Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Long Walk to Freedom
Long Walk to Freedom [boodskap #73001] |
Sat, 01 February 2003 18:17  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Morgan Freeman, het nou glo die "rol van sy lewe" aanvaar. Hy gaan
president Mandela speel in die fliek gebasseer op di boek "Long Walk to
Freedom". Voorheen het Sidney Potier die rol van Mandela gespeel in die
fliek "Mandela and De Klerk". Niks teen Mnr. Mandela nie, maar ek dink die
onderwerp word nou holrug gery. Oom Morgan gaan seker 'n Oskar benoeming
kry vir die fliek. Kan ook natuurlik nie anders nie. Mark my words -
volgend jaar loop "Long Walk to Freedom" weg met al die beste Oskars.
Groete
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73015 is 'n antwoord op boodskap #73012] |
Sun, 02 February 2003 13:37   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie.
Ek hoop jy het so gepraat toe jou geliefde
apartheidsregime so wapens aan Irak verkoop
het. Desert Storm is geveg met talle wapens
uit SA in die hande van Saddam se soldate.
Die Ruiter op die koppie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73042 is 'n antwoord op boodskap #73034] |
Mon, 03 February 2003 06:27   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Natuurlik is hy agter die olie aan, en as ons almal lekker vars petrol by
die pompe het, hoekom sal ons onself daaroor bekommer? Sekerlik is daar
genoeg olie in die wêreld dat Bush nou nie 'greedy' moet raak en Saddam se
olietjies wil afvat nie? Was dit maar so maklik! Toevallig is Irak een
van die grootste olieproduseerders in die wêreld en die probleem met Saddam,
is dat hy besig is om kernwapens te ontwikkel en as die Westerse wêreld hom
gaan toelaat om dit maar te doen, gaan hy dit sekerlik binne die volgende 10
jaar regkry en dan sit jy met een van die wreedste diktators in die mens se
geskiedenis met wapens wat hy nie sal skroom om te gebruik nie. As hy nou
sy ander Arabiese bure begin dreig met sy kernwapens, wat dink jy gaan hulle
maak? Hulle gaan met hom saamwerk en ons almal sal maar fiets moet koop
want brandstof gaan onbetalend duur word. Glo dit of jy wil of nie, die
VSA is besig met 'n globale strategie.....gaan dit goed in die VSA, loop ons
almal gelyk. Chop hulle af, dan vrot ons ook.
"Elaine" skryf in boodskap news:3e3d582f.0@news1.mweb.co.za...
> Ag asseblief. almal weet Bush is eindelik agter die olie aan.
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b1j48e$mi1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - ek dink nie 'n mens raak so persoonlik nie. Dit opsigself is
>> oorlogpraatjies.
>>
>> En ja - ek stem saam dat daar van die Irakesebewind ontslae geraak moet
>> word. Dis loutere snert dat so 'n onverantwoordelike diktator met chemiese
>> wapens moet sit wat hy nie kan hanteer nie. Ook - ongeag my persoonlike
>> gevoelens jeens die VSA dink ek hulle het tot op hede goed gedoen om
Irak
> op
>> 'n knop te jaag - voordat 'n skoot geskiet is. En, ek beskou Irak as 'n
>> negatiewe faktor indien 'n oplossing vir die Midde Oosterse probleem
> gesoek
>> word - dit is waar Israel en die Palestyne mekaar bykom.
>>
>> Dit is bitter jammer dat die Islamitiese lande nie hulle eie probleme kan
>> bylê nie.
>
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73053 is 'n antwoord op boodskap #73042] |
Mon, 03 February 2003 13:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
met wapens wat hy nie sal skroom om te gebruik nie.
Kan ons maar net altyd onthou dat die enigste
land wat nog atoombomme gegooi het, die VSA was.
En die enigste kandidaat vir president wat voor-
gestel het dat hulle atoomwapens gebruik om 'n
oorlog tot 'n einde te laat kom, die VSA was
(Barry Goldwater in 1964.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73065 is 'n antwoord op boodskap #73063] |
Mon, 03 February 2003 14:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Antie - het jy al gewonder waarom die vorige regering (jou
> apartheidsregering) so vinnig van die atoomvermoë in die RSA ontslae geraak
> het?
