Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Nog iets van Koos Doep
Nog iets van Koos Doep [boodskap #73892] |
Mon, 24 February 2003 06:45  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hiersie was gister net so in ons kerk se nuusbrief:
'n Gebed van Koos du Plessis
laat my nooit die grond verlaat nie
laat my in U skadu bly
gee dat elke aardse vreugde en en vrees
eintlik nietig word vir my
elke afdraaipaadjie ken ek
elke keer het ek gedwaal
elke keer het U my iewers kom haal
maak dit Heer die laaste maal
elke dag is 'n gedagte
elke kamer net gehuur
elke aardse droom van rykdom en roem
net 'n skadu teen die muur
wat ek is is net genade
wat ek het is net geleen
eintlik smag ek na U waters van rus
lei my Heer vanaand daarheen
Dis die eeste keer dat ek dit sien. Weet iemand iets hiervan af?
Drom
|
|
|
|
|
|
Re: Nog iets van Koos Doep [boodskap #73972 is 'n antwoord op boodskap #73910] |
Tue, 25 February 2003 07:49  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:...
>
> Klaarblyklik het niks verander nie - net die naam van die rolspelers.
Is nie so nie, baie, omtrent alles, het verander. Toe ons in die vroeë
70s hier aangekom het was Alice 'n ongelooflike lekker plek om in te
woon en FH 'n baie lekker plek om te werk. Hier was baie jong getroude
mense wat oor en weer gekuier het en ons mans het inter-fakulteit
sokker-, snoeker-, krieket= en gholfligas gehad, huur was min,
salarisse heel OK, dus was die lewe lekker, selfs na 1976 toe alle hel
hier op die kampus uitgebreek het. Ongelukkig is Alice toe mos by die
"onafhanklike" Ciskei ingelyf, die Universiteit het huise op die
buurdorp gaan bou, die blanke besigheidsmense was omtrent verplig om
te vekoop, die laerskool het gesluit, dus het omtrent alles toe
verander omdat omtrent al die blankes die dorp verlaat het. Wat die
Universiteit betref was daar reuse veranderinge.
> O ja - ek het 'n Opperhoof Burns Nxhamashe daar in die Alice-omgewing
> geken - hy is seker nou dood.(?) Baie interessant en hoogs intelligent - van
> die voggies gehou maar baie aangenaam.
Ja, hy is al 'n hele ruk gelede oorlede. Ek het hom ook geken en stem
saam met jou. Die "dorpie" wat na hom vernoem is het darem nog
dieselfde naam.
Groete, Drom
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:56:15 UTC 2025
|