Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » krieket - moeilikheid?
krieket - moeilikheid? [boodskap #73248] Sa, 08 Februarie 2003 04:32 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir die wat dit nou nog nie weet nie, vanaand ( 8/2) is die openingseremonie
van die krieket wêreldbeker hier in Nuweland.
Die weer het gister begin draai na omtrent drie maande van mooiweer en warm
( elders) weer. Gister was dit bewolk, reënerig, en laas nag ietwat van 'n
stormpie hier in die Kaap.
Hou asseblief duim vas dat die hele verwagte skouspel nie ontaard in
vrywilligers wat vervaard probeer regopstaan in die wind in kostuums wat hul
kleur en vorm in die reën verloor nie.
Woensdagaand was die finale kleedrepetisie in perfekte weer, en dinge het
toe nie so glad verloop soos verwag nie - so kyk maar uit vanaand vir 'n
blapsie of twee, wat die vertoning soveel meer menslik sal maak.

Ek dink na hierdie wêreldbeker gaan daar miskien meer teenstanders as
voorstanders wees van enige toekomstige aanbieding - inspuiting in die
ekonomie of te not. ( daar is al klaar 'n gemor oor al die ongerief wat al
die advertensie- en rolprentproduksiespanne hierdie seisoen veroorsaak).
8 strate ( sommige baie besige strate) rondom die speelveld is toe vir
verkeer sedert gisteraand 6nm tot Maandag 6vm - en dit sal glo so met elke
wedstryd wees - hierdie strate sal ontoeganklik wees met elke wedstryd vanaf
die dag vantevore om 6nm tot 6vm van die volgende oggend.
Dan is die organiseerders ook baie trots om aan te kondig dat dit "slegs"
gemiddeld 5 minute per motor sal neem om deur die sekuriteitstoets te
beweeg, en hulle hoop " slegs" gemiddeld 1 minuut per persoon om deur die
hekke te beweeg en deursoek te word vir artikels wat nie toegelaat word nie.

As ek 'n kaartjie vir 'n wedstryd sou gehad het, sou ek nou nog steeds
liewer by die huis gesit en kyk het.;))

Annette
Nog krieketgesukkel [boodskap #73250 is 'n antwoord op boodskap #73248] Sa, 08 Februarie 2003 04:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het vergeet om te vertel - Spoornet het besluit dat die treine uit die
stasie sal vertrek 'n halfuur nadat 'n wedstryd voltooi is. So die kykers
moenie dink as rye mense die wedstryde voor die tyd begin verlaat dit is
omdat hulle nie meer in die krieket belangstel nie.

Annette
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73254 is 'n antwoord op boodskap #73248] Sa, 08 Februarie 2003 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis tyd dat mense besef dat die grootste deel van die bevolking in die
PWV-area woon.
Dis ook daardie deel van die bevolking wat die meeste belasting betaal en
die land se ekonomie aan die gang hou.
Waarom die opening in die Wes-Kaap plaasvind maak nie lekker demografiese
sin nie.

