Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Kerk en Steve Hofmeyer
|
Re: Strandhuise [boodskap #72693 is 'n antwoord op boodskap #72684] |
Wed, 29 January 2003 13:27   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hang af, as jy nie so mal is oor die see nie, gaan jy nie dink dis 'n mooi
uitsig nie. Ek wens ek kon vir julle die fotos wys van die plek waarvan ek
praat, so ver soos die oog kan sien is dit groen, mens kan nie ander tekens
van lewe om jou sien nie. Miskien is die twee nie vergelykbaar nie, maar
albei is mooi op sy eie manier, hang seker maar af van eie persoonlike
smaak.
Ek wil ook graag 'n huisie by die see hê, maar ek sal eerder in Ramsgate se
area koop, die strande is so mooi uitgestrek in Natal, en in die dolfyne kom
kuier gereeld vir jou.
Elaine
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e37cb87.1@news1.mweb.co.za...
> Jy moet maar 'n slag kom kyk hoe lyk Clifton, Elaine. Dan sal
> jy beter verstaan en dit nooit weer met Vaaloewer vergelyk nie.
> Daar is ander dele om daardie kus wat ook astronomiese
> pryse haal, multimiljoene vir 'n goeie eiendom, maar Annette
> is reg, daar is net een Clifton. 'n Uitsig oor daardie see is ook
> nie vergelykbaar met 'n uitsig oor die Vaalrivier of 'n meer nie.
>
> Deel van die rede vir die hoë pryse van al hierdie eiendomme
> is natuurlik die buitelandse invloed. Dis van die mooiste strande
> in die hele wêreld en teen $400 000 is dit nog goedkoper as
> die meeste vergelykbare uitsoekeiendomme oorsee.
>
> Wouter
|
|
|
Re: Strandhuise [boodskap #72696 is 'n antwoord op boodskap #72693] |
Wed, 29 January 2003 13:40   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine - dis nie juis oor die see nie - dis oor die sonsondergang elke
aand - elke aand verskillend.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e37d6b7.0@news1.mweb.co.za...
> Hang af, as jy nie so mal is oor die see nie, gaan jy nie dink dis 'n mooi
> uitsig nie. Ek wens ek kon vir julle die fotos wys van die plek waarvan ek
> praat, so ver soos die oog kan sien is dit groen, mens kan nie ander tekens
> van lewe om jou sien nie. Miskien is die twee nie vergelykbaar nie, maar
> albei is mooi op sy eie manier, hang seker maar af van eie persoonlike
> smaak.
> Ek wil ook graag 'n huisie by die see hê, maar ek sal eerder in Ramsgate se
> area koop, die strande is so mooi uitgestrek in Natal, en in die dolfyne kom
> kuier gereeld vir jou.
>
> Elaine
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3e37cb87.1@news1.mweb.co.za...
>> Jy moet maar 'n slag kom kyk hoe lyk Clifton, Elaine. Dan sal
>> jy beter verstaan en dit nooit weer met Vaaloewer vergelyk nie.
>> Daar is ander dele om daardie kus wat ook astronomiese
>> pryse haal, multimiljoene vir 'n goeie eiendom, maar Annette
>> is reg, daar is net een Clifton. 'n Uitsig oor daardie see is ook
>> nie vergelykbaar met 'n uitsig oor die Vaalrivier of 'n meer nie.
>>
>> Deel van die rede vir die hoë pryse van al hierdie eiendomme
>> is natuurlik die buitelandse invloed. Dis van die mooiste strande
>> in die hele wêreld en teen $400 000 is dit nog goedkoper as
>> die meeste vergelykbare uitsoekeiendomme oorsee.
>>
>> Wouter
>
|
|
|
|
|
Re: Strandhuise [boodskap #72700 is 'n antwoord op boodskap #72693] |
Wed, 29 January 2003 13:52   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Elaine
Hang af, as jy nie so mal is oor die see nie, gaan jy nie dink dis 'n
mooi uitsig nie.
