Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat was...en wat kan kom!
Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71292] Sa, 04 Januarie 2003 15:46 na volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Die ANC bewind het alle beskaafde norme en waardes die rug gekeer en werk
effektief mee om die orde en veiligheid van die land te versteur- eerder as
op te los;sy klein elite jaag in spuitvliegtuie en blink motors rond terwyl
sy eie mense van ellende kripeer.Misdaad floreer en wetsgehoorsame burgers
word deur 'n nuwe soort KGB in hulle huise geterroriseer.
Die beskaafde individu wat hierdie land tot 'n model staat uitgebou het en
steeds onderhou, staan aan die ontvangkant van elke wet en dekreet, terwyl
'n "politiek-
korrekte" pers elke skuif met trompetgeskal loof en prys.

Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.

Die eenheidstaat van die ANC is slegs tot voordeel van 'n klein groepie van
sy "elite" terwyl die land in duie stort.
Die KP het reeds in 1987 bewys wat gedoen kan word.In
munisipale tussenverkiesings in die ou bedeling het die KP wyke in selfs die
tradisionele Liberale dele verspot maklik gewen.Daardie KP het nooit sy
kiessers verraai nie.
Die NP het met die (nou)DA se beleid alles en almal aan die ANC
uitgelewer.Die NP het beloftes gemaak waarvan
nie 'n enkele een tereg gekom het nie.In die daaropvolgende veelrassige
verkiesing het die KP hom onttrek en sy ondersteuners gevra om buite
stemming te bly.

Dit is algemeen bekend dat die wegbly-stem in 1994 onder die Blanke
bevolking sowat 500,000 tot 650,000
beloop het.Dit is ook bekend dat die wegbly-stem in die 1999 verkiesing
onder die Blankes nog groter was nadat
daar gesien is dat die witman totaal uitverkoop is.
Sommiges het hulle heil gevind by die DA,maar die meerderheid het net weg
gebly.Die splinterpartytjies soos die Vryheids Front wat Orania-gebasseer is
en die AEB van Cassie Aucamp het die kans waargeneem en die Afrikaner net
verder verdeel...in plaas daarvan om die witman te verenig in 'n nasionale
front.
Daardie KP wat nooit sy kiessers verraai het nie is terug en sal aan
verkiesings deelneem met nuwe ywer en durf.
Hierdie volk sal weer vry wees!

EENHEID TER WILLE VAN JOU NAGESLAG!

VRYHEID MET GEREGTIGHEID!
pau...@lantic.net
kpv...@lantic.net
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71296 is 'n antwoord op boodskap #71292] Sa, 04 Januarie 2003 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy't te veel tyd.

Elaine

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:av6vm3$8ci$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die ANC bewind het alle beskaafde norme en waardes die rug gekeer en werk
> effektief mee om die orde en veiligheid van die land te versteur- eerder as
> op te los;sy klein elite jaag in spuitvliegtuie en blink motors rond terwyl
> sy eie mense van ellende kripeer.Misdaad floreer en wetsgehoorsame burgers
> word deur 'n nuwe soort KGB in hulle huise geterroriseer.
> Die beskaafde individu wat hierdie land tot 'n model staat uitgebou het en
> steeds onderhou, staan aan die ontvangkant van elke wet en dekreet, terwyl
> 'n "politiek-
> korrekte" pers elke skuif met trompetgeskal loof en prys.
>
> EENHEID TER WILLE VAN JOU NAGESLAG!
>
> VRYHEID MET GEREGTIGHEID!
> pau...@lantic.net
> kpv...@lantic.net
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71308 is 'n antwoord op boodskap #71292] Sa, 04 Januarie 2003 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

> Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
> Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.

Moenie vir my laat lag nie, du Plessis.

Tant Hessie van die Derde Republiek.
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71314 is 'n antwoord op boodskap #71308] Sa, 04 Januarie 2003 23:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joe[1]  is tans af-lyn  Joe[1]
Boodskappe: 36
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hoekom dink jy almal is du plessis........?

skryf in boodskap news:3E175335.3030609@rogers.com...
>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>
>> Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
>> Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.
>
>
> Moenie vir my laat lag nie, du Plessis.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek.
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71317 is 'n antwoord op boodskap #71314] So, 05 Januarie 2003 02:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Joe - onthou jy dat ek jou van die "funnies" op die nuusgroep vertel het -
jy het pas die ere-presidente ervaar ...

