| Waar is die Griek [boodskap #74243] |
Do., 06 Maart 2003 06:40  |
TJ
Boodskappe: 723 Geregistreer: Januarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
:-)
TJ
www.artslink.co.za
|
|
|
|
| Re: Waar is die Griek [boodskap #74245 is 'n antwoord op boodskap #74243] |
Do., 06 Maart 2003 07:06   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hulle is nog daar - maar die keffie oppie hoek is mos nou deel van een of
ander franchise - Freindly Grocer, Seven Eleven, Spar of selfs Shoprite of
Woollies.
Die klein mannetjie het nie 'n kat se kans teen die groot maatskappye wat
met bulk aankope goedkoper is nie.
Ek sien jy leef lekker in die verlede as jy dink jy kan nou nog 'n Scope
gaan koop:))
Ons het nie meer tydskrifte wat mens soveel plesier kan verskaf nie. David
Mullany se aanmerkings in die briewekolom was altyd skreeusnaaks.
Annette
"TJ" skryf in boodskap news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>
> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>
> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is die Griek [boodskap #74357 is 'n antwoord op boodskap #74352] |
Ma., 10 Maart 2003 06:29   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sulke mense dwing eindelose bewondering van my af. Hoe hulle presies weet
waar alles is, laat my dink dat hulle liasseerstelsel in hul kop anders as
myne werk.
Die ou in Langstraar se boekwinkel is ook so 'n wonderwerk.
Mens loop in, vra, en hy kan vir jou dadelik sê of hy die boek het of nie,
en dan vir jou stuur na 'n gedeelte waar jy soortgelyke boeke oor die
onderwerp kan kry.
Mens moenie op 'n Saterdagoggend daar inloop nie, mens bly daar tot
toemaaktyd, en jou hele oggend is verlore vir ander noodsaaklike goed
Annette
.ac.za> skryf in boodskap news:b4hak6$bgm$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis baie waar. Ek het eendag pik nodig gehad om my teleskoop se spieël mee
> te poleer. Toe ek daar inloop en vra, loop die ou direk na 'n rak toe en gee
> dit vir my.
>
> Bly om te hoor hulle bestaan nog.
>
> Koot
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b4h5nl$99s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> TJ - as jy in Pretoria kom kan jy gerus na 'n Sjinese-winkel ("Win Sun")
>> gaan - die is oorkant die Louis Pasteur gebou in die stad geleë. Enige iets,
>> van 'n kopspeld tot 'n dooie poliesman - en dis die naaste wat jy aan jou
>> kêffie en die "general dealer" van ouds sal kom. Ek neem buitelanders
>> soentoe om die snaakste dinge te koop - jy noem, en dis daar.
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
>>> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
>>> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
>>> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
>>> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>>>
>>> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
>>> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
>>> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
>>> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>>>
>>> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
>>> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
>>> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>>>
>>> :-)
>>>
>>> TJ
>>> www.artslink.co.za
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar is die Griek [boodskap #76853 is 'n antwoord op boodskap #74243] |
Ma., 28 April 2003 16:59  |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"TJ" skryf in boodskap news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou?
Hulle kinders will meesal nie meer die beroep volg nie...... Ek was op
universiteit met Grieke en Portugese wie se ouers kafees gehad het, die
kinders het die kafee definitief nie as hulle toekoms gesien nie.
Lyn.
|
|
|
|