Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Kerk en Steve Hofmeyer
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72575 is 'n antwoord op boodskap #72571] |
Tue, 28 January 2003 08:27   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jong, ons kerke is maar eenvoudige geboue. Die pastorie is dalk wel
groterig, maar dit moet darem 'n predikant en sy vrou en sy kinders huisves?
Dis waar, die predikante kry soms 'n groot salaris, maar sy werk is nie
maklik nie, hulle het min tyd saam met hulle familie en soms voel ek hulle
verdien dit Dis net wanneer 'n predikant nie sy verpligtinge na kom nie,
wat ek voel hy verdien nie sy salaris nie. In my ouers se gemeente is daar
tans baie mense wat sukkel. Hulle bly in Sasolburg en met daai Marietjie
Prinsloo ding het baie mense hulle gat gesien. Die diakonie moet nou
rondspring om almal te probeer help, en hulle geld is maar skraps. Wie gaan
daai mense help as die kerk hulle nie help nie? In Sasolburg is daar nie
rerig welsynsorganisasies wat mense uithelp nie. Dis ook nie net die
Gereformeerde kerk nie, maar ook die Methodiste kerke en die Katolieke kerke
wat die mense uithelp.
Ek kan nie juis iets sê oor die verskriklike groot en wonderlike motors
waarin die predikante rondry nie, want ek nog nooit een van ons predikante
met enigiets anders as 'n doodgewone Toyota of Mazda gesien nie, maar as jy
so sê dan is daar seker predikante wat in duur karre rondry.
Groete
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e361ec1.0@news1.mweb.co.za...
> OK. As verantwoordelike in my gemeenskap, gee ek wel geld, maar nie vir
> die kerk nie, want die kerk het by-issues. Soos die dominee se moerse
> salaris, sy kar toelae en sy pastorie wat dan nooit groot genoeg is nie.
> Ook nie die koste van die kerkraad wat redelik gereeld vir die een of ander
> vergadering of sitting na ander dorpe toe moet nie. Omdat dit ons pla, het
> ons besluit om elke maand eerder vir die SPCA te gee. Ons weet van 'n paar
> ou mense op die dorp. As die een 'n moerse apteekrekening optel, dan
> betaal ons dit eerder vir hulle, of as jy weet van die ou mense eet
> hondevleis, dan help jy deur vir hulle kos te gee....via die welsyn. Op
> daardie manier gaan jou geld direk na die behoeftiges en nie vir die
> onderhoud van 'n prag en praal kerk en bybehore nie.
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72577 is 'n antwoord op boodskap #72575] |
Tue, 28 January 2003 10:02   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het jy al ooit 'n predikant gesien met 'n klein gesin? Hier by ons, veral
op die platteland, word predikante op die hande gedra en kan hulle leef van
die skenkings wat uit die gemeente ontvang word. As 'n predikant 'n
strandhuis kan bekostig, dan leef hy lekker! Ek stem saam met
Annette.....hoekom geld aan sending bestee eerder as om jou eie mense beter
te versorg?
"Elaine" skryf in boodskap news:3e363ef2.0@news1.mweb.co.za...
> Jong, ons kerke is maar eenvoudige geboue. Die pastorie is dalk wel
> groterig, maar dit moet darem 'n predikant en sy vrou en sy kinders huisves?
> Dis waar, die predikante kry soms 'n groot salaris, maar sy werk is nie
> maklik nie, hulle het min tyd saam met hulle familie en soms voel ek hulle
> verdien dit Dis net wanneer 'n predikant nie sy verpligtinge na kom nie,
> wat ek voel hy verdien nie sy salaris nie. In my ouers se gemeente is daar
> tans baie mense wat sukkel. Hulle bly in Sasolburg en met daai Marietjie
> Prinsloo ding het baie mense hulle gat gesien. Die diakonie moet nou
> rondspring om almal te probeer help, en hulle geld is maar skraps. Wie gaan
> daai mense help as die kerk hulle nie help nie? In Sasolburg is daar nie
> rerig welsynsorganisasies wat mense uithelp nie. Dis ook nie net die
> Gereformeerde kerk nie, maar ook die Methodiste kerke en die Katolieke kerke
> wat die mense uithelp.
> Ek kan nie juis iets sê oor die verskriklike groot en wonderlike motors
> waarin die predikante rondry nie, want ek nog nooit een van ons predikante
> met enigiets anders as 'n doodgewone Toyota of Mazda gesien nie, maar as jy
> so sê dan is daar seker predikante wat in duur karre rondry.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e361ec1.0@news1.mweb.co.za...
>> OK. As verantwoordelike in my gemeenskap, gee ek wel geld, maar nie vir
>> die kerk nie, want die kerk het by-issues. Soos die dominee se moerse
>> salaris, sy kar toelae en sy pastorie wat dan nooit groot genoeg is nie.
