Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Wat van wapenbesit?
| Wat van wapenbesit? [boodskap #7397] |
Do., 10 Oktober 1996 00:00  |
Rylan McAuliffe
Boodskappe: 1 Geregistreer: Oktober 1996
|
Junior Lid |
|
|
Ek is 'n lid van SAGA (Suid Afrikaanse Geweer eienaars Assosiasie) en
dit stem my tot ernstige kommer dat daar nou 'n "verbod" is op die dra
van wapens by openbare vergaderings.
Volgens wetlike definisie is 'n "openbare vergadering" enige situasie
waarin twee of meer mense saam verkeer, en die gebied waar hulle
verkeer toganklik is vir die publiek. Dus, kan geen wapeneienaar meer,
volgens die letter van die wet, bv. sy persoonlike vuurwapen saamneem
as hy en sy gesin na bv. 'n park gaan nie.
Wat is die punt van wapenbesit dan nog?? Ondersteun SAGA en word 'n
lid om hierdie en ander waarlik gevaarlike verwikkelinge wat
wapenbesit bedreig, te beveg.
SAGA staan vir wettige, verantwoordelike wapenbesit. ONDERSTEUN ONS.
http://www.delta.co.za/gamedata/assoc/saga.html
Rylan McAuliffe, Lt. Mobile Infantry Corps, CDF
912...@pukrs3.puk.ac.za
"Eternal vigilance or eternal peace..."
|
|
|
|
| Re: Wat van wapenbesit? [boodskap #7398 is 'n antwoord op boodskap #7397] |
Do., 10 Oktober 1996 00:00   |
Gys Dubbeld
Boodskappe: 20 Geregistreer: April 1996
|
Junior Lid |
|
|
In article 912...@pukrs3.puk.ac.za (Rylan McAuliffe) writes:
> From: 912...@pukrs3.puk.ac.za (Rylan McAuliffe)
> Subject: Wat van wapenbesit?
> Date: Thu, 10 Oct 1996 02:52:47 GMT
> Ek is 'n lid van SAGA (Suid Afrikaanse Geweer eienaars Assosiasie) en
> dit stem my tot ernstige kommer dat daar nou 'n "verbod" is op die dra
> van wapens by openbare vergaderings.
> Volgens wetlike definisie is 'n "openbare vergadering" enige situasie
> waarin twee of meer mense saam verkeer, en die gebied waar hulle
> verkeer toganklik is vir die publiek. Dus, kan geen wapeneienaar meer,
> volgens die letter van die wet, bv. sy persoonlike vuurwapen saamneem
> as hy en sy gesin na bv. 'n park gaan nie.
> Wat is die punt van wapenbesit dan nog?? Ondersteun SAGA en word 'n
> lid om hierdie en ander waarlik gevaarlike verwikkelinge wat
> wapenbesit bedreig, te beveg.
> SAGA staan vir wettige, verantwoordelike wapenbesit. ONDERSTEUN ONS.
> http://www.delta.co.za/gamedata/assoc/saga.html
> Rylan McAuliffe, Lt. Mobile Infantry Corps, CDF
> 912...@pukrs3.puk.ac.za
> "Eternal vigilance or eternal peace..."
Die meeste wapenbesit bly tog maar problematies... as jou wapen veilig
weggebere is sodat jong kinders dit nie kan bereik nie is dit ook nie
beskikbaar as jy dit in 'n noodgeval miskien nodig kan kry nie..
Hoe dikwels word 'n persoon of lede van sy gesin, nie met sy eie vuurwapen
geskiet nie, of per ongeluk, of weens nalatigheid of selfs waar 'n aanvaller
die wapen in die hande kry voor die eienaar dit regkry.
Die volgende goed het al met mense wat ek persoonlik ken gebeur:
1. 'n Vriend van my het altyd 'n pistool by hom in die motor gehad weens
vrees vir skakings, 'n tyd gelede het 'n skaker toe hy stilhou 'n
mes teen sy keel gedruk (sy motorvenster was oop) voordat hy na sy pistool
kon gryp - die skaker is daar weg met sowel die motor as die pistool...
