Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat was...en wat kan kom!
Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71292] |
Sat, 04 January 2003 15:46  |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die ANC bewind het alle beskaafde norme en waardes die rug gekeer en werk
effektief mee om die orde en veiligheid van die land te versteur- eerder as
op te los;sy klein elite jaag in spuitvliegtuie en blink motors rond terwyl
sy eie mense van ellende kripeer.Misdaad floreer en wetsgehoorsame burgers
word deur 'n nuwe soort KGB in hulle huise geterroriseer.
Die beskaafde individu wat hierdie land tot 'n model staat uitgebou het en
steeds onderhou, staan aan die ontvangkant van elke wet en dekreet, terwyl
'n "politiek-
korrekte" pers elke skuif met trompetgeskal loof en prys.
Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.
Die eenheidstaat van die ANC is slegs tot voordeel van 'n klein groepie van
sy "elite" terwyl die land in duie stort.
Die KP het reeds in 1987 bewys wat gedoen kan word.In
munisipale tussenverkiesings in die ou bedeling het die KP wyke in selfs die
tradisionele Liberale dele verspot maklik gewen.Daardie KP het nooit sy
kiessers verraai nie.
Die NP het met die (nou)DA se beleid alles en almal aan die ANC
uitgelewer.Die NP het beloftes gemaak waarvan
nie 'n enkele een tereg gekom het nie.In die daaropvolgende veelrassige
verkiesing het die KP hom onttrek en sy ondersteuners gevra om buite
stemming te bly.
Dit is algemeen bekend dat die wegbly-stem in 1994 onder die Blanke
bevolking sowat 500,000 tot 650,000
beloop het.Dit is ook bekend dat die wegbly-stem in die 1999 verkiesing
onder die Blankes nog groter was nadat
daar gesien is dat die witman totaal uitverkoop is.
Sommiges het hulle heil gevind by die DA,maar die meerderheid het net weg
gebly.Die splinterpartytjies soos die Vryheids Front wat Orania-gebasseer is
en die AEB van Cassie Aucamp het die kans waargeneem en die Afrikaner net
verder verdeel...in plaas daarvan om die witman te verenig in 'n nasionale
front.
Daardie KP wat nooit sy kiessers verraai het nie is terug en sal aan
verkiesings deelneem met nuwe ywer en durf.
Hierdie volk sal weer vry wees!
EENHEID TER WILLE VAN JOU NAGESLAG!
VRYHEID MET GEREGTIGHEID!
pau...@lantic.net
kpv...@lantic.net
|
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71308 is 'n antwoord op boodskap #71292] |
Sat, 04 January 2003 21:29   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Paul Van Straaten wrote:
> Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
> Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.
Moenie vir my laat lag nie, du Plessis.
Tant Hessie van die Derde Republiek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71360 is 'n antwoord op boodskap #71308] |
Sun, 05 January 2003 16:42   |
Paul Van Straaten
Boodskappe: 171 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
offer hier in donker Afrika.
Indien ons ons self sover kan kry om weer in ons saak te kan glo en te glo
dat ons iets het om te offer,kan ons weer tot 'n kerngroep vorder...maar as
ons almal soos Gloudina
is en weg hardloop en wil regeer uit Kanada uit,dan weet ek nie so mooi
nie.Of ek nou 'n Du Plessis is en of ek nou my van na Mandela verander,feit
bly staan as ek my gewig agter iemand ingooi en saamwerk om sukses te
behaal,sal dit kom...maar nie uit Kanada uit nie...nie van Bush of Blair af
nie,maar oplossings vir probleme moet in Afrika gevind word;deur die
inwoners van die kontinent,vir die inwoners van die kontinent!
Hoe klink dit,gloudina?
Ek glo in die land en dat elke volk in hierdie land iets het om te lewer.Wat
glo jy?
Jy kritiseer net!Etnisiteit is 'n waarheid in die samelewing,jy behoort tog
te weet aangesien daar in jou wit-regering in
Kanada ook tweespalt oor Etnisiteit en onafhanklikheid
bestaan.Sien die hele wereld heen is meer regs-gesind as ooit te vore.Jy kan
selfs kyk na wat nou in Kwa-Zulu gebeur...en dit is 'n heel moderne trend in
die moderne
wereld se politiek.
skryf in boodskap news:3E175335.3030609@rogers.com...
