Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » oorlog innie niewejaar antie
oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71504] Di, 07 Januarie 2003 17:55 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
heppie, heppie my antie

jinne die tyd vlieg darrim ek het laas jaar laas vir antie geskryf
ennie niewejaar is amper alweer halfpad. en ek het nie eers vir antie
vertel vannie verdystering wat ons hie innie limpoepoe gehad het nie
antie.

ek het mos al vir antie virtel van oom edgir moesjwana. nou ja oom
edgir was verantwoordelik om die verdystering te reel en derdysende
mense het hie innie limpoepoe kom kyer om na die verdystering te kyk
antie. ma' oom edgir het ampir 'n bokkerop gemaak want sy taaimieng
was bietjie yt toe issie hele limpoepoe onner wolke antie. oom hansie
vannie pênnelbieters sê dis yntlik vir hom nogal snaaks want die mense
vannie limpoepoe is nogals goed om goed te verdyster. my pa sê oom
hansie moenie simpel wees nie want ons weet almal die rynkwien wat
noggie haar maaind opgemaak het of sy londen toe wil gaan nie sikkel
nog met die reentmaak resepte en dissie oom edgir se skild lat sy op
die verkeerde dag 'n traail ran geproebeer het nie. gelukkig het sy op
naaintie naain haar maaind getjyns en toe kan die dysendes darrim die
verdystering sien. nettie ons hie op sanien nie antie hie het dit net
skemerte gebring.

ma' ons vrees oorlog innie niewejaar antie en laas toe ons oorlog
gehad het is twintag dysend mense dood. antie sien die aas en sjee wil
nou oorloop wetgewing inbring solat mense wat deur een party se mense
ytverkies is kan oorloop na 'n anner party. dan word hille die
meerderhyd in zoeloeland en neem die regering daar oor. ma' oom gatsja
boetielesi se wie-wil-pie wil niks daarvan weet nie nou het oom leo
se-tjalie wat zoeloeland se eerste minister is gesê hille gaan
zoeloeland se regering ontbind. dan moet die kiesers van voor af
ytverkies wie nie maag oorloop nie antie nie. die moeilikhyd is lat
die wet wat niewe ytverkiesings reel verval het so da' kannie 'n
ytverkiesing wees as die wie-wil-pie leeus bedank nie. behalwe as die
aas-en-sjee 'n niewe ytverkieswet inbring nie antie. ma' hille sê daas
nie tyd vir 'n niewe wet nie so negentag dae nadat oom leo hille
bedank het neem hille in elk geval die regering oor soos wat die
grondige wet sê hille kan. dan het ons weer oorlog in zoeloeland soos
in koning sjaka se tyd antie.

enniewei ons was by my oupa se see antie ma' my pa het by die hys
gebly. hy sê da' gaan te veel mense oppie pad dood oor krismis van 'n
gesypery hy bly liewer by die hys en syp veilig. oom doela ouma van
irraaif illaaif sê dis oorle oom peewee se skuld lat da' so baie mense
oppie paaie doodgaan want dis oom peewee hille wat die paaie so sleg
gemaak het. my pa sê hyt nooit geweet oom peewee was ook baas in
kienia nie want laas toe my pa da' was was hille paaie baie slegter as
syd-afrika sin.

my pa sê hy sien rykhalsend yt na die wêreldbeker krieket want net
laas naweek het sjôn pollokkie hille vir pakistan 'n pak sla gegee wat
iendië sal beny. sonner kerrinbomme antie. my pa sê oom inkont belfôr
sal bly wees om te sien lat jaak kallis nie weer mên-of-de-series was
nie. die keer was dit tienie makaaia antie en boonop was hirsjiltjie
giebs met die sproete nog mên-of-de-metsj ok. dit sal oom
balvoor-inkont viral bly maak.

koebaai antie

hennerietjie (hou maar dyme vas lat zoeloeland nie die wêreldbeker
verdyster nie)
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71535 is 'n antwoord op boodskap #71504] Di, 07 Januarie 2003 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

> heppie, heppie my antie
>
> jinne die tyd vlieg darrim ek het laas jaar laas vir antie geskryf
> ennie niewejaar is amper alweer halfpad. en ek het nie eers vir antie
> vertel vannie verdystering wat ons hie innie limpoepoe gehad het nie
> antie.