Ek dink hulle het dit deels gedoen onder
druk van die VSA. Maar meer nog, hulle was
bang dat dit in SWART hande sou val, sou ek
dink. En mens kan tog nie swart hande vertrou
nie, nè?
Tant Hettie van Drie Susters
|
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73072 is 'n antwoord op boodskap #73068] |
Mon, 03 February 2003 15:28   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
Ook
> sekerlik dat die VSA seker ook nie lekker besef het watse groot gemors die
> atoombomme gaan veroorsaak nie.
Nou het ek die moeder van verskonings
gehoor.
Maar weet jy dat die VSA, voordat hulle
die bomme op die Japannese gegooi het, dit
ook op hulle eie mense uitgetoets het.
In Nevada. Soldate ingestuur en hulle bloot-
gestel, om te kyk wat gaan gebeur. Daar is
nou nog mense, onlangs 'n Kanadese ou, wat
die regering van die VSA dagvaar vir wat
hulle moes doen.
Gloudina
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73073 is 'n antwoord op boodskap #73072] |
Mon, 03 February 2003 16:22   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote:
> Maar weet jy dat die VSA, voordat hulle
> die bomme op die Japannese gegooi het, dit
> ook op hulle eie mense uitgetoets het.
> In Nevada. Soldate ingestuur en hulle bloot-
> gestel, om te kyk wat gaan gebeur. Daar is
> nou nog mense, onlangs 'n Kanadese ou, wat
> die regering van die VSA dagvaar vir wat
> hulle moes doen.
Dan is daar natuurlik ook "Project SHAD" van die sestigers en
sewentigs - deel van Project 112 - goed gedokumenteer.
Daar is meer as 3,000 Amerikaanse soldate betrokke in verskeie hofsake
teen hulle eie regering - the good ol' US of A!
Daar was o.a projekte soos "Big Tom" in 1965 - 'n toets wat Bacillus
globigii, ' n bakterie wat veronderstel was om benigne te wees, wat op
die Hawaiise eiland, Oahu, gesprei was om 'n biologiese aanval te
simmuleer ens. Toe kom hulle later agter - oeps, dis nie so
onskadelik as wat oorspronklik gedog was nie.
Daar was ook Devil Hole 1 en 2.
En dan onthou ek ook van van die kwessie van eksperimentering op
swart mense met Siffilis, oor 'n 40-jarige periode deur die federale
Amerikaanse regering, in Tuskegee, Alabama. Clinton het destyds nog
amptelik daarvoor omverskoning gevra.
En meer onlangs natuurlik ook die bekende "Gulf War Syndrome".
En dan is daar toetse in Florida, Alaska, Hawaii en Maryland
volgens Pentagon dokumente.
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73093 is 'n antwoord op boodskap #73072] |
Tue, 04 February 2003 06:26   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ai, moet mens alles uitspel, ou antie? Is dit die ouderdom? Niemand op
hierdie aarde kon heeltemal met sekerheid sê wat gaan gebeur as 'n atoom vir
die eerste keer ge-'split' gaan word nie. Die wetenskaplikes het 'n goeie
idee gehad dat dit een moerse ontploffing gaan wees, maar die bestraling?
Alle kerntoetse wat in die wêreld later gedoen was [VSA, USSR, Frankryk,
SA[ja!], ens. is alles of in die see gedoen of so nie is kleiner toetse
ondergronds gedoen. Sekerlik het daar mense seergekry in die
toetsingproses, sekerlik deels omdat die wetenskaplikes nog nie heeltemal
die krag van die atoomsplitsing lekker besef het nie, maar ek laat my nie
vertel dat die VSA regering vir 'n klomp mense in 'n ry gesit het om daar te
staan sodat die effek van die ontploffing waargeneem kan word nie. In die
proses van die toetse was mense dalk nie ver genoeg daarvan af nie, maar dit
was eerder weens foutiewe berekening van die risikos eerder as uit
moedswillige dade.
