Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Beautiful in Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL
Beautiful in Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL [boodskap #71543] Wo, 08 Januarie 2003 02:23 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gert Vlok Nel
Beautiful in Beaufort-Wes

en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
en jy het op grafte en op treine
en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
en nou is jy en jou man both computer analysts
en laas winter you tried to slit your wrists
en nou kan jy nie meer slaap nie,
nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie,
nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi mooi mooi was jou woorde ook
terwyl jy menthol sigarette rook
en daai sweet sweet dinge vir my sê
terwyl jy sweet sweet in my arms lê
en die presiese woorde het ek presies vergeet
ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
en jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets vir mekaar doen nie
nooit ooit weer vir mekaar soen nie

En dis miskien soos 'n storie uit die huisgenoot,
maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
en in die rear view mirror jou gesig gekyk
en gesê "miskien moet ek gelukkiger lyk"
daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
en soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer iets ooit reg doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

En die laaste herinnering waaroor ek sing
is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
tot anderkant die ding dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
en dit was my wake-up call my lief
jy't gesê wees asseblief lief vir my
maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer so iets doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie
Vir Wouter Plaas [boodskap #72102 is 'n antwoord op boodskap #71543] Vr, 17 Januarie 2003 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Gert Vlok Nel
> Beautiful in Beaufort-Wes
>
> en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
> en jy het op grafte en op treine
> en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
> en nou is jy en jou man both computer analysts
> en laas winter you tried to slit your wrists
> en nou kan jy nie meer slaap nie,
> nie meer lag nie,
> nie meer iets vir jouself doen nie,
> nooit ooit weer vir my soen nie
>
> En mooi mooi mooi was jou woorde ook
> terwyl jy menthol sigarette rook
> en daai sweet sweet dinge vir my sê
> terwyl jy sweet sweet in my arms lê
> en die presiese woorde het ek presies vergeet
> ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
> en jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
> nie meer slaap nie, nie meer lag nie
> nie meer iets vir mekaar doen nie
> nooit ooit weer vir mekaar soen nie
>
> En dis miskien soos 'n storie uit die huisgenoot,
> maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
> en in die rear view mirror jou gesig gekyk
> en gesê "miskien moet ek gelukkiger lyk"
> daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
> en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
> en soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
> ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
> nie meer iets ooit reg doen nie,
> nooit ooit weer vir jou soen nie
>
> En die laaste herinnering waaroor ek sing
> is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
> tot anderkant die ding dong gong
> van die breakfast waiter in die gang verby
> en dit was my wake-up call my lief
> jy't gesê wees asseblief lief vir my
> maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
> en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
> nie meer so iets doen nie,
> nooit ooit weer vir jou soen nie

KinkY: Wouter, sal jy asseblief vir tannie Gloudina vra wat haar
opinie is oor digters wat in afrikaans dig maar engelse woorde in hul
digkuns gebruik, soos die voorbeeld wat sy hierbo geplaas het? In hoe
n mate sou hulle die taal verkrag? Of is digters vry?
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72109 is 'n antwoord op boodskap #72102] Vr, 17 Januarie 2003 10:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Liewe Kinky, jy verstaan die aantie bietjie verkeerd.
Sy gee nie om wat en hoe enige digter te sê het nie - soos jy al seker kon
agterkom van die gedigte wat sy hier geplaas het.
Dus, al wat jy hoef te doen is om deurmekaar te skryf soos wat jy wil, en
dan die "gedig" 'n titel te gee, en Robert is jou oom hier:))