>> Ook nie die koste van die kerkraad wat redelik gereeld vir die een of
> ander
>> vergadering of sitting na ander dorpe toe moet nie. Omdat dit ons pla,
> het
>> ons besluit om elke maand eerder vir die SPCA te gee. Ons weet van 'n
> paar
>> ou mense op die dorp. As die een 'n moerse apteekrekening optel, dan
>> betaal ons dit eerder vir hulle, of as jy weet van die ou mense eet
>> hondevleis, dan help jy deur vir hulle kos te gee....via die welsyn. Op
>> daardie manier gaan jou geld direk na die behoeftiges en nie vir die
>> onderhoud van 'n prag en praal kerk en bybehore nie.
>
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72581 is 'n antwoord op boodskap #72577] |
Tue, 28 January 2003 11:15   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Okay, dit was nie my ondervinding nie - maar as die predikant se vrou ook
werk, kan hulle dalk 'n strandhuis bekostig? Ons predikant (my amper
ex-predikant) se vrou is 'n mediese rep. Weet jy hoeveel geld maak 'n
mediese rep? Dis hoe hulle al die ekstra goedjies kan bekosting. Hy't ook
net twee kinders, en volgens my is dit nie 'n groot gesin nie. Die ander
twee predikante wat ek ken het elkeen 3 kinders - ook nie regtig 'n groot
gesin nie?
Ek stem saam dat sommige kerke dalk nie die geld reg gebruik nie, maar jy
kan eindelik nie die predikant daarvoor blameer nie, wil jy hê hulle moet
glad nie die predikante 'n salaris betaal nie? Ek stem saam dat party dalk
'n groot salaris kry, maar die gemeente besluit hoeveel hulle, hul predikant
wil betaal (vir die 3 susterskerke anyway), daar word gewoonlik net 'n
minimum vasgestel deur die sinode.
Katolieke predikante kry 'n bitter klein salaris, so hoe kan jy hulle
blameer vir die geld wat elke dag in die Katolieke Kerke se koffers in
stroom? Moenie vergeet van die mormone nie - hulle is die rykste
godsdienstige groep wat bestaan, en hulle is erg suinig met daai geld.
Sending is natuurlik belangrik! Die Bybel sê ons moet die woord versprei en
dis wat daai predikante (en doodgewone mense ook) doen. Dis baie gevaarlik
om sending in bv. China te doen, tog smokkel sommige predikante duisende
bybels jaar na jaar in China in, ten spyte van die gevaar. Ek respekteer
daai sendelinge, want ek's nie so dapper nie. Ons moet uit die aard van die
saak, eers na ons eie gemeentelede kyk, maar sendinggeld gaan in 'n
gemeenskaplike fonds in, en daarmee word die sendings dan gefinansier. Elke
kerk dra by wat hy kan. Met daai geld word daar hospitale en kerke gebou,
daar word na die siekes en armes omgesien by die sendingstasies. Om in die
middel van nêrens in 'n vervalle en gevaarlike land vrot siek mense te
versorg is nie my idee van 'n lekker vakansie nie.
Groete
Elaine
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e365549.0@news1.mweb.co.za...
> Het jy al ooit 'n predikant gesien met 'n klein gesin? Hier by ons, veral
> op die platteland, word predikante op die hande gedra en kan hulle leef van
> die skenkings wat uit die gemeente ontvang word. As 'n predikant 'n
> strandhuis kan bekostig, dan leef hy lekker! Ek stem saam met
> Annette.....hoekom geld aan sending bestee eerder as om jou eie mense beter
> te versorg?
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72584 is 'n antwoord op boodskap #72581] |
Tue, 28 January 2003 12:14   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wel 'n mens kan seker maar net deel uit persoonlike ondervinding? Doerie
jare in Pretoria wou die manne kerk bou en toe kom vertel die predikant en
die ouderling my dat ons 'n keuse het hoe om ons deel by te dra: Om dit
maklik vir almal te maak, kan ek 'n aftrekorder teken. So kan hulle dan
bepaal of hulle 'n groot genoeg bedrag geld per maand in om die kerk te kan
bekostig. Omdat ek bouplanne kan lees 'n teken, het ek reeds die kerk se
ontwerp gesien en dis definitief nie ontwerp om die maksimum sitplek te gee
nie. Luuksheid soos jy nie sal glo nie en mens wonder wat is die
belangrikste? Plek of 'n standbeeld vir die predikant wat hard daarop
aangedring het om die kerk so te kry. Ook sy pastorie kon nie minder as 4
slaapkamers hê nie.
Waar ek nou is, het die een dominee baklei tot die gemeente ingegee het
om vir hom 'n pastorie te bou uit die gemeente se spaargeld. Dis omdat hy
nie daarvan hou om in 'n huurhuis te bly nie! Wyd word vertel dat die kerk
'n belegging gemaak het met die pastorie, maar hoeveel werd is 'n huis langs
'n kerk nou eintlik? Enige ding is net soveel werd as wat die volgende ou
bereid is om daarvoor te betaal en wie sal 'n pastorie koop? Hier is
oumense wat hondekos eet omdat hulle nie vleis kan bekostig nie..........