Die besluit om die atoombom teen Japan te gebruik was ook nie een wat
ligtelik geneem was nie.....en dit was een van die bepalende faktors wat die
rigting van die oorlog geswaai het. Sekerlik sou die antie lekker geleef
het saam met Hitler en sy Jut-moordenaars? Hierteenoor staan Sadam, 'n
diktator wat enige van sy raadgewers of kabinetslede laat teregstel as hy
nie die regte antwoord gee op 'n krisisvraag nie. Sekerlik moet selfs jy
saamstem dat dit darem dêm onmoontlik is om jou in te dink dat Bush iemand
summier kan laat doodskiet as hy met hom verskil? Vergelyk appels met
appels, asb!
skryf in boodskap news:3E3E8A9B.9030801@rogers.com...
> Suidwester wrote:
>
> Ook
>> sekerlik dat die VSA seker ook nie lekker besef het watse groot gemors die
>> atoombomme gaan veroorsaak nie.
>
>
> Nou het ek die moeder van verskonings
> gehoor.
> Maar weet jy dat die VSA, voordat hulle
> die bomme op die Japannese gegooi het, dit
> ook op hulle eie mense uitgetoets het.
> In Nevada. Soldate ingestuur en hulle bloot-
> gestel, om te kyk wat gaan gebeur. Daar is
> nou nog mense, onlangs 'n Kanadese ou, wat
> die regering van die VSA dagvaar vir wat
> hulle moes doen.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73100 is 'n antwoord op boodskap #73099] |
Tue, 04 February 2003 12:56   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So san is daar nie meer vir die Westerse lande 'n keuse nie, sou ek sê?
Dis nou as jy enige beheer wil uitoefen oor die energiebronne van die
wêreld. Hierdie is 'n magspel en die tegnologiese ontwikkeling van die
Westerse lande maak hulle uiters kwesbaar teen energiebronne se manupilasie.
Sê die VSA en sy bondgenote môre hulle looi vir Sadam, dan doen hulle dit en
die lande wat saam met Irak gaan staan en probeer baklei, gaan saam met Irak
val. Daar is net geen manier waarop enige land ter wêreld militêr kan
saamgesels met die VSA nie. Miljoene geel mannetjies uit die Ooste is
seker wel 'n faktor, maar hoe baklei jy teen iets wat jy nie kan sien nie?
Glo my, die Yankees sit met wapens wat hulle nie maklik sal gebruik nie,
maar druk hulle in 'n blik, dan gaan die sop spat op 'n skaal wat hierdie
klomp in die Midde Ooste nie in hul wildste drome sal kan aan dink nie. Of
jy my glo of nie, ek sê vir jou afhangende van wie die 'stryd' tussen Irak
en die VSA wen [of dit met woorde of bomme is]....staan die VSA nou terug,
dan gaan ons jarre se kak vorentoe hê en dan moet die magdom 'vrede' denkers
soos jyself nie kla oor jy nie meer die vryhede en geld kan geniet soos
voorheen nie. Die Arabiese lande sal die res van die wêreld aan die
knaters beethê en ons almal gaan ly. So by the way, julle almal looi vir
Bush en roep hom stupid en sonder insig, maar hierdie ding en beplanning van
die energiebronne van die wêreld kom al 'n ver pad. Bush is maar net die
huidige skakel in die ketting. Kom die volgende president, dalk Hillary
Clinton, dan bliksem hulle steeds vir Irak.
"Elaine" skryf in boodskap news:3e3f9a86.0@news1.mweb.co.za...
> Hulle gaan dit anyway doen Suidwester. Baie Midde Oosterse lande het Bush
> gewaarsku dat hy iets onbeheerbaars gaan begin as hy oorlog teen Irak
> verklaar. Sommige lande rondom Irak het reeds troepe gestuur om Saddam te
> gaan uithelp. Kan jy "Derde Wêreldoorlog" sê?
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote:
> Hulle gaan met hom saamwerk en ons almal sal maar fiets moet koop
>> want brandstof gaan onbetalend duur word. Glo dit of jy wil of nie, die
>> VSA is besig met 'n globale strategie.....gaan dit goed in die VSA, loop
> ons
>> almal gelyk. Chop hulle af, dan vrot ons ook.