Wouter
Die prysverskil wys dat die meeste mense wel "so mal is oor die see"
Elaine
Miskien is die twee nie vergelykbaar nie, maar albei is mooi op
sy eie manier, hang seker maar af van eie persoonlike smaak.
Wouter
Absoluut. Each to his own.
Elaine
Ek wil ook graag 'n huisie by die see hê, maar ek sal eerder in
Ramsgate se area koop, die strande is so mooi uitgestrek in Natal,
en in die dolfyne kom kuier gereeld vir jou.
Wouter
In die Suid-Kaap sien jy meer dolfyne as by Ramsgate, hoor.
En heelwat meer walvisse. Ook minder wind, anders as wat
baie mense glo.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e37cb87.1@news1.mweb.co.za...
> Jy moet maar 'n slag kom kyk hoe lyk Clifton, Elaine. Dan sal
> jy beter verstaan en dit nooit weer met Vaaloewer vergelyk nie.
> Daar is ander dele om daardie kus wat ook astronomiese
> pryse haal, multimiljoene vir 'n goeie eiendom, maar Annette
> is reg, daar is net een Clifton. 'n Uitsig oor daardie see is ook
> nie vergelykbaar met 'n uitsig oor die Vaalrivier of 'n meer nie.
>
> Deel van die rede vir die hoë pryse van al hierdie eiendomme
> is natuurlik die buitelandse invloed. Dis van die mooiste strande
> in die hele wêreld en teen $400 000 is dit nog goedkoper as
> die meeste vergelykbare uitsoekeiendomme oorsee.
>
> Wouter
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72705 is 'n antwoord op boodskap #72666] |
Wed, 29 January 2003 14:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> Logika sê kry die oumens so vroeg moontlik in 'n tehuis waar hy, terwyl
> hy nog sterk hups is, vir homself 'n naam kan maak in sy nuwe gemeenskap.
> Dit gee hom 'n doel en 'n rigting
My jongste suster, wat 'n sosiale werkster
was op Potgietersrus in haar jong dae, het
altyd verklaar dat een van die aangenaamste
tye van haar werk was as sy na oumenstehuise
gaan, waar die oumense tussen hulle eie portuur
kon bly en sosialiseer, en weer liefdesverhoudings
aangaan sonder vrees vir kritiek van die familie
af.
Gloudina
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72732 is 'n antwoord op boodskap #72296] |
Wed, 29 January 2003 18:47   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vis? Kreef? Perlemoen?
Alles in die see smaak lekkerder as dit uit kouer en kou water kom.:)
Annette
"DD" skryf in boodskap news:es8g3vc2k3v8qvvbk0aaacpqtr8vmvqjvg@4ax.com...
> On Wed, 29 Jan 2003 00:57:32 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Ja, maar as ek reg onthou is joune aan die Suidkus? Nee dis nie dieselfde
>> nie, die Kaapse strande is dan mooier as die Suidkus s'n en dus duurder.
>>
>> E
>>
>
> Heeltemal reg, Elaine. dit is aan die Suid Kus. Inderwaarheid aan die
> hoofstrand in Durban. Waar daar 'n see is, lywe is, vis is, atmosfeer
> is, en alles wat op die kaapse strande is, is daar ook. Met die
> voordeel dat dit nie in die winter reën daar nie. Met die voordeel
> dat ons sub tropiese weer het wanneer ons na die weervoorspelling kyk
> wat somtyds sowat 17 grade Celcius maksimum vir Kaapstad voorspel:-)))
>
> DD
>
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72735 is 'n antwoord op boodskap #72625] |
Wed, 29 January 2003 18:59   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 29 Jan 2003 00:57:32 +0200, "Elaine" wrote:
> Ja, maar as ek reg onthou is joune aan die Suidkus? Nee dis nie dieselfde
> nie, die Kaapse strande is dan mooier as die Suidkus s'n en dus duurder.