"Elaine" skryf in boodskap news:3e36665d.0@news1.mweb.co.za...
> Okay, dit was nie my ondervinding nie - maar as die predikant se vrou ook
> werk, kan hulle dalk 'n strandhuis bekostig? Ons predikant (my amper
> ex-predikant) se vrou is 'n mediese rep. Weet jy hoeveel geld maak 'n
> mediese rep? Dis hoe hulle al die ekstra goedjies kan bekosting. Hy't ook
> net twee kinders, en volgens my is dit nie 'n groot gesin nie. Die ander
> twee predikante wat ek ken het elkeen 3 kinders - ook nie regtig 'n groot
> gesin nie?
> Ek stem saam dat sommige kerke dalk nie die geld reg gebruik nie, maar jy
> kan eindelik nie die predikant daarvoor blameer nie, wil jy hê hulle moet
> glad nie die predikante 'n salaris betaal nie? Ek stem saam dat party dalk
> 'n groot salaris kry, maar die gemeente besluit hoeveel hulle, hul predikant
> wil betaal (vir die 3 susterskerke anyway), daar word gewoonlik net 'n
> minimum vasgestel deur die sinode.
> Katolieke predikante kry 'n bitter klein salaris, so hoe kan jy hulle
> blameer vir die geld wat elke dag in die Katolieke Kerke se koffers in
> stroom? Moenie vergeet van die mormone nie - hulle is die rykste
> godsdienstige groep wat bestaan, en hulle is erg suinig met daai geld.
> Sending is natuurlik belangrik! Die Bybel sê ons moet die woord versprei en
> dis wat daai predikante (en doodgewone mense ook) doen. Dis baie gevaarlik
> om sending in bv. China te doen, tog smokkel sommige predikante duisende
> bybels jaar na jaar in China in, ten spyte van die gevaar. Ek respekteer
> daai sendelinge, want ek's nie so dapper nie. Ons moet uit die aard van die
> saak, eers na ons eie gemeentelede kyk, maar sendinggeld gaan in 'n
> gemeenskaplike fonds in, en daarmee word die sendings dan gefinansier. Elke
> kerk dra by wat hy kan. Met daai geld word daar hospitale en kerke gebou,
> daar word na die siekes en armes omgesien by die sendingstasies. Om in die
> middel van nêrens in 'n vervalle en gevaarlike land vrot siek mense te
> versorg is nie my idee van 'n lekker vakansie nie.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e365549.0@news1.mweb.co.za...
>> Het jy al ooit 'n predikant gesien met 'n klein gesin? Hier by ons,
> veral
>> op die platteland, word predikante op die hande gedra en kan hulle leef
> van
>> die skenkings wat uit die gemeente ontvang word. As 'n predikant 'n
>> strandhuis kan bekostig, dan leef hy lekker! Ek stem saam met
>> Annette.....hoekom geld aan sending bestee eerder as om jou eie mense
> beter
>> te versorg?
>
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72586 is 'n antwoord op boodskap #72581] |
Tue, 28 January 2003 13:11   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine, ek kan jou verseker dit is nie die gemeentelede wat die salaris van
die predikant bepaal nie. Dit is die kerkraad, en hoofsaaklik die finansiële
kommitee, waarvan die predikant in beide gevalle die voorsitter is.
Annette
skryf in boodskap news:3e36665d.0@news1.mweb.co.za...
> Okay, dit was nie my ondervinding nie - maar as die predikant se vrou ook
> werk, kan hulle dalk 'n strandhuis bekostig? Ons predikant (my amper
> ex-predikant) se vrou is 'n mediese rep. Weet jy hoeveel geld maak 'n
> mediese rep? Dis hoe hulle al die ekstra goedjies kan bekosting. Hy't ook
> net twee kinders, en volgens my is dit nie 'n groot gesin nie. Die ander
> twee predikante wat ek ken het elkeen 3 kinders - ook nie regtig 'n groot
> gesin nie?
> Ek stem saam dat sommige kerke dalk nie die geld reg gebruik nie, maar jy
> kan eindelik nie die predikant daarvoor blameer nie, wil jy hê hulle moet
> glad nie die predikante 'n salaris betaal nie? Ek stem saam dat party dalk
> 'n groot salaris kry, maar die gemeente besluit hoeveel hulle, hul predikant
> wil betaal (vir die 3 susterskerke anyway), daar word gewoonlik net 'n
> minimum vasgestel deur die sinode.