2. Ongeveer tien jaar gelede word ek angstig deur 'n buurvrou geroep. Haar
tienerdogter het haar man se vuurwapen in die hande gekry en dreig
om haarself te skiet oor 'n liefdesteleurstelling, haar man was
onbereikbaar. Gelukkig was die wapen nie oorgehaal nie en kon ons dit
verwyder voordat sy iets onnosels kon aanvang...
3. Ongeveer neëntien jaar gelede het 'n kollega, wat altyd besonder
trots was op sy vuurwapen, en altyd gepraat het oor die beskerming wat
dit aan hom en aan sy gesin bied, om een of ander onverklaarbare rede
homself, sy vrou, en sy twee kinders geskiet. Hy en die twee kinders
is dood, die arme vrou het dit oorleef maar dit het haar lewe verwoes. Die
aanleiding tot die gebeure was skynbaar 'n rusie oor iets totaal
onbenulligs in kombinasie met heelwat stress by die werk. As dit nie
vir hom so maklik was om na vuurwapen te gryp nie sou hulle
hoogswaarskynlik die saak kon oplos en die stress by die werk was ook
nie onoorkomlik nie. 'n Vuurwapen maak dit net te moontlik dat 'n
irrasionele oomblik (en ons almal is af en toe irrasioneel)
rampspoedige gevolge tot gevolg kan he.
In elk geval is daar 'n definitiewe tendens dat daar gouer by iemand
van wie dit bekend is dat hy vuurwapens besit ingebreek word as by
ander. Vuurwapens is besonder gesog by misdadigers.
Nee wat, persoonlik voel ek, ondanks alles, op hierdie stadium
veiliger sonder 'n vuurwapen. 'n Vuurwapen gee jou, onder normale
omstandighede, 'n "false sense of security" terwyl jy in werklikheid net so
kwesbaar of selfs kwesbaarder is. (Daar is natuurlik buitengewone
omstandighede waar dit nie geld nie - maar die is skaarser as
wat 'n mens dink).
Gys
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat van wapenbesit? [boodskap #7400 is 'n antwoord op boodskap #7397] |
Do., 10 Oktober 1996 00:00   |
Vyg
Boodskappe: 40 Geregistreer: Augustus 1996
|
Volle Lid |
|
|
Wat jy sê is waar, maar daar is een ding wat mens
vergeet om te noem, n vuurwapen op sig self is nie
'n gevaar nie, DIS DIE MENS DAARAGTER
wat die gevaar is.
Dit is mense wat probleme skep, nie dinge nie.
Dieselfde is van toepassing op byvoorbeeld
alkohol, party drink matig en bly in beheer,
ander drink om dronk te word, en verloor
beheer. (dan word daar gesteel, geslaan, verkrag,
en dodelik bestuur)
MOET ALKOHOL NIE VERBAN WORD NIE ?
Dieselfde geld vir n stop dagga, party mense
rook nou en dan n joint, maar ander rook
en meng die dagga , word dronk en verloor
beheer.
HOEKOM WORD ALKOHOL AANVAAR
EN NIE DAGGA ?
Ja, dit is maklik om die sneller te trek,
ja, dit is maklik om n drankie te skink,
ja , dit is maklik om dagga te rook,
ja, dit is maklik om met n mes te steek,
ja, dit is maklik om iemand dood te ry,
Die onnatuurlikheid van ons materialistiese
samelewing het hierdie misdaad veroorsaak,
mense moor en steel vir bmw's,klere, cd's
en kontant om bogenoemde te kan kry,
almal steel goed soos papier,penne,krammasjiene,
stiffies, idees.
almal moor dinge soos spinnekoppe, slange, voëls.
Party gaan net verder en moor medemense, of
dit die polisie,die weermag,die krimineel, die
dronk bestuurder, die jaloerse minnaar, die
direkteur met geldprobleme is.
Die wêreld is siek, mense is siek, ek het n naam
daarvoor, die BESIT-VIRUS.
Vuurwapens net soos baie ander dinge, is net
nog n ding wat in die hand van die mens in 'n
moordwapen verander.
PLANT N BOOM !
