kanse as wat hulle 'n skamele
vyftien jaar gelede gehad het.

Tant Hessie van Ais-Ais
Re: Skoolskiet [boodskap #74667 is 'n antwoord op boodskap #74665] Wo, 19 Maart 2003 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja, maar soos gewoonlik lees jy net wat jy wil sien. Daar is twee
probleme in SA en Nam.....een aan elke kant van die kleurlyn. Daar is
natuurlik aan die swart kant die kinders wat in die jare van julle stryd
verbied is deur hulle ouers om skool toe te gaan. Hulle het groot geword
en is nou vry en het stemreg, maar het geen skoolopleiding nie en geen
werksondervinding nie. Dis ongelukkig veral onder hierdie groep waar
misdaad die enigste oorlewingskans is. As jy reken Kanada se misdaadsyfers
enigsins met SA s'n vergelyk, dan praat jy plein stront ter wille van
argumente. Normale mense in Pretoria vermy die middestad soos die pes.
Jy sal min families kry wat nie al in die een of ander vorm 'n slagoffer van
misdaad is nie. Mense gaan nie alleen autoteller toe nie. Noem maar
op.....agt voet mure om die huise, alarmstelsels, sattelietopspoor vir
karre, ens is aan die orde van die dag. Nee wat, ek het Pretoria geken
voor die groot vryheid en ek ken hom ook nou. Jy praat stront. Punt.
O, en aan die anderkant is daar ons witnerwe.......ons moes diens doen
in die weermag soos wat dit enige goeie landsburger betaam en dit het
toevallig niks met die politiek te doene nie.....dis die politici wat die
spoor byster geraak het en die weermag verkeerd aangewend het. Wat van die
mense wat diens gedoen het duer die jare en groot skade in hul professionele
lewens gely het agv die tyd weg van die werk af? Toe dinge begin nou raak,
toe hol die politici weg [voel dit nie vir jou half bekend nie? Jy was ook
mos van die hollers toe dinge jou nie meer aanstaan nie en jy die sousstroom
oorkant die water raakgesien het?] en die normale soldate sit met een moerse
probleem en verlate.
Het jy enige idee hoe goed en professioneel was die SA Weermag voor
onafhanklikheid? Is jy dalk enigsins bewus daarvan dat Nelson Mandela
reeds lank voor sy presidentskap meeste van die spesiale eenhede van die
weermag besoek het en dat die ANC saamgestem het dat sulke fasiliteite dien
die land en nie politiek nie en daarom kan dit nie vernietig word nie?
Sien, daar is mense wat breins het.....en dan is daar die aktiviste en
verdwaalde kwasi politici.........daai skoen pas jou perfek!
skryf in boodskap news:3E787053.5030807@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Maar terwyl jy
>> so hoogheilig op jou troontjie sit en strooi praat, hoekom antwoord jy my
>> nie oor die skade wat julle 'rewolusionêre' aangerig het aan SA en sy jeug
>> nie.....'n skade veel groter as wat enige oorlog kon doen?
>
>
> Jong, die enigste nuus wat ek uit SA kry,
> is dat die jeug, almal van hulle, nou
> skool toe kan gaan en gelyke onderwys kan
> kry. Ek weet dat enige skoolkind (en meeste
> van hulle se velletjies is nie wit nie) kan
> hoop om eendag president te kan word van
> hulle eie land. Nou weet ek nie hoekom jy,
> witnerf, daar in 'n ander land vir jou sit
> en bekommer oor die jeug van SA nie. Hulle
> het baie meer kanse as wat hulle 'n skamele
> vyftien jaar gelede gehad het.
>
> Tant Hessie van Ais-Ais
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74668 is 'n antwoord op boodskap #74665] Wo, 19 Maart 2003 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou antie, ek wou jou nog vra: Hoe dink JY het apartheid ontstaan? Jy is
so lief om op die eindpunt van die ding te staan en skree oor die
uiteindelike gevolge, maar hoekom het dit ontstaan en was dit geregverdig.
Toe, leer jy my! Sonder slagspreuke, net logika.
skryf in boodskap news:3E787053.5030807@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Maar terwyl jy
>> so hoogheilig op jou troontjie sit en strooi praat, hoekom antwoord jy my
>> nie oor die skade wat julle 'rewolusionêre' aangerig het aan SA en sy jeug
>> nie.....'n skade veel groter as wat enige oorlog kon doen?
>
>
> Jong, die enigste nuus wat ek uit SA kry,
> is dat die jeug, almal van hulle, nou
> skool toe kan gaan en gelyke onderwys kan
> kry. Ek weet dat enige skoolkind (en meeste
> van hulle se velletjies is nie wit nie) kan
> hoop om eendag president te kan word van
> hulle eie land. Nou weet ek nie hoekom jy,
> witnerf, daar in 'n ander land vir jou sit
> en bekommer oor die jeug van SA nie. Hulle
> het baie meer kanse as wat hulle 'n skamele
> vyftien jaar gelede gehad het.
>
> Tant Hessie van Ais-Ais
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74674 is 'n antwoord op boodskap #74667] Wo, 19 Maart 2003 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Het jy enige idee hoe goed en professioneel was die SA Weermag voor
> onafhanklikheid? Is jy dalk enigsins bewus daarvan dat Nelson Mandela
> reeds lank voor sy presidentskap meeste van die spesiale eenhede van die
> weermag besoek het en dat die ANC saamgestem het dat sulke fasiliteite dien
> die land en nie politiek nie en daarom kan dit nie vernietig word nie?
> Sien, daar is mense wat breins het.

