Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plakkers
Plakkers [boodskap #70499] Do, 12 Desember 2002 18:17 na volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
nie verby is nie.

DD
Re: Plakkers [boodskap #70513 is 'n antwoord op boodskap #70499] Do, 12 Desember 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Formidabel, DD, formidabel! Jy het verblyfreg voorsien vir 'n
swaelpaar?
Dan sal God vir jou ook 'n verblyfreg voorsien in sy hemelse
koninkryk!

Groetjies,

Norbert (uit Vlaanderen)

On Thu, 12 Dec 2002 20:17:16 +0200, Davie Davis wrote:

>
> Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
> dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
> bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
> die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
> enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
> wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
> waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
> het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
> gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
> en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
> aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
> uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
> oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
> En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
> op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
> weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
> nie verby is nie.
>
> DD
>
Re: Plakkers [boodskap #70531 is 'n antwoord op boodskap #70499] Vr, 13 Desember 2002 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Jou huis se waarde behoort bietjie te styg met die nuut aangeboude kamer(s)!

Davie Davis skryf in boodskap news:...
> Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
> dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
> bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
> die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
> enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
> wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
> waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
> het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
> gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
> en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
> aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
> uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
> oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
> En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
> op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
> weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
> nie verby is nie.
>
> DD
Re: Plakkers [boodskap #70553 is 'n antwoord op boodskap #70499] Vr, 13 Desember 2002 20:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
en hulle mors net terwyl hulle die nessie bou Dawie.
Namens die voëltjie paar sê ekke dankie :-)
--
"Davie Davis"
> Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
> dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
> bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
> die lieflike pasgeverfde mosterdmuur.
Re: Plakkers [boodskap #70624 is 'n antwoord op boodskap #70513] So, 15 Desember 2002 08:09 Na vorige boodskap
Oom Gert  is tans af-lyn  Oom Gert
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
En nie hoe nie!

Ek het self 'n paar spinnekoppe wat ek nie durf verjaag nie. Ek moet sê
sedert ek hulle maar laat begaan het, het die hoeveelheid insekte wat my pla
drasties afgeneem. Ek los ook geitjies en ander reptiele uit. Hulle het vrye
toegang tot my leef ruimte. Hulle pla my nie en ek pla hulle nie. Ek is
natuurlik maar ongeduldig met die gevaarlike spinnekoppe en verskuif hulle
vriendelik na buite.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:iduhvu88nbes8cpf1ve0q6n0sug2gsc24b@4ax.com...
> Formidabel, DD, formidabel! Jy het verblyfreg voorsien vir 'n
> swaelpaar?
> Dan sal God vir jou ook 'n verblyfreg voorsien in sy hemelse
> koninkryk!
>
> Groetjies,
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
>
> On Thu, 12 Dec 2002 20:17:16 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>
>> Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
>> dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
>> bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
>> die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
>> enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
>> wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
>> waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
>> het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
>> gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
>> en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
>> aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
>> uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
>> oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
>> En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
>> op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
>> weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
>> nie verby is nie.
>>
>> DD
>>
>
Vorige onderwerp: Praat met my!
Volgende onderwerp: Kattebak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:28:01 MGT 2024