Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!!
IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!! [boodskap #7387] |
Wed, 09 October 1996 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
|
| ___/////
| /........\ /|
| /.O.\......\/.|
J >..../....../\.|
\_________/ \|
\\\
Toe ek jonk was het ons die volgende stuk uit die ou volkslied
met groot aandoening gesing: (vandag is ek te sinies vir so iets)
"Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika"
Liewe leser, is jy bereid om vir jou land te sterf ?
(En eintlik is dit dieselfde as om te vra of jy vir jou land wil veg).
Teen wie en vir wat ?
Of is jy grootbek terwyl ander mense dit vir jou moet doen ?
En julle ouens wat nou emigreer het ?
Is julle bereid om vir julle nuwe land te veg ?
Wissel julle burgerskap soos klere ?
(Die Australiese burgerskap vereis dat jy
"defend Australia, should the need arise").
Wat van almal wat gedurende die Apartheidsjare moes sterf op die grens,
in Rhodesie, Suidwes, Angola, Mosambiek, die townships ens ?
En almal wat vermink is ?
En al die dienspligtiges wat op pad in motorongelukke dood is ?
En Sielskade moes ly en selfmoord gepleeg het?
En hulle familie ? My simpatie aan almal.
(Ek was ook betrokke, maar het gelukkig nie veel oorgekom nie).
Maar waarvoor was dit ?? En laat ek my nou vir 'n oomblik bepaal by
die Afrikaner: Was dit ons groot Vietnam, die Vietnam van die Afrikaner ?
Wat het julle ouens te sê wat deel daarvan was ?
En die wat hul daaruit gewikkel het ?
Vir wat het ons mense gesterf ? vir die sogenaamde "Totale Aanslag"
en die "Swart Gevaar" en die "Kommunistiese Aanslag" en
allerhande sulke kak ? Want dit is aan my voorgehou tydens my diensplig.
Is julle om die bos gelei of het julle willens en wetens daarmee saamgegaan ?
Die Generaals en Politici wil altyd he^ julle moet daarvoor val,
want hulle staan agter en die gewone troep is daar voor in die vuurlinie.
En wat het die oorlog Suid Afrika gehelp ?
Is ons as gevolg daarvan beter af ?
'n Swart meerderheidsregering in Rhodesie, Namibie, Suid Afrika
was onafwendbaar. Dit was 'n oorlog wat gegaan het oor "the hearts and
minds of the people", maar die stiksienige Apartheids-politici het gedink
hulle kan dit met tenks en grofgeskut wen. Hulle was verkeerd.
En al julle vrouens, wat het julle te sê ?
Destyds was daar groot propaganda en ondersteuning vir
"ons manne op ons grense". Daar was soetsappige gemors in die vroue-
tydskrifte oor grenshelde en manlikheid en dapperheid ens. wat
met groot graagte opgevreet is. 'n Hele letterkundige genre vol stront.
Want die manne in uniform is tog so aantreklik, paradeer hom voor
al jou vriendinne en ooms en tantes... Sal hy nie mooi lyk as hy
in sy mooi wit vloot uniform trou nie ?....ens ens.
'n Vriend van my is afgesê deur sy meisie toe hy nie grens toe gaan nie.
Omdat sy so graag grensbriefies wou skryf, toe kon sy nie. (!).
En al daardie Ma's wat tog so trots was op die seuns wat nou so
'n "grootman" is, en wat by almal gaan spog het met Pietie in die kerk
in sy uniform ens. ?
Is julle om die bos gelei of het julle willens en wetens daarmee saamgegaan ?
Vroue is van ouds af net so bliksems skuldig aan oorlog as mans !
En wat het die ouer geslag vir hulself te sê ?
Die wat 'n leeftyd se voordeel uit Apartheid getrek het,
maar toe Apartheid se vet uitbraai, het hul met hul Sanlampolisse
by die huis gesit en die jeug moes vir hul vettigheid en oordadigheid
gaan sterf. En wat van al die bliksems wat lekker geld gemaak het uit
die oorlog ?
