Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly
Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #6587] |
Thu, 13 June 1996 00:00  |
Wessels
Boodskappe: 43 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Hallo almal
Ek is At van der Walt van Durban, ek sit hier soos Veldsman (was dit hy)
diep beswaard die nuwe S A is nie meer 'n lekker plek nie. Ek wens ek kon
verhuis na Kanada of die VSA, enige iets moet beter wees as die chaos
hier.
My kinders het mos nie 'n toekoms hier nie, is daar nie iemand in die
buiteland wat my 'n werk wil aanbied nie ek sal enige iets doen.
Ek is registrateur by die Durbanse Onderwyskollege en my vrou is
onderwyseres by 'n Primere skool.
Ewenwel laat dit goed gaan en mag Afrikaans vir altyd voort leef.
At
d...@eastcoast.co.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7087 is 'n antwoord op boodskap #6587] |
Thu, 22 August 1996 00:00   |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article , tan...@iinet.net.au says...
>
>
>> Jou Paradys is tot 'n groot mate 'n paradys geskep deur
>> die feit dat die Engelse in die laaste paar honderd jaar die
>> oorspronklike inwoners verwilder het van die lekkerste
>> plekke en toe vir hulself nes daar geskop het. Jy hou van
>> Australie omdat dit nog essensieel die witman se land is.
>> Maar juis daarom, dra jy ook daar in Australie "die witman
>> se las." Ek weet waarvan ek praat. Ek bly in Kanada, nog 'n
>> land waar die oorspronklike inwoners vermoor en verneder
>> is deur die witmense (of hulle nou Frans of Engels gepraat
>> het.) Ons, saam met die V.S.A. ( en Mexico?) dra ook nog
>> die witman se las. Maar in Suid-Afrika is daardie las nou
>> van die witman se skouers af. Wat ookal in die toekoms is
>> vir Suid-Afrika, die witman kan nie meer verantwoordelik
>> gehou word nie. En ek dink daardie wete is meer werd as
>> al die strande vol wit mense wat julle daar het. Hoop jy dink
>> so nou en dan aan die "Blackfellows" in die woestyne van
>> Australie. Dit lyk vir my 'n mens kan by hulle diep spirituele
>> dinge leer.
>
>> Gloudina Bouwer
>
> Glowdina , jy pak my eers met 'n private e-pos aan my dan raak jy
> dieselfde snert kwyt op die nuusgroep! Ek vra jou weer hoe op aarde
> eien jy jou die soort rassistiese komentaar op 'n persoon en land toe,
> waar jy nie die persoon of land ken nie. Hoe kan jy die woorde : "Jy
> hou van Australië omdat ...." enigsins gebruik. JY KEN MY NIE!!! Julle
> het julle patriotisme vir Kanada al meermale bekend gemaak. Ek is bly
> daar oor maar gun my dan ook die reg toe oor siening van die land waar
> ek woon. Indien jy vrae daar oor het kom ons bespreek dit HIER, dit
> sal vir almal tot voordeel strek.
> Paul van der Merwe.
> Kritiek teenoor 'n situasie wat net negatief is is afbrekend en
> vernietigend, korrekte kritiek is opbouend.
>
>
Geagte Paul van der Merwe,
Ek was SO verbaas toe ek bostaande op die
nuusgroep sien. Dit was 'n stuk wat ek baie
MAANDE gelede gepos het as antwoord vir jou
op die nuusgroep, waar jy gese het die naaste aan
die Paradys is Perth, Wes Australia.
Jy het geantwoord op iemand wat gewonder het
of dit die moeite werd is om in Suid-Afrika te bly.
Ek het jou op die nuusgroep geantwoord ( maar
die sagteware het dit ook as 'n e-pos aan jou gestuur,
omdat ek vergeet het om dit te kanselleer.)
Jy het my toe 'n taamlike blitsige e-pos gestuur,
(wat ek aanvanklik aangeneem het ook op die nuus-
groep sou verskyn.) Ek het besluit om dit nie privaat
te antwoord nie. Jy het nou die regte ding gedoen
om 'n bespreking op die nuusgroep te begin.
Ek vra om verskoning vir die toon van my brief.
Maar ek staan nog daarby. Ek sien uit jou naam dat
jy heelwaarskynlik 'n Afrikaner is. Jy is nou in Aus-
tralia. Dis goed. Maar ek hou nie van witmense wat
uit Suid-Afrika gaan, en dan vir die Afrikaners in
SA se: kyk hoe lekker is dit hier in 'n ander land nie.
Dit sou dieselfde gewees het as ek gese het - dis so
lekker hier in Kanada; julle is dom om nog daar in
SA te sit.
Ek bewonder die mense wat aanhou bly in Suid-
Afrika. Ek dink die mense in SA is verlos van 'n
vreeslike las. Daar mag op die oomblik baie mis-
daad en moord wees. (Ek merk op hulle trek ook
maar los en skiet op mense daar in Australia.) Maar
hulle word nou oor die wereld gerespekteer vir hul
moed en grootheid van gees.