> Katolieke predikante kry 'n bitter klein salaris, so hoe kan jy hulle
> blameer vir die geld wat elke dag in die Katolieke Kerke se koffers in
> stroom? Moenie vergeet van die mormone nie - hulle is die rykste
> godsdienstige groep wat bestaan, en hulle is erg suinig met daai geld.
> Sending is natuurlik belangrik! Die Bybel sê ons moet die woord versprei en
> dis wat daai predikante (en doodgewone mense ook) doen. Dis baie gevaarlik
> om sending in bv. China te doen, tog smokkel sommige predikante duisende
> bybels jaar na jaar in China in, ten spyte van die gevaar. Ek respekteer
> daai sendelinge, want ek's nie so dapper nie. Ons moet uit die aard van die
> saak, eers na ons eie gemeentelede kyk, maar sendinggeld gaan in 'n
> gemeenskaplike fonds in, en daarmee word die sendings dan gefinansier. Elke
> kerk dra by wat hy kan. Met daai geld word daar hospitale en kerke gebou,
> daar word na die siekes en armes omgesien by die sendingstasies. Om in die
> middel van nêrens in 'n vervalle en gevaarlike land vrot siek mense te
> versorg is nie my idee van 'n lekker vakansie nie.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e365549.0@news1.mweb.co.za...
>> Het jy al ooit 'n predikant gesien met 'n klein gesin? Hier by ons,
> veral
>> op die platteland, word predikante op die hande gedra en kan hulle leef
> van
>> die skenkings wat uit die gemeente ontvang word. As 'n predikant 'n
>> strandhuis kan bekostig, dan leef hy lekker! Ek stem saam met
>> Annette.....hoekom geld aan sending bestee eerder as om jou eie mense
> beter
>> te versorg?
>
|
|
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72591 is 'n antwoord op boodskap #72581] |
Tue, 28 January 2003 14:04   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Ek stem saam dat sommige kerke dalk nie die geld reg gebruik nie, maar jy
> kan eindelik nie die predikant daarvoor blameer nie
Elaine, ek merk op dat jy die woord " eindelik"
taamlik gereeld gebruik op plekke waar ek eintlik
sou verwag dat jy bedoel " eintlik" en nie
" eindelik" (eventually) nie. Doen jy dit met
opset, of behoort jy eintlik " eintlik" in plaas
van " eindelik" te gebruik?
Tant Hessie van Omdraai
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72644 is 'n antwoord op boodskap #72643] |
Wed, 29 January 2003 07:18   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
As al die kerke hulle plig gedoen het, dan was daar nie so baie
welsynsorganisasies nie.
Van die os op die jas - enigeen van julle gehoor op RSG van die Feedback
program?
Wat vir my eienaardig is, is dat hulle absoluut geen moeite het in die Kaap
om supermarkte te kry om saam te werk nie, maar blykbaar sukkel hulle om die
program in Gauteng op die been te kry omdat daar geen supermarkgroep is wat
wil saamwerk nie?
Steel hulle dan sooooo vreeslik in die supermarkte daar?
Dan het hulle ook hier in die Kaap 'n addisionele projek dat by die gesiene
skole elke kind een toebroodjie per dag skenk, en hierdie toebroodjies word
dan onder die honger skoliere by ander skole uitgedeel.
Maak die ouers daar in Gauteng nie meer toebroodjies vir die kindertjies
nie? Of stop hulle liewer 'n R50 in die hand sodat die kind iets kan gaan
koop?
Annette
"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:ulte3vsf7u1en5s22nr7uh4uf4bb2uvp4q@4ax.com...
> On Tue, 28 Jan 2003 15:54:46 +0200, "Elaine"
> served the following to the group:
>
>> Dis die kerk en gemeenskap se plig om na oumense om te sien.
>
> stem glad nie saam dat dit enige iemand se 'plig' is om na oumense te
> kyk nie. as iemand hulle ontferm oor oumense dat is dit uit
> besorgdheid, naaste liefde, noem dit wat jy wil, maar dis niemand se
> plig om na oumense om te sien nie. oumense moet voorsien tref vir
> wanneer hulle dit nodig het en hulle kinders so groot maak dat hulle
> na hulle ouers wil kyk as hulle oud is.
>
> dis soos om te se dat dit die onderwyser se plig is om die kind op te
> voed. hy/sy neem deel aan die opvoedings proses maar uiteindelik is
> dit die ouers se verantwoordelikheid. hy kan nie more na die onnie toe
> gaan se vra hoekom sy kind homself nie gedra nie.
>
> en jy is reg as jy se dat die gemeente die predikant se salaris
> betaal. ja die raad besluit hoeveel maar daai geld kom van kollektes
> en tiendes wat die gemeente gee. die raad moet elke jaar
> verantwoording doen teenoor die gemeente wat hulle met die geld maak.