"Annette" skryf in boodskap news:b221j7$17l5q0$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vir die wat dit nou nog nie weet nie, vanaand ( 8/2) is die openingseremonie
> van die krieket wêreldbeker hier in Nuweland.
> Die weer het gister begin draai na omtrent drie maande van mooiweer en warm
> ( elders) weer. Gister was dit bewolk, reënerig, en laas nag ietwat van 'n
> stormpie hier in die Kaap.
> Hou asseblief duim vas dat die hele verwagte skouspel nie ontaard in
> vrywilligers wat vervaard probeer regopstaan in die wind in kostuums wat hul
> kleur en vorm in die reën verloor nie.
> Woensdagaand was die finale kleedrepetisie in perfekte weer, en dinge het
> toe nie so glad verloop soos verwag nie - so kyk maar uit vanaand vir 'n
> blapsie of twee, wat die vertoning soveel meer menslik sal maak.
>
> Ek dink na hierdie wêreldbeker gaan daar miskien meer teenstanders as
> voorstanders wees van enige toekomstige aanbieding - inspuiting in die
> ekonomie of te not. ( daar is al klaar 'n gemor oor al die ongerief wat al
> die advertensie- en rolprentproduksiespanne hierdie seisoen veroorsaak).
> 8 strate ( sommige baie besige strate) rondom die speelveld is toe vir
> verkeer sedert gisteraand 6nm tot Maandag 6vm - en dit sal glo so met elke
> wedstryd wees - hierdie strate sal ontoeganklik wees met elke wedstryd vanaf
> die dag vantevore om 6nm tot 6vm van die volgende oggend.
> Dan is die organiseerders ook baie trots om aan te kondig dat dit "slegs"
> gemiddeld 5 minute per motor sal neem om deur die sekuriteitstoets te
> beweeg, en hulle hoop " slegs" gemiddeld 1 minuut per persoon om deur die
> hekke te beweeg en deursoek te word vir artikels wat nie toegelaat word nie.
>
> As ek 'n kaartjie vir 'n wedstryd sou gehad het, sou ek nou nog steeds
> liewer by die huis gesit en kyk het.;))
>
> Annette
>
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73256 is 'n antwoord op boodskap #73254] Sa, 08 Februarie 2003 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dieselfde ding gedink, maar as jy mooi daaraan dink en jy vergeet van
jou hart (ons binnelanders is maar lief vir ons plekkie), dan sal jy besef
dat, al is die PWV die ekonomies hart van die land, is dit nou nie juis die
skouspelagstigste deel van die land nie. Die Kaap is mooier, en meer
uitlanders besoek die Kaap as wat hulle Gauteng besoek. Dis so eenvoudig
soos dit.

Elaine

"Jonas" skryf in boodskap news:b22mfl$99j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis tyd dat mense besef dat die grootste deel van die bevolking in die
> PWV-area woon.
> Dis ook daardie deel van die bevolking wat die meeste belasting betaal en
> die land se ekonomie aan die gang hou.
> Waarom die opening in die Wes-Kaap plaasvind maak nie lekker demografiese
> sin nie.
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73263 is 'n antwoord op boodskap #73256] So, 09 Februarie 2003 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waar kry jy mooier as 'n geel mynhoop? Met die slykdam daarnaas ?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e450000.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het dieselfde ding gedink, maar as jy mooi daaraan dink en jy vergeet van
> jou hart (ons binnelanders is maar lief vir ons plekkie), dan sal jy besef
> dat, al is die PWV die ekonomies hart van die land, is dit nou nie juis die
> skouspelagstigste deel van die land nie. Die Kaap is mooier, en meer
> uitlanders besoek die Kaap as wat hulle Gauteng besoek. Dis so eenvoudig
> soos dit.
>
> Elaine
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b22mfl$99j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dis tyd dat mense besef dat die grootste deel van die bevolking in die
>> PWV-area woon.
>> Dis ook daardie deel van die bevolking wat die meeste belasting betaal en
>> die land se ekonomie aan die gang hou.
>> Waarom die opening in die Wes-Kaap plaasvind maak nie lekker demografiese
>> sin nie.
>
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73264 is 'n antwoord op boodskap #73263] So, 09 Februarie 2003 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, die rede hoekom Nuweland die openingseremonie gekry het, is om die
getroue krieketondersteuner hier te vergoed - ons het meer toeskouers hier
met een provinsiale wedstryd as wat Natal en Johannesburg saam kan opdis.
Dus, dit maak nie saak hoeveel mense waar is nie, dis die aantal getroue
ondersteuners wat die deurslag gegee het.

Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b24r0c$g11$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waar kry jy mooier as 'n geel mynhoop? Met die slykdam daarnaas ?
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e450000.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek het dieselfde ding gedink, maar as jy mooi daaraan dink en jy vergeet
> van
>> jou hart (ons binnelanders is maar lief vir ons plekkie), dan sal jy besef
>> dat, al is die PWV die ekonomies hart van die land, is dit nou nie juis
> die
>> skouspelagstigste deel van die land nie. Die Kaap is mooier, en meer
>> uitlanders besoek die Kaap as wat hulle Gauteng besoek. Dis so eenvoudig
>> soos dit.
>>
>> Elaine
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:b22mfl$99j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Dis tyd dat mense besef dat die grootste deel van die bevolking in die
>>> PWV-area woon.
>>> Dis ook daardie deel van die bevolking wat die meeste belasting betaal
> en
>>> die land se ekonomie aan die gang hou.
>>> Waarom die opening in die Wes-Kaap plaasvind maak nie lekker
> demografiese
>>> sin nie.
>>
>
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73274 is 'n antwoord op boodskap #73264] So, 09 Februarie 2003 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is daar dalk so effe min te doen in die Kaap?

"Annette" skryf in boodskap news:b24ue8$192fh7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Jonas, die rede hoekom Nuweland die openingseremonie gekry het, is om die
> getroue krieketondersteuner hier te vergoed - ons het meer toeskouers hier
> met een provinsiale wedstryd as wat Natal en Johannesburg saam kan opdis.
> Dus, dit maak nie saak hoeveel mense waar is nie, dis die aantal getroue
> ondersteuners wat die deurslag gegee het.
>
> Annette
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b24r0c$g11$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waar kry jy mooier as 'n geel mynhoop? Met die slykdam daarnaas ?
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3e450000.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek het dieselfde ding gedink, maar as jy mooi daaraan dink en jy
vergeet
>> van
>>> jou hart (ons binnelanders is maar lief vir ons plekkie), dan sal jy
> besef
>>> dat, al is die PWV die ekonomies hart van die land, is dit nou nie
juis
>> die
>>> skouspelagstigste deel van die land nie. Die Kaap is mooier, en meer
>>> uitlanders besoek die Kaap as wat hulle Gauteng besoek. Dis so
> eenvoudig
>>> soos dit.
>>>
>>> Elaine
>>>
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:b22mfl$99j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Dis tyd dat mense besef dat die grootste deel van die bevolking in die
>>>> PWV-area woon.
>>>> Dis ook daardie deel van die bevolking wat die meeste belasting
betaal
>> en
>>>> die land se ekonomie aan die gang hou.
>>>> Waarom die opening in die Wes-Kaap plaasvind maak nie lekker
>> demografiese
>>>> sin nie.
>>>
>>
>
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73276 is 'n antwoord op boodskap #73274] So, 09 Februarie 2003 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, ons leef met 'n passie - daar is altyd tyd om iets te doen wat
kwaliteit aan die lewe verskaf:)
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e466e5d.0@news1.mweb.co.za...
> Is daar dalk so effe min te doen in die Kaap?
> "Annette" wrote in message
> news:b24ue8$192fh7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jonas, die rede hoekom Nuweland die openingseremonie gekry het, is om die
>> getroue krieketondersteuner hier te vergoed - ons het meer toeskouers hier
>> met een provinsiale wedstryd as wat Natal en Johannesburg saam kan opdis.
>> Dus, dit maak nie saak hoeveel mense waar is nie, dis die aantal getroue
>> ondersteuners wat die deurslag gegee het.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:b24r0c$g11$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Waar kry jy mooier as 'n geel mynhoop? Met die slykdam daarnaas ?
>>>
>>> "Elaine" wrote in message
>>> news:3e450000.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek het dieselfde ding gedink, maar as jy mooi daaraan dink en jy
> vergeet
>>> van
>>>> jou hart (ons binnelanders is maar lief vir ons plekkie), dan sal jy
>> besef
>>>> dat, al is die PWV die ekonomies hart van die land, is dit nou nie
> juis
>>> die
>>>> skouspelagstigste deel van die land nie. Die Kaap is mooier, en meer
>>>> uitlanders besoek die Kaap as wat hulle Gauteng besoek. Dis so
>> eenvoudig
>>>> soos dit.
>>>>
>>>> Elaine
>>>>
>>>> "Jonas" wrote in message
>>>> news:b22mfl$99j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > Dis tyd dat mense besef dat die grootste deel van die bevolking in
> die
>>>> > PWV-area woon.
>>>> > Dis ook daardie deel van die bevolking wat die meeste belasting
> betaal
>>> en
>>>> > die land se ekonomie aan die gang hou.
>>>> > Waarom die opening in die Wes-Kaap plaasvind maak nie lekker
>>> demografiese
>>>> > sin nie.
>>>>
>>>
>>
>
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73277 is 'n antwoord op boodskap #73276] So, 09 Februarie 2003 16:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Nee, ons leef met 'n passie - daar is altyd tyd om iets te doen wat
> kwaliteit aan die lewe verskaf:)