>
> E
>
>
Heeltemal reg, Elaine. dit is aan die Suid Kus. Inderwaarheid aan die
hoofstrand in Durban. Waar daar 'n see is, lywe is, vis is, atmosfeer
is, en alles wat op die kaapse strande is, is daar ook. Met die
voordeel dat dit nie in die winter reën daar nie. Met die voordeel
dat ons sub tropiese weer het wanneer ons na die weervoorspelling kyk
wat somtyds sowat 17 grade Celcius maksimum vir Kaapstad voorspel:-)))
DD
|
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72739 is 'n antwoord op boodskap #72584] |
Wed, 29 January 2003 19:51   |
Pieter[4]
Boodskappe: 96 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
So jy was in Moreleta Park gemeente Suidwester. Daar is nou 'n nuwe
verwikkeling hier.
Hulle gaan weer 'n kerk bou , en glo jy as jy wil reg oorkant waan ek nou
bly (miskien 'n skimp) . Prime property bekom op die koppie en hulle gaan
nou 'n Tempel bou. Die vorige kerkgebou gaan nou vir die anders kleuriges
gebruik word. Aftrekorder van my kry hulle nooit weer nie. Hulle het nogal
die vermetelheid om elke jaar te bel soos by polisse om te se jou "premie
moet verhoog word"
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e367422.0@news1.mweb.co.za...
> Wel 'n mens kan seker maar net deel uit persoonlike ondervinding? Doerie
> jare in Pretoria wou die manne kerk bou en toe kom vertel die predikant en
> die ouderling my dat ons 'n keuse het hoe om ons deel by te dra: Om dit
> maklik vir almal te maak, kan ek 'n aftrekorder teken. So kan hulle dan
> bepaal of hulle 'n groot genoeg bedrag geld per maand in om die kerk te kan
> bekostig. Omdat ek bouplanne kan lees 'n teken, het ek reeds die kerk se
> ontwerp gesien en dis definitief nie ontwerp om die maksimum sitplek te gee
> nie. Luuksheid soos jy nie sal glo nie en mens wonder wat is die
> belangrikste? Plek of 'n standbeeld vir die predikant wat hard daarop
> aangedring het om die kerk so te kry. Ook sy pastorie kon nie minder as 4
> slaapkamers hê nie.
> Waar ek nou is, het die een dominee baklei tot die gemeente ingegee het
> om vir hom 'n pastorie te bou uit die gemeente se spaargeld. Dis omdat hy
> nie daarvan hou om in 'n huurhuis te bly nie! Wyd word vertel dat die kerk
> 'n belegging gemaak het met die pastorie, maar hoeveel werd is 'n huis langs
> 'n kerk nou eintlik? Enige ding is net soveel werd as wat die volgende ou
> bereid is om daarvoor te betaal en wie sal 'n pastorie koop? Hier is
> oumense wat hondekos eet omdat hulle nie vleis kan bekostig nie..........
> "Elaine" wrote in message
> news:3e36665d.0@news1.mweb.co.za...
>> Okay, dit was nie my ondervinding nie - maar as die predikant se vrou ook
>> werk, kan hulle dalk 'n strandhuis bekostig? Ons predikant (my amper
>> ex-predikant) se vrou is 'n mediese rep. Weet jy hoeveel geld maak 'n
>> mediese rep? Dis hoe hulle al die ekstra goedjies kan bekosting. Hy't ook
>> net twee kinders, en volgens my is dit nie 'n groot gesin nie. Die ander
>> twee predikante wat ek ken het elkeen 3 kinders - ook nie regtig 'n groot
>> gesin nie?
>> Ek stem saam dat sommige kerke dalk nie die geld reg gebruik nie, maar jy
>> kan eindelik nie die predikant daarvoor blameer nie, wil jy hê hulle moet
>> glad nie die predikante 'n salaris betaal nie? Ek stem saam dat party dalk
>> 'n groot salaris kry, maar die gemeente besluit hoeveel hulle, hul predikant
>> wil betaal (vir die 3 susterskerke anyway), daar word gewoonlik net 'n
>> minimum vasgestel deur die sinode.
