Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " onsuiwer wiskunde " deur TOM GOUWS
" onsuiwer wiskunde " deur TOM GOUWS [boodskap #71100] So, 29 Desember 2002 16:43
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tom Gouws (geb. 1961)

onsuiwer wiskunde

the elusive penetrates everything
you must know that everything rhymes
- Wols

die uurwerk kantel g'n. die boesmans
kon jou dit lank terug reeds vertel:
veel meer kere as wat hul kon tel,
is al wat vorm is, begoël. sjamans

kén die mistieke rekenwette van verbeelding. selfs
pythagoras moes in 'n grot eers offers bring
voor hy kon leer van vermenigvuldiging.
en eers na van gogh dieper moes delf

na steenkool en God in die skagte van die myn,
kon hy iéts sien van die son en die sonneblom.
al is ons empiries presies, bly ons matematies dom.
hoe héél ons Hom probeer bedink, ons dink te klein

om die verganklike tot die onverweerbare te jel.
ons besit bloot tydelik deur te benoem en te tel.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Vorige onderwerp: " Kersfees in Ouetehuis " deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: "Gebed om 'n volk " deur HANS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:39:44 MGT 2024