Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plakkers
Plakkers [boodskap #70499] |
Do., 12 Desember 2002 18:17  |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
nie verby is nie.
DD
|
|
|
Re: Plakkers [boodskap #70513 is 'n antwoord op boodskap #70499] |
Do., 12 Desember 2002 21:17   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Formidabel, DD, formidabel! Jy het verblyfreg voorsien vir 'n
swaelpaar?
Dan sal God vir jou ook 'n verblyfreg voorsien in sy hemelse
koninkryk!
Groetjies,
Norbert (uit Vlaanderen)
On Thu, 12 Dec 2002 20:17:16 +0200, Davie Davis wrote:
>
> Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
> dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
> bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
> die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
> enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
> wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
> waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
> het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
> gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
> en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
> aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
> uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
> oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
> En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
> op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
> weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
> nie verby is nie.
>
> DD
>
|
|
|
|
|
Re: Plakkers [boodskap #70624 is 'n antwoord op boodskap #70513] |
So., 15 Desember 2002 08:09  |
Oom Gert
Boodskappe: 38 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
En nie hoe nie!
Ek het self 'n paar spinnekoppe wat ek nie durf verjaag nie. Ek moet sê
sedert ek hulle maar laat begaan het, het die hoeveelheid insekte wat my pla
drasties afgeneem. Ek los ook geitjies en ander reptiele uit. Hulle het vrye
toegang tot my leef ruimte. Hulle pla my nie en ek pla hulle nie. Ek is
natuurlik maar ongeduldig met die gevaarlike spinnekoppe en verskuif hulle
vriendelik na buite.
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:iduhvu88nbes8cpf1ve0q6n0sug2gsc24b@4ax.com...
> Formidabel, DD, formidabel! Jy het verblyfreg voorsien vir 'n
> swaelpaar?
> Dan sal God vir jou ook 'n verblyfreg voorsien in sy hemelse
> koninkryk!
>
> Groetjies,
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
>
>
> On Thu, 12 Dec 2002 20:17:16 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>
>> Pas my huis nuut geverf. Gistermiddag sien ek
>> dat 'n ywerige swaelpaar besig is om 'n nes te
>> bou reg voor die agterdeur op die stoep teen
>> die lieflike pasgeverfde mosterdmuur. Binne
>> enkele dae gaan hulle teen die nuutgeverfde
>> wit plafon begin bou. En ek het hulle dopgehou
>> waar hulle op die stoeptralies gesit het soos hulle
>> het my dopgehou het van waar hulle op die stoeptralies
>> gesit het. Die wyfie het vir die mannetjie geknik, gevlieg
>> en gaan bakstene haal. Hy het haar gevolg en begin sement
>> aanmaak. Wat het hulle vir mekaar gesê? Ag, die ou sal ons nie
>> uitsmyt nie? Ons het gesug, 'n uitsettingsbevel oorweeg, vir 'n
>> oomblik selfs aan blatante hardhandige uitsmyting gedink.
>> En toe besluit om verblyfreg aan hulle te voorsien. Die feit dat hulle
>> op die stoep onder die dak bou vertel natuurlik dit wat geen
>> weervoorspeller die kennis het om te voorspel nie. Dat die reën laaank
>> nie verby is nie.
>>
>> DD
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 00:17:51 UTC 2025
|