Annette

"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0301170143.505bf2f3@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>> Gert Vlok Nel
>> Beautiful in Beaufort-Wes
>>
>> en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
>> en jy het op grafte en op treine
>> en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
>> en nou is jy en jou man both computer analysts
>> en laas winter you tried to slit your wrists
>> en nou kan jy nie meer slaap nie,
>> nie meer lag nie,
>> nie meer iets vir jouself doen nie,
>> nooit ooit weer vir my soen nie
>>
>> En mooi mooi mooi was jou woorde ook
>> terwyl jy menthol sigarette rook
>> en daai sweet sweet dinge vir my sê
>> terwyl jy sweet sweet in my arms lê
>> en die presiese woorde het ek presies vergeet
>> ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
>> en jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
>> nie meer slaap nie, nie meer lag nie
>> nie meer iets vir mekaar doen nie
>> nooit ooit weer vir mekaar soen nie
>>
>> En dis miskien soos 'n storie uit die huisgenoot,
>> maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
>> en in die rear view mirror jou gesig gekyk
>> en gesê "miskien moet ek gelukkiger lyk"
>> daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
>> en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
>> en soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
>> ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
>> nie meer iets ooit reg doen nie,
>> nooit ooit weer vir jou soen nie
>>
>> En die laaste herinnering waaroor ek sing
>> is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
>> tot anderkant die ding dong gong
>> van die breakfast waiter in die gang verby
>> en dit was my wake-up call my lief
>> jy't gesê wees asseblief lief vir my
>> maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
>> en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
>> nie meer so iets doen nie,
>> nooit ooit weer vir jou soen nie
>
>
> KinkY: Wouter, sal jy asseblief vir tannie Gloudina vra wat haar
> opinie is oor digters wat in afrikaans dig maar engelse woorde in hul
> digkuns gebruik, soos die voorbeeld wat sy hierbo geplaas het? In hoe
> n mate sou hulle die taal verkrag? Of is digters vry?
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72140 is 'n antwoord op boodskap #72109] Vr, 17 Januarie 2003 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Liewe Kinky, jy verstaan die aantie bietjie verkeerd.
> Sy gee nie om wat en hoe enige digter te sê het nie - soos jy al seker kon
> agterkom van die gedigte wat sy hier geplaas het.

Sien, Annette, ek respekteer die integriteit
van digters. Ek kritiseer hulle nie. Ek sorg
net dat hierdie nuusgroep ten minste een
belangrike funksie vervul: om Afrikaanse digwerk
op 'n maklike manier vir mense wat geinteresseerd
is, toeganklik te maak. Daar is mense wat nie
die gedigte lees nie. Maar daar is ook mense wat
hierdie nuusgroep redelik gereeld lees, juis omdat
daar gereeld gedigte op verskyn.
Oor Gert Vlok Nel se gebruik van Engels: Mens
kan hom natuurlik nie 'n suiwer Afrikaanse digter
noem nie. Maar, ten spyte van sy gebruik van
Engels as 'n stilistieke metode, gebruik hy die
Afrikaanse taal met 'n soepelheid wat asemberowend
is, en ek is 'n groot bewonderaar van hom.

Tant Hessie van Noupoort
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72174 is 'n antwoord op boodskap #72102] So, 19 Januarie 2003 05:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
kin...@hotmail.com (Kinky) wrote in
news:4bb80b32.03...@posting.google.com:

> KinkY: Wouter, sal jy asseblief vir tannie Gloudina vra wat
> haar opinie is oor digters wat in afrikaans dig maar engelse
> woorde in hul digkuns gebruik, soos die voorbeeld wat sy hierbo
> geplaas het? In hoe n mate sou hulle die taal verkrag? Of is
> digters vry?

Ek weet ek is nou nie Wouter nie, maar jy weet darem wie ek is!
Nee, Kinky, solank as wat hy darem net sorgvuldige, goeie Engels
gebruik, dan sal die Antie dit aanvaar en onderskryf. Maak nie
saak of Afrikaanse woorde in die slag bly nie. Dis net as mense
soos ek nou in Engels skryf (want my Engels is mos vreeslik swak),
dat ons die taal nou verraai en verkrag. Digters vry lekker met
Engels, maar dit lei nie na verkragting nie:-)))

Royleen
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72178 is 'n antwoord op boodskap #72174] So, 19 Januarie 2003 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

bobby's girl wrote:

> Nee, Kinky, solank as wat hy darem net sorgvuldige, goeie Engels
> gebruik, dan sal die Antie dit aanvaar en onderskryf. Maak nie
> saak of Afrikaanse woorde in die slag bly nie. Dis net as mense
> soos ek nou in Engels skryf (want my Engels is mos vreeslik swak),
> dat ons die taal nou verraai en verkrag.

