Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Vragie
'n Vragie [boodskap #73962] Ma, 24 Februarie 2003 22:53 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n vragie. As 'n mens 'n huis wil koop, moet die eienaars nie alle
probleme met die huis aan die potensiele koper uitwys nie? Is daar nie 'n
ding soos "Full Disclosure" wanneer dit by huiskoop kom nie? Ek vra, want
nou dat die mense uit ons nuwe huis is, is daar eweskielik 'n klomp probleme
wat ons nie gesien of gewys is toe ons daar was nie. Hulle het gate in die
mure toegemaak met portrette. Iets wat nie ons of die agent geweet het nie.
Hulle het meubels oor stukkende plekke in die matte geskuif. Die deur was
oop toe ons gaan kyk het, vandag toe ons die deur probeer opmaak, breek die
handvatsel af! Die ou het ook goed soos rakke uit die mure geruk en daar's
groot gate in die mure waar hy dit gedoen het! In die badkamer was 'n
kassie wat teen die muur gestaan het. Ek het die kas oopgemaak en kon sien
dat die kassie teen die muur "vasgebolt" was. Vandag toe ons daar kom is
die kassie uit die muur geruk (letterlik) die gate is net so oopgelos en die
vloer het 'n groot "roesagtige" kol waar die kas gestaan het. Is daar nie
iets wat ons kan doen nie? Die koop is klaar deur, maar ons voel die
verkoper het ons om die bos gely. Daar's seker maklik R10 000 - R20 000 se
skade aan die huis wat ons nou moet regmaak, of omdat hulle ons nie die
foute gewys het nie, of omdat hulle regtig roekeloos was toe hulle, hul
"goed gevat en geloop" het.
Goeters soos die verf wat van die geute afdop kon ons sien, maar dis nou
regtig niks om gou te fix nie. Ek weet nie, lyk vir my asof ons 'n kat in
die sak gekoop het hier - en ons was so opgewonde oor die huis gewees, nou
is ons nie eers meer lus vir die plek nie. Dis nie 'n groot huis nie, maar
hoeveel plek het 2 mense nodig?

Anyway, wou maar net weet of daar dalk iemand is wat kan raad gee.

Groete
Elaine
Re: 'n Vragie [boodskap #73967 is 'n antwoord op boodskap #73962] Di, 25 Februarie 2003 02:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine, ek is nie doodseker nie, maar jou pa is mos 'n eiendomsagent -
hoekom vra jy hom nie?
Ek is wel seker dat niks wat aan die mure vasgebout was verwyder mag word
nie, so miskien het jy 'n saak daar teen die vorige eienaars.
Wat die wegsteek van gate en kolle aanbetref - dit was die eiendomsagent en
veral jou werk om dit uit te vind voordat die koopbrief geteken is.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e5aa268.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het 'n vragie. As 'n mens 'n huis wil koop, moet die eienaars nie alle
> probleme met die huis aan die potensiele koper uitwys nie? Is daar nie 'n
> ding soos "Full Disclosure" wanneer dit by huiskoop kom nie? Ek vra, want
> nou dat die mense uit ons nuwe huis is, is daar eweskielik 'n klomp probleme
> wat ons nie gesien of gewys is toe ons daar was nie. Hulle het gate in die
> mure toegemaak met portrette. Iets wat nie ons of die agent geweet het nie.
> Hulle het meubels oor stukkende plekke in die matte geskuif. Die deur was
> oop toe ons gaan kyk het, vandag toe ons die deur probeer opmaak, breek die
> handvatsel af! Die ou het ook goed soos rakke uit die mure geruk en daar's
> groot gate in die mure waar hy dit gedoen het! In die badkamer was 'n
> kassie wat teen die muur gestaan het. Ek het die kas oopgemaak en kon sien
> dat die kassie teen die muur "vasgebolt" was. Vandag toe ons daar kom is
> die kassie uit die muur geruk (letterlik) die gate is net so oopgelos en die
> vloer het 'n groot "roesagtige" kol waar die kas gestaan het. Is daar nie
> iets wat ons kan doen nie? Die koop is klaar deur, maar ons voel die
> verkoper het ons om die bos gely. Daar's seker maklik R10 000 - R20 000 se
> skade aan die huis wat ons nou moet regmaak, of omdat hulle ons nie die
> foute gewys het nie, of omdat hulle regtig roekeloos was toe hulle, hul
> "goed gevat en geloop" het.
> Goeters soos die verf wat van die geute afdop kon ons sien, maar dis nou
> regtig niks om gou te fix nie. Ek weet nie, lyk vir my asof ons 'n kat in
> die sak gekoop het hier - en ons was so opgewonde oor die huis gewees, nou
> is ons nie eers meer lus vir die plek nie. Dis nie 'n groot huis nie, maar
> hoeveel plek het 2 mense nodig?
>
> Anyway, wou maar net weet of daar dalk iemand is wat kan raad gee.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: 'n Vragie [boodskap #73980 is 'n antwoord op boodskap #73967] Di, 25 Februarie 2003 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, daarmee stem ek saam. Maar ek wonder hoe happy die eienaars sou gewees
het as ons hulle, baie swaar, portrette afgehaal en rondgeskuif het?
Ek weet hulle mag nie die goed wat vasgebout was verwyder het nie. Hulle
het ook nie die laaste 2 weke na die tuin gekyk nie, alles het gevrek en
verlep! Ag nou ja, party mense het mos nie respekte vir ander mense se goed
nie!

