| Bond tegen vloeken (vir Annette) [boodskap #74310] |
Vr., 07 Maart 2003 12:18  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Geagte Annette,
Ek het daaroor danig verwonder gewees omdat jy al 'n paar kere geskryf
het op hierdie nuusgroep dat Nederlanders 'n volk is wat nogal baie
kan vloek...
Ek het dit nog nie kan opmerk nie. Miskien is dit omdat daardie
Nederlanders wat nie ver van my deur woon (ek woon aan die Nederlandse
grens) nie egte Nederlanders is nie. Min of meer word hulle nog steeds
"Vlaminge" genoem (Zeeuws-Vlaminge). Hulle is natuurlik Nederlanders
maar tog het hulle altyd al baie Vlaamse en selfs Belgiese trekke
gehad.
Maar elders in Nederland skyn die mense tog 'n probleem met hulle
vloeke te hê. Want vandag het ek gelees in "Kijk" ('n
populêr-wetenskaplike maandblad):"..We staan er bovendien bekend om
(in die buiteland) dat we creatief met onze scheldvocabulaire omgaan."
Dit sou dus dan tog waar kan wees wat jy daaroor gesê het.
Maar ek glo die Nederlanders is hulle eie bewus van hulle eienskappe
daaromtrent want hulle het 'n bond daarteen! Sien asseblief hier:
http://www.bondtegenvloeken.nl/ (Vandag het daardie bond selfs op die
televisie verskyn. Hulle wil 'n boek laat verbied van 'n sekere Ronald
Giphart omdat in daardie boek teveel vloeke is).
Daar is egter, soos altyd, ook Nederlanders wat die andere kant opkyk
en hulle vind dat vloek goed is vir die (emosionele) gesondheid. Sien
hier: http://www.parodie.nl/vloeken/
In Vlaandere het ons geen bonde teen vloek nie. Die Vlaminge het
waarskynlik daaromtrent nie so'n groot probleem nie.
Vloek Afrikaners dan nooit nie? En as hulle vloek, wat sê hulle dan?
Die groete vanweë
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
| Re: Bond tegen vloeken (vir Annette) [boodskap #74322 is 'n antwoord op boodskap #74318] |
Vr., 07 Maart 2003 17:56  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 7 Mar 2003 18:55:12 +0200, "Jonas" wrote:
> Ons vloek verskriklik baie - maar probeer dit te doen ooreenkomstig die
> gehoor.
>
> Persoonlik kan ek keurig vloek - maar ek probeer dit bloot doen onder my
> mansvriende wat nie 'n probleem daarmee het nie. Ek dink nie dis goeie
> manier om in 'n gemengde gehoor of in die openbaar te vloek nie.
>
> Party ouens sal sê dat die benadering skynheilig is - ek dink nie so nie. Ek
> klim nie met modderskoene in die bed nie ...
>
Hè, dit is baie interessant wat jy my daar vertel, Jonas! Dis net soos
ek daar self oor dink!
Dankie vir jou reaksie!
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|