Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n.
Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n. [boodskap #72340] Do, 23 Januarie 2003 18:27 na volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Kortbroekie het ook nou skandes in sy partytjie!
Hulle het nou ook skande geld,of is dit hoer-geldjies!Arme ou
Peter'tjie.Miskien eindig kortbroek nou broekloos op met sy reeds bankrot
partytjie.Ek't gehoor dat hulle baie sleg gevaar het met 'n
tussenverkiessing in PTA.DA het gewen,VF 2'e,KP 3'e en ANC 4'e.Die kortbroek
partytjie is nie eens te bespeur nie,wonder hoekom?
Re: Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n. [boodskap #72342 is 'n antwoord op boodskap #72340] Do, 23 Januarie 2003 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kortbroek het definitief iets van die mafia in hom. Soen en slaan op die rug
een dag, en steek in die rug die ander.
Hy het vir The Comeback Kid Pietertjie nou uit die NNP geskors - sodat daar
geen sprake meer is dat Pietertjie weer kan administrateur word onder die
NNP vaandel nie.
Wonder waar TCK en Matsali hulle nou gaan by aansluit.

Annette

"Paul" skryf in boodskap news:b0pd6k$2t7$4@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kortbroekie het ook nou skandes in sy partytjie!
> Hulle het nou ook skande geld,of is dit hoer-geldjies!Arme ou
> Peter'tjie.Miskien eindig kortbroek nou broekloos op met sy reeds bankrot
> partytjie.Ek't gehoor dat hulle baie sleg gevaar het met 'n
> tussenverkiessing in PTA.DA het gewen,VF 2'e,KP 3'e en ANC 4'e.Die kortbroek
> partytjie is nie eens te bespeur nie,wonder hoekom?
>
Re: Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n. [boodskap #72358 is 'n antwoord op boodskap #72342] Do, 23 Januarie 2003 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
..het vir The Comeback Kid Pietertjie nou uit die NNP geskors - sodat daar
geen sprake meer is dat Pietertjie weer kan administrateur word onder die
NNP vaandel nie. Wonder waar TCK en Matsali hulle nou gaan by aansluit.

Wouter
Matsali? Of Malatsi?
David Malatsi is mos intussen na die nasionale kabinet bevorder en hy
weier om te bedank. Mbeki moet nog besluit of hy mag aanbly.

Berig uit vandag se Burger:

Skandaal: Hoë van NNP weier om te bedank
'Mbeki sal besluit'
Intussen eis drie partye dat Van Schalkwyk as premier uittree
PHILDA ESSOP

KAAPSTAD. - Pres. Thabo Mbeki sal besluit oor die toekoms van mnr. David
Malatsi, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, wat deur die NNP
gevra is om uit dié pos te bedank weens bewerings van korrupsie teen hom.

Malatsi het gister, 'n dag nadat mnr. Marthinus van Schalkwyk,
Wes-Kaapse premier, hom gevra het om uit sy pos te bedank, 'n
kabinet-lekgotla bygewoon. Hy weier om te bedank.

"Malatsi bly aan as adjunkminister," het mnr. Bheki Khumalo, Mbeki se
woordvoerder, gister gesê. "Dit is die prerogatief van die president om
finaal te besluit. Totdat die president die inligting bestudeer en tot 'n
besluit gekom het, sal Malatsi in sy pos aanbly," het Khumalo gesê.

'n Storm het rondom Malatsi en mnr. Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse
premier, losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die NNP 'n skenking
van R300 000 van die eienaars van 'n gholflandgoed-ontwikkeling by
Plettenbergbaai ontvang het. Malatsi het verlede jaar die Roodefontein-
ontwikkeling goedgekeur, kort nadat dié skenking van graaf Ricardo
Agusta, familielid van die omstrede vermeende Italiaanse Mafiabaas
Vito Pallazzolo, ontvang is.

Marais hou voet by stuk dat Van Schalkwyk bewus was van die skenking.
"Ek het hom (Van Schalkwyk) oor die geld ingelig en toestemming
gevra om dit in ontvangs te neem," het Marais gister gesê.

Minstens drie partye het gesê Van Schalkwyk moet as leier van die
NNP bedank as hy van die geld geweet het.

