Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oor Monnemente gepraat" deur PETER BLUM
" Oor Monnemente gepraat" deur PETER BLUM [boodskap #72963] Vr, 31 Januarie 2003 23:10
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Peter Blum
Oor Monnemente Gepraat
Wat spog jul so met julle monnemente?
Hy's groot ma' lielak, en staan so kaal
da' op sy koppie. Wie't vir hom betaal -
al daai graniet en marmer en sement?

O ja, hy's groter as 'n sirkustent -
ma' waa's die pêd, die mooi nooi innie saal?
die lekka clowns, die leeus in die kraal?
Nei, daa's g'n spôts nie vir jou Kaapse kjend!

Hier het ons stetjoes, elkeen soos 'n mens :
ou Afduim-Murray, Hofmeyr met sy pens;
hier's Jan van Riebeeck, bakgat aangetrek
in sy plus-fours; Cecil Rhodes wat jou wys
wa' die reisiesbaan lê; en vorie Paalmint-hys
ou Mies Victôria met ha' klein spanspek.
Vorige onderwerp: " Muishondblomme " deur ABRAHAM FOUCHE
Volgende onderwerp: " Nag " deur THEO WASSENAAR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:45:54 MGT 2024