Terwyl jy sit en skryf, Royleen, is ek
seker jou gewete pla jou oor hierdie valse
soort redenering. In die eerste plaas, Gert
Vlok Nel pos nie sy Afrikaans+Engels gedigte
op hierdie nuusgroep nie. Ek doen dit. Buiten-
dien is daar 'n verskil tussen mense wat in
AFRIKAANS op 'n AFRIKAANSE nuusgroep pos, en
af en toe 'n Engelse frase gebruik, en iemand
wat verklaar dat sy nou maar in Engels op die
AFRIKAANSE nuusgroep gaan pos, omdat haar Afrikaans
dan nou kwansuis "so verroes" is na die jare in die
buiteland. En toe daar vir haar gevra word om tog
maar in Afrikaans te pos, die herrie laat losbreek.
Bo en behalwe dit, ook nog vir die New Zealanders
uitskel vir al wat sleg is. As ek jy is, sal ek
nie elke keer hierdie stukkie geskiedenis van jou
ophaal nie, want ek is seker daar is baie mense wat
sit en dink "Wat, haar Afrikaans verroes?" Ek stel
voor dat jy aanvanklik wou spog met jou uit-die-land-
en-in-Australië-wees (baie emigrante doen dit) en
jou wou met jou Afrikaans-is-so-verroes spog (baie
Afrikaners doen dit as hulle net 'n paar jaar uit die
land is. Die vader weet hoekom. As iemand 'n taal,
enige taal, so maklik kan verloor, dan skeel daar iets
aan hom. Maar mense verdink hulle van spog : spog-dat-
hulle-nie-meer-Afrikaans-so-goed-kan-praat-nie.

Tant Hessie van die Ottawa-vallei.
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72181 is 'n antwoord op boodskap #72178] Ma, 20 Januarie 2003 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in
news:3E2AE...@rogers.com:

> Terwyl jy sit en skryf, Royleen, is ek
> seker jou gewete pla jou oor hierdie valse
> soort redenering.

Haai, snaaks genoeg, is my gewete vreeslik skoon. My redenasies kan
mos nooit so vals wees soos sekere van die stellings wat jy al hier
geplaas het vir almal om te sien nie. En dis vreeslik snaaks om te
sien hoe jy jou wil uitwikkel uit 'n hoek wanneer jy jouself daarin
vasgepraat het. Jou briewe laat my altyd giggel, en ek dink dis een
van die redes hoekom ek nog altyd so af en toe hier inloer. Ek sit
nou juis hier met 'n groot glimlag op my bakkies - jy het alweer in
die slaggat getrap. Jinne, jy raak voorspelbaar.

, en iemand
> wat verklaar dat sy nou maar in Engels op die
> AFRIKAANSE nuusgroep gaan pos, omdat haar Afrikaans
> dan nou kwansuis "so verroes" is na die jare in die
> buiteland. En toe daar vir haar gevra word om tog
> maar in Afrikaans te pos, die herrie laat losbreek.

Nee wragtag, nou moet jy verduidelik - watse herrie het ek laat
losbreek? En so terloops, kyk, ek weet op jou hoge ouderdom voel een
jaar soos een dag, maar jy praat darem nou van vier jaar gelede!
Praat van geskiedenis aanhou insleep... Ek het myself toe
verduidelik, en ek gaan niemand hier verveel deur dit weer te doen
nie - daarvoor is Google se argiewe daar.

