Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groot teleurstelling
Groot teleurstelling [boodskap #72543] So, 26 Januarie 2003 20:38 na volgende boodskap
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Vanoggend het die maruti ons goed gelooi. Want sien meneer word deesdae
gekritiseer met al die selgroepe in die NGK - hy doen nou niks want daar is
mos 'n groepie/ kommissie wat sy werk vir hom moet doen. Hy het sover gegaan
dat hy reken ne^rens in die Bybel staan dit dat hy huisbesoek moet doen of
iemand se hand in die hospitaal moet gaan vashou nie. Verder dreig hy ook om
die komende basaar af te stel (na vanoggend se preek voorspel ek in elkgeval
niks goeds nie).

Wel, het ek nuus vir hom!! Baie gemeentelede is professionele persone en jy
praat eenvoudig nie so met hulle nie. Buitendien word die meneer geld betaal
om sy werk te doen en die groepies/ kommissies bestaan uit vrywilligers wat
in hul vrye tyd sy job vir hom moet gaan verrig. Net snaaks dat hy op
betaaldag van hulle vergeet.

Ek is eweneens erg teleur gestel in die rigting wat die 3 susterskerke
inslaan. So stuurloos, so belangeloos, so aards. Mens sal verwag dat die
kerk sy leiding van Bo sal kry. Ek was al in gemeentes waar hulle stoele
moes indra in die aanddiens. By hierdie gemeentes was die predikante daders
i.p.v. praters. Die gemeentelede het hulle "cue" van die kansel af gekry en
betrokkenheid was nie 'n probleem nie.
Re: Groot teleurstelling [boodskap #72544 is 'n antwoord op boodskap #72543] Ma, 27 Januarie 2003 03:17 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pete - ek kan nie die "kerk" kritiseer nie - te veel vingers wys terug na
my.
Maar - ek dink die sogenaamde "dienaars" moet leer om te dien. M.i. is/was
dit die groot boodskap.

"pete" skryf in boodskap news:b11gu0$fmp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vanoggend het die maruti ons goed gelooi. Want sien meneer word deesdae
> gekritiseer met al die selgroepe in die NGK - hy doen nou niks want daar is
> mos 'n groepie/ kommissie wat sy werk vir hom moet doen. Hy het sover gegaan
> dat hy reken ne^rens in die Bybel staan dit dat hy huisbesoek moet doen of
> iemand se hand in die hospitaal moet gaan vashou nie. Verder dreig hy ook om
> die komende basaar af te stel (na vanoggend se preek voorspel ek in elkgeval
> niks goeds nie).
>
> Wel, het ek nuus vir hom!! Baie gemeentelede is professionele persone en jy
> praat eenvoudig nie so met hulle nie. Buitendien word die meneer geld betaal
> om sy werk te doen en die groepies/ kommissies bestaan uit vrywilligers wat
> in hul vrye tyd sy job vir hom moet gaan verrig. Net snaaks dat hy op
> betaaldag van hulle vergeet.
>
> Ek is eweneens erg teleur gestel in die rigting wat die 3 susterskerke
> inslaan. So stuurloos, so belangeloos, so aards. Mens sal verwag dat die
> kerk sy leiding van Bo sal kry. Ek was al in gemeentes waar hulle stoele
> moes indra in die aanddiens. By hierdie gemeentes was die predikante daders
> i.p.v. praters. Die gemeentelede het hulle "cue" van die kansel af gekry en
> betrokkenheid was nie 'n probleem nie.
>
Vorige onderwerp: Re: Are you wealthy?
Volgende onderwerp: Nuwe Profiel?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:45:24 MGT 2024