>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>
>> Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
>> Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.
>
>
> Moenie vir my laat lag nie, du Plessis.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71369 is 'n antwoord op boodskap #71362] |
Sun, 05 January 2003 22:49   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Dave skryf:
>> Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
>> offer hier in donker Afrika.
Annette skryf:
> Ek offer niks.
> Ons kan opoffer of aanbied of bydra.
Ja, du Plessis-van Straaten, die eerste
ding wat jy moet offer is jou gebroke
Afrikaans op die offertafel van die
Afrikaner se toekoms. As jy genoeg van
jou tyd kan opoffer, sal jy miskien
leer hoe jou moedertaal werk. Anders sien
ek geen toekoms vir Afrikaans in die hande
van julle KP laaities nie.
Die Ruiter in die Dag
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71370 is 'n antwoord op boodskap #71360] |
Sun, 05 January 2003 22:56   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Paul Van Straaten wrote:
> Indien ons ons self sover kan kry om weer in ons saak te kan glo en te glo
> dat ons iets het om te offer,kan ons weer tot 'n kerngroep vorder...maar as
> Hoe klink dit,gloudina?
Jy sien, du Plessis, sommige van ons Afrikaners
het nooit opgehou om in ons saak te glo nie, en
het geweet dat wat ons offer en opoffer eendag
vrugte sal dra. Dis maar net julle ouens wat
dronk was van die idee dat 'n klein klompie
witnerwe die mag permanent in die hande kan kry
en dan die oorgrote meerderheid van die SA
bevolking kon terroriseer, wat bedroë daarvan
afgekom het. Dis julle wat nou opgesplinter is
in tientalle klein groepies, en wat met mekaar
baklei. Die mense wat die struggle gewen het,
lag nou vir julle.
Die Ruiter in die Dag.
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71378 is 'n antwoord op boodskap #71370] |
Mon, 06 January 2003 05:56   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wee' jy antie, ek kan dit nie weerstaan om vir jou te sê dat jy my laat dink
aan die haan wat op sy eie mishoop staan en kraai nie......julle struggle
het julle gewen maar as jy dink dit gaan met die gewone swart man op straat
beter in Afrika na die groot onafhanklikheid, dan is selfs meer naïef as wat
ek gedink het. Daar is net een ding wat 'n mens gelukkig maak en dit is
kos in die pens en daarvoor is werk nodig......uh, jy het nie dalk al na die
werkloosheidsyfers in Afrika onder oog gehad nie? Dit styg jaarliks en dit
beteken net tyd dan gaan die gewone man op straat gatvol raak vir die klomp
plitici se gehanna-hanna oor vryheid en stem die spul uit ten gunste van
iemand wat vir hulle 'n werk kan gee. Maar nou het niemand ook ooit die
mense van die struggle toegedeel met 'n magdom breins nie, of hoe?
skryf in boodskap news:3E18B937.2040402@rogers.com...
>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>> Indien ons ons self sover kan kry om weer in ons saak te kan glo en te glo
>> dat ons iets het om te offer,kan ons weer tot 'n kerngroep vorder...maar as
>> Hoe klink dit,gloudina?
>
> Jy sien, du Plessis, sommige van ons Afrikaners
> het nooit opgehou om in ons saak te glo nie, en
> het geweet dat wat ons offer en opoffer eendag
> vrugte sal dra. Dis maar net julle ouens wat
> dronk was van die idee dat 'n klein klompie
> witnerwe die mag permanent in die hande kan kry
> en dan die oorgrote meerderheid van die SA
> bevolking kon terroriseer, wat bedroë daarvan
> afgekom het. Dis julle wat nou opgesplinter is
> in tientalle klein groepies, en wat met mekaar
> baklei. Die mense wat die struggle gewen het,
> lag nou vir julle.
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
|
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71409 is 'n antwoord op boodskap #71292] |
Mon, 06 January 2003 13:38   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hrrmm! My ou antie, as jy die goete glo wat jy in die pers lees dan is dit
g'n wonder ook dat jy het op die klank van 'n poep Kanada toe gevlug nie!
Praat met die mense op die grondvlak.....daai ouens wat daagliks 'struggle'
om aan die lewe te bly en dan vra jy vir hulle of hulle lewens verbeter het.