> Bo en behalwe dit, ook nog vir die New Zealanders
> uitskel vir al wat sleg is. As ek jy is, sal ek
> nie elke keer hierdie stukkie geskiedenis van jou
> ophaal nie,

Ek staan by elke stelling wat ek gemaak het, en voel nog steeds
dieselfde. Wat meer is, die deursnee Aussie stem volkome met my
saam. En laat ons tog nou duidelik verstaan dat dit JY is wat op
dieselfde een snaar voorttokkel op jou ramkiekie en wat voortdurend
dinge van vier, vyf en selfs tien jaar hier ophaal asof dit nou net
gebeur het.

Ek stel
> voor dat jy aanvanklik wou spog met jou
> uit-die-land- en-in-Australië-wees (baie emigrante
> doen dit) en jou wou met jou
> Afrikaans-is-so-verroes spog (baie Afrikaners doen
> dit as hulle net 'n paar jaar uit die
> land is.

Jy kan voorstel soveel as wat jy wil - hier is maar bitter min mense
wat enige aandag gee aan wat jy sê of jou voorstelle ernstig opneem.
Ek is trots daarop om 'n Aussie burger te wees, en daarvoor maak ek
geen verskoning nie. Afrikaans kan ek nog steeds nie goed praat nie,
hoewel ek dit nou beter kan skryf na vier jaar se deelname aan
Afrikaans poslyste en nuusgroepe.

Baie groete hier van Onner af, Antie - en weet jy, dis deesdae baie
winderig in my paradys. El Nino maak dinge vreeslik deurmekaar.

Royleen
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72185 is 'n antwoord op boodskap #72181] Ma, 20 Januarie 2003 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

bobby's girl wrote:

Afrikaans kan ek nog steeds nie goed praat nie,
> hoewel ek dit nou beter kan skryf na vier jaar se deelname aan
> Afrikaans poslyste en nuusgroepe.

So is jy nou nie bly dat Tant Hessie vir jou
destyds gekry het dat jy Afrikaans skryf nie?
Kyk hoe goed is jou Afrikaans. (Om die waarheid
te sê, dit was goed van die begin af. Die "verroes"
storie was sommer net strooi gewees. Of bedoel
ek nou kaf?

Tant Hessie van Tasmania
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72205 is 'n antwoord op boodskap #72181] Ma, 20 Januarie 2003 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Jan 2003 20:04:26 -0500, "bobby's girl"
wrote:

> Haai, snaaks genoeg, is my gewete vreeslik skoon. My redenasies kan
> mos nooit so vals wees soos sekere van die stellings wat jy al hier
> geplaas het vir almal om te sien nie. En dis vreeslik snaaks om te
> sien hoe jy jou wil uitwikkel uit 'n hoek wanneer jy jouself daarin
> vasgepraat het. Jou briewe laat my altyd giggel, en ek dink dis een
> van die redes hoekom ek nog altyd so af en toe hier inloer. Ek sit
> nou juis hier met 'n groot glimlag op my bakkies - jy het alweer in
> die slaggat getrap. Jinne, jy raak voorspelbaar.
>

Wéér een van die juwele wat my verslaafd hou hier.
Geskryf deur 'n juweel.

DD
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72209 is 'n antwoord op boodskap #72205] Ma, 20 Januarie 2003 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dave Du Plessis wrote:

> Wéér een van die juwele wat my verslaafd hou hier.
> Geskryf deur 'n juweel.

Nou vra ek vir jou met trane in my blaauwe oge....hoe dink jy moet ons
ander wat ook gereeld hier deelneem, nou voel? Ons het mos ook
binnestes!!

:-)))
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72210 is 'n antwoord op boodskap #72209] Ma, 20 Januarie 2003 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 20 Jan 2003 16:32:29 -0500, Katryn wrote:

> Dave Du Plessis wrote:
>
>> Wéér een van die juwele wat my verslaafd hou hier.
>> Geskryf deur 'n juweel.
>
> Nou vra ek vir jou met trane in my blaauwe oge....hoe dink jy moet ons
> ander wat ook gereeld hier deelneem, nou voel? Ons het mos ook
> binnestes!!
>
> :-)))
>

Gedenk en in ag genome my woorde
" Weer één (klem verskuif natuurlik:-)
van daardie hòpe juwele"
voel ek onaantasbaar, want ek het
jou smaragde ingesluit by my kompliment:-)
(...en 'n smarag is my gunsteling juweel.)