Mnr. Douglas Gibson, hoofsweep van die DA, het gesê as dit waar is
dat Van Schalkwyk van die skenking geweet het, moet hy as premier
en as leier van die NNP bedank. "Ek het ook die openbare beskermer
versoek om die ondersoek uit te brei om vas te stel of hy van die
skenking geweet het," het Gibson gesê.

Die UDM het intussen gevra dat die Desai-kommissie van ondersoek
heringestel word om Marais se termyn as premier te ondersoek, en
om vas te stel of Van Schalkwyk ingelig is oor die skenking.

Me. Patricia De Lille (PAC-LP) het gesê Van Schalkwyk moet
verantwoordelikheid aanvaar vir sy party. "Hy kan nie terugstaan en
sê hy het nie van die kwessie geweet nie. "Die R300 000 is té veel
om te sê dat hy nie daarvan geweet het nie. Hy probeer sy eie bas
red," het De Lille gesê.

Intussen het Wes-Kaapse ANC laat blyk dat me. Helen Zille,
DA-leier in die wetgewer, nie die party se steun sal kry vir 'n
beplande mosie van wantroue in Van Schalkwyk nie. Volgens
mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse minister van finansies en
provinsiale voorsitter van die ANC, is die party tevrede met
die manier waarop Van Schalkwyk die kwessie gehanteer het.
"Dit is op 'n deursigtige en deeglike wyse gedoen," het Rasool gesê.
Re: Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n. [boodskap #72373 is 'n antwoord op boodskap #72358] Vr, 24 Januarie 2003 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Malatsi - ek was mos gister deurmekaar:))
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e3049e7.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> ..het vir The Comeback Kid Pietertjie nou uit die NNP geskors - sodat daar
> geen sprake meer is dat Pietertjie weer kan administrateur word onder die
> NNP vaandel nie. Wonder waar TCK en Matsali hulle nou gaan by aansluit.
>
> Wouter
> Matsali? Of Malatsi?
> David Malatsi is mos intussen na die nasionale kabinet bevorder en hy
> weier om te bedank. Mbeki moet nog besluit of hy mag aanbly.
>
> Berig uit vandag se Burger:
>
> Skandaal: Hoë van NNP weier om te bedank
> 'Mbeki sal besluit'
> Intussen eis drie partye dat Van Schalkwyk as premier uittree
> PHILDA ESSOP
>
> KAAPSTAD. - Pres. Thabo Mbeki sal besluit oor die toekoms van mnr. David
> Malatsi, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, wat deur die NNP
> gevra is om uit dié pos te bedank weens bewerings van korrupsie teen hom.
>
> Malatsi het gister, 'n dag nadat mnr. Marthinus van Schalkwyk,
> Wes-Kaapse premier, hom gevra het om uit sy pos te bedank, 'n
> kabinet-lekgotla bygewoon. Hy weier om te bedank.
>
> "Malatsi bly aan as adjunkminister," het mnr. Bheki Khumalo, Mbeki se
> woordvoerder, gister gesê. "Dit is die prerogatief van die president om