---Vyg
ps, ek wil liewer geskiet , as keel afgesny word.
|
|
|
|
| Re: Wat van wapenbesit? (vir Koos) [boodskap #7409 is 'n antwoord op boodskap #7397] |
Vr., 11 Oktober 1996 00:00   |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
jdig...@icon.co.za (Jan) wrote:
<<>Koos, jou fokken Rambo
> van jou vriend, die laaste bleswordende Afrikaanssprekende man sonder
> 'n vuurwapen, selfoon, Woolworths broek of agterdeursleutel.>>>
Jan het jy nou weer jou agterdeursleutel gaan staan en wegwetter?
Ek weet jy het nie 'n Woolworthsbroek nie. Mense soos jy dra net
Stuttafords-klere.
En dan weet ons jy het nie 'n selfoon nie. Maar ons weet ook dat
jou sekretaresse met een agter jou rondloop.
Vuurwapen....?
'n Karate-kenner het nou die dag op Radio 702 gese al die dodelike
wapens wat 'n mens soek, is reeds in jou huis.
Toe dink ek: Hy is reg. Dis dinge soos jou kredietkaart, jou kinders,
die TV, heavy metal -CD's, bottels brandewyn....
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat van wapenbesit? [boodskap #7412 is 'n antwoord op boodskap #7397] |
Vr., 11 Oktober 1996 00:00   |
lour...
Boodskappe: 45 Geregistreer: Julie 1996
|
Volle Lid |
|
|
In Article<01bbb6c2$3335dfe0$LocalHost@Meester.new.co.za>, <vy...@new.co.za> writes:
>
> Wat jy sę is waar, maar daar is een ding wat mens
> vergeet om te noem, n vuurwapen op sig self is nie
> 'n gevaar nie, DIS DIE MENS DAARAGTER
> wat die gevaar is.
>
> Dit is mense wat probleme skep, nie dinge nie.
> Dieselfde is van toepassing op byvoorbeeld
> alkohol, party drink matig en bly in beheer,
> ander drink om dronk te word, en verloor
> beheer. (dan word daar gesteel, geslaan, verkrag,
> en dodelik bestuur)
> MOET ALKOHOL NIE VERBAN WORD NIE ?
Nou wat van die ou wat deur sy vrou met die koekroller geslaan word as hy by
die huis kom? Gaan jy nou koekrollers verban net omdat 'n paar vrouens dit
misbruik?
> Dieselfde geld vir n stop dagga, party mense
> rook nou en dan n joint, maar ander rook
> en meng die dagga , word dronk en verloor
> beheer.
>
> HOEKOM WORD ALKOHOL AANVAAR
> EN NIE DAGGA ?
>
> Ja, dit is maklik om die sneller te trek,
> ja, dit is maklik om n drankie te skink,
> ja , dit is maklik om dagga te rook,
> ja, dit is maklik om met n mes te steek,
> ja, dit is maklik om iemand dood te ry,
>
> Die onnatuurlikheid van ons materialistiese
> samelewing het hierdie misdaad veroorsaak,
> mense moor en steel vir bmw's,klere, cd's
> en kontant om bogenoemde te kan kry,
> almal steel goed soos papier,penne,krammasjiene,
> stiffies, idees.
> almal moor dinge soos spinnekoppe, slange, voęls.
>
> Party gaan net verder en moor medemense, of
> dit die polisie,die weermag,die krimineel, die
> dronk bestuurder, die jaloerse minnaar, die
> direkteur met geldprobleme is.
>
> Die węreld is siek, mense is siek, ek het n naam
> daarvoor, die BESIT-VIRUS.
>
> Vuurwapens net soos baie ander dinge, is net
> nog n ding wat in die hand van die mens in 'n
> moordwapen verander.
>
> PLANT N BOOM !
> ---Vyg
>
> ps, ek wil liewer geskiet , as keel afgesny word.
>
Lyk my het 'n joint gehad terwyl jy die spul geskryf het? :)
Lou
|
|
|
|
| Re: Wat van wapenbesit? [boodskap #7426 is 'n antwoord op boodskap #7397] |
Ma., 14 Oktober 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
lour...@hotmail.com wrote:
<<< Gaan jy nou koekrollers verban net omdat 'n paar vrouens dit
> misbruik?>>>
Nie 'n slegte idee nie.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 04:43:25 UTC 2026
|