>
> so al waar plig inkom om enigeiets te doen is waar jy iemand betaal en
> dit deel van sy pligstaat is. as jy so daarna kyk dan ja miskien is
> dit die predikant se plig om oumense te besoek maar is dit die kerk se
> plig net omdat dit die kerk is? i think not
>
>
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
|
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72649 is 'n antwoord op boodskap #72648] |
Wed, 29 January 2003 07:46   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Soms kom daardie plig teen 'n helse groot maandelikse bydrae.
Dis een van die snaakse goed van die hele oumenstehuisopset. Vir die meeste
ou mense gaan dit baie goedkoper wees om in hul klaar afbetaalde huis te
bly, en 'n vaste dag en nag sorg aan te stel, as om alles te verkoop en weg
te gee en dan ten duurste by 'n versorgingsoord te gaan lê.
Ek het baie begrip vir diegene wat voel dit is vir hulle beter om by 'n
versorgingsoord te wees - maar deesdae lyk dit of almal gaan, of hulle dit
kan bekostig of te not. - of selfs probeer uitvind of daar meer ekonomies
haalbare opsies is.
My ma is in so 'n oumensplek - en ek is meer bekommerd dat ek een dag sal
bel en sy lê al van die vorige dag dood in haar plekkie, as wat ek sou wees
as sy in haar eie plek was met 24 uur hulpsorg.
Thys, dit is 'n kultuur by die swartes om vir hul oues te sorg ( deesdae is
dit die oues se pensioen wat vir die ander sorg in baie gevalle), maar by
ons witmense word die oumense net te godsonmoontlik om met hulle huis te
hou:))
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b180bu$1huo$1@news.adamastor.ac.za...
> Dis die gemeenskap se plig om na ou mense om te sien. Bybelse gebruik was
> dat ou mense hul laaste jare by hul kinders deurgebring het. Dit is dus die
> kerk - die mense waaruit die kerk bestaan - se plig om betrokke te wees in
> hulpverlening en versorging aan oues van dae wat nie meer in staat is om na
> hulleself om te sien nie.
>
> As jy eendag oud is en nie meer in staat is om jou eie besluite te neem nie,
> nie meer beheer oor jou liggaamsfunksies het nie, wie gaan na jou omsien as
> dit nie "iemand anders se plig" is nie?
>
> Thys wat omgee vir ou mense
> "Threeships Mcduck" wrote in message
> news:ulte3vsf7u1en5s22nr7uh4uf4bb2uvp4q@4ax.com...
>> On Tue, 28 Jan 2003 15:54:46 +0200, "Elaine"
>> served the following to the group:
>>
>>> Dis die kerk en gemeenskap se plig om na oumense om te sien.
>>
>> stem glad nie saam dat dit enige iemand se 'plig' is om na oumense te
>> kyk nie. as iemand hulle ontferm oor oumense dat is dit uit
>> besorgdheid, naaste liefde, noem dit wat jy wil, maar dis niemand se
>> plig om na oumense om te sien nie. oumense moet voorsien tref vir
>> wanneer hulle dit nodig het en hulle kinders so groot maak dat hulle
>> na hulle ouers wil kyk as hulle oud is.
>>
>> dis soos om te se dat dit die onderwyser se plig is om die kind op te
>> voed. hy/sy neem deel aan die opvoedings proses maar uiteindelik is
>> dit die ouers se verantwoordelikheid. hy kan nie more na die onnie toe
>> gaan se vra hoekom sy kind homself nie gedra nie.
>>
>> en jy is reg as jy se dat die gemeente die predikant se salaris
>> betaal. ja die raad besluit hoeveel maar daai geld kom van kollektes
>> en tiendes wat die gemeente gee. die raad moet elke jaar
>> verantwoording doen teenoor die gemeente wat hulle met die geld maak.
>>
>> so al waar plig inkom om enigeiets te doen is waar jy iemand betaal en
>> dit deel van sy pligstaat is. as jy so daarna kyk dan ja miskien is
>> dit die predikant se plig om oumense te besoek maar is dit die kerk se
>> plig net omdat dit die kerk is? i think not
>>
>>
>>
>> Threeships Mcduck
>> www.mothership.co.za
>
|
|
|
|
|
|
Re: Strandhuise [boodskap #72662 is 'n antwoord op boodskap #72656] |
Wed, 29 January 2003 09:12   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Omdat, liewe Elaine, soos ek gesê het, daar net EEN Clifton no 3 strand is.
Dit het te doen met tradisie, prestigewaarde, die rykes van die omgewing,
maar bowenal die blikke van bewondering van die op die strand vir die wat
juis 'n huise DAAR het.
Ek sal nie juis daardie plekkie gekoop het nie, al sou ek oor die vermoë
beskik - elke keer as dit spring-gety is sou ek bietjie baie angstig wees:))
Jy moet weet, sou daar ooit 'n fratsgolf gebeur in die baai, is daardie
huisie in die voorste linie om oorstroom te word.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e3798f5.0@news1.mweb.co.za...