"Joe" skryf in boodskap news:8%JR9.6378$yN1.1068@news.bellsouth.net...
> Hoekom dink jy almal is du plessis........?
>
> skryf in boodskap news:3E175335.3030609@rogers.com...
>>
>> Paul Van Straaten wrote:
>>
>>
>>> Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
>>> Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.
>>
>>
>> Moenie vir my laat lag nie, du Plessis.
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek.
>>
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71330 is 'n antwoord op boodskap #71296] So, 05 Januarie 2003 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dag almal wat aan die nuusgroep deelneem het te veel tyd. Is dit nou nie
waar nie?

"Elaine" skryf in boodskap news:3e17195d.0@news1.mweb.co.za...
> Jy't te veel tyd.
>
> Elaine
>
> "Paul Van Straaten" wrote in message
> news:av6vm3$8ci$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die ANC bewind het alle beskaafde norme en waardes die rug gekeer en werk
>> effektief mee om die orde en veiligheid van die land te versteur- eerder as
>> op te los;sy klein elite jaag in spuitvliegtuie en blink motors rond terwyl
>> sy eie mense van ellende kripeer.Misdaad floreer en wetsgehoorsame burgers
>> word deur 'n nuwe soort KGB in hulle huise geterroriseer.
>> Die beskaafde individu wat hierdie land tot 'n model staat uitgebou het en
>> steeds onderhou, staan aan die ontvangkant van elke wet en dekreet, terwyl
>> 'n "politiek-
>> korrekte" pers elke skuif met trompetgeskal loof en prys.
>>
>> EENHEID TER WILLE VAN JOU NAGESLAG!
>>
>> VRYHEID MET GEREGTIGHEID!
>> pau...@lantic.net
>> kpv...@lantic.net
>>
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71352 is 'n antwoord op boodskap #71330] So, 05 Januarie 2003 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" wrote:

> Ek dag almal wat aan die nuusgroep deelneem het te veel tyd. Is dit nou nie
> waar nie?

Ja, maar dis makliker om vinger na ander te wys.
Veral as jy nie 'n debat kan wen of verstaan wat die ander persoon
bedoel nie, dan sê jy maar die ander persoon het te veel tyd op
hande..of so iets...
:-)
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71356 is 'n antwoord op boodskap #71330] So, 05 Januarie 2003 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar ek sit nie 'n hele refrein en uitdink voordat ek hier pos nie. Ek
skryf sommer wat in my kop kom, en dit vat gewoonlik nie meer as 'n uur of
wat per dag nie.

Elaine

"Plato" skryf in boodskap news:3e181044.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dag almal wat aan die nuusgroep deelneem het te veel tyd. Is dit nou nie
> waar nie?
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71357 is 'n antwoord op boodskap #71314] So, 05 Januarie 2003 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink, en dis sommer 'n idee, dat Gloudina du plessis is!! Nou staan
hy/sy self agter die deur en blameer almal daarvoor. Die word "projection"
genoem. As jy self skuldig is aan 'n ding projekteer jy jou skuld op ander.
Dis 'n sielkundige ding.
O, ek's die ander funny op die groep, en my van is Du Plessis -
mwahahahahahahaha