>> Katolieke predikante kry 'n bitter klein salaris, so hoe kan jy hulle
>> blameer vir die geld wat elke dag in die Katolieke Kerke se koffers in
>> stroom? Moenie vergeet van die mormone nie - hulle is die rykste
>> godsdienstige groep wat bestaan, en hulle is erg suinig met daai geld.
>> Sending is natuurlik belangrik! Die Bybel sê ons moet die woord versprei en
>> dis wat daai predikante (en doodgewone mense ook) doen. Dis baie gevaarlik
>> om sending in bv. China te doen, tog smokkel sommige predikante duisende
>> bybels jaar na jaar in China in, ten spyte van die gevaar. Ek respekteer
>> daai sendelinge, want ek's nie so dapper nie. Ons moet uit die aard van die
>> saak, eers na ons eie gemeentelede kyk, maar sendinggeld gaan in 'n
>> gemeenskaplike fonds in, en daarmee word die sendings dan gefinansier. Elke
>> kerk dra by wat hy kan. Met daai geld word daar hospitale en kerke gebou,
>> daar word na die siekes en armes omgesien by die sendingstasies. Om in die
>> middel van nêrens in 'n vervalle en gevaarlike land vrot siek mense te
>> versorg is nie my idee van 'n lekker vakansie nie.
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>> "Suidwester" wrote in message news:3e365549.0@news1.mweb.co.za...
>>> Het jy al ooit 'n predikant gesien met 'n klein gesin? Hier by ons, veral
>>> op die platteland, word predikante op die hande gedra en kan hulle leef van
>>> die skenkings wat uit die gemeente ontvang word. As 'n predikant 'n
>>> strandhuis kan bekostig, dan leef hy lekker! Ek stem saam met
>>> Annette.....hoekom geld aan sending bestee eerder as om jou eie mense beter
>>> te versorg?
>>
>
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72740 is 'n antwoord op boodskap #72649] |
Wed, 29 January 2003 19:57   |
Pieter[4]
Boodskappe: 96 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Ek stem ons moet na ons ouers omsien dis ons plig
"Annette" skryf in boodskap news:b181n3$uu32n$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Soms kom daardie plig teen 'n helse groot maandelikse bydrae.
> Dis een van die snaakse goed van die hele oumenstehuisopset. Vir die meeste
> ou mense gaan dit baie goedkoper wees om in hul klaar afbetaalde huis te
> bly, en 'n vaste dag en nag sorg aan te stel, as om alles te verkoop en weg
> te gee en dan ten duurste by 'n versorgingsoord te gaan lê.
> Ek het baie begrip vir diegene wat voel dit is vir hulle beter om by 'n
> versorgingsoord te wees - maar deesdae lyk dit of almal gaan, of hulle dit
> kan bekostig of te not. - of selfs probeer uitvind of daar meer ekonomies
> haalbare opsies is.
>
> My ma is in so 'n oumensplek - en ek is meer bekommerd dat ek een dag sal
> bel en sy lê al van die vorige dag dood in haar plekkie, as wat ek sou wees
> as sy in haar eie plek was met 24 uur hulpsorg.
>
> Thys, dit is 'n kultuur by die swartes om vir hul oues te sorg ( deesdae is
> dit die oues se pensioen wat vir die ander sorg in baie gevalle), maar by
> ons witmense word die oumense net te godsonmoontlik om met hulle huis te
> hou:))
>
> Annette
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a State of Mind
> "Thys de Wet" wrote in message
> news:b180bu$1huo$1@news.adamastor.ac.za...
>> Dis die gemeenskap se plig om na ou mense om te sien. Bybelse gebruik was
>> dat ou mense hul laaste jare by hul kinders deurgebring het. Dit is dus die
>> kerk - die mense waaruit die kerk bestaan - se plig om betrokke te wees in
>> hulpverlening en versorging aan oues van dae wat nie meer in staat is om na
>> hulleself om te sien nie.
>>
>> As jy eendag oud is en nie meer in staat is om jou eie besluite te neem nie,
>> nie meer beheer oor jou liggaamsfunksies het nie, wie gaan na jou omsien as
>> dit nie "iemand anders se plig" is nie?
