Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » so whos your daddy?
so whos your daddy? [boodskap #73140] |
Wed, 05 February 2003 14:59  |
Threeships Mcduck
Boodskappe: 244 Geregistreer: June 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
so word baie gevang ne
DIVORCED FATHER:
"When you go back to your Mom's tonight,
give her this envelope and tell her that since you are now 18, this is
the last check she'll ever see from me for child support.
Then, stand back and watch the expression on her face."
Later... DAUGHTER: "Mom, Dad asked me to give you this envelope.
He said to tell you that since I'm now 18, this is the last child
support payment he'll ever have to make to you.
Now I'm supposed to stand back and watch the expression on your face."
DIVORCED MOTHER: "Next time you visit your father, tell him that after
18 years I have decided to inform him that he's not your father...
...then, stand back and watch the expression on his face.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
|
|
|
Re: so whos your daddy? [boodskap #73141 is 'n antwoord op boodskap #73140] |
Wed, 05 February 2003 16:12   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Threeships Mcduck wrote:
> DIVORCED FATHER:
> "When you go back to your Mom's tonight,
So jy dink nog hierdie nuusgroep is
'n kindergarten waar jy met jou maatjies
kan kom speel, nè?
Die Ruiter in die wiegie
|
|
|
|
|
|
|
Re: so whos your daddy? [boodskap #73169 is 'n antwoord op boodskap #73150] |
Thu, 06 February 2003 14:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Dit was 'n BRILJANTE GRAPPIE!!!
En hoekom kon dit nie in Afrikaans vertel word
nie, op 'n AFRIKAANSE NUUSGROEP? Is Afrikaans
'n tweedeklas-taal, wat nie goed genoeg is as ons
nou wil agteroor sit en lekker grappies vertel
nie? Sal ons kla oor die min inhoud van die
Afrikaans op TV en radio in SA, sal ons kla oor
die feit dat hulle miskien net Engels in die SA
parlement gaan gebruik, maar ons MAG nie kla as
iemand hierdie AFRIKAANSE nuusgroep vir sy Engelse
geskriffies wil gebruik nie. Ek wag op 'n antwoord.
Die Ruiter met die bandolier.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Suidwester se kringspier sage [boodskap #73504 is 'n antwoord op boodskap #73428] |
Fri, 14 February 2003 08:16   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Veral nie as jy aanleiding gee tot die storie nie? Jy's so onskuldig,
skattie, die stroop drup van jou af! Of ek getroud is, of nie, het nou
mooi boggerall met jou uit te waai. Hoekom sal ek my skaam vir die manier
wat ek met jou praat? Ek skik my dan juis na my geselskap? Dis jóú
verbeelding wat in die fondamente rondhang, ou dier. Dit lyk my jy het net
'n halwe woord nodig om jou aan die gang te kry.
O, en Namibië is toevallig een van die mooiste lande in die wêreld en sy
mense plat op die aarde en sonder pretensies. Ons land is is moer groot en
het maar net 2 miljoen mense. Eenvoudig gestel, hier is meer vierkante
kilometer per mens as wat enigiemand op kan hoop. As jy mense rondom jou
soek, dan is dit die verkeerde plek om na toe te kom.
"Katryn" skryf in boodskap news:nsan4voh5513u6hv1dofnm0k52o2v28gg0@4ax.com...
> "Suidwester" wrote:
>
>> Is seker so, ou dier. Maar dan gaan dinge soos jy deur daai onderwerp?
>> Nou weet ek nie of ek jou moet tel, afmerk of afvee nie. Jy gaan nie weg
>> nie. Tipies!
>
> Is jy getroud Suidwester? Jy het laas vergeet om vir my te sê. Ek
> kan nie glo dat 'n vrou met iemand wat so vuil bek het, sal kan uithou
> nie. Kry jy nie eens 'n bietjie skaam vir die manier waarop jy praat,
> en jou alewige vewysings na seks en erger nog, jou absolute anale
> fassinasie en gedurige verwysings na feaces, nie?
> Of is dit maar normaal en alledaags vir Afrikaners in Namibië om so
> te leef en praat?
|
|
|
Re: Suidwester se kringspier sage [boodskap #73541 is 'n antwoord op boodskap #73504] |
Fri, 14 February 2003 16:15   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
Eenvoudig gestel, hier is meer vierkante
> kilometer per mens as wat enigiemand op kan hoop.
Oppas tog vir die spoggery. Ons is dertig
miljoen in Kanada, in die tweede grootste
land wat oppervlakte beteken in die wêreld.
Tant Hessie van Nunavut
|
|
|
|
Re: Suidwester se kringspier sage [boodskap #73653 is 'n antwoord op boodskap #73541] |
Mon, 17 February 2003 06:11  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wie spog? Dis feite. Rusland is seker die grootste, maar hoeveel is
bewoonbaar? Ons het half dieselfde probleem met die Namib waarin net die
geldgieriges wat diamante soek, of die Boesmans wat rêrig gatvol is vir die
samelewing, sal bly. Wat egter prakties is, is dat bv die bruikbare kuslyn
vir die publiek is so ongeveer 400km lank en daar is op die hele kus nie
eers 200 000 mense permanent woon nie. So ook die platteland. Dis net
Windhoek wat 'n stad is, maar volgens bv SA standaarde, is dit eintlik nie
groot nie. As jy nie van baie mense rondom jou hou nie....dan's ons land
die plek!
skryf in boodskap news:3E4D1648.9010902@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Eenvoudig gestel, hier is meer vierkante
>> kilometer per mens as wat enigiemand op kan hoop.
>
>
> Oppas tog vir die spoggery. Ons is dertig
> miljoen in Kanada, in die tweede grootste
> land wat oppervlakte beteken in die wêreld.
>
> Tant Hessie van Nunavut
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 01:59:41 UTC 2025
|