Ek stem saam. Daar is mense "wat breins het".
En in SA, in die laat tagtigerjare, was meeste
van daardie breins in swart koppe liewer as in
witnerf-koppe. En, as mens luister na die ekonome
wat volpunte gee aan ekonomiese beleid in SA, is
meeste van die breins nou ook nog in nie-blanke
koppe.

Tant Hessie van Windhoek
Re: Skoolskiet [boodskap #74675 is 'n antwoord op boodskap #74668] Wo, 19 Maart 2003 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ou antie, ek wou jou nog vra: Hoe dink JY het apartheid ontstaan? Jy is
> so lief om op die eindpunt van die ding te staan en skree oor die
> uiteindelike gevolge, maar hoekom het dit ontstaan en was dit geregverdig.
> Toe, leer jy my! Sonder slagspreuke, net logika.

Ag, spaar ons tog dié deuntjie ook. Ek kan
amper woord vir woord vir jou vertel wat jy
wil sê. Hoe apartheid by die Engelse begin
het, bla, bla, bla. Don't get me started.

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: Skoolskiet [boodskap #74691 is 'n antwoord op boodskap #74675] Do, 20 Maart 2003 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink mos nog maar altyd die antie redeneer soos 'n propaganda plakaat.
Van die werklikheid weet jy g'n niks nie, want jy het weggehol nog voor
dinge gebeur het. Mos maar die teken van die lafaard, is dit nie? Nou
sit en tjank jy soos 'n alleen jakkals op 'n duin in die mis! En jy lees
my heel verkeerd en jy lê woorde in my mond waarvan jy niks weet nie.
Net soos kommunisme, naziïsme, ens. was afsonderlike ontwikkeling ook
aanvanklik, voor individue magmal begin raak het, 'n diee wat uitgedink is
om 'n praktiese oplossing te bied vir die probleme van mense in 'n land.
Vat hier byvoorbeeld by ons in Namibië. Selfs vandag nog, is ons maar net
2m mense in 'n land wat 2/3de van die RSA groot is, maar hoekom? Omdat die
land hoofsaaklik semi-woestyn en woestyn is en die enigste plekke waar mense
kon of wou bly was naby plekke waar water beskikbaar is. Toe die blanke
setlaars bygekom het, het hulle hoofsaaklik gaan bly op plekke waar daar g'n
siel dit sou waag om te gaan bly nie en het met tegnologie begin om die
grond te ontwikkel. Logies het die blankes ryker geword en die swart mense
het bly hou by hulle tradisionele bestaan. Gou het daar 'n verskil onstaan
tussen wit en swart omdat die een groep ontwikkel en belasting betaal,
terwyl die ander net so aangaan.
Dis hier waar die denkendes vir hulleself begin afvra het wat gaan
gebeur as hulle nou vrye stemreg moes gee aan die swart mense terwyl die
meerderheid van hulle in stamverband bly en weining weet van ontwikkeling en
landsbestuur. Dis dan hier waar die idee van afsonderlike ontwikkeling
onstaan het. As hulle vir die swartman 'n eie gebied kon gee waar hy, met
staatshulp, 'n begin kon maak om te boer en homself ekonomies op te werk,
dan sal jy die een of ander tyd op 'n punt kom waar die swart man met trots
sy blanke medeburger in die oë kon kyk en as gelyke in landsake kon
saamgesels.
Dit was die teorie en ongelukkig het dit nie rekening gehou met die
Afrikakultuur nie. Deur vir 'n ou 'n stuk grond te gee om op te boer, maak