Groete
Elaine

"Joe" skryf in boodskap news:8%JR9.6378$yN1.1068@news.bellsouth.net...
> Hoekom dink jy almal is du plessis........?
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71360 is 'n antwoord op boodskap #71308] So, 05 Januarie 2003 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
offer hier in donker Afrika.
Indien ons ons self sover kan kry om weer in ons saak te kan glo en te glo
dat ons iets het om te offer,kan ons weer tot 'n kerngroep vorder...maar as
ons almal soos Gloudina
is en weg hardloop en wil regeer uit Kanada uit,dan weet ek nie so mooi
nie.Of ek nou 'n Du Plessis is en of ek nou my van na Mandela verander,feit
bly staan as ek my gewig agter iemand ingooi en saamwerk om sukses te
behaal,sal dit kom...maar nie uit Kanada uit nie...nie van Bush of Blair af
nie,maar oplossings vir probleme moet in Afrika gevind word;deur die
inwoners van die kontinent,vir die inwoners van die kontinent!
Hoe klink dit,gloudina?
Ek glo in die land en dat elke volk in hierdie land iets het om te lewer.Wat
glo jy?
Jy kritiseer net!Etnisiteit is 'n waarheid in die samelewing,jy behoort tog
te weet aangesien daar in jou wit-regering in
Kanada ook tweespalt oor Etnisiteit en onafhanklikheid
bestaan.Sien die hele wereld heen is meer regs-gesind as ooit te vore.Jy kan
selfs kyk na wat nou in Kwa-Zulu gebeur...en dit is 'n heel moderne trend in
die moderne
wereld se politiek.

skryf in boodskap news:3E175335.3030609@rogers.com...
>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>
>> Daar is slegs een manier om die gety te keer en uiteindelik om te keer:die
>> Afrikaner moet hom as 'n kerngroep herskik en konsolideer- op elke terrein.
>
>
> Moenie vir my laat lag nie, du Plessis.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek.
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71362 is 'n antwoord op boodskap #71360] So, 05 Januarie 2003 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
> offer hier in donker Afrika.
( knippie)

Ek offer niks.
Ons kan opoffer of aanbied of bydra.
Annette
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71364 is 'n antwoord op boodskap #71362] So, 05 Januarie 2003 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 5 Jan 2003 18:49:51 +0200, "Annette" wrote:

>
>
>
>> Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
>> offer hier in donker Afrika.
> ( knippie)
>
> Ek offer niks.

nie eens 'n knippie nie???

anoniem
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71367 is 'n antwoord op boodskap #71360] So, 05 Januarie 2003 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 5 Jan 2003 18:42:34 +0200, "Paul Van Straaten"
wrote:

> Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
> offer hier in donker Afrika.

en wat ek nagelaat het om te noem
is dat die Afrikaner reeds baie geoffer het
hier in die (stik) donker Afrika.
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71369 is 'n antwoord op boodskap #71362] So, 05 Januarie 2003 22:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave skryf:

>> Of enige persoon met my saamstem aldan nie, die Afrikaner het baie om te
>> offer hier in donker Afrika.

Annette skryf:
> Ek offer niks.
> Ons kan opoffer of aanbied of bydra.

Ja, du Plessis-van Straaten, die eerste
ding wat jy moet offer is jou gebroke
Afrikaans op die offertafel van die
Afrikaner se toekoms. As jy genoeg van
jou tyd kan opoffer, sal jy miskien
leer hoe jou moedertaal werk. Anders sien
ek geen toekoms vir Afrikaans in die hande
van julle KP laaities nie.

Die Ruiter in die Dag
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71370 is 'n antwoord op boodskap #71360] So, 05 Januarie 2003 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul Van Straaten wrote:

> Indien ons ons self sover kan kry om weer in ons saak te kan glo en te glo
> dat ons iets het om te offer,kan ons weer tot 'n kerngroep vorder...maar as
> Hoe klink dit,gloudina?

Jy sien, du Plessis, sommige van ons Afrikaners
het nooit opgehou om in ons saak te glo nie, en
het geweet dat wat ons offer en opoffer eendag
vrugte sal dra. Dis maar net julle ouens wat
dronk was van die idee dat 'n klein klompie
witnerwe die mag permanent in die hande kan kry
en dan die oorgrote meerderheid van die SA
bevolking kon terroriseer, wat bedroë daarvan
afgekom het. Dis julle wat nou opgesplinter is
in tientalle klein groepies, en wat met mekaar
baklei. Die mense wat die struggle gewen het,
lag nou vir julle.