Ons was maar almal skuldig ne^ ? Sommige meer as ander.
HIERDIE ou vissie wil nie sterf vir hierdie of daardie land
se patriotiese snert en propaganda nie.
Julle ouens wat so graag wil sterf daarvoor:
Gaan sterf dan daarvoor. Toe, toe !
As ek moet sterf doen ek dit eerder vir beginsels wat wyer strek as
hierdie of daardie landsgrens.
My helde is Genl Christiaan de Wet en Chris Hani.
Hulle het 'n SAAK gehad om voor te veg. P.W. en sy gespuis nie.
Laat weet asseblief die nuusgroep wat jou storie is.
(Nie vir my nie, ek lees nie private briewe nie, hoor!)
Vriendelike Groete
|
|
|
|
Re: IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!! [boodskap #7395 is 'n antwoord op boodskap #7387] |
Thu, 10 October 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Toe ek jonk was het ons die volgende stuk uit die ou volkslied
> met groot aandoening gesing: (vandag is ek te sinies vir so iets)
> Wat het julle ouens te sê wat deel daarvan was ?
> En die wat hul daaruit gewikkel het ?
>
Galjoen,
In die dae toe ek nog in Suid-Afrika gebly
het, het die sing van Nkosi Sikeleli vir my met
spesiale dankbaarheid vervul. Wanneer ek dit
gesing het, het ek geweet ek bid vir Afrika en al
die mense wat daarin bly. Die feit dat ons altyd
die Sotho-woorde na die Zulu-woorde gesing het,
het my nog meer laat voel dis 'n gebed wat nie
stam- of rasse-skeidings in ag neem nie.En wanneer
ek dit gesing het in daardie donker dae, het ek veral
aan my wit landgenote gedink.
Ek gaan terug na ons F.A.K. Volksangbundel
en lees die woorde van "Die Stem." Behalwe vir 'n
frase hier en daar ( "die kreun van ossewa" byvoor-
beeld), kan enigiemand in die huidige SA die woorde
met oortuiging sing. Die laaste versie is ook 'n gebed.
Mens wonder soms of Langenhoven net wit Afrikaners
in gedagte gehad het, toe hy die woorde geskryf het.
Of ek bereid is om vir Kanada te sterf? Dit hang
alles af. Ons is net 'n uur met 'n kar van die grens wat
ons deel met die wêreld se enigste "superpower." As
hulle ons inval, sal ek terugveg. (Hulle het dit laas in
1812 gedoen en toe is hulle teruggedryf. Nou weet hulle
beter as om weer te probeer.)
Waarvoor ek wel sal veg, is vir die regte van die
First Nations om op hulle eie grond hulle eie toekoms
uit te werk, en hulle eie grond te beskerm. Gedurig is
daar wrywinge tussen die magstruktuur (meestal nog
mense wie se voorvaders uit Europa hierheen gekom het)
en die First Nations: om 'n begraafplaas te red van in 'n
golfbaan omskep te word, of 'n stuk oer-woud te beskerm
teen "logging." Vir sulke dinge sal ek veg. En as ons
buurman na die suide vir ons aanval, sal ek baie versigtig
net die mense met die wit velle skiet. (Hoop nie dis ooit
nodig nie, want ek haat gewere.)
Gloudina
|
|
|
Re: IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!! [boodskap #7406 is 'n antwoord op boodskap #7387] |
Fri, 11 October 1996 00:00   |
Gys Dubbeld
Boodskappe: 20 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article gal...@ibm.net writes:
> From: gal...@ibm.net
> Subject: IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!!
