Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van HENNING PIETERSE
'n Gedig van HENNING PIETERSE [boodskap #7258] Vr, 20 September 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE SWAELS KEER VANJAAR LAAT TERUG
Henning Pieterse

Die swaels keer vanjaar laat terug.
Die eerstes huiwer vir die suide,
ril op drade en hoor
hoe bye vernielend die bloeisels bevrug.

Om ons het die jakarandas pers
op malvas in die tuin gedrup.
Ek wou jou van my reis vertel,
deur 'n sagte land in die noorde
waar bloed in wortels ingetrek het,
maar glase het gestamp
om vrese te besweer;
ek het die ure een vir een
oopgebreek soos 'n artisjok.

Uit die hart van die land,
Europa onder 'n stil Afrika-boom,
stuur ek hiermee my swaels,
en hoop jy kan hulle hoor
voor die winter uit die suide kom.

(Harare)

ingetik op die nuusgroep deur
gloudina bouwer
Vorige onderwerp: 'n Gedig van PETRA MULLER
Volgende onderwerp: 'n Gedig van DONALD RIEKERT, oor kameeldoringpeule
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 23:13:17 MGT 2024