Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Rosa Rosarum " deur A.G. VISSER
" Rosa Rosarum " deur A.G. VISSER [boodskap #73560] Vr, 14 Februarie 2003 19:07 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

A.G. Visser
Rosa Rosarum

Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
Duist're geheime vertrou aan die nag;
Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
Drome en liefde die lang somerdag.

Kom in die soel someraande en luister
- Wanneer die nagwind hul drome verklaar -
Na die veelvuldige blommegefluister,
Bloesem en bloeisel en blad altegaar!

Kom waar die lelie - die blanke, die reine -
Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
Blou miosotis - die slanke, die kleine -
Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.

Kom as die maanblom - wit sy en satyne -
As 'n vorstinne verskyn in haar prag
Onder die wierook van roos en jasmyne -
Skoonste juweel op die bors van die nag!

Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,
Open die lotus haar heilige kelk,
Dan eers bereik sy die hoogste - Nirvana -
As sy in glorie van songloed verwelk.

Bok-bokmakieries sing bly twee-gesange
Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;
Saans koer die tortel sy lied van verlange
Bo-uit die troost'lose treurwilg se kruin.

Kom in die aand en geniet van haar geure:
Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
Kom in die môre en kies van haar kleure:
Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!

Kom as dit skitter van dou-diamante,
Rosa Rosarum, in my Paradys,
Dat ek my blomme, my bome, my plante,
Roos van my hart, hulle weerga kan wys!
Re: " Rosa Rosarum " deur A.G. VISSER [boodskap #73570 is 'n antwoord op boodskap #73560] Vr, 14 Februarie 2003 22:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierdie resitasie het ek in St 3 geleer - en kan dit nog steeds onthou!

Annette

skryf in boodskap news:3E4D3E96.5040104@rogers.com...
> A.G. Visser
> Rosa Rosarum
>
> Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
> Duist're geheime vertrou aan die nag;
> Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
> Drome en liefde die lang somerdag.
>
> Kom in die soel someraande en luister
> - Wanneer die nagwind hul drome verklaar -
> Na die veelvuldige blommegefluister,
> Bloesem en bloeisel en blad altegaar!
>
> Kom waar die lelie - die blanke, die reine -
> Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
> Blou miosotis - die slanke, die kleine -
> Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.
>
> Kom as die maanblom - wit sy en satyne -
> As 'n vorstinne verskyn in haar prag
> Onder die wierook van roos en jasmyne -
> Skoonste juweel op die bors van die nag!
>
> Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,
> Open die lotus haar heilige kelk,
> Dan eers bereik sy die hoogste - Nirvana -
> As sy in glorie van songloed verwelk.
>
> Bok-bokmakieries sing bly twee-gesange
> Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;
> Saans koer die tortel sy lied van verlange
> Bo-uit die troost'lose treurwilg se kruin.
>
> Kom in die aand en geniet van haar geure:
> Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
> Kom in die môre en kies van haar kleure:
> Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!
>
> Kom as dit skitter van dou-diamante,
> Rosa Rosarum, in my Paradys,
> Dat ek my blomme, my bome, my plante,
> Roos van my hart, hulle weerga kan wys!
>
Re: " Rosa Rosarum " deur A.G. VISSER [boodskap #73578 is 'n antwoord op boodskap #73570] Sa, 15 Februarie 2003 02:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Hierdie resitasie het ek in St 3 geleer - en kan dit nog steeds onthou!

>> A.G. Visser
>> Rosa Rosarum

>> Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
>> Duist're geheime vertrou aan die nag;

Dis darem 'n vreeslike ingewikkelde en
lang gedig vir so 'n klein dogtertjie.
Onderwysers moet ook somtyds slawedrywers
wees. Ek het dit altyd so gehaat dat ons
Duitse onderwyser daarop gestaan het dat
ons die woorde leer van "An die Freude"
(van Goethe?). Eers later, toe ek uitvind
dit maak deel uit van Beethoven se negende
simfonie, het ek verstaan hoekom hy dit
gedoen het en nou is ek vir hom vir ewig
dankbaar. Deesdae word die 9de ook half
die lied van die Olimpiese Spele, mos.

Gloudina
Re: " Rosa Rosarum " deur A.G. VISSER [boodskap #73690 is 'n antwoord op boodskap #73560] Ma, 17 Februarie 2003 19:29 Na vorige boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wat van die Blou Berge deur I.E. Mand?

skryf in boodskap news:3E4D3E96.5040104@rogers.com...
> A.G. Visser
> Rosa Rosarum
>
> Kom na my tuin waar die donkerrooi rose
> Duist're geheime vertrou aan die nag;
> Sonnestraal-kusse en suidewind-kose.
> Drome en liefde die lang somerdag.
>
> Kom in die soel someraande en luister
> - Wanneer die nagwind hul drome verklaar -
> Na die veelvuldige blommegefluister,
> Bloesem en bloeisel en blad altegaar!
>
> Kom waar die lelie - die blanke, die reine -
> Skugter haar bloesem ontbloot aan die maan,
> Blou miosotis - die slanke, die kleine -
> Met haar vergeet-my-nie-ogies betraan.
>
> Kom as die maanblom - wit sy en satyne -
> As 'n vorstinne verskyn in haar prag
> Onder die wierook van roos en jasmyne -
> Skoonste juweel op die bors van die nag!
>
> Daar in die vywer, bestraal deur Arjana,
> Open die lotus haar heilige kelk,
> Dan eers bereik sy die hoogste - Nirvana -
> As sy in glorie van songloed verwelk.
>
> Bok-bokmakieries sing bly twee-gesange
> Wanneer die oggend ontwaak in my tuin;
> Saans koer die tortel sy lied van verlange
> Bo-uit die troost'lose treurwilg se kruin.
>
> Kom in die aand en geniet van haar geure:
> Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
> Kom in die môre en kies van haar kleure:
> Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!
>
> Kom as dit skitter van dou-diamante,
> Rosa Rosarum, in my Paradys,
> Dat ek my blomme, my bome, my plante,
> Roos van my hart, hulle weerga kan wys!
>
Vorige onderwerp: " De Rust " deur FANIE OLIVIER
Volgende onderwerp: " Lokkiester lokkiemaan? " deur BOERNEEF
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:27:14 MGT 2024