DIS waar die waarheid lê.....nie die feit dat die wit elite met 'n swart
elite vervang is nie. Ook nie dat die staatsdiens nou amper net uit
swartmense bestaan en verskriklike salarisse verdien nie. Die ou op die
grond kry niks en dit is wat uiteindelik dan ook die ANC gaan
kelder......as hulle gatvol raak en besluit om vir iemand anders te stem wat
iets aan hulle saak gedoen het.
So, ou antie, ek weet nie watter stryd het jy gestry nie? Was dit 'n
politiese een waar jy net wou sien dat die meerderheid van 'n land regeer
maak nie saak teen watter koste vir die gewone ou nie of het jy gewerk vir
die mense? Moet sekerlik 'n politiese een wees want die ander een is nog
nie gewen nie! Daar is net een ding wat dit teweeg kan bring: Langer
werksure, minder vakansiedae en groter produktiwiteit. Dit alles saam met
meer werk en groter uitvoere......en definitief nie dat 'n land se mense
weghol by die klank van 'n skewe reukie nie!!!
skryf in boodskap news:3E198325.8060006@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Maar nou het niemand ook ooit die
>> mense van die struggle toegedeel met 'n magdom breins nie, of hoe?
>
> Wel, ou Suidwester, toe ek nou die dag in
> een van DIE BURGER se hoofartikels 'n
> gloeiende bewonderende lofspraak van Mbeki
> se ekonomiese beleid lees, toe dink ek...
> nou het ek alles gesien. Hulle kon nie genoeg
> praat van hoe Mbeki en sy ministers daarop
> staan om eers die land se ekonomie te laat
> groei en dan die profyt te neem om vir die
> armes te help nie. Hulle sê hy is selfs beter
> as Bush, wat eintlik dieselfde rigting moet
> volg volgens republikeinse denke, maar net
> die teenoorgestelde pad volg.
> Ek dink die ouens wat nie die "magdom breins"
> gehad het en nog nie het nie, is die vorige regime
> en mense soos jy wat teen hulle oogvelle vaskyk.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71436 is 'n antwoord op boodskap #71292] |
Mon, 06 January 2003 21:55   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jong, nou nie om Pres. Bush te verneder of iets nie, maar ek sal nie graag
met Bush vergelyk wil word nie. Ek vermoed die man het eerlikwaar net gewen
omdat hy 'n Bush is, hoe die vreeslike "superior" Amerikaners vir hom kon
stem sal nugter alleen weet. n Paar goed wat die "magtigste" man in die
wêreld al kwyt geraak het:
"Teach a child to read and he or her will be able to pass a literacy test"
"You don't need to be smart to be a president."
"Actually, I -- this may sound a little West Texan to you, but I like it.
When I'm talking about -- when I'm talking about myself, and when he's
talking about myself, all of us are talking about me."
"It's clearly a budget. It's got a lot of numbers in it."
"I think we agree, the past is over."
"The fact that he relies on facts -- says things that are not factual -- are
going to undermine his campaign."
"I understand small business growth. I was one."
"I've changed my style somewhat, as you know. I'm less, I pontificate less,
although it may be hard to tell it from this show. And I'm more interacting
with people." (pontificate beteken om op 'n arrogante manier te praat).
"The most important job is not to be governor, or first lady in my case."
Daar is te veel om hier te plaas, ek dink dis eerlikwaar nie net 'n kwessie
van een "Faux Pass" nie, maar van kroniese "foot in mouth disease".
Ek glo ons het 'n orraait pres. hier in SA, maar dit vat nie vreeslik veel
om beter as Bush te wees nie. Persoonlik voel ek hulle kan SA en Amerika
glad nie met mekaar vergelyk nie.
Groete
Elaine
wrote:
Hulle sê hy is selfs beter
> as Bush, wat eintlik dieselfde rigting moet
> volg volgens republikeinse denke, maar net
> die teenoorgestelde pad volg.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71643 is 'n antwoord op boodskap #71622] |
Thu, 09 January 2003 00:59  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
:)))))))
E
"Annette" skryf in boodskap news:avhs9p$fv3fv$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Madame Regina die waarsegster sê daar gaan nie 'n oorlog wees nie, want sy
> sien dit nie.:)
> Annette
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 26 16:06:32 UTC 2025
|