>>
>> Thys wat omgee vir ou mense
>> "Threeships Mcduck" wrote in message
>> news:ulte3vsf7u1en5s22nr7uh4uf4bb2uvp4q@4ax.com...
>>> On Tue, 28 Jan 2003 15:54:46 +0200, "Elaine"
>>> served the following to the group:
>>>
>>>> Dis die kerk en gemeenskap se plig om na oumense om te sien.
>>>
>>> stem glad nie saam dat dit enige iemand se 'plig' is om na oumense te
>>> kyk nie. as iemand hulle ontferm oor oumense dat is dit uit
>>> besorgdheid, naaste liefde, noem dit wat jy wil, maar dis niemand se
>>> plig om na oumense om te sien nie. oumense moet voorsien tref vir
>>> wanneer hulle dit nodig het en hulle kinders so groot maak dat hulle
>>> na hulle ouers wil kyk as hulle oud is.
>>>
>>> dis soos om te se dat dit die onderwyser se plig is om die kind op te
>>> voed. hy/sy neem deel aan die opvoedings proses maar uiteindelik is
>>> dit die ouers se verantwoordelikheid. hy kan nie more na die onnie toe
>>> gaan se vra hoekom sy kind homself nie gedra nie.
>>>
>>> en jy is reg as jy se dat die gemeente die predikant se salaris
>>> betaal. ja die raad besluit hoeveel maar daai geld kom van kollektes
>>> en tiendes wat die gemeente gee. die raad moet elke jaar
>>> verantwoording doen teenoor die gemeente wat hulle met die geld maak.
>>>
>>> so al waar plig inkom om enigeiets te doen is waar jy iemand betaal en
>>> dit deel van sy pligstaat is. as jy so daarna kyk dan ja miskien is
>>> dit die predikant se plig om oumense te besoek maar is dit die kerk se
>>> plig net omdat dit die kerk is? i think not
>>>
>>>
>>>
>>> Threeships Mcduck
>>> www.mothership.co.za
>>
>
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72741 is 'n antwoord op boodskap #72666] |
Wed, 29 January 2003 20:00   |
Pieter[4]
Boodskappe: 96 Geregistreer: January 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Onthou net toe jy in jou doek gekak het was daar nie vra en verwyte nie.
Oumense voel so gou verwerp en vereensaam so maklik. Hul kinders en
kleinkinders is hulle vreuge en hul lewe. As jy 'n goeie verhouding met jou
ouers gehad het dan behoort daar nooit probleme te wees nie.
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e379c17.0@news1.mweb.co.za...
> Hierdie is 'n baie moeilike storie. Die oumens wat by sy kinders gaan bly,
> moet aanvaar dat hy nou soos 'n kind in die huis is, anders werk dit
> eenvoudig net nie. Die gesagstruktuur verander en die kind by wie hy bly,
> het nou die gesag. Ongelukkig werk dit nie so nie en weet ek van min
> mense waar die versorging van bejaardes by die huis uitgewerk het. Die een
> of ander tyd kom konflik en dan's dit nag. Die ergste is natuurlik as daai
> oumens loop verswak raak en dan kan die huismense hom nie meer ordentlik
> versorg nie en op die ou end is dit nie hartseer mense wat die oue van dae
> begrawe nie....dis verligte mense.
> Logika sê kry die oumens so vroeg moontlik in 'n tehuis waar hy, terwyl
> hy nog sterk hups is, vir homself 'n naam kan maak in sy nuwe gemeenskap.
> Dit gee hom 'n doel en 'n rigting wat broodnodig is vir enige mens se
> daaglikse sinvolle bestaan. Die dag as hy loop verswak raak, dan is hy
> reeds deel van 'n gemeenskap wat hom wel kan versorg.
