Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lekker verjaar!
|
|
Re: Lekker verjaar! [boodskap #71099 is 'n antwoord op boodskap #71094] |
Sun, 29 December 2002 16:33   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Katryn wrote:
>> bobbie's girl
>
> Ja, baie geluk van my kant af ook.
Ja, en van my kant af ook. En as
geskenk stuur ek vir jou twee weke
in New Zealand.
Tant Hessie van Christchurch
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lekker verjaar! [boodskap #72080 is 'n antwoord op boodskap #71099] |
Fri, 17 January 2003 00:27   |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in news:3E0F24F1.6090808
@rogers.com:
>
> Katryn wrote:
>
>
>>> bobbie's girl
>> Ja, baie geluk van my kant af ook.
>
> Ja, en van my kant af ook. En as
> geskenk stuur ek vir jou twee weke
> in New Zealand.
>
> Tant Hessie van Christchurch
Ai nee wragtag - elke keer as ek besluit ek is nou gatvol vir julle
spulletjie, dan kom julle uit met iets wat so diep raak aan my
binneste. Ek sien nou eers die boodskappe van gelukwense - ek wens
ek het voorheen gekyk. Baie dankie vir die goeie wense, en die
geskenk, antie - maar jy sal my eers in 'n boks moet sit om my weer
dáár te kry.
Ek werk my agterent af in my nuwe tuin, en ontdek nou spiere wat ek
nooit geweet het ek het nie. En ek voel elke jaar van my drie-en-
veertig... Bob is nou weer terug by die werk, en ek begin volgende
week. Sal dus nog skaarser wees as gewoonlik - geniet dus die
stilte. Weereens dankie, Wouter, Katryn en Antie.
Royleen
|
|
|
|
|
|
Re: Lekker verjaar! [boodskap #72212 is 'n antwoord op boodskap #72202] |
Mon, 20 January 2003 22:25   |
bobby's girl
Boodskappe: 139 Geregistreer: December 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
kin...@hotmail.com (Kinky) wrote in
news:4bb80b32.03...@posting.google.com:
> Ag, die Pompdonkie!! Hy het mos sy ou Vroetelvrien bo n
> kienkie-vrou verkies! n Swaar tyd vir my gewees maar wat, die
> lewe gaan aan. Ek sal maar op die uitkyk wees vir ietsie
> anders. Ai, hoe ver dink ek nou weer terug . . .
>
Ja-nee, ek het die ding so dopgehou - "no accounting for taste, is
there?". Nou laat jy selfs vir my terugdink - en ek is nie een wat
omkyk-omkyk loop nie. Net soms, soms, sê iemand iets, of ruik ek
iets, en dan is ek weer terug op die sandduine in Jongensfontein.
Daar waar ek jaaaare terug ook 'n Pompdonkie ontmoet het. Ai!
Royleen
|
|
|
|
Pompdonkie se dinge [boodskap #72219 is 'n antwoord op boodskap #72215] |
Tue, 21 January 2003 04:05  |
Kinky[1]
Boodskappe: 193 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn skryf in boodskap news:...
> kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
>
>> Ag, die Pompdonkie!! Hy het mos sy ou Vroetelvrien bo n kienkie-vrou
>> verkies!
>
> Jaaaaaaa...daai ene was darem 'n vry gees (free spirit).
> Hy het toe mos al die tyd vir Vroetelvrien ook nog verneuk met
> Tinkerbel. Onthou jy nie?
KinkY: Ja, ek onthou en nou is Tinkerbel ook weg! Ek sien haar en
die Pompdonkie nooit meer erens nie! Wonder of hulle nou "saam" is
soos my tieners van twee mense sê wat saam is~! :-))
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 30 12:45:20 UTC 2025
|