Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Weer iets oor krieket
Weer iets oor krieket [boodskap #73321] |
Tue, 11 February 2003 10:08 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lees nounet op News24 dat Shane Warne huistoe is. Hy is glo 'n ruk
gelede positief getoets vir 'n 'diuretic'. Weet nie hoe so iets jou
krieket kan beïnvloed nie.
Dis jammer. Hy is dêm goed.
Drom
|
|
|
|
|
|
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73348 is 'n antwoord op boodskap #73343] |
Wed, 12 February 2003 06:11 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
'n Paar ondersteuners is gisteraand gevra wat hulle dink van ou Warne se
toetse en hulle het gesê hulle dink hy's "stupid" gewees. Sy eie
landsgenote voel hy moes van beter geweet het. Waar het jy nou in elk geval
gehoor 'n sportsman moet dieetpille drink om sy gewig in toom te hou. As hy
net minder en reg geëet het, sou hy nie pille nodig gehad het nie. Dink jy
nie so nie? Dit vat nou nie juis 'n rocket scientist om te weet dat
dieetpille nie 'n goeie ding is nie - veral nie oor die lang duur nie, en
veral nie as jy aan sport deel neem nie. Daar is altyd die een of ander
"slegte" bestandeel in die tipe van goed. Ek weet dit, en ek neem nie eers
aan sport deel nie. Buitendien word alle professionele sportsmense 'n lys
van goed gegee wat hulle nie mag gebruik nie, dit is dan die atleet se plig
om seker te maak dat die pille en goed wat hy gebruik nie die ongeoorloofde
bestandeel bevat nie.
Elaine
"bobby's girl" wrote:
>>
>
> Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
> neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
> wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
> Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
> nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
> mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
> ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
> terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
> werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
> verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
> hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?
> Royleen
|
|
|
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73349 is 'n antwoord op boodskap #73348] |
Wed, 12 February 2003 06:16 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit moet seker wwees in die sirkels waar ons beweeg, maar die Australiers in
die ander groep dink ook dit wat Warne se eie skuld, en dat daar nie
verskonings vir hom gesoek behoort te word nie.
Hieronder een van die antwoorde, wat die algemene gevoel op daardie ng
taamlik goed saamvat - behalwe vir die laaste opmerking:)
Well, I guess it's history now and there will be all sorts of excuses (which
we are starting to see... "my mother gave me this pill and I did not know
what it was" etc. but the fact is that Shane, great bowler that he is has
often been a bit of an embarrasment to us with the obscene mobile phone
calls, the money paid to him to give up smoking and from Indian bookmakers
etc. He may have changed the way that the cricketing world sees spin bowling
in the One-Day version of the game but knowing his character I would suspect
that he was not adverse to sucking on a bong after a hard day in the field
and as the drug he has been caught out taking is supposed to disguise this,
I doubt that I (or anyone else) would believe anything he might say to the
contrary. So now we know that Australia can still win (and I think that, if
anything the loss of Warne will make us more determined to do so) we are
hoping that the ICC may allow us to replace him with my own preference and
the man who should have been there from day one..Steve Waugh.
Dit blyk dus dat Royleen 'n groter Shane aanhanger en verdediger is as die
natuurlike Australiërs wat op die ander groep is.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e49e59c.0@news1.mweb.co.za...
> 'n Paar ondersteuners is gisteraand gevra wat hulle dink van ou Warne se
> toetse en hulle het gesê hulle dink hy's "stupid" gewees. Sy eie
> landsgenote voel hy moes van beter geweet het. Waar het jy nou in elk geval
> gehoor 'n sportsman moet dieetpille drink om sy gewig in toom te hou. As hy
> net minder en reg geëet het, sou hy nie pille nodig gehad het nie. Dink jy
> nie so nie? Dit vat nou nie juis 'n rocket scientist om te weet dat
> diéetpille nie 'n goeie ding is nie - veral nie oor die lang duur nie, en
> veral nie as jy aan sport deel neem nie. Daar is altyd die een of ander
> "slegte" bestandeel in die tipe van goed. Ek weet dit, en ek neem nie eers
> aan sport deel nie. Buitendien word alle professionele sportsmense 'n lys
> van goed gegee wat hulle nie mag gebruik nie, dit is dan die atleet se plig
> om seker te maak dat die pille en goed wat hy gebruik nie die ongeoorloofde
> bestandeel bevat nie.
>
> Elaine
>
> "bobby's girl" wrote:
>>>
>>
>> Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
>> neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
>> wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
>> Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
>> nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
>> mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
>> ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
>> terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
>> werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
>> verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
>> hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?
>
>> Royleen
>
|
|
|
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73350 is 'n antwoord op boodskap #73343] |
Wed, 12 February 2003 06:19 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"bobby's girl" skryf in boodskap news:Xns93204CA6B150Fbobbysgirl166hotmail@66.150.105.46...
> "Francois Human" wrote in
> news:b2bmbg$e79$1...@ctb-nnrp2.saix.net:
>
> Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
> neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
> wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
> Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
> nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
> mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
> ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
> terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
> werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
> verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
> hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?
>
> Dink gerus twee keer voor jy jou mond so groot rek - mens kan jou
> fout daarin verloor. 'n Kinderagtige aanmerking soos dié van jou
> oor tronkvoëls vertel meer van die soort "professionele persoon"
> wat jy is, as al die ander snert wat jy nou net kwytgeraak het.
>
> Royleen
Gits maar ons is 'rakerig' (hoe's daai vir 'n vertaling van 'touchy')
Ek het my boodskappie weer gelees en gesien ek het nêrens beweer dat ek nog
nooit 'n fout gemaak het nie. Ek beweer nou wel dat ek die gevolge van my
foute ook ge dra het sonder om te kla. Ek het GEEN kennis van Australië
nie, maar ek hou daarvan om enigiemand se siel uit te trek en jy het 100%
daarvoor geval. Baie Dankie daarvoor :).
Terloops, Shane is nie 'n doodgewone mens nie, hy is 'n 'celebrity' en dit
maak hom fair game vir ons gewone ouens wat nog nie naastenby so baie soos
hy bereik het nie.
Nee ons het nie ons eerste wedstryd gewen nie. Kom ons sien maar wie lig
die beker oor ses weke. Die eerste wedstryd tel minder as die eindstryd.
Laat my maar my ou bietjie patriotisme ook toe. Dan sal ek die gekekkel van
die hoender probeer ignoreer wat ek hoor as ek so 'n pragtige patriotiese
Afrikaans-sprekende Australiër sien skryf.
Julle is welkom om terug te kom, hoor :))
Groetnis
Soois
---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.449 / Virus Database: 251 - Release Date: 27/01/03
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:42:34 UTC 2025
|