> "Elaine" wrote in message
> news:3e379685.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy's reg. My ma-hulle het my ouma-hulle ingeneem aan die begin van verlede
>> jaar. Hulle het totaal my ma se huis oorgeneem, en haar blameer omdat sy
>> gaan werk het. My ouma wat nog hups is, het geweier om te kook, selfs al
>> het my ma en pa albei voltydsew werk. Hulle mag nie meer in hulle eie huis
>> gerook het nie. Ek stem saam dat rook sleg is, maar dit is immers hulle
>> huis. My ma moes al haar goed weggee en verkoop om plek te maak vir my
>> ouma-hulle se goed. My ouma het gekla omdat my suster van 20 soms eers 12
>> of 1 uur in die huis gekom het oor 'n naweek. "Goeie meisies is al 8 uur by
>> die huis". In Oktober verlede jaar het hulle weer uitgetrek - na 'n
>> woonstel toe - en my ouers knie-diep in die moeilikheid gedompel.
>>
>> Elaine
>>
>> "Annette" wrote:
>>>
>>> Thys, dit is 'n kultuur by die swartes om vir hul oues te sorg (deesdae is
>>> dit die oues se pensioen wat vir die ander sorg in baie gevalle), maar by
>>> ons witmense word die oumense net te godsonmoontlik om met hulle huis te
>>> hou:))
>>>
>>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die regte Suidkus [boodskap #72753 is 'n antwoord op boodskap #72752] |
Thu, 30 January 2003 00:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
Die winterreënstreek is 'n relatief klein gebied.
Kan jy die presiese omvang van die winter-
reenstreek dan beskryf. Stellenbosch moet
definitief daarin wees, want dis iets wat
ek baie duidelik van Stellenbosch onthou:
die aanhoudende triestige gereen in die winter.
Gee my dan liewer lekker ligte wit sneeuvlokkies,
en wit sneeuvelde, veral hier in Januarie,
Februarie as die son sterker begin skyn.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Perlemoen [boodskap #72892 is 'n antwoord op boodskap #72890] |
Fri, 31 January 2003 08:49  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Haai Max!! Wat vertel jy my?
Ons kan hier 'n behoorlike drukgroep vorm en bepaal wat ons oor die nuus wil
hoor - solank dit nie wonderlike produkte soos Daewoo's adverteer nie.:))
OK - Ek weet waaroor ek graag 'n in diepte onderhoud sal wil sien - oor die
krieketbase wat vanoggend oor Supersport beweer dat die wedstryde in Kenia
en Zimbabwe al 4 jaar gelede gereel was, en dat hulle nie 'n kristalbal
gehad het nie, anders sou daar nie wedstryde daar gewees het nie.
Ekskuus my!! Daar is al langer as 3 jaar lank ernstige probleme in
Zimbabwe - en dit kon al lankal verander gewees het.
Ek dink iemand in Zim het vir Ali aan die short en curlies beet, darom al
die lam verskonings deur die segspersoon.
Nog 'n goeie vraag wat die man in withemp en mooi das nie kon antwoord nie -
hoekom is daar geen wedstryde aan Namibië toegeken nie?
Ek dink NZ doen die regte ding om nie in Kenia te wil speel as hulle nie
veilig voel nie. Ek self het nie veel vertroue in enige bevinding van die
slap*a* bevinginge van die IKR nie.
Nou moet NZ net die regte ding doen en die lot hof toe sleep omdat hulle nie
geleentheid gegun was om die maksimum punte te behaal , en sodoende 'n beter
kans sou hê om miskien die beker te kan wen nie.
Nou wil die Ausies Zim toe gaan en hoef nie as hulle nie wil nie MalBob se
hand te skud nie. Wat gaan hulle doen as hy een van sy geliefde adjudante in
sy plek stuur, of nog beter - sy mondjie hou om gesoen te word of elke
krieketspeler vasgryp in 'n minlike bearhug?:))))
Annette
.com> skryf in boodskap news:e720f1c7.0301310035.1e2a8f95@posting.google.com...
> Altyd aktueel, SCSAA! Selfs die SABC kom loer hier in, om te sien wat
> in die land aangaan!
>
> "Annette"
>> Dis mos snaaks hoe dinge gebeur - mens praat hier van iets, en dan kom dit
>> op die nuus;))
|
|
|
Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 30 13:14:00 UTC 2025
|