Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die rigting van die Politieke wind eersdaags getoets!
Die rigting van die Politieke wind eersdaags getoets! [boodskap #71829] |
Sun, 12 January 2003 15:48  |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Al die belangrikste politieke partye meet kragte op 22 Januarie 2003 om die
steun van sowat 30 000 Pretorianers.
Die ANC,KP,DA,NNP asook drie kleinere partye(waaronder die VF en die NA) met
mekaar in die stryd tree in 'n tussenverkiesing.
Die algemene aanvaarding is ook dat dit die lankverwagte afsterwe van die
eens magtige NNP sal aandui.Verder sal dit ook aandui waar die Afrikaner se
heil le in die massa
politiek.Dit sal dalk die antwoord verskaf of die DA net 'n tydelike tuiste
aan die Afrikaner gemeenskap gebied het en of die KP regtig met mag en
mening terug is in die stryd!
Daar sal ook in Pretoria se wyk 40 in Maart gestem word.Daar kom die DA voor
sy grootste toets tot dusver
te staan.Hy sal moet wys dat hy steun wen in die anderskleurige wyke.Daar is
nagenoeg 15000 bruin en swart kiessers.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die rigting van die Politieke wind eersdaags getoets! [boodskap #71900 is 'n antwoord op boodskap #71853] |
Mon, 13 January 2003 22:36  |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Paul Van Straaten: Dit sal dalk die antwoord verskaf of die DA net 'n
> tydelike tuiste aan die Afrikaner gemeenskap gebied het en of die
> KP regtig met mag en mening terug is in die stryd!
-Gideon-
Glo jy regtig dat daar nog plek is vir Apartheidspolitiek in Suid-Afrika?
Waarom sou die blanke Suid-Afrikaner so naief wees om te glo dat die
KP nog enigiets kan bydra in 'n land waar selfs die meeste blankes
agtergekom het dat daar nie meer 'n pad terug is nie?
'n Vraag is miskien - wat het die KP op hierdie stadium nog om by te
dra tot die debat wat nie reeds deur ander partye aangespreek word nie?
Wouter
Goeie vraag.
Ek het gedink die KP is vir alle praktiese oorwegings reeds begrawe.
As ek 'n regse stem wil uitbring, sal ek kyk na die partye van die
twee mense wat die meeste 'sense' in die openbaar praat, nl die VF
(Pieter Mulder) en Cassie Aucamp (AEB, aan die omvorm na NA?)
> Paul: Die ANC,KP,DA,NNP asook drie kleinere partye(waaronder
die VF en die NA) ....
Wouter
Op watter basis kan jy die KP uitsluit by die 'kleinere partye'?
Dis mos suiwer propaganda...?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 24 06:18:04 UTC 2025
|