Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Nuutste Uitgawe: Is FW omgekoop deur Kerzner?
Die Afrikaner: Nuutste Uitgawe: Is FW omgekoop deur Kerzner? [boodskap #7404] Vr, 11 Oktober 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party van
Suid-Afrika. Die nuutste Internet-uitgawe is nou beskikbaar by:

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ***********

Is FW omgekoop deur Kerzner?

DIE eienaardige optrede van mnre. FW de Klerk en Kobie Coetsee
in die Sol Kerzner-sage laat al hoe meer wenkbroue lig. Kerzner
se naam is al by soveel omkoop-skandale genoem dat daar nou 'n
skerp refleksie op mnre. De Klerk en Coetsee gewerp word, asook
oor die NP se hantering van die hele aangeleentheid.
Die groot vraag wat tans gevra word, is waarom mnr. De Klerk
en die NP nie wou toelaat dat Sol Kerzner in 1991 aan die
Transkei uitgelewer word om tereg te staan op klagtes van
korrupsie en omkopery nie. Dit laat die vraag opduik of hulle
nie self persoonlik ook deur hom omgekoop is, en daarom die saak
laat vaar het nie.
Sake waarby Kerzner reeds betrek is, sluit in die volgende:
* R2 miljoen omkoopgeld vir George Matanzima vir die oprigting
van dobbelhole in die Transkei.
* R50 000 vir Stella Sigcau vir die oprigting van dobbelhole in
die Transkei.
* R6 miljoen vir die Konserwatiewe Party in Brittanje vir Britse
burgerskap.
* R2 miljoen vir partyfondse vir die ANC wat aan Mandela
persoonlik oorhandig is.
Voorwaar 'n formidabele rekord van omkopery en korrupsie.
En nou die klag teen mnre. De Klerk en Coetsee dat hulle
geweier het om hom te laat uitlewer aan die Transkei om daar
tereg te staan.
Die saak van Kerzner en David Bloomberg se uitlewering is op
26 Junie 1991 in die kabinet bespreek. Die aansoek is op 16 Mei
ontvang. Mnr. Pik Botha se Departement van Buitelandse Sake het
onomwonde verklaar dat die oplossing van die probleem nie is om
hulle uit te lewer nie, want dit sou die smet van die
aangeleentheid aan die NP-regering laat afsmeer. Dit het daar
aan die lig gekom dat mnr. Coetsee se Departement van Justisie
'n jaar voor die aansoek deur Kerzner en Bloomberg se
regsverteenwoordigers genader is. Hulle het die gevolgtrekking
toe al reeds gemaak dat die De Klerk-bewind hulle kli‰nte sou
beskerm en nie optree nie. Die kabinet het dan ook besluit om
nie tot uitlewering toe te stem nie, alhoewel die staat se
regsverteenwoordigers aangedui het dat daar 'n prima facie-saak
teen die twee beskuldigdes uitgemaak kon word.
In die lig daarvan is dit onbegryplik hoe mnr. De Klerk en sy
kabinetskollegas kon besluit om nie met die saak voort te gaan
nie. Dit is egter baie duidelik dat hulle uit politieke
gedienstigheid opgetree het sonder om landsbelang in aanmerking
te neem.
Die uitlewering kon alleen plaasvind indien mnr. De Klerk
persoonlik so 'n dokument onderteken. Sy weiering om dit te
doen, het die saak in die sand laat loop.
Die NP het "heftig" op die bekendmaking van die inligting
gereageer. Mev. Sheila Camerer, woordvoerder oor Justisie, het
egter deur haar optrede bevestig dat die NP-regering die saak
verbrou het. Volgens haar is die NP onskuldig omdat hulle hulle
nie met die saak wou bemoei nie. Dit is egter die finale bewys
dat die NP-regering niks gedoen het om Kerzner te laat uitlewer
en te vervolg nie!
Die vraag word gevra hoe Kerzner dit reggekry het om hulle
sover te kry om die pogings te laat vaar.
Kerzner het aanvanklik onder eed gelieg toe hy ontken het dat
hy R2 miljoen in 1989 aan Matanzima oorhandig het. Later het hy
erken dat hy dit wel gedoen het.
Die Prokureur-generaal van die Transkei, mnr. Christo Nel, het
talle pogings aangewend om Kerzner voor die hof te kry - almal
tevergeefs. Hy het 'n verlore stryd gevoer teen die toentertydse
staatspresident self om Kerzner uitgelewer en voor die hof te
kry, maar sy pogings is uit die heel hoogste kringe in die land
in die wiele gery.
Daar het dit egter nie ge‰indig nie. Nadat die ANC in 1994
oorgeneem het, was daar net sulke ernstige pogings om hom voor
die hof te kry. Mnr. Nel het reeds in September 1994 verklaar
dat daar weer van vooraf met die ondersoek begin word, en dat
vervolging binnekort hervat sou word. In Desember het hy
verklaar dat die saak in Junie 1995 voor die hof sou kom. Toe
daardie datum aanbreek, het hy verklaar dat die vervolging in
September sou begin. Hiervan het ook niks gekom nie. Toe Bantu
Holomisa die saak voor die Tutu-kommissie aangeraak het, is hy
geskors uit die ANC.
En Kerzner loop steeds vry rond.
Die vraag word openlik gevra wat hom in staat stel om onder
twee uiteenlopende regerings steeds in 'n posisie bo die wet te
verkeer. Die enigste logiese antwoord hierop is dat hy steeds
voortgaan met die omkopery van regerings asof dit die
natuurlikste ding op aarde is.
Hierdie saak is weer eens 'n duidelike bewys van regsverydeling
wat deur mnr. De Klerk se eie kabinet gepleeg is. Daardeur is
omkopery en korrupsie deur mnr. De Klerk persoonlik en sy kabinet
gekondoneer.
Vorige onderwerp: ANDER NG's...
Volgende onderwerp: Etienne / Stefanus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:20:05 MGT 2024