DD
Ashoop [boodskap #72211 is 'n antwoord op boodskap #72210] Ma, 20 Januarie 2003 22:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dave Du Plessis wrote in
news:s5ro2vof847t45...@4ax.com:

> want ek het
> jou smaragde ingesluit by my kompliment:-)
> (...en 'n smarag is my gunsteling juweel.)
>
> DD

En ek wou nog dankie sê vir die kompliment, maar nou is ek sommer
weer op die ashoop gesmyt:-(((

Een van my gunsteling liedjies van toentertyd was nog altyd "iemand
het 'n lappop op die ashoop weggegooi" (ek dink dit was Karike
Keusenkamp?). Het iemand dalk die woorde?

Ag nou ja, ek sal nou maar in 'n hoekie gaan sit en lang trane huil
- jy moet versigtig trap hier, Didi! Terloops, ek was nog altyd 'n
"sapphire girl".

Baai for now - môre is dit terug skool toe.
Royleen
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72213 is 'n antwoord op boodskap #72210] Ma, 20 Januarie 2003 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dave Du Plessis wrote:

> Gedenk en in ag genome my woorde
> " Weer één (klem verskuif natuurlik:-)
> van daardie hòpe juwele"
> voel ek onaantasbaar, want ek het
> jou smaragde ingesluit by my kompliment:-)
> (...en 'n smarag is my gunsteling juweel.)

LOL! Okay - as jy dit so stel....dan voel my binneste darem bietjie
beter.
Terloops, dis myne ook (gunsteling edelgesteente)!
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72214 is 'n antwoord op boodskap #72213] Ma, 20 Januarie 2003 23:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Dave Du Plessis wrote:

>> Gedenk en in ag genome my woorde

Het vergeet om netnou by te voeg...al is smaragde ook my aller
gunsteling edelgesteente, beteken dit nie dat ek groen (jaloers) is
nie, hoor! :-))
Ek deel jou met liefde met die die ouer dames onder ons (dis nou soos
Royleen wat sommer baie ouer as ek is. En as sy wil stry, moet haar
nie glo nie!)
:-))
Die Lappop [boodskap #72216 is 'n antwoord op boodskap #72211] Di, 21 Januarie 2003 00:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Bobby's girl
Een van my gunsteling liedjies van toentertyd was nog altyd "iemand
het 'n lappop op die ashoop weggegooi" (ek dink dit was Karike
Keusenkamp?). Het iemand dalk die woorde?

Wouter
Dit was Doris Brasch wat dit gesing het. Dalk later Carike ook?
Hier is die woorde:

Die Lappop

Iemand het 'n lap-pop
Op 'n ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend
Verbleek en nie meer mooi

Op die ashoop hoor sy stemme praat
En die verwelkom haar
Maar o, ellende, toe sy kyk
Wat sien die lap-pop daar

[Koor]
Net 'n vrot pampoen
En 'n stukkend' skoen
'n Grammafoonplaat
En 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier
'n Verlepte angelier
'n Gelapte binneband
En 'n ou koerant

Ag hoe droewig voel die lap-pop
Toe sy alleen daar lê
Want sy weet dat niemand ooit vir haar
Vir lap-pop weer wil hê

'n Traan loop oor haar lap-popwang
Want dit begin te reën
En daar le sy, ou lap-poppie
Op die ashoop, so alleen

[Koor]
Met 'n vrot pampoen
En 'n stukkend' skoen
'n Grammafoonplaat
En 'n kous sonder maat
Met 'n leë bottel bier
'n Verlepte angelier
'n Gelapte binneband
En 'n ou koerant