> Jaaaaaaa, maar hoekom is Clifton so spesiaal? Behalwe dat dit beskerm lê
> teen die Suid-ooster en al die goete wat Wouter gesê het, kan ek nie sien
> hoe hulle daai prys kan justify nie. Selfs in Johannesburg gaan jy nie daai
> tipe van geld betaal vir 'n halfpad vervalle huis in 'n goeie area nie, en
> huise hier is duur! Die area dra net soveel by tot 'n huis se prys. Hoekom
> is die ander huise op die Kaapse strande nie ook so duur nie?
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote in message
> news:b17lse$10dl1d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die prys van die eier is dat dit juis net by Clifton sal wees waar 'n
> shack
>> vir R4 miljoen verkoop sal word.
>> Annette
>
|
|
|
Re: Kerk en Steve Hofmeyer [boodskap #72666 is 'n antwoord op boodskap #72654] |
Wed, 29 January 2003 09:16   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie is 'n baie moeilike storie. Die oumens wat by sy kinders gaan bly,
moet aanvaar dat hy nou soos 'n kind in die huis is, anders werk dit
eenvoudig net nie. Die gesagstruktuur verander en die kind by wie hy bly,
het nou die gesag. Ongelukkig werk dit nie so nie en weet ek van min
mense waar die versorging van bejaardes by die huis uitgewerk het. Die een
of ander tyd kom konflik en dan's dit nag. Die ergste is natuurlik as daai
oumens loop verswak raak en dan kan die huismense hom nie meer ordentlik
versorg nie en op die ou end is dit nie hartseer mense wat die oue van dae
begrawe nie....dis verligte mense.
Logika sê kry die oumens so vroeg moontlik in 'n tehuis waar hy, terwyl
hy nog sterk hups is, vir homself 'n naam kan maak in sy nuwe gemeenskap.
Dit gee hom 'n doel en 'n rigting wat broodnodig is vir enige mens se
daaglikse sinvolle bestaan. Die dag as hy loop verswak raak, dan is hy
reeds deel van 'n gemeenskap wat hom wel kan versorg.
"Elaine" skryf in boodskap news:3e379685.0@news1.mweb.co.za...
> Jy's reg. My ma-hulle het my ouma-hulle ingeneem aan die begin van verlede
> jaar. Hulle het totaal my ma se huis oorgeneem, en haar blameer omdat sy
> gaan werk het. My ouma wat nog hups is, het geweier om te kook, selfs al
> het my ma en pa albei voltydsew werk. Hulle mag nie meer in hulle eie huis
> gerook het nie. Ek stem saam dat rook sleg is, maar dit is immers hulle
> huis. My ma moes al haar goed weggee en verkoop om plek te maak vir my
> ouma-hulle se goed. My ouma het gekla omdat my suster van 20 soms eers 12
> of 1 uur in die huis gekom het oor 'n naweek. "Goeie meisies is al 8 uur by
> die huis". In Oktober verlede jaar het hulle weer uitgetrek - na 'n
> woonstel toe - en my ouers knie-diep in die moeilikheid gedompel.
>
> Elaine
>
> "Annette" wrote:
>>
>> Thys, dit is 'n kultuur by die swartes om vir hul oues te sorg ( deesdae
> is
>> dit die oues se pensioen wat vir die ander sorg in baie gevalle), maar by
>> ons witmense word die oumense net te godsonmoontlik om met hulle huis te
>> hou:))
>>
>> Annette
>
|
|
|
|
|
Ouetehuise - Was S&K [boodskap #72673 is 'n antwoord op boodskap #72666] |
Wed, 29 January 2003 09:42   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hulle maak maats ja, en word opgeneem in die nuwe gemeenskap - maar elkeen
is maar nog steeds ingestel op sy eie doen en late eerste - dit is hoekom
dit moontlik is dat daar op 'n spesifieke dag niemand van die oord vir haar
sou bel, besoek, of wonder of daar iets verkeerd is as hulle haar nie sien
nie.
Die buurman, as hy daar is, sal miskien wonder as ma nie die koerant inneem
nie - maar dit het al gebeur dat sy vergeet het van die koerant.
Wat vir my nogal snaaks is, is dat alhoewel hulle in 'n veilige. omheinde
oord bly - niemand na 7 uit die huis gaan om vir ander te gaan kuier nie -
en dan kla al die alleenblyers hoeka hoe ensaam hulle aande is.
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3e379c17.0@news1.mweb.co.za...