Die Ruiter in die Dag.
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71378 is 'n antwoord op boodskap #71370] Ma, 06 Januarie 2003 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wee' jy antie, ek kan dit nie weerstaan om vir jou te sê dat jy my laat dink
aan die haan wat op sy eie mishoop staan en kraai nie......julle struggle
het julle gewen maar as jy dink dit gaan met die gewone swart man op straat
beter in Afrika na die groot onafhanklikheid, dan is selfs meer naïef as wat
ek gedink het. Daar is net een ding wat 'n mens gelukkig maak en dit is
kos in die pens en daarvoor is werk nodig......uh, jy het nie dalk al na die
werkloosheidsyfers in Afrika onder oog gehad nie? Dit styg jaarliks en dit
beteken net tyd dan gaan die gewone man op straat gatvol raak vir die klomp
plitici se gehanna-hanna oor vryheid en stem die spul uit ten gunste van
iemand wat vir hulle 'n werk kan gee. Maar nou het niemand ook ooit die
mense van die struggle toegedeel met 'n magdom breins nie, of hoe?
skryf in boodskap news:3E18B937.2040402@rogers.com...
>
> Paul Van Straaten wrote:
>
>> Indien ons ons self sover kan kry om weer in ons saak te kan glo en te glo
>> dat ons iets het om te offer,kan ons weer tot 'n kerngroep vorder...maar as
>> Hoe klink dit,gloudina?
>
> Jy sien, du Plessis, sommige van ons Afrikaners
> het nooit opgehou om in ons saak te glo nie, en
> het geweet dat wat ons offer en opoffer eendag
> vrugte sal dra. Dis maar net julle ouens wat
> dronk was van die idee dat 'n klein klompie
> witnerwe die mag permanent in die hande kan kry
> en dan die oorgrote meerderheid van die SA
> bevolking kon terroriseer, wat bedroë daarvan
> afgekom het. Dis julle wat nou opgesplinter is
> in tientalle klein groepies, en wat met mekaar
> baklei. Die mense wat die struggle gewen het,
> lag nou vir julle.
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71387 is 'n antwoord op boodskap #71378] Ma, 06 Januarie 2003 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor nou die dag dat die ANC se gewildheid nogal sterk afgeneem het.
Blykbaar gaan die ANC se gewildheid jaar na jaar agteruit. Dit daar
gelaat - 'n hele klomp mense het mekaar gister letterlik doodgemaak vir
mieliemeel in Zimbabwe. Gaan daar ook maar sleg. Die nuwe "African
Struggle" is teen hongersnood, werkloosheid en misdaad. Die gravytrain is
gederail, ons weet nog nie wie't die trein gesobteur nie, maar die kommissie
van ondersoek sê hulle is naby aan 'n oplossing :))

