| " Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73303] |
Ma., 10 Februarie 2003 17:48  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Hans du Plessis
Nicoline
As die lente oor die velde brei
en die geur van katjiepiering op die wolke ry,
lê jou hare wit oor bome uitgesprei
en blou lag jou oë bokant my,
maar voor ek jou hart kon kry,
was die seisoen al weer verby.
|
|
|
|
|
|
| Re: " Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73307 is 'n antwoord op boodskap #73304] |
Di., 11 Februarie 2003 03:28   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Terug na Gert Vlok Nel se Beautiful op ...- ek staan in die CNA en die
> Bruin/Kleurlingman wat die musieke verkoop speel die ding op sy eie terwyl
> ek deur die rakke gaan. Toe luister ek en ek dink dit is juis so mooi omdat
> daar geen dwangrym is nie ...
Wel, sommige gedigte is suksesvol sonder
dat daar rym is, en sommige gedigte is
suksesvol omdat daar rym is. Wat bedoel
jy eintlik deur "dwangrym"?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: " Nicoline " deur HANS du Plessis [boodskap #73308 is 'n antwoord op boodskap #73307] |
Di., 11 Februarie 2003 04:02  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Dangrym is mi waar die rympatroon slaafs nagevolg word ten konste van
betekenis/inhoudelike. Jy het al hierna verwys by 'n vorige geleentheid. Die
betrokke item van GVN is natuurlik ook getoonset en mi word daar van die
liriek gebruikgemaak om vir rymgebrek te vergoed.
skryf in boodskap news:3E486DE4.4030502@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Terug na Gert Vlok Nel se Beautiful op ...- ek staan in die CNA en die
>> Bruin/Kleurlingman wat die musieke verkoop speel die ding op sy eie terwyl
>> ek deur die rakke gaan. Toe luister ek en ek dink dit is juis so mooi omdat
>> daar geen dwangrym is nie ...
>
> Wel, sommige gedigte is suksesvol sonder
> dat daar rym is, en sommige gedigte is
> suksesvol omdat daar rym is. Wat bedoel
> jy eintlik deur "dwangrym"?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|