>
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73111 is 'n antwoord op boodskap #73100] |
Tue, 04 February 2003 18:14   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy's natuurlik reg - om nou te sê dis maar okay, los vir Saddam sal ander
negatiewe gevolge hê.
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e3fb87f.0@news1.mweb.co.za...
> So san is daar nie meer vir die Westerse lande 'n keuse nie, sou ek sê?
> Dis nou as jy enige beheer wil uitoefen oor die energiebronne van die
> wêreld. Hierdie is 'n magspel en die tegnologiese ontwikkeling van die
> Westerse lande maak hulle uiters kwesbaar teen energiebronne se manupilasie.
> Sê die VSA en sy bondgenote môre hulle looi vir Sadam, dan doen hulle dit en
> die lande wat saam met Irak gaan staan en probeer baklei, gaan saam met Irak
> val. Daar is net geen manier waarop enige land ter wêreld militêr kan
> saamgesels met die VSA nie. Miljoene geel mannetjies uit die Ooste is
> seker wel 'n faktor, maar hoe baklei jy teen iets wat jy nie kan sien nie?
> Glo my, die Yankees sit met wapens wat hulle nie maklik sal gebruik nie,
> maar druk hulle in 'n blik, dan gaan die sop spat op 'n skaal wat hierdie
> klomp in die Midde Ooste nie in hul wildste drome sal kan aan dink nie. Of
> jy my glo of nie, ek sê vir jou afhangende van wie die 'stryd' tussen Irak
> en die VSA wen [of dit met woorde of bomme is]....staan die VSA nou terug,
> dan gaan ons jarre se kak vorentoe hê en dan moet die magdom 'vrede' denkers
> soos jyself nie kla oor jy nie meer die vryhede en geld kan geniet soos
> voorheen nie. Die Arabiese lande sal die res van die wêreld aan die
> knaters beethê en ons almal gaan ly. So by the way, julle almal looi vir
> Bush en roep hom stupid en sonder insig, maar hierdie ding en beplanning van
> die energiebronne van die wêreld kom al 'n ver pad. Bush is maar net die
> huidige skakel in die ketting. Kom die volgende president, dalk Hillary
> Clinton, dan bliksem hulle steeds vir Irak.
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73125 is 'n antwoord op boodskap #73111] |
Wed, 05 February 2003 06:18   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hmm. Hierdie is amper vir my dieselfde tipe van redenasie wat gevoer word
rondom wildlewe en die benutting daarvan. Greenpeace en daai p�re floreer
op die yuppie wat in die stad sit met 'n skuldige gewete oor die moderne
lewe omtrent alle wildlewe uitgeroei het en nou 'n fanatiese ondersteuner
word van bewaar teen alle koste. Daar is geen manier wat jy hierdie mense
sal oortuig dat 'n wilde dier wel bestuur en benut kan word tot voordeel van
almal.
"Elaine" skryf in boodskap news:3e400317.0@news1.mweb.co.za...
> Jy's natuurlik reg - om nou te sê dis maar okay, los vir Saddam sal ander
> negatiewe gevolge hê.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e3fb87f.0@news1.mweb.co.za...
>> So san is daar nie meer vir die Westerse lande 'n keuse nie, sou ek sê?
>> Dis nou as jy enige beheer wil uitoefen oor die energiebronne van die
>> wêreld. Hierdie is 'n magspel en die tegnologiese ontwikkeling van die
>> Westerse lande maak hulle uiters kwesbaar teen energiebronne se
> manupilasie.
>> Sê die VSA en sy bondgenote môre hulle looi vir Sadam, dan doen hulle
dit
> en
>> die lande wat saam met Irak gaan staan en probeer baklei, gaan saam met
> Irak
>> val. Daar is net geen manier waarop enige land ter wêreld militêr kan
>> saamgesels met die VSA nie. Miljoene geel mannetjies uit die Ooste is
>> seker wel 'n faktor, maar hoe baklei jy teen iets wat jy nie kan sien nie?
