Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ouetehuis [vervolg]
Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72687] Wo, 29 Januarie 2003 13:14 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Om die redenasie verder te voer: Dis so dat daar mense is wat na hul ouers
kyk op hul ou dag en daar is andere wat verkies om hulle in 'n tehuis te
sit. Ons kan hier rondom die bos praat soos ons wil, maar die kernvraag
is: Wat is die beste vir die ou mens? Natuurlik sal meeste graag by die
kinders wil bly, maar wat is die beste? Gaan bly die ou mens by sy
kinders, dan is daar die probleem dat hy deur die dag alleen by die huis sit
terwyl die familie uit op werk/skool/ens besig is. Kom hulle in die aand
huistoe, dan's hulle gatvol geleef en net lus vir stilte en vrede. Die oue
van dae het heeldag alleen gewees en is nou lus vir gesels en kuier. Dis
hier waar irritasie naderhand intree en kan so 'n ou mens tussen sy familie
verskriklik vereensaam.
Verder kan jy 'n ou mens nie stimuleer met die moderne tegnologie soos
wat vandag se mense op floreer nie. Hulle leef in die verlede en het
pragtige herinneringe van die ou dae toe hulle nog jonk was en toe hulle
ervaringe die beste was. Dis wat mens aan die gang hou. Nou stel niemand
werklik belang en kan verstaan hoekom 'n oumens gedurig wil omdraai verlede
toe. Nie lank nie, dan kommunikeer die oue ook nie eintlik meer nie want
niemand wil na hom luister nie.
Sit jy hom in 'n ouetehuis, dan's hy skielik onder sy eie portuur waar hy
voldoende kommunikasie en stimulasie op die vlak wat hy nodig het kan kry.
Skielik kry hy weer lewe want hy voel belangrik en gesog. Hy kan praat oor
sy ou dae en daar is iemand wat luister. Hy hoef nie meer heeldag alleen
by die huis te bly nie.
Het julle al 'n verswakte bejaarde beleef? Iemand wat sy eie bed
bevuil omdat hy nie in die aand kan opstaan om toilet toe te gaan nie? Dat
die kamer en matras naderhand 'n klank kry want jy kan nie na elke ongeluk
alles vervang nie en die reuk kry jy nie altyd uit nie. Kom van sy mense
kuier, dan ruik hulle die kamer en dan word jou vermoë om vir jou ouer te
sorg, erg bevraagteken? Wat van 'n jong seun wat alleen saam met sy ouma
by die huis het en sy gly in die bad en kan nie opkom nie. Nou moet hy
gaan help. Bo en behalwe sy verleentheid, hoe swaar moet die nie vir die
ouma wees om so oopketel te lê voor haar kleinseun nie?
Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir die
professionele.
Re: Ouetehuis [vervolg] [boodskap #72759 is 'n antwoord op boodskap #72687] Do, 30 Januarie 2003 05:42 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien in Suidwes - maar volgens die aansoekvorms en vraelys by my ma se
plek was dit juis die eie keuse van 90% van die oumensplek om daar te kom
woon.
65% van die kinders of naasbestaandes wat die vraelys voltooi het, was
daarteen.
Ek was een van die daarteenes. - eerstens omdat ek nog steeds dink wat
betaal word vir die plek is 'n totale ripoff, tweedens omdat ek uitgevind
het dat wat op papier beloof is nie toegepas gaan word nie - nl dat daar
elke oggend en elke aand by elke huisie nagegaan sou word om uit te vind of
die inwoners nog hups is.

Ma was een van die 90%.
Maar dit het haar nog steeds meer as 'n jaar geneem om aan te pas en
gedeeltelik in te skakel.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e38bb90.0@news1.mweb.co.za...
> Ek verskil met jou. Seker 90% van alle ou mense wil nie ouetehuis toe nie
> want hulle dink hulle gaan daar vergeet word. Die probleem is egter as
> hulle te lank by die kinders aan't huise bly, gaan die kinders op die ou end
> hulle dwing om ouetehuis toe te gaan omdat die situasie onhoudbaar geraak
> het en dan gaan hulle daar vergeet raak. Vir verstandige mense is daar
> altyd toegewings wat gemaak kan word. Vir elke mens is daar 'n tyd om te
> kom en 'n tyd om te gaan. Een en elke ou mens wat ek ken wat in 'n
> ouetehuis beland het, sê hulle is spyt dat hulle die verandering nie al
> lankal gemaak het nie. Saai vervelige dae het skielik vir hulle weer
> mening gekry. Oor die aanpas-probleem: Die mens is die mees aanpasbare
> wese op aarde. Jy moet hom net reg benader.
> "Annette" wrote in message
> news:b18rnl$10gaim$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Aitsa!! Moet trou!
>> :))))
>>
>> Maar alle grappies op 'n stokkie - ek dink dit is 'n persoonlike saak - as
>> die oumens nie wil na 'n oumensoord nie, dan sal hy/sy nooit daar aanpas
>> nie.
>>
>> Annette
>>
>>
>> skryf in boodskap news:3E37EDD4.1000508@rogers.com...
>>>
>>> Suidwester wrote:
>>>
>>>
>>>> Nee wat, vir my is daar gaan ander opsie nie. Los die sorg vir
> die
>>>> professionele.
>>>
>>>
>>> Ja-nee, Suidwester, ek stem volmondig met jou
>>> saam. Ek probeer oor en oor vir my kinders belowe
>>> dat hulle my vroeg in 'n oumenstehuis moet sit.
>>> Beter nog, ek sal myself daarin sit as dit moontlik
>>> is. (Dis nou natuurlik as ek die langslewende is.
>>> My man is jonger as ek, maar hy hou vol hy gaan voor
>>> my. Ek dink hy is bang om alleen agter te bly. Ek
>>> vertel altyd vir hom hy sal binne 'n week na my dood
>>> weer moet trou.)
>>> Gewoonlik, as ek so praat, kyk ons oudste seun
>>> vir my aan asof hy besluit het dat ek onsin praat,
>>> en dat hy sal doen wat hy goeddink as die dag kom.
>>> Maar ek hou maar aan om vir hulle te verduidelik
>>> hoekom die idee van oumenstehuise goed is, en praat
>>> oor en oor van al die spannings wat mens op jou laai
>>> deur 'n oumens in 'n huis vol jong kinders en 'n
>>> vrou wat nog werk in te bring.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Annette
Volgende onderwerp: Waar is die Antie Gloudina?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:32:35 MGT 2024