Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » stamboom
stamboom [boodskap #74209] |
Wed, 05 March 2003 13:08  |
Keen
Boodskappe: 1 Geregistreer: March 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
burgerskap?
Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
'n lewe?
Cheers
Eugene
|
|
|
|
|
|
Re: stamboom [boodskap #74332 is 'n antwoord op boodskap #74213] |
Sat, 08 March 2003 11:03   |
Koos Karoo
Boodskappe: 1 Geregistreer: March 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Eugene
Dit word algemeen vertel dat Napolen so ontsteld was oor die feit dat die
Hugenote uit Frankryk verdryf is na die herroeping van die Edik van Nantes
(waardeur Frankryk byna al sy kundige vakmanne en professionele mense verloor
het), dat hy 'n wet laat aanvaar het wat bepaal dat elkeen wat kan bewys dat hy
'n direkte nasaat van 'n Franse Hugenote-vlugteling is, hy/sy met herstel van
burgerskap na Frankryk kan terugkeer.
Navrae by die Franse ambassade oor die bestaan van so 'n wet word normaalweg
bloot geïgnoreer. Mens wonder hoekom...
Terloops, dit is die Hugenote vlugtelinge na Engeland wat die goudsmidbedryf,
die pottebakkerybedryf (porseleinbedryf), die tekstielbedryf, en die
silwersmidbedryf aldaar gevestig het, en Engeland (wat destyds maar 'n
primitiewe land was) 'n ernorme voorsprong gegee het tydens die
nywerheidsrewolusie.
Groete
Koos
Annette wrote:
> Eugene, ek neem aan in Frankryk kan dieselfde geld vir ander Europese lande.
> Ek weet nou nie of mens kan terug gaan na die jare toet nie, maar ek weet
> dat as jy kan bewys jou grootouers was burgers van 'n land, dan kan jy
> aansoek doen, maar jy moenie haastig wees nie - dis 'n lang en tydsame
> proses.
> Hoekom kontak jy nie die Fransa ambassade nie.
>
> Annette - wat gelukkig en tevrede net hier is.
>
> "Keen" wrote in message
> news:3e65f6e5$0$231@hades.is.co.za...
>> Weet enigeiemand hier wat is die prosedure om burgerskap te kry in 'n land
>> soos Frankryk dmv jou familiestamboom? Ek het gehoor dat as jy jou stamboom
>> kan terugwerk tot by jou familie in Frankryk kan jy aansoek doen vir
>> burgerskap?
>>
>> Weet enigeiemand hier van so iets? Of weet julle dalk waar kan ek begin
>> soek vir my familiestamboom? Is daar mense wat dalk hierdie goed doen vir
>> 'n lewe?
>>
>> Cheers
>> Eugene
>>
>>
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:04 UTC 2025
|