Ag nee wat, sê die lap-pop
Ek soek 'n ander oord
Wat sal die wêreld van my dink
Want soort, jy weet, soek soort

Ag almal wil vir lap-pop troos
En soebat sy moet bly
Hulle sê dis die mooiste ashoopdier
Wat 'n mens nog ooit kan kry

[Koor]
Met 'n vrot pampoen
En 'n stukkend' skoen
'n Grammafoonplaat
En 'n kous sonder maat
Met 'n leë bottel bier
'n Verlepte angelier
'n Gelapte binneband
En 'n ou koerant

Al die goeters op die ashoop
Hou gou vergadering
En besluit vir lap-pop te bekroon
As die Ashoopkoningin

Van toe af bly die lap-poppie
So trots, tevrede daar
En al haar onderdane
Bedien getrou vir haar

[Koor]
Ja, die vrot pampoen
En die stukkend' skoen
Die grammafoonplaat
En die kous sonder maat
Ja, die leë bottel bier
Die verlepte angelier
Die gelapte binneband
En die ou koerant
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72217 is 'n antwoord op boodskap #72210] Di, 21 Januarie 2003 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee, nou het jy nog net Katryn se binneste gesalf met 'n edelsteen))
Ons weet nou waar jou sentimente lê DD -:))
Annette

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:s5ro2vof847t45nv386eh0k0kcjmlgkbhg@4ax.com...
> On Mon, 20 Jan 2003 16:32:29 -0500, Katryn
> wrote:
>
>> Dave Du Plessis wrote:
>>
>>> Wéér een van die juwele wat my verslaafd hou hier.
>>> Geskryf deur 'n juweel.
>>
>> Nou vra ek vir jou met trane in my blaauwe oge....hoe dink jy moet ons
>> ander wat ook gereeld hier deelneem, nou voel? Ons het mos ook
>> binnestes!!
>>
>> :-)))
>>
>
> Gedenk en in ag genome my woorde
> " Weer één (klem verskuif natuurlik:-)
> van daardie hêpe juwele"
> voel ek onaantasbaar, want ek het
> jou smaragde ingesluit by my kompliment:-)
> (...en 'n smarag is my gunsteling juweel.)
>
> DD
>
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72218 is 'n antwoord op boodskap #72217] Di, 21 Januarie 2003 04:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 21 Jan 2003 05:35:02 +0200, "Annette" wrote:

> Ons weet nou waar jou sentimente lê DD -:))
> Annette
>

en ons weet nou dat jy ses uur lankal nie meer lê nie, Annette:-)

DD
Re: Vir Wouter Plaas [boodskap #72220 is 'n antwoord op boodskap #72218] Di, 21 Januarie 2003 05:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het bietjie laat gaan lê gisteraand, so ek is nog nie 6 uur lank al
wakker vandag nie.
Die rede is dat ek die swart en wit fliek waar die mense so vinnig praat op
E wou vryspring:))
Annette

"Dave Du Plessis" skryf in boodskap news:4ihp2v0nenrs37ijqpi3csrtnm6nonil5e@4ax.com...
> On Tue, 21 Jan 2003 05:35:02 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Ons weet nou waar jou sentimente lê DD -:))
>> Annette
>>
>
> en ons weet nou dat jy ses uur lankal nie meer lê nie, Annette:-)
>
> DD
>
Re: Die Lappop [boodskap #72258 is 'n antwoord op boodskap #72216] Di, 21 Januarie 2003 21:30 Na vorige boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
news:3e...@news1.mweb.co.za:

> Wouter
> Dit was Doris Brasch wat dit gesing het. Dalk later Carike ook?
> Hier is die woorde:
>
BAIE dankie, Wouter - nou het ek darem 'n lied in Afrikaans ook om
te sing... Nie dat iemand hier sal verstaan nie.

Royleen
Vorige onderwerp: " landskap " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Glory to the Dead and Life to the Living " deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:44:05 MGT 2024