>> Glo my, die Yankees sit met wapens wat hulle nie maklik sal gebruik nie,
>> maar druk hulle in 'n blik, dan gaan die sop spat op 'n skaal wat hierdie
>> klomp in die Midde Ooste nie in hul wildste drome sal kan aan dink nie.
> Of
>> jy my glo of nie, ek sê vir jou afhangende van wie die 'stryd' tussen Irak
>> en die VSA wen [of dit met woorde of bomme is]....staan die VSA nou terug,
>> dan gaan ons jarre se kak vorentoe hê en dan moet die magdom 'vrede'
> denkers
>> soos jyself nie kla oor jy nie meer die vryhede en geld kan geniet soos
>> voorheen nie. Die Arabiese lande sal die res van die wêreld aan die
>> knaters beethê en ons almal gaan ly. So by the way, julle almal looi
> vir
>> Bush en roep hom stupid en sonder insig, maar hierdie ding en beplanning
> van
>> die energiebronne van die wêreld kom al 'n ver pad. Bush is maar net die
>> huidige skakel in die ketting. Kom die volgende president, dalk Hillary
>> Clinton, dan bliksem hulle steeds vir Irak.
>
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom (herhaling) [boodskap #73129 is 'n antwoord op boodskap #73018] |
Wed, 05 February 2003 08:23   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Elaine: Ek persoonlik dink Mandela is die enigste mens in die
> wêreld wat daarmee kon wegkom om die waarheid te praat.
Katryn
Ongelukkig dink ek persoonlik dat daardie toespraak totaal onvanpas
en DOM was. Normaalweg sou ek dalk nog saam met jou gestem
het, maar dit was dommer as dom om die "race card" te speel om
maar net een aspek van die toespraak uit te lig.
Wouter
Ek stem saam. En dit beteken nie dak ek met al Bush se
praatjies saamstem nie. Die probleem is egter dat Mandela
nie by die feite gebly het nie, hy het gaan spekuleer dat
die Bush en Kie 'n klomp rassiste is.
En Mandela het nie hiermee weggekom nie, die VSA media
het 'n "hatchet job" op hom gedoen. Kyk wat skryf iemand
uit Amerika op 'n ander forum:
"Donderdag kom die Mandela-wysheid toe hier deur en Vrydagaand
is dit deeglik in die media verteer, ook op die kanale waar die
sakesektor hom aan steur. Ons is met statistieke van allerlei aard oor
SA gekonfronteer: misdaad, moord, ekonomie, wisselkoers, ens., ens.
en die kontras van voor Mandela en na Mandela is uitgelê sonder om
doekies om te draai.
"Mandela se anti-Amerikaanse en pro-sosialistiese en pro-kommunistiese
simpatie� is sonder terughouding voorgehou; sy en die huidige regering se
onwilligheid om Afrika se wanpraktyke (bv. t.o.v. Mugabe) af te keur is
uitgewys. Sy omarming van Ghadaffi en elke tweede radikale despoot
op die aarde is nie misgekyk nie. In kort, het ek nie gedink ek sou die dag
beleef dat hierdie Afrika-messias se fasade so op die Amerikaanse TV
afgestroop word nie.
"Ek dink dit het Bush se taak by sy handels- en kiesersektore bemoeilik.
Ek glo egter nie dat dit Bush van stryk sal bring nie. Hy het konsekwent
gewys dat hy floreer wanneer hy onderskat word en wanneer hy en sy
intellek verkleineer word. En Mandela het reg in Bush se hand ingespeel
met sy optrede."
|
|
|
|
Re: Long Walk to Freedom [boodskap #73275 is 'n antwoord op boodskap #73001] |
Sun, 09 February 2003 15:13  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja ek weet, die lede van die SAG (Screen Actors Guild) stem vir die wenners,
ek's nie seker wie nomineer die flieks en goed nie, maar ek neem maar aan
dis die "hoofde" van die "Acadamy".
E
"Plato" skryf in boodskap news:3e463ab8.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink nie die fliekgaande publiek is sulke groot "suckers" nie. Die Oscars
> word deur mense in die industrie toegeken en nie die publiek nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 31 23:58:11 UTC 2025
|