Maar ek glo nie 'n verstokte dom oujongkêrel van Suidwes sal verstaan
nie. Sy idee van "dinge om te doen" is heel waarskynlik baie anders as
meeste Kapenaars s'n. Meer basies soos dronkword in pubs en girls
opsoek ens. Jy sien? :-)
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73279 is 'n antwoord op boodskap #73277] So, 09 Februarie 2003 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink jy is bietjie verkeerd aangaande Suidwester - hy het honde wat al sy
vrye tyd in beslag neem.
Annette

"Katryn" skryf in boodskap news:ov1d4vkfi5noebqqt70n0vc02qcv1n3are@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Nee, ons leef met 'n passie - daar is altyd tyd om iets te doen wat
>> kwaliteit aan die lewe verskaf:)
>
> Maar ek glo nie 'n verstokte dom oujongkêrel van Suidwes sal verstaan
> nie. Sy idee van "dinge om te doen" is heel waarskynlik baie anders as
> meeste Kapenaars s'n. Meer basies soos dronkword in pubs en girls
> opsoek ens. Jy sien? :-)
>
Re: krieket - moeilikheid? [boodskap #73287 is 'n antwoord op boodskap #73277] Ma, 10 Februarie 2003 05:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryntjie, uh Dom Boks....wie jy ook al mag wees vandag, kwaliteit van lewe
is iets wat aan die kus van Namibië baie hoog is. Nou nie dat jy op jou
vlak sal kan verstaan van wyd, uitgerekte strande waarop jy nog met 'n 4x4
kan gaan nie. Waters wat nog heelwat vis in het en 'n ontspanne klomp
mense wat nie mekaar probeer uitmoor en wegvloek met rassehaat nie. O, en
as jy nie wil by die see wees nie, dan gooi jy binneland toe en vind jy die
fotograaf se paradys waar 80% van die wenfoto's van elke jaar geneem word.
Sal ek jou nog meer siek maak? Die een Duitser wat sy prentiesmooi
Duitsland verlaat het en hier 'n wildplaas gekoop het, het gereken hy bly
nou reg langs die poorte van die paradys.
Ek ontken nie vir 'n oomblik dat ek nie dom is nie, maar gelukkig ken ek
my beperkinge, anders as soos 'n mens soos jy wat loop en soek vir jou
plekkie in die lewe. Foeitog. Dalk kyk die vroumense nog vir my.....en
neig jy dalk grondwaarts en daarom moet jy al hierdie identiteite hê om jou
so bietjie op te tel? Arme, árme, pateet!

"Katryn" skryf in boodskap news:ov1d4vkfi5noebqqt70n0vc02qcv1n3are@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Nee, ons leef met 'n passie - daar is altyd tyd om iets te doen wat
>> kwaliteit aan die lewe verskaf:)
>
> Maar ek glo nie 'n verstokte dom oujongkêrel van Suidwes sal verstaan
> nie. Sy idee van "dinge om te doen" is heel waarskynlik baie anders as
> meeste Kapenaars s'n. Meer basies soos dronkword in pubs en girls
> opsoek ens. Jy sien? :-)
>
Arme patete [boodskap #73300 is 'n antwoord op boodskap #73287] Ma, 10 Februarie 2003 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote:

> Dalk kyk die vroumense nog vir my.