Groete
Elaine

"Suidwester" wrote:
Dit styg jaarliks en dit
> beteken net tyd dan gaan die gewone man op straat gatvol raak vir die klomp
> plitici se gehanna-hanna oor vryheid en stem die spul uit ten gunste van
> iemand wat vir hulle 'n werk kan gee. Maar nou het niemand ook ooit die
> mense van die struggle toegedeel met 'n magdom breins nie, of hoe?
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71409 is 'n antwoord op boodskap #71292] Ma, 06 Januarie 2003 13:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hrrmm! My ou antie, as jy die goete glo wat jy in die pers lees dan is dit
g'n wonder ook dat jy het op die klank van 'n poep Kanada toe gevlug nie!
Praat met die mense op die grondvlak.....daai ouens wat daagliks 'struggle'
om aan die lewe te bly en dan vra jy vir hulle of hulle lewens verbeter het.
DIS waar die waarheid lê.....nie die feit dat die wit elite met 'n swart
elite vervang is nie. Ook nie dat die staatsdiens nou amper net uit
swartmense bestaan en verskriklike salarisse verdien nie. Die ou op die
grond kry niks en dit is wat uiteindelik dan ook die ANC gaan
kelder......as hulle gatvol raak en besluit om vir iemand anders te stem wat
iets aan hulle saak gedoen het.
So, ou antie, ek weet nie watter stryd het jy gestry nie? Was dit 'n
politiese een waar jy net wou sien dat die meerderheid van 'n land regeer
maak nie saak teen watter koste vir die gewone ou nie of het jy gewerk vir
die mense? Moet sekerlik 'n politiese een wees want die ander een is nog
nie gewen nie! Daar is net een ding wat dit teweeg kan bring: Langer
werksure, minder vakansiedae en groter produktiwiteit. Dit alles saam met
meer werk en groter uitvoere......en definitief nie dat 'n land se mense
weghol by die klank van 'n skewe reukie nie!!!
skryf in boodskap news:3E198325.8060006@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Maar nou het niemand ook ooit die
>> mense van die struggle toegedeel met 'n magdom breins nie, of hoe?
>
> Wel, ou Suidwester, toe ek nou die dag in
> een van DIE BURGER se hoofartikels 'n
> gloeiende bewonderende lofspraak van Mbeki
> se ekonomiese beleid lees, toe dink ek...
> nou het ek alles gesien. Hulle kon nie genoeg
> praat van hoe Mbeki en sy ministers daarop
> staan om eers die land se ekonomie te laat
> groei en dan die profyt te neem om vir die
> armes te help nie. Hulle sê hy is selfs beter
> as Bush, wat eintlik dieselfde rigting moet
> volg volgens republikeinse denke, maar net
> die teenoorgestelde pad volg.
> Ek dink die ouens wat nie die "magdom breins"
> gehad het en nog nie het nie, is die vorige regime
> en mense soos jy wat teen hulle oogvelle vaskyk.
>
> Gloudina
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71436 is 'n antwoord op boodskap #71292] Ma, 06 Januarie 2003 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jong, nou nie om Pres. Bush te verneder of iets nie, maar ek sal nie graag
met Bush vergelyk wil word nie. Ek vermoed die man het eerlikwaar net gewen
omdat hy 'n Bush is, hoe die vreeslike "superior" Amerikaners vir hom kon
stem sal nugter alleen weet. n Paar goed wat die "magtigste" man in die
wêreld al kwyt geraak het:

"Teach a child to read and he or her will be able to pass a literacy test"
"You don't need to be smart to be a president."
"Actually, I -- this may sound a little West Texan to you, but I like it.
When I'm talking about -- when I'm talking about myself, and when he's
talking about myself, all of us are talking about me."
"It's clearly a budget. It's got a lot of numbers in it."
"I think we agree, the past is over."
"The fact that he relies on facts -- says things that are not factual -- are
going to undermine his campaign."
"I understand small business growth. I was one."
"I've changed my style somewhat, as you know. I'm less, I pontificate less,
although it may be hard to tell it from this show. And I'm more interacting
with people." (pontificate beteken om op 'n arrogante manier te praat).
"The most important job is not to be governor, or first lady in my case."

Daar is te veel om hier te plaas, ek dink dis eerlikwaar nie net 'n kwessie
van een "Faux Pass" nie, maar van kroniese "foot in mouth disease".

Ek glo ons het 'n orraait pres. hier in SA, maar dit vat nie vreeslik veel
om beter as Bush te wees nie. Persoonlik voel ek hulle kan SA en Amerika
glad nie met mekaar vergelyk nie.

Groete
Elaine

wrote:

Hulle sê hy is selfs beter
> as Bush, wat eintlik dieselfde rigting moet
> volg volgens republikeinse denke, maar net
> die teenoorgestelde pad volg.
>
> Gloudina
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71442 is 'n antwoord op boodskap #71436] Ma, 06 Januarie 2003 22:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> hoe die vreeslike "superior" Amerikaners vir hom kon
> stem sal nugter alleen weet.

Waarom dink jy Amerikaners is "superior"? Ek bedoel, waarom praat jy
so neerhalend van Amerikaners?
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71470 is 'n antwoord op boodskap #71442] Di, 07 Januarie 2003 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis eindelik nie die mense nie, maar julle regering. Eerlikwaar, hulle eien
hulself die reg toe om hulle neus in almal se sake te gaan loop steek, maar
ook net as dit "benefitial" is vir hulle, daar waar hulle hulp regtig
benodig word is hulle nooit nie. En hulle wil Irak inval oor "weapons of
mass destruction", maar Amerika self het duisende, en dan loop hulle ook en
vertel hulle pres. is die magtigste man in die wêreld. Die res van ons raak
maar bietjie gatvol daarvoor om te hoor hoe wonderlik Amerika is, en hoe kak
ons is - dis maar al :))

Elaine

"Katryn" wrote:
>
> Waarom dink jy Amerikaners is "superior"? Ek bedoel, waarom praat jy
> so neerhalend van Amerikaners?
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71496 is 'n antwoord op boodskap #71470] Di, 07 Januarie 2003 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Dis eindelik nie die mense nie, maar julle regering.