E

"Annette" skryf in boodskap news:b3elh4$1lk99b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elaine, ek is nie doodseker nie, maar jou pa is mos 'n eiendomsagent -
> hoekom vra jy hom nie?
> Ek is wel seker dat niks wat aan die mure vasgebout was verwyder mag word
> nie, so miskien het jy 'n saak daar teen die vorige eienaars.
> Wat die wegsteek van gate en kolle aanbetref - dit was die eiendomsagent en
> veral jou werk om dit uit te vind voordat die koopbrief geteken is.
> Annette
Re: 'n Vragie [boodskap #73981 is 'n antwoord op boodskap #73967] Di, 25 Februarie 2003 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou, maar my man wou nie. Seker maar bang hy lyk soos 'n idioot voor my
pa of iets. My man kan nogal baie trots wees as hy wil. Seker die Duitser
in hom :-)

E

"Annette" skryf in boodskap news:b3elh4$1lk99b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elaine, ek is nie doodseker nie, maar jou pa is mos 'n eiendomsagent -
> hoekom vra jy hom nie?
Re: 'n Vragie [boodskap #74045 is 'n antwoord op boodskap #73980] Wo, 26 Februarie 2003 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter[4]  is tans af-lyn  Pieter[4]
Boodskappe: 96
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Die verkoper is verplig om foute uittewys. Struktuur defekte moet uitgewys
word. Dak lekke ens. Spykergate en kolle op die matte is jou probleem. Het
jy darem jou elektriese sertifkaat gekry ?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e5b4e81.0@news1.mweb.co.za...
> Ja, daarmee stem ek saam. Maar ek wonder hoe happy die eienaars sou gewees
> het as ons hulle, baie swaar, portrette afgehaal en rondgeskuif het?
> Ek weet hulle mag nie die goed wat vasgebout was verwyder het nie. Hulle
> het ook nie die laaste 2 weke na die tuin gekyk nie, alles het gevrek en
> verlep! Ag nou ja, party mense het mos nie respekte vir ander mense se goed
> nie!
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b3elh4$1lk99b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Elaine, ek is nie doodseker nie, maar jou pa is mos 'n eiendomsagent -
>> hoekom vra jy hom nie?
>> Ek is wel seker dat niks wat aan die mure vasgebout was verwyder mag word
>> nie, so miskien het jy 'n saak daar teen die vorige eienaars.
>> Wat die wegsteek van gate en kolle aanbetref - dit was die eiendomsagent
> en
>> veral jou werk om dit uit te vind voordat die koopbrief geteken is.
>> Annette
>
Re: 'n Vragie [boodskap #74049 is 'n antwoord op boodskap #74045] Wo, 26 Februarie 2003 18:57 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, uiteindelik die ding vandag uit die mense gekry - na twee weke se
gesukkel. Ek het my pa vandag gevra en hy het dieselfde ding as jy gesê,
ook dat hy nie enigiets wat aan die mure vasgebout was mag uitgehaal het
nie. Sal nou maar sien hoe verloop die hele relletjie.

Dankie vir die inligting.

Elaine

"Pieter" skryf in boodskap news:b3iov8$t7a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die verkoper is verplig om foute uittewys. Struktuur defekte moet uitgewys
> word. Dak lekke ens. Spykergate en kolle op die matte is jou probleem. Het
> jy darem jou elektriese sertifkaat gekry ?
Vorige onderwerp: " ek is 'n klipchristen Here " deur JAN SPIES
Volgende onderwerp: Sommer nonsens, naar oulik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 12:55:03 MGT 2024