Hahahahehehehehe...RODVELSNE!!! Nee, ek twyfel sterk. Geen
ordentlike dame sal met 'n tang aan jou wil raak nie - waarom sal
hulle selfs wil KYK?
Jy het darem jou honde, nè? Dit help seker....

> ....en
> neig jy dalk grondwaarts en daarom moet jy al hierdie identiteite hê om jou
> so bietjie op te tel? Arme, árme, pateet!

Vertel vir my bietjie meer van al hierdie identiteite wat ek dan nou
kamtig het. Toe - asseblief. En plaas sommer die bewyse ook. En as
jy dink dat ek DD is, of ooit was, is jy 'n groter mamparra as wat ek
ooit gedink moontlik is.
Nee wat ou bobbejaan tientoon - as jy enigsins 2 breinselle het, sal
jy jou alewige en vervelige ad hominum aanvalle staak Of my uitdaging
aanvaar en met duidelike bewyse jou valse beweringe dat ek met
ander identiteite hier deelneem staaf, en wys vir almal hier hoe slim
en oulik jy eintlik is!

In elkgeval - dit is nie 'n plesier om met iemand soos jy wat blykbaar
'n verwronge plesier daaruit put om ander te beledig, woorde te wissel
nie. Gaan speel maar met jou brakke in jou sandput, en dink nuwe
beledigings uit vir mense wat hier deelneem.
Re: Arme patete [boodskap #73331 is 'n antwoord op boodskap #73300] Di, 11 Februarie 2003 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:atef4vc4i2ut4eos1ghio6476o0ifkufo9@4ax.com...

> jy jou alewige en vervelige ad hominum aanvalle staak

Is dit hoe julle Latyn praat in Amerika? Hier by ons
praat hulle van "ad hominem".

Maar toemaar, moenie worry nie, ons almal maak foute.
Humanem... (oops!)... Humanum est errare.

Swart Simon
Re: Arme patete [boodskap #73335 is 'n antwoord op boodskap #73331] Di, 11 Februarie 2003 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" wrote:

> Is dit hoe julle Latyn praat in Amerika? Hier by ons
> praat hulle van "ad hominem".

Jy is natuurlik heeltemal reg. Maar ek kan tog probeer
stry (en my onkunde uitwys), en voorstel dat "hominum" is 'n "genitive
plural" vir die opvolgende frase "aanvalle".?
:-)

> Maar toemaar, moenie worry nie, ons almal maak foute.
> Humanem... (oops!)... Humanum est errare.

Ja, maar hier in Amerika sê ons: "To err is human, to admit it,
asinine" :-)
Moet ons net nie misunderestimate nie. Ons het nucular wapens, en ons
gaan o.a die wereld se taalgebruik nog embetter - watch net!
:-)
Re: Arme patete [boodskap #73341 is 'n antwoord op boodskap #73335] Di, 11 Februarie 2003 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Moet ons net nie misunderestimate nie. Ons het nucular wapens

Ja, en julle gaan dit hierdie febuary
gebruik.

Ou Tante Koba
Re: Arme patete [boodskap #73375 is 'n antwoord op boodskap #73300] Wo, 12 Februarie 2003 14:36 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ou Suidwester, jy bly maar 'n ou pusillanimous Doltus, nè?
Ek het gevra dat jy my nie meer privaat moet kontak nie, en dat jy jou
valse bewerings moet staaf HIER in die openbaar op hierdie nuusgroep.

Ek wag.
Vorige onderwerp: Weer iets oor krieket
Volgende onderwerp: Nog krieket #4
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:22:29 MGT 2024