Ek dink ook nog dat die naaste aan die Paradys
'n plek is daar teen die hange van Tafelberg, tussen
die proteas en die fynbos. Ons het baie mooi plekke
hier in Kanada. My hart is egter nog in Suid-Afrika.
Terloops, noudat ek die oor van 'n AUSSIE het,
wanneer maak julle apologie vir al daardie Austra-
liese soldate wat julle Australiers gestuur het na
Suid-Afrika gedurende die Boere-oorlog? Ek werk
natuurlik hier in Kanada ook aan hulle vir 'n apologie.
En dan gaan ek begin met die Engelse oor daardie
konsentrasiekampe. Net sodra hulle klaar is in Bosnia.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
Re: Ek wonder of dit die moeite werd is om hier te bly [boodskap #7114 is 'n antwoord op boodskap #6587] |
Sun, 25 August 1996 00:00  |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: May 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My reaksie op Gloudina (in Kanada) en "Aussie" (daar Doer Onner):
Lyk my die hele kwessie van skuld en voordeel trek is hier onderliggend.
Moet ek skuldig voel oor Apartheid ?.
Moet ek skuldig voel oor ek emigreer het ?
Moet ek ander mense kritiseer oor hul redes vir emigreer of tuisbly ?
Moet ek skuldig voel oor die Aboriginees nou dat ek in Australie is ?
Is die mense wat bly en bou aan die nuwe SA beter as ek ?
Moet ek sleg voel oor ek onwillekeurig voordeel getrek het uit Apartheid ?
Moet ek ander mense daaroor kwalik neem, en wie ?
Bring die kwessie van skuld en bieg en slegvoel en wrok ons iewers ?
Ek verlang vreeslik na SA. Maar intussen gaan dit baie goed hier,
ek is baie geseend. So is dit. Lekker plek. Wat nou ? Ek smaak ook
soos Paul, na normaliteit. Sit nog 'n vleisie op die kole.
Skink nog 'n glasie (ingevoerde) KWV...Moet ek sleg voel
oor dit goed gaan met my hier ? Ek stuur liewer 'n dankgebed op...
Apartheid was nie my skuld nie:
Vandat ek wakkergeword het uit die Apartheid-indoktrinasieslaap, het ek
op my eie beskeie manier teen Apartheid "geveg". Ek was geen Steve Biko
of Chris Hani nie. Maar ek het soos 'n begeesterde sendeling aan almal
ge-arbei om die kwaad en onmenslikheid van Apartheid in te sien.
Ek het my diensplig vir volk en vaderland ook gedoen,
maar hier het dinge vir my te ver begin gaan.
Ek kon nie langer vleisbraai terwyl die townships aan die brand was nie,
vriende met my tuinjong wees en dan sy deur gaan inskop op 'n armykamp nie.
Moes ek diensplig kampe weier en 6 jaar in 'n tronk sit ? Of wegkruip ?
Ek kon nie net neutraal wees en aangaan met my lewe soos die meeste Suid-
Afrikaners nie, ek moes opstaan en veg (en ly) of waai. Ek het gewaai.
Maar eintlik wou ek nie loop nie, ek het my land lief, tog het ek gewaai.
So wat help my moerse gewete SA as ek nou hier sit ? Niks nie.
Op die ou end is daardie mense wat ek gekritiseer het oor hulle sit en
viool speel terwyl Rome brand die mense wat aangaan en die beste van die
situasie maak. Vir elke vinger wat ek wys, wys een terug.
Laat elke haan maar op sy eie mishoop kraai.
En as mense wil bly of ry, wie is ek om vir hulle te se of hul redes
my morele toetsie slaag ? Laat hul maak soos hul goed dink.
Elkeen leef met sy eie gewete.
Dit is soos AUSSIE seg:
> ek glo nie dit is 'n held wat bly nie of een wat emigreer nie.
> Dit is "Horses for Courses"
Daar is soms 'n duiweltjie op my skouer wat fluister:
"Die wiel draai. Ja, daai blankes in SA het die land opgeneuk en saamwerk
van die hand gewys,- hulle braai nou in hulle eie vet, pluk die vrugte daarvan.
Die lafaards is daai ouens wat nou nie kan maai wat hul gesaai het nie.
En daai ouens met bloed aan hulle hande - mag die wat hulle vervolg het
nou (met 'n swaar hand) hul regters wees en hul lewe vergal".
Maar ek klits die ou duiweltjie sommer gou af, so wraaksugtige blikskottel!
Netnou piepie hy in my KWV en maak dit suur!
Gloudina skryf:
> Ek dink ook nog dat die naaste aan die Paradys
> 'n plek is daar teen die hange van Tafelberg, tussen
> die proteas en die fynbos.
Ja, stem saam, ons het 'n erf aan die voet van 'n berg in die Kaap.
Ek wil eendag teruggaan. Maar intussen het ek ook 'n erf hier in Australie,
dit kyk uit oor die duine.
Groete.
Meer later oor die Aboriginees... (en hoekom ek nie oor hulle skuldig
voel nie - en wie wel oor hulle moet skuldig voel).
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 05:11:57 UTC 2025
|