Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Uit die mond van die suigeling: "Die keiser het nie klere aan nie"
Uit die mond van die suigeling: "Die keiser het nie klere aan nie" [boodskap #72274] Wo, 22 Januarie 2003 13:42
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Glo soos 'n kind sê die Woord.

Hoe baie van ons grootmense sien of ondervind dinge en tog wil ons dit nie
glo nie. Partykeer staar die waarheid my in die gesig en ek wil dit nie
herken of glo nie want groepsdruk laat dit nie toe nie. Dis amper soos
daardie sprokie ('Die keiser se nuwe klere' deur Hans Andersen) waar die
keiser van 'n land die pragtige "klere" aangehad het en almal het die
pragtige "klere" gesien, al het hulle keiser nie 'n draad klere aan gehad
nie. 'n Keiser sal tog nooit in die openbaar sonder klere verskyn nie en
mens wil ook nie as 'n dom en onnosele voorkom nie en nie die "klere"
raaksien nie. Ek haal die volgende
aan uit 'n boek geskryf deur Dr. Jack Deere. (Vertaal vir dié wat nie
Amerikaans verstaan nie) .... ;-)
---
'n Sielkundige het eenmaal 'n pasiënt gehad wat gedink het dat hy dood is.
Geen argumente van enige aard kon die pasiënt van sy siening laat verander
nie.
Eendag uit desperaadheid kom die sielkundige te vore met 'n briljante plan.
Hy het toe besluit dat hy aan die pasiënt gaan bewys dat dooie mense nie
bloei nie. Hy gee toe die pasiënt 'n paar mediese naslaanboeke om op te
lees en maak 'n afspraak vir die volgende week.
Die pasiënt het toe sy huiswerk gedoen en kom toe om sy afspraak na te
kom. "Wel, wat het jy ontdek in jou naslaanwerk?" vra die sielkundige. "Ek
het ontdek dat medies navorsing toon dat dooie mense nie kan bloei nie" sê
sy pasiënt. "So, as 'n persoon sou bloei sou jy verseker weet dat die
persoon lewe?"
"Absoluut!" sê die pasiënt.
Nou ja dit was die oomblik wat die sielkundige voor gewag het. Hy het 'n
naald uitgehaal en die pasiënt se vinger geprik. Dadelik het daar 'n druppel
bloed op die vingerpunt gevorm.
Die pasiënt het met afgryse na sy vinger gekyk en uitgeroep, "My goeiste,
dooie mense bloei tog!"
Ons wil almal graag dink dat ons redelik en verstandig mense is. Die
waarheid is egter soos 'n persoon gesê het, dat ons gereeld ons breins agter
ons rondsleep om ons self te regverdig in wat ons glo.
---
Vorige onderwerp: Nahawu se Staking
Volgende onderwerp: " Oud-gediende " deur PETER BLUM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 13:17:00 MGT 2024