nie noodwendig van hom 'n boer nie. Dit was nie lank nie toe reeds besef
is dat hierdie ding gaan nie werk nie, maar as jy vasgevang is in 'n sisteem
is, dan is dit moeilik om te verander. Die mense het basies gratis skool,
gesondheidsorg, ens gekry en al wat hulle eintlik moes doen [en gedoen het
want met die begin van oorgang was die blankes die tweede grootse etniese
groep in SWA naas die Owambos. Vandag is hulle die tweede laagste!] was om
kinders te maak by die dosyne terwyl die staat dan nou so gaaf is om te
betaal vir sy eie ondergang. Die res is geskiedenis!
Ek sal die eerste wees om vir jou te erken dat apartheid 'n massiewe
gemors was, maar die aanvanklike idee van afsonderlike ontwikkeling het
snaaks genoeg nie die idee gehad om swartmense te onderdruk nie. Dit was
'n idee wat nie gewerk het nie en wat die destydse Nasionale Party nie die
insig gehad het om aan te pas by die werklikheid nie.
Ag, en ek is so bly dat jy amper woord vir woord kon sê wat ek wou sê
want dit sou beteken dat jy saamstem, ou koek?
skryf in boodskap news:3E788CEA.5000500@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ou antie, ek wou jou nog vra: Hoe dink JY het apartheid ontstaan? Jy is
>> so lief om op die eindpunt van die ding te staan en skree oor die
>> uiteindelike gevolge, maar hoekom het dit ontstaan en was dit geregverdig.
>> Toe, leer jy my! Sonder slagspreuke, net logika.
>
> Ag, spaar ons tog dié deuntjie ook. Ek kan
> amper woord vir woord vir jou vertel wat jy
> wil sê. Hoe apartheid by die Engelse begin
> het, bla, bla, bla. Don't get me started.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Re: Skoolskiet [boodskap #74694 is 'n antwoord op boodskap #74659] Do, 20 Maart 2003 08:08 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Oukei, ek hoor jou.

skryf in boodskap news:3E7868B5.6010006@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Die byna patologiese afkeer van hierdie sinsnede is vir my baie interessant.
>> Dit dui amper op iets meer as bloot ideologiese verskille en ek vrek om te
>> weet wat dit is.
>>
>>
>>> Dat
>>> witnerwe, uit Suid-Afrika,
>
> Wel, Koot, ek glo in sterk medisyne. Jy is
> fyngevoelig genoeg vir taal, dat jy "getref"
> word deur die gebruik van die woord "witnerf."
> Ek, tant Hessie, kommandeer maar net die
> energie wat, vir lank, net in die woord
> "swartnerf" uitgekom het, om aan te dui dat
> daar ook "witnerwe" was.Mense wat met minagting
> bejeën moes word. Soos die klomp witnerwe wat
> daar in Afrika opgevaar het en begin oorlog
> maak het op 'n grens wat vir hulle van geen
> belang was nie, om 'n oorlog te voer wat die
> Amerikaners te slu was om self te kom voer.
> Ou P.W. Botha was 'n witnerf. Frederik Botha,
> wat 'n bobbejaan-fetus in Tutu se tuin help
> ophang het, was 'n witnerf, al is sy ma vandag
> kanselier van die Universiteit van Stellenbosch.
> Sal ek aangaan met die lys van mense wat vir my
> somtyds skaam maak dat ek dieselfde etniese
> groep as hulle deel?
>
> Tant Hessie van Riviersonderend.
>
Vorige onderwerp: liewe ma en pa
Volgende onderwerp: Wie kan help?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:39:58 MGT 2024