> Hierdie is 'n baie moeilike storie. Die oumens wat by sy kinders gaan bly,
> moet aanvaar dat hy nou soos 'n kind in die huis is, anders werk dit
> eenvoudig net nie. Die gesagstruktuur verander en die kind by wie hy bly,
> het nou die gesag. Ongelukkig werk dit nie so nie en weet ek van min
> mense waar die versorging van bejaardes by die huis uitgewerk het. Die een
> of ander tyd kom konflik en dan's dit nag. Die ergste is natuurlik as daai
> oumens loop verswak raak en dan kan die huismense hom nie meer ordentlik
> versorg nie en op die ou end is dit nie hartseer mense wat die oue van dae
> begrawe nie....dis verligte mense.
> Logika sê kry die oumens so vroeg moontlik in 'n tehuis waar hy, terwyl
> hy nog sterk hups is, vir homself 'n naam kan maak in sy nuwe gemeenskap.
> Dit gee hom 'n doel en 'n rigting wat broodnodig is vir enige mens se
> daaglikse sinvolle bestaan. Die dag as hy loop verswak raak, dan is hy
> reeds deel van 'n gemeenskap wat hom wel kan versorg.
> "Elaine" wrote in message
> news:3e379685.0@news1.mweb.co.za...
>> Jy's reg. My ma-hulle het my ouma-hulle ingeneem aan die begin van
> verlede
>> jaar. Hulle het totaal my ma se huis oorgeneem, en haar blameer omdat sy
>> gaan werk het. My ouma wat nog hups is, het geweier om te kook, selfs al
>> het my ma en pa albei voltydsew werk. Hulle mag nie meer in hulle eie
> huis
>> gerook het nie. Ek stem saam dat rook sleg is, maar dit is immers hulle
>> huis. My ma moes al haar goed weggee en verkoop om plek te maak vir my
>> ouma-hulle se goed. My ouma het gekla omdat my suster van 20 soms eers 12
>> of 1 uur in die huis gekom het oor 'n naweek. "Goeie meisies is al 8
uur
> by
>> die huis". In Oktober verlede jaar het hulle weer uitgetrek - na 'n
>> woonstel toe - en my ouers knie-diep in die moeilikheid gedompel.
>>
>> Elaine
>>
>> "Annette" wrote:
>>>
>>> Thys, dit is 'n kultuur by die swartes om vir hul oues te sorg (
deesdae
>> is
>>> dit die oues se pensioen wat vir die ander sorg in baie gevalle), maar
> by
>>> ons witmense word die oumense net te godsonmoontlik om met hulle huis te
>>> hou:))
>>>
>>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
Re: Strandhuise [boodskap #72680 is 'n antwoord op boodskap #72662] |
Wed, 29 January 2003 11:01   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Maar Annette - daar's ook net een Vaal Rivier, en ek kyk ook altyd met
blikke van bewondering en afguns na die huise op die walle van die rivier as
ek met my sinkbadjie daar verby "motor". Jy gaan miskien R4 mil. betaal vir
'n ordentelike huis - maar net R100 000 vir 'n erf op die wal van die
rivier, en net 'n sekere gedeelte is geskik vir bote en die huise daar langs
is duurder. Hulle noem dit "millionaire's bend".
Dis verskriklik mooi daarlangs, my pa ('n eiendomsagent) het nou 'n huis op
die mark wat teen die rante gebou is in Vaaloewer, die eienaars van die
eiendomme daar het 'n meer gemaak sodat hulle kan bootry, die rivier verder
af is nie geskik vir bote nie. Die huis se balkon is oor die rivier gebou
en die uitsig is asemrowend. Dis 'n 3 slaapkamer huis en die eienaar soek
maar R450 000 vir sy huis.
E
"Annette" skryf in boodskap news:b187he$10mquv$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Omdat, liewe Elaine, soos ek gesê het, daar net EEN Clifton no 3 strand is.
> Dit het te doen met tradisie, prestigewaarde, die rykes van die omgewing,
> maar bowenal die blikke van bewondering van die op die strand vir die wat
> juis 'n huise DAAR het.
>
> Ek sal nie juis daardie plekkie gekoop het nie, al sou ek oor die vermoë
> beskik - elke keer as dit spring-gety is sou ek bietjie baie angstig wees:))
> Jy moet weet, sou daar ooit 'n fratsgolf gebeur in die baai, is daardie
> huisie in die voorste linie om oorstroom te word.
>
> Annette
|
|
|
Re: Strandhuise [boodskap #72681 is 'n antwoord op boodskap #72680] |
Wed, 29 January 2003 11:02   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jislaaik - dis 'n winskopie daardie - wat is verkeerd met die plek?:))
Kyk, daar was nie 4 miljoen gevra vir die plek by Clifton nie - dis 'n plek
wat aan die stadsraad behoort het en op langtermyn leases uitverhuur is. Die
laaste langtermynhuurder was die bod van Venterwaentjies wat homself die
ewigheid ingehelp het - toe het die stadsraad besluit om die laaste van hul
huurhuisies op 'n veiling te plaas - dit was die gulsige bieërs wat die prys
so opgejaag het - om die redes wat ek genoem het - prestige, bla,bla bla.