> finaal te besluit. Totdat die president die inligting bestudeer en tot 'n
> besluit gekom het, sal Malatsi in sy pos aanbly," het Khumalo gesê.
>
> 'n Storm het rondom Malatsi en mnr. Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse
> premier, losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die NNP 'n skenking
> van R300 000 van die eienaars van 'n gholflandgoed-ontwikkeling by
> Plettenbergbaai ontvang het. Malatsi het verlede jaar die Roodefontein-
> ontwikkeling goedgekeur, kort nadat dié skenking van graaf Ricardo
> Agusta, familielid van die omstrede vermeende Italiaanse Mafiabaas
> Vito Pallazzolo, ontvang is.
>
> Marais hou voet by stuk dat Van Schalkwyk bewus was van die skenking.
> "Ek het hom (Van Schalkwyk) oor die geld ingelig en toestemming
> gevra om dit in ontvangs te neem," het Marais gister gesê.
>
> Minstens drie partye het gesê Van Schalkwyk moet as leier van die
> NNP bedank as hy van die geld geweet het.
>
> Mnr. Douglas Gibson, hoofsweep van die DA, het gesê as dit waar is
> dat Van Schalkwyk van die skenking geweet het, moet hy as premier
> en as leier van die NNP bedank. "Ek het ook die openbare beskermer
> versoek om die ondersoek uit te brei om vas te stel of hy van die
> skenking geweet het," het Gibson gesê.
>
> Die UDM het intussen gevra dat die Desai-kommissie van ondersoek
> heringestel word om Marais se termyn as premier te ondersoek, en
> om vas te stel of Van Schalkwyk ingelig is oor die skenking.
>
> Me. Patricia De Lille (PAC-LP) het gesê Van Schalkwyk moet
> verantwoordelikheid aanvaar vir sy party. "Hy kan nie terugstaan en
> sê hy het nie van die kwessie geweet nie. "Die R300 000 is té veel
> om te sê dat hy nie daarvan geweet het nie. Hy probeer sy eie bas
> red," het De Lille gesê.
>
> Intussen het Wes-Kaapse ANC laat blyk dat me. Helen Zille,
> DA-leier in die wetgewer, nie die party se steun sal kry vir 'n
> beplande mosie van wantroue in Van Schalkwyk nie. Volgens
> mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse minister van finansies en
> provinsiale voorsitter van die ANC, is die party tevrede met
> die manier waarop Van Schalkwyk die kwessie gehanteer het.
> "Dit is op 'n deursigtige en deeglike wyse gedoen," het Rasool gesê.
>
Re: Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n. [boodskap #72378 is 'n antwoord op boodskap #72358] Vr, 24 Januarie 2003 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kortbroek het te vertelle gehad dat hy wel daarvan geweet het, maar aan
hulle vertel het om die donasie van die hand te wys.( ek neem dit met die
sak politieke sout wat dit verdien)
Dis die dat hy so bitter kwaad was dat hy hulle summier uit die NNP geskop
het - nogal sy twee ster-voorheenbenadeeldes!!:)))

