Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE
" Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72287] |
Thu, 23 January 2003 03:38  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
Henri Laurie
Vryspringers, ons, maar nie jammer nie
verskoningloos en asemblank
ons vingers soek na slym
ons yl gedagtes vroetel in holtes en skrewe ....
blameer die moeë murg en kwynende bloedselle.
Ons is lankal pap in die pype.
Die ander, die wat aas en bemesting geword het,
geleerd in die wetenskap van eindigheid,
nederig soos stof
hulle verdwyn agter die jubel van ons skaamte.
Hulle klets onverstaanbaar in die nag, om hoeke,
op herfsblare, onleesbaar, skryf hulle ons
halfvergete misdade neer,
klik soos polieste in ons hakke,
spot soos die laaitie oorkant in hyserknoppies en pryse in winkels.
Om te dink dat hulle ook daar was destyds
in die helder gierigheid en bitter belemmering
en dat hulle nou verdwaal in ons gedagtes
terwyl ons verdwaal op straat
mistig tussen die gespierde vendusie en
meedoënlose ellende.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE [boodskap #72352 is 'n antwoord op boodskap #72327] |
Thu, 23 January 2003 19:31   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Andrew
Is dit die Henri Laurie van Rondebosch? Ek dink hy is 'n
[mathematician] (die woorde is nie in my wordeboek nie)
Annette wrote:
> Ek is nie seker of jy miskien aan Dirk Laurie dink nie?
> Mathematician - wiskundige.
Gloudina
Henri Laurie is Dirk Laurie se broer.
Dirk Laurie is 'n wiskundige. Getroud,
sover ek kan onthou, met een van D.J.
Opperman se dogters.
Wouter
Ja, Dirk is met Trinke Opperman getroud. En hy is 'n wiskundige.
Maar ek vermoed Andrew dink aan Dirk se pa, Henri Laurie senior,
'n aktuaris en dus ook 'n wiskundige. Hy was aktuaris by Sanlam
in Bellville en is later na Metropolitan Homes Trust in Kaapstad
verplaas, waar hy goed moontlik in Rondebosch gewoon het.
Ek dink nie Dirk kon in Rondebosch gewoon het nie, hy was na sy
studentedae op Stellenbosch meesal in Gauteng en Potchefstroom
Henri senior was in sy later jare joernalis en bestuurder in die
Perskorgroep, 'n baie interessante oubaas. As hy nog lewe
sal hy seker sowat 90 jaar oud wees. Ek het nogal gewonder
of dit hy of Henri junior was wat hierdie geskryf het, Henri
senior was natuurlik self 'n skrywer, maar ek weet nie
of hy ook digter was nie.
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 29 22:12:52 UTC 2025
|