Ja, gelukkige Nuwejaar vir jou ook. Hier by ons
voel dit asof ons 'n permanente verduistering het.
Ek weet nie hoekom die donker my hierdie jaar so
vang nie. Vyfuur in die middag is dit donker, en
sewe-uur in die oggend ook nog. Ek dink hulle moet
iets aanvang met ons tydsreëling, sodat dit in die
aande later lig is. Newwermaaind as dit eers nege
uur in die oggend lig word. Ek dink dit kan gedoen
word.

Tannie Gloudina
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71536 is 'n antwoord op boodskap #71504] Di, 07 Januarie 2003 22:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

my pa sê hyt nooit geweet oom peewee was ook baas in
> kienia nie want laas toe my pa da' was was hille paaie baie slegter as
> syd-afrika sin.

Jy het my nooit vertel dat jou pa Kenia
toe is nie. Wat het hy daar gaan doen?
Dit lyk my dis nou mode vir Suid-Afrikaners
om in Oos-Afrika te reis. Nou die dag kry ek
'n foto van my jongste suster waar sy wys hoe
sy op die ewenaar van die noordelike na die
suidelike halfrond LOOP.

Tannie Gloudina
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71546 is 'n antwoord op boodskap #71535] Wo, 08 Januarie 2003 02:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe[1]  is tans af-lyn  Joe[1]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hoekom kerm antie nie oor die "anglisismes" nie .......?

skryf in boodskap news:3E1B531F.5040004@rogers.com...
>
> hennerietjie wrote:
>
>> heppie, heppie my antie
>>
>> jinne die tyd vlieg darrim ek het laas jaar laas vir antie geskryf
>> ennie niewejaar is amper alweer halfpad. en ek het nie eers vir antie
>> vertel vannie verdystering wat ons hie innie limpoepoe gehad het nie
>> antie.
>
> Ja, gelukkige Nuwejaar vir jou ook. Hier by ons
> voel dit asof ons 'n permanente verduistering het.
> Ek weet nie hoekom die donker my hierdie jaar so
> vang nie. Vyfuur in die middag is dit donker, en
> sewe-uur in die oggend ook nog. Ek dink hulle moet
> iets aanvang met ons tydsreëling, sodat dit in die
> aande later lig is. Newwermaaind as dit eers nege
> uur in die oggend lig word. Ek dink dit kan gedoen
> word.
>
> Tannie Gloudina
>
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71548 is 'n antwoord op boodskap #71546] Wo, 08 Januarie 2003 03:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Joe wrote:

> Hoekom kerm antie nie oor die "anglisismes" nie .......?

>>> heppie, heppie my antie
>
>>> jinne die tyd vlieg darrim ek het laas jaar laas vir antie geskryf
>>> ennie niewejaar is amper alweer halfpad. en ek het nie eers vir antie
>>> vertel vannie verdystering wat ons hie innie limpoepoe gehad het nie
>>> antie.

Interessantheidshalwe, ou Joe, vertel
nou vir my waar die anglisismes in die
bostaande stuk van Hennerietjie is.
Daar is een. As jy dit vir my kan vertel,
die eerste prys is een week in Koekenaap.
Die tweede prys is twee weke in Koekenaap.

Tant Hessie van Onseepkans.
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71581 is 'n antwoord op boodskap #71535] Wo, 08 Januarie 2003 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat, Gloudina, jou luck is uit.

Hulle skuif eerder tyd om dit in die oggende vroeër lig te laat word.
Dit spaar blykbaar baie geld, dis hoekom ons in Europa so met die klok
speel.

Troos jouself daaraan dat die dae alweer langer word. Tot en met
Kersfees hou ek van die kort dae, maar nou dat die kersliggies
weggepak is, mag die dae van my ook maar langer word. Sou graag my
huis in daglig ook wil sien...