Dit verstaan ek heeltemal, en stem ook saam met jou. Onthou net dat
die meeste Amerikanes het nie vir Bush gestem nie.
Onthou dit net....
:-)
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71510 is 'n antwoord op boodskap #71496] Di, 07 Januarie 2003 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek het gelees dis op die einde van die dag deur die Hooggeregshof (is
dit wat julle dit daar noem) besluit dat Bush sal pres. wees, is ek reg of
sit ek die pot êrens mis. Ek wonder regtig of hy nog a termyn gaan kry?

Elaine

"Katryn" wrote:

> Dit verstaan ek heeltemal, en stem ook saam met jou. Onthou net dat
> die meeste Amerikanes het nie vir Bush gestem nie.
> Onthou dit net....
> :-)
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71518 is 'n antwoord op boodskap #71510] Di, 07 Januarie 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 7 Jan 2003 20:59:39 +0200, "Elaine" het
geskryf:

> Ja, ek het gelees dis op die einde van die dag deur die Hooggeregshof (is
> dit wat julle dit daar noem) besluit dat Bush sal pres. wees, is ek reg of
> sit ek die pot êrens mis. Ek wonder regtig of hy nog a termyn gaan kry?
>
> Elaine
>
> "Katryn" wrote:
>
>> Dit verstaan ek heeltemal, en stem ook saam met jou. Onthou net dat
>> die meeste Amerikanes het nie vir Bush gestem nie.
>> Onthou dit net....
>> :-)

>

Ek verwonder my aan julle Bush negawiteit. Of is dit
Hoesein optimisme?

'n anonieme aanhanger van die beboste ou
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71523 is 'n antwoord op boodskap #71518] Di, 07 Januarie 2003 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's nie vir of teen Bush of Hussein nie, ek voel net Bush word miskien
instruksies "gevoer" deur 'n derde party. Ek bly dink daar's meer aan
hierdie "Bush Administration" as wat ons dink.

Elaine

"DD" wrote:
>>
>
> Ek verwonder my aan julle Bush negawiteit. Of is dit
> Hoesein optimisme?
>
> 'n anonieme aanhanger van die beboste ou
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71610 is 'n antwoord op boodskap #71523] Wo, 08 Januarie 2003 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek is absoluut teen die Hussein-regime...maar sy mense soek hom.Is dit nie
waaroor die sogenaamde "Demokrasie" gaan nie.Elke land het sy eie
kiesstelsel.Ek kan nie die SA-stelsel (wat baie ver van ideaal is) in
Zimbabwe se bekke gaan afdruk nie.Ek en jy glo aan demokrasie op die manier
net so glo Mugabe aan sy manier van demokrasie...en Bush aan syne...en Tony
Blair
aan sy land se demokrasie.
Vir elke mens beteken die woord iets anders.
Maar volgens my sit Bush die tiranie wat sy ou pappie begin het voort om die
sogenaamde wereld-politiek
te regeer.Hy het nie geweet dat die koue-oorlog is verby nie.Hy dink die VSA
is goed...maar hulle kan nie gaan oorlog sonder Coke en 'n hoer nie.Dus gaan
ou Sattan Hussein die oorlog maklik kan wen.Al wat hy moet doen is om 'n
gesellin kaalgat met 'n bottel coke die woestyn in te stuur en kyk hoe
donner die Amerikaners mekaar dood om haar en die coke in die hande te
kry!Ek is seker niemand het al ooit gedink hoe maklik die onoorwinbare,
oorwin kan word nie!