Pietertjie lyk na 'n helse las vir enige party waarby hy hom sou wou voeg;)

Kortbroek is definitief 'n man met 'n langtermynplan!! Eers kry hy vir
Pietertjie in as Burgermeester, en ondersteun hom in die verspotte
straatnaamdebakel - toe kry hy vir Pietertjie aangestel as Premier, net
sodat hy sy plek kan inneem na Pietertjie se vroutasserydebakel.
Die idee was nou seker om Malatsi as adjunkminister uit te kry vir die
volgende stappie.
Maar nou lyk dit asof Malatsi en Thabo (intussen?) lekker dik pelle geraak
het.

Ai tog - 'n klein struikelblokkie in sy strewe na die presidentskap.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3e3049e7.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> ..het vir The Comeback Kid Pietertjie nou uit die NNP geskors - sodat daar
> geen sprake meer is dat Pietertjie weer kan administrateur word onder die
> NNP vaandel nie. Wonder waar TCK en Matsali hulle nou gaan by aansluit.
>
> Wouter
> Matsali? Of Malatsi?
> David Malatsi is mos intussen na die nasionale kabinet bevorder en hy
> weier om te bedank. Mbeki moet nog besluit of hy mag aanbly.
>
> Berig uit vandag se Burger:
>
> Skandaal: Hoë van NNP weier om te bedank
> 'Mbeki sal besluit'
> Intussen eis drie partye dat Van Schalkwyk as premier uittree
> PHILDA ESSOP
>
> KAAPSTAD. - Pres. Thabo Mbeki sal besluit oor die toekoms van mnr. David
> Malatsi, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, wat deur die NNP
> gevra is om uit dié pos te bedank weens bewerings van korrupsie teen hom.
>
> Malatsi het gister, 'n dag nadat mnr. Marthinus van Schalkwyk,
> Wes-Kaapse premier, hom gevra het om uit sy pos te bedank, 'n
> kabinet-lekgotla bygewoon. Hy weier om te bedank.
>
> "Malatsi bly aan as adjunkminister," het mnr. Bheki Khumalo, Mbeki se
> woordvoerder, gister gesê. "Dit is die prerogatief van die president om
> finaal te besluit. Totdat die president die inligting bestudeer en tot 'n
> besluit gekom het, sal Malatsi in sy pos aanbly," het Khumalo gesê.
>
> 'n Storm het rondom Malatsi en mnr. Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse
> premier, losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die NNP 'n skenking
> van R300 000 van die eienaars van 'n gholflandgoed-ontwikkeling by
> Plettenbergbaai ontvang het. Malatsi het verlede jaar die Roodefontein-
> ontwikkeling goedgekeur, kort nadat dié skenking van graaf Ricardo
> Agusta, familielid van die omstrede vermeende Italiaanse Mafiabaas
> Vito Pallazzolo, ontvang is.
>
> Marais hou voet by stuk dat Van Schalkwyk bewus was van die skenking.
> "Ek het hom (Van Schalkwyk) oor die geld ingelig en toestemming
> gevra om dit in ontvangs te neem," het Marais gister gesê.
>
> Minstens drie partye het gesê Van Schalkwyk moet as leier van die
> NNP bedank as hy van die geld geweet het.
>
> Mnr. Douglas Gibson, hoofsweep van die DA, het gesê as dit waar is
> dat Van Schalkwyk van die skenking geweet het, moet hy as premier
> en as leier van die NNP bedank. "Ek het ook die openbare beskermer
> versoek om die ondersoek uit te brei om vas te stel of hy van die
> skenking geweet het," het Gibson gesê.
>
> Die UDM het intussen gevra dat die Desai-kommissie van ondersoek
> heringestel word om Marais se termyn as premier te ondersoek, en
> om vas te stel of Van Schalkwyk ingelig is oor die skenking.
>
> Me. Patricia De Lille (PAC-LP) het gesê Van Schalkwyk moet
> verantwoordelikheid aanvaar vir sy party. "Hy kan nie terugstaan en
> sê hy het nie van die kwessie geweet nie. "Die R300 000 is té veel
> om te sê dat hy nie daarvan geweet het nie. Hy probeer sy eie bas
> red," het De Lille gesê.
>
> Intussen het Wes-Kaapse ANC laat blyk dat me. Helen Zille,
> DA-leier in die wetgewer, nie die party se steun sal kry vir 'n
> beplande mosie van wantroue in Van Schalkwyk nie. Volgens
> mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse minister van finansies en
> provinsiale voorsitter van die ANC, is die party tevrede met
> die manier waarop Van Schalkwyk die kwessie gehanteer het.
> "Dit is op 'n deursigtige en deeglike wyse gedoen," het Rasool gesê.
>
Re: Dis nie net Tony se party nie,maar ook Kortbroekie s'n. [boodskap #72452 is 'n antwoord op boodskap #72378] Sa, 25 Januarie 2003 08:59 Na vorige boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder of die Marais-knapie hom nou by die Nasionale Aksie van Danie
Schutte en Cassie Aucamp
gaan skaar en of hy 'n pos by hulle sal kry.Kyk,wat ookal
enige mens se...die man het baie steun onder die Kleurlinge en ongeag sy
se-goed,kan hy baie steun werf vir wie-ook hom nader!