Ek dink nie een ander huis in die omtrek sal tans uit die hand vir 4 miljoen
verkoop word nie.
Die woonstelle daar rond gaan vir tussen 1 - 2 miljoen, en is seker 4 keer
groter, met 'n beter uitsig ( soos kan verder oor die see kyk) as die shack.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e37b497.0@news1.mweb.co.za...
> Maar Annette - daar's ook net een Vaal Rivier, en ek kyk ook altyd met
> blikke van bewondering en afguns na die huise op die walle van die rivier as
> ek met my sinkbadjie daar verby "motor". Jy gaan miskien R4 mil. betaal vir
> 'n ordentelike huis - maar net R100 000 vir 'n erf op die wal van die
> rivier, en net 'n sekere gedeelte is geskik vir bote en die huise daar langs
> is duurder. Hulle noem dit "millionaire's bend".
> Dis verskriklik mooi daarlangs, my pa ('n eiendomsagent) het nou 'n huis op
> die mark wat teen die rante gebou is in Vaaloewer, die eienaars van die
> eiendomme daar het 'n meer gemaak sodat hulle kan bootry, die rivier verder
> af is nie geskik vir bote nie. Die huis se balkon is oor die rivier gebou
> en die uitsig is asemrowend. Dis 'n 3 slaapkamer huis en die eienaar soek
> maar R450 000 vir sy huis.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b187he$10mquv$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Omdat, liewe Elaine, soos ek gesê het, daar net EEN Clifton no 3 strand is.
>> Dit het te doen met tradisie, prestigewaarde, die rykes van die omgewing,
>> maar bowenal die blikke van bewondering van die op die strand vir die wat
>> juis 'n huise DAAR het.
>>
>> Ek sal nie juis daardie plekkie gekoop het nie, al sou ek oor die vermoë
>> beskik - elke keer as dit spring-gety is sou ek bietjie baie angstig wees:))
>> Jy moet weet, sou daar ooit 'n fratsgolf gebeur in die baai, is daardie
>> huisie in die voorste linie om oorstroom te word.
>>
>> Annette
>
|
|
|
|
Re: Strandhuise [boodskap #72684 is 'n antwoord op boodskap #72680] |
Wed, 29 January 2003 12:34   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy moet maar 'n slag kom kyk hoe lyk Clifton, Elaine. Dan sal
jy beter verstaan en dit nooit weer met Vaaloewer vergelyk nie.
Daar is ander dele om daardie kus wat ook astronomiese
pryse haal, multimiljoene vir 'n goeie eiendom, maar Annette
is reg, daar is net een Clifton. 'n Uitsig oor daardie see is ook
nie vergelykbaar met 'n uitsig oor die Vaalrivier of 'n meer nie.
Deel van die rede vir die hoë pryse van al hierdie eiendomme
is natuurlik die buitelandse invloed. Dis van die mooiste strande
in die hele wêreld en teen $400 000 is dit nog goedkoper as
die meeste vergelykbare uitsoekeiendomme oorsee.
Wouter
"Elaine" skryf in boodskap news:3e37b497.0@news1.mweb.co.za...
Maar Annette - daar's ook net een Vaal Rivier, en ek kyk ook altyd met
blikke van bewondering en afguns na die huise op die walle van die rivier as
ek met my sinkbadjie daar verby "motor". Jy gaan miskien R4 mil. betaal vir
'n ordentelike huis - maar net R100 000 vir 'n erf op die wal van die
rivier, en net 'n sekere gedeelte is geskik vir bote en die huise daar langs
is duurder. Hulle noem dit "millionaire's bend".
Dis verskriklik mooi daarlangs, my pa ('n eiendomsagent) het nou 'n huis op
die mark wat teen die rante gebou is in Vaaloewer, die eienaars van die
eiendomme daar het 'n meer gemaak sodat hulle kan bootry, die rivier verder
af is nie geskik vir bote nie. Die huis se balkon is oor die rivier gebou
en die uitsig is asemrowend. Dis 'n 3 slaapkamer huis en die eienaar soek
maar R450 000 vir sy huis.
E
"Annette" skryf in boodskap news:b187he$10mquv$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Omdat, liewe Elaine, soos ek gesê het, daar net EEN Clifton no 3 strand is.
> Dit het te doen met tradisie, prestigewaarde, die rykes van die omgewing,
> maar bowenal die blikke van bewondering van die op die strand vir die wat
> juis 'n huise DAAR het.
>
> Ek sal nie juis daardie plekkie gekoop het nie, al sou ek oor die vermoë
> beskik - as dit spring-gety is sou ek bietjie baie angstig wees:))
> Jy moet weet, sou daar ooit 'n fratsgolf gebeur in die baai, is daardie
> huisie in die voorste linie om oorstroom te word.
>
> Annette
|
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 22:08:01 UTC 2025
|