"Elaine" skryf in boodskap news:3e1b2d64.0@news1.mweb.co.za...
> Ek's nie vir of teen Bush of Hussein nie, ek voel net Bush word miskien
> instruksies "gevoer" deur 'n derde party. Ek bly dink daar's meer aan
> hierdie "Bush Administration" as wat ons dink.
>
> Elaine
>
> "DD" wrote:
>>>
>>
>> Ek verwonder my aan julle Bush negawiteit. Of is dit
>> Hoesein optimisme?
>>
>> 'n anonieme aanhanger van die beboste ou
>>
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71622 is 'n antwoord op boodskap #71610] Wo, 08 Januarie 2003 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Madame Regina die waarsegster sê daar gaan nie 'n oorlog wees nie, want sy
sien dit nie.:)
Annette

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:avhko6$gbj$5@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is absoluut teen die Hussein-regime...maar sy mense soek hom.Is dit nie
> waaroor die sogenaamde "Demokrasie" gaan nie.Elke land het sy eie
> kiesstelsel.Ek kan nie die SA-stelsel (wat baie ver van ideaal is) in
> Zimbabwe se bekke gaan afdruk nie.Ek en jy glo aan demokrasie op die manier
> net so glo Mugabe aan sy manier van demokrasie...en Bush aan syne...en Tony
> Blair
> aan sy land se demokrasie.
> Vir elke mens beteken die woord iets anders.
> Maar volgens my sit Bush die tiranie wat sy ou pappie begin het voort om die
> sogenaamde wereld-politiek
> te regeer.Hy het nie geweet dat die koue-oorlog is verby nie.Hy dink die VSA
> is goed...maar hulle kan nie gaan oorlog sonder Coke en 'n hoer nie.Dus gaan
> ou Sattan Hussein die oorlog maklik kan wen.Al wat hy moet doen is om 'n
> gesellin kaalgat met 'n bottel coke die woestyn in te stuur en kyk hoe
> donner die Amerikaners mekaar dood om haar en die coke in die hande te
> kry!Ek is seker niemand het al ooit gedink hoe maklik die onoorwinbare,
> oorwin kan word nie!
> "Elaine" wrote in message
> news:3e1b2d64.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek's nie vir of teen Bush of Hussein nie, ek voel net Bush word miskien
>> instruksies "gevoer" deur 'n derde party. Ek bly dink daar's meer aan
>> hierdie "Bush Administration" as wat ons dink.
>>
>> Elaine
>>
>> "DD" wrote:
>>>>
>>>
>>> Ek verwonder my aan julle Bush negawiteit. Of is dit
>>> Hoesein optimisme?
>>>
>>> 'n anonieme aanhanger van die beboste ou
>>>
>>
>
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71642 is 'n antwoord op boodskap #71610] Do, 09 Januarie 2003 00:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Amerikaanse regering glo dat hulle "way of life" die enigste regte
manier is, as jy nie lewe soos hulle nie, doen hulle alles in hul vermoë om
jou lewe 'n living hell te maak. Dis nou natuurlik te sê as hulle ook iets
uit die deal kan kry.

Elaine

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:avhko6$gbj$5@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is absoluut teen die Hussein-regime...maar sy mense soek hom.Is dit nie
> waaroor die sogenaamde "Demokrasie" gaan nie.Elke land het sy eie
> kiesstelsel.Ek kan nie die SA-stelsel (wat baie ver van ideaal is) in
> Zimbabwe se bekke gaan afdruk nie.Ek en jy glo aan demokrasie op die manier
> net so glo Mugabe aan sy manier van demokrasie...en Bush aan syne...en Tony
> Blair
> aan sy land se demokrasie.
Re: Wat was...en wat kan kom! [boodskap #71643 is 'n antwoord op boodskap #71622] Do, 09 Januarie 2003 00:59 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
:)))))))

E

"Annette" skryf in boodskap news:avhs9p$fv3fv$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Madame Regina die waarsegster sê daar gaan nie 'n oorlog wees nie, want sy
> sien dit nie.:)
> Annette
Vorige onderwerp: Weeeeeeee - terug by die werk
Volgende onderwerp: Beurse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 15:23:17 MGT 2024