"Annette" skryf in boodskap news:b0qnv5$sf8cs$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Kortbroek het te vertelle gehad dat hy wel daarvan geweet het, maar aan
> hulle vertel het om die donasie van die hand te wys.( ek neem dit met die
> sak politieke sout wat dit verdien)
> Dis die dat hy so bitter kwaad was dat hy hulle summier uit die NNP geskop
> het - nogal sy twee ster-voorheenbenadeeldes!!:)))
>
> Pietertjie lyk na 'n helse las vir enige party waarby hy hom sou wou voeg;)
>
> Kortbroek is definitief 'n man met 'n langtermynplan!! Eers kry hy vir
> Pietertjie in as Burgermeester, en ondersteun hom in die verspotte
> straatnaamdebakel - toe kry hy vir Pietertjie aangestel as Premier, net
> sodat hy sy plek kan inneem na Pietertjie se vroutasserydebakel.
> Die idee was nou seker om Malatsi as adjunkminister uit te kry vir die
> volgende stappie.
> Maar nou lyk dit asof Malatsi en Thabo (intussen?) lekker dik pelle geraak
> het.
>
> Ai tog - 'n klein struikelblokkie in sy strewe na die presidentskap.
>
> Annette
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3e3049e7.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>> ..het vir The Comeback Kid Pietertjie nou uit die NNP geskors - sodat daar
>> geen sprake meer is dat Pietertjie weer kan administrateur word onder die
>> NNP vaandel nie. Wonder waar TCK en Matsali hulle nou gaan by aansluit.
>>
>> Wouter
>> Matsali? Of Malatsi?
>> David Malatsi is mos intussen na die nasionale kabinet bevorder en hy
>> weier om te bedank. Mbeki moet nog besluit of hy mag aanbly.
>>
>> Berig uit vandag se Burger:
>>
>> Skandaal: Hoë van NNP weier om te bedank
>> 'Mbeki sal besluit'
>> Intussen eis drie partye dat Van Schalkwyk as premier uittree
>> PHILDA ESSOP
>>
>> KAAPSTAD. - Pres. Thabo Mbeki sal besluit oor die toekoms van mnr. David
>> Malatsi, adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, wat deur die NNP
>> gevra is om uit dié pos te bedank weens bewerings van korrupsie teen hom.
>>
>> Malatsi het gister, 'n dag nadat mnr. Marthinus van Schalkwyk,
>> Wes-Kaapse premier, hom gevra het om uit sy pos te bedank, 'n
>> kabinet-lekgotla bygewoon. Hy weier om te bedank.
>>
>> "Malatsi bly aan as adjunkminister," het mnr. Bheki Khumalo, Mbeki se
>> woordvoerder, gister gesê. "Dit is die prerogatief van die president om
>> finaal te besluit. Totdat die president die inligting bestudeer en tot 'n
>> besluit gekom het, sal Malatsi in sy pos aanbly," het Khumalo gesê.
>>
>> 'n Storm het rondom Malatsi en mnr. Peter Marais, voormalige Wes-Kaapse
>> premier, losgebars nadat dit aan die lig gekom het dat die NNP 'n skenking
>> van R300 000 van die eienaars van 'n gholflandgoed-ontwikkeling by
>> Plettenbergbaai ontvang het. Malatsi het verlede jaar die Roodefontein-
>> ontwikkeling goedgekeur, kort nadat dié skenking van graaf Ricardo
>> Agusta, familielid van die omstrede vermeende Italiaanse Mafiabaas
>> Vito Pallazzolo, ontvang is.
>>
>> Marais hou voet by stuk dat Van Schalkwyk bewus was van die skenking.
>> "Ek het hom (Van Schalkwyk) oor die geld ingelig en toestemming
>> gevra om dit in ontvangs te neem," het Marais gister gesê.
>>
>> Minstens drie partye het gesê Van Schalkwyk moet as leier van die
>> NNP bedank as hy van die geld geweet het.
>>
>> Mnr. Douglas Gibson, hoofsweep van die DA, het gesê as dit waar is
>> dat Van Schalkwyk van die skenking geweet het, moet hy as premier
>> en as leier van die NNP bedank. "Ek het ook die openbare beskermer
>> versoek om die ondersoek uit te brei om vas te stel of hy van die
>> skenking geweet het," het Gibson gesê.
>>
>> Die UDM het intussen gevra dat die Desai-kommissie van ondersoek
>> heringestel word om Marais se termyn as premier te ondersoek, en
>> om vas te stel of Van Schalkwyk ingelig is oor die skenking.
>>
>> Me. Patricia De Lille (PAC-LP) het gesê Van Schalkwyk moet
>> verantwoordelikheid aanvaar vir sy party. "Hy kan nie terugstaan en
>> sê hy het nie van die kwessie geweet nie. "Die R300 000 is té veel
>> om te sê dat hy nie daarvan geweet het nie. Hy probeer sy eie bas
>> red," het De Lille gesê.
>>
>> Intussen het Wes-Kaapse ANC laat blyk dat me. Helen Zille,
>> DA-leier in die wetgewer, nie die party se steun sal kry vir 'n
>> beplande mosie van wantroue in Van Schalkwyk nie. Volgens
>> mnr. Ebrahim Rasool, Wes-Kaapse minister van finansies en
>> provinsiale voorsitter van die ANC, is die party tevrede met
>> die manier waarop Van Schalkwyk die kwessie gehanteer het.
>> "Dit is op 'n deursigtige en deeglike wyse gedoen," het Rasool gesê.
>>
>
Vorige onderwerp: En daar verloor onse Wayne wragtig!
Volgende onderwerp: Die Tuti
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 02:29:28 MGT 2024