"@rogers.com"
> Ek weet nie hoekom die donker my hierdie jaar so
> vang nie. Vyfuur in die middag is dit donker, en
> sewe-uur in die oggend ook nog. Ek dink hulle moet
> iets aanvang met ons tydsreëling, sodat dit in die
> aande later lig is. Newwermaaind as dit eers nege
> uur in die oggend lig word. Ek dink dit kan gedoen
> word.
>
> Tannie Gloudina
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71603 is 'n antwoord op boodskap #71581] Wo, 08 Januarie 2003 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Nee wat, Gloudina, jou luck is uit.
> Hulle skuif eerder tyd om dit in die oggende vroeër lig te laat word.
> Dit spaar blykbaar baie geld, dis hoekom ons in Europa so met die klok
> speel.
> Troos jouself daaraan dat die dae alweer langer word. Tot en met
> Kersfees hou ek van die kort dae, maar nou dat die kersliggies
> weggepak is, mag die dae van my ook maar langer word. Sou graag my
> huis in daglig ook wil sien...

Ek het wel êrens gelees dat daar mense
is wat agiteer vir die later-lig beleid.
Ek kan nie eintlik sien waarom die huidige
stelsel meer geld spaar as wanneer hulle
nie met die daglig peuter nie. Dit sal tog
wel lig word in die oggend, al is dit nou
teen halfnege en nie teen halfag nie, en dan
gaan die son darem eers na vyf onder.
Hier by ons hou mense hulle liggies sommer
nog lank na Kersfees aan. Veral op die platteland.
Ons het gisteraand in 'n klein dorpie hier naby
gaan kuier, en dit lyk nog soos 'n feeland.

Gloudina
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71667 is 'n antwoord op boodskap #71603] Do, 09 Januarie 2003 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Max wrote:
>
>> Nee wat, Gloudina, jou luck is uit.
>> Hulle skuif eerder tyd om dit in die oggende vroeër lig te laat word.
>> Dit spaar blykbaar baie geld, dis hoekom ons in Europa so met die klok
>> speel.
>> Troos jouself daaraan dat die dae alweer langer word. Tot en met
>> Kersfees hou ek van die kort dae, maar nou dat die kersliggies
>> weggepak is, mag die dae van my ook maar langer word. Sou graag my
>> huis in daglig ook wil sien...
>
> Ek het wel êrens gelees dat daar mense
> is wat agiteer vir die later-lig beleid.
> Ek kan nie eintlik sien waarom die huidige
> stelsel meer geld spaar as wanneer hulle
> nie met die daglig peuter nie. Dit sal tog
> wel lig word in die oggend, al is dit nou
> teen halfnege en nie teen halfag nie, en dan
> gaan die son darem eers na vyf onder.
> Hier by ons hou mense hulle liggies sommer
> nog lank na Kersfees aan. Veral op die platteland.
> Ons het gisteraand in 'n klein dorpie hier naby
> gaan kuier, en dit lyk nog soos 'n feeland.
>
> Gloudina

Hulle sê dat bv die skole hulle ligte dan 'n uur korter hoef te laat
brand. Dit maak ook nie vir my sin nie, want ons dae is in elk geval
so donker dat die ligte moet brand.

Is dit nie vir jou ook moeilik om in die donker op te staan soggens
nie? Ek hou daarvan as die sonskyn my wakker maak voor die wekker.
Maar jy en die Oom lê seker lekker laat?

Miskien moet een van die Nederlanders/Belge ons bietjie verduidelik
wat nou eintlik die aanwins van "daylight savings time" is...
Re: oorlog innie niewejaar antie [boodskap #71670 is 'n antwoord op boodskap #71667] Do, 09 Januarie 2003 13:54 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Max wrote:

> Miskien moet een van die Nederlanders/Belge ons bietjie verduidelik
> wat nou eintlik die aanwins van "daylight savings time" is...

Volgens my man is die "Daylight Savings Time"
wat van Maart-Oktober geld, 'n plan om vir mense
in die lente, somer en herfs meer daglig te gee
om met hulle families deur te bring. (Hulle sny
dit van die more af en las dit aan die einde van
die dag aan.) Volgens hom, keer mens maar net terug
na die gewone toestand van sake gedurende die winter-
maande.
Sover dit my aangaan, is dit 'n slegte plan.
Hier in Junie is dit so laat lig, dat as mens klein
kindertjies het, jy hulle skaars in die huis kan kry
om te kom slaap hier teen nege-uur in die aand. Gee
liewer in die somer minder lig in die aande, en gee
meer lig in die winter in die vroegaand.

Gloudina
Vorige onderwerp: Beurse
Volgende onderwerp: Umngqusho
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:08:08 MGT 2024