Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Petisie teen verkragters en aanranders
Petisie teen verkragters en aanranders [boodskap #70406] Wo, 11 Desember 2002 07:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van vrouens, kinders en andere:
Sê wie het 2 dae aan die onderwerp spandeer - en wat duidelik uitgekom het
is dat dit net 'n gepraat is, en die mense wat as kind gemolesteer is het
onomwonde verklaar dat hulle weet dat niks gedoen gaan word om die skuldiges
te laat besin nie.

Hulle wil nou dat almal wat van sulke misdrywe bewus is, die skuldiges gaan
aankla - maar soos een dame beweer