> Date: 9 Oct 1996 08:46:56 GMT
> |
> | ___/////
> | /........\ /|
> | /.O.\......\/.|
> J >..../....../\.|
> \_________/ \|
> \\\
>
> Toe ek jonk was het ons die volgende stuk uit die ou volkslied
> met groot aandoening gesing: (vandag is ek te sinies vir so iets)
> "Ons sal lewe, ons sal sterwe,
> Ons vir jou, Suid-Afrika"
>
> Liewe leser, is jy bereid om vir jou land te sterf ?
> (En eintlik is dit dieselfde as om te vra of jy vir jou land wil veg).
> Teen wie en vir wat ?
Om "vir jou land te sterf" is oor die algemeen maar onsin - jy word
gestuur om te veg en te sterf om iemand anders se gemaklike lewenstyl te
beskerm - meestal geregverig deur een of ander stuk abstrakte twak soos
apartheid, kommunisme, kapitalisme, die "vrye wereld", die "volk", "
"christelike lewenswyse" ens.
Dis geregverdig om te veg om jouself te verdedig, maar wees dan eerlik.
Jou gesin en jou eie mense is belangrik en as iets of iemand hulle
werklik bedreig het jy die reg tot selfverdediging sonder dat jy jouself
ideologies hoef te regverdig - enigiets anders is betekenisloos en 'n mens
moet nooit verlei word om te veg en te sterf vir iemand anders se twak wat
as een of ander wonderlike ideaal opgedis word nie. Uiteindelik sal almal
tog maar vergeet waaroor dit alles gaan.
Dit is wel die moeite werd om jou te beywer vir goed soos die ekologiese
oorlewing van ons planeet, die vermindering van armoede en lyding, die
bevordering van biologiese en kulturele diversiteit ens. Dit kan egter
nie op die basis van 'n gewapende stryd geskied nie. 'n Gewapende stryd
beskadig oor die algemeen die ekologie van die wereld, verhoog
deurgaans die vlak van armoede en lyding en ondermyn oor die
algemeen sowel biologiese as kulturele diversiteit.
Dus my antwoord is NEE...
Gys
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!! [boodskap #7430 is 'n antwoord op boodskap #7387] |
Tue, 15 October 1996 00:00   |
Theo Scott
Boodskappe: 5 Geregistreer: April 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
>
> Toe ek jonk was het ons die volgende stuk uit die ou volkslied
> met groot aandoening gesing: (vandag is ek te sinies vir so iets)
>
> "Ons sal lewe, ons sal sterwe,
> Ons vir jou, Suid-Afrika"
>
> Liewe leser, is jy bereid om vir jou land te sterf ?
> (En eintlik is dit dieselfde as om te vra of jy vir jou land wil veg).
> Teen wie en vir wat ?
> Of is jy grootbek terwyl ander mense dit vir jou moet doen ?
> En julle ouens wat nou emigreer het ?
> Is julle bereid om vir julle nuwe land te veg ?
> Wissel julle burgerskap soos klere ?
> (Die Australiese burgerskap vereis dat jy
> "defend Australia, should the need arise").
>
Oorlog is 'n politiese ding. Een of ander politikus besluit om
die mense in sy land te gebruik om te "veg vir hulle land".
Mense word vertel wie hulle vyand is, terwyl dit slegs die vyand
wat 'n klein groepie mense is, wat nie self daarteen wil baklei nie.
Ek glo dat geen persoon wil sterf, selfs al is dit vir sy land
voordat hy kan met groot sekerheid kan sê daar bestaan nie
'n vreedsame oplossing nie.
--
============================================================ ===========
Theo Scott, http://www.advantage.co.za/~scotty
Department Computer Science, http://www.puk.ac.za/rkwdocs/eindex.html
Potchefstroom University, http://www.puk.ac.za
Key fingerprint = F1 75 66 EA 3B 9A AD 24 C2 1D 3B 6D 7A C3 0E 81
PGP key by finger service: finger rkw...@pukrs8.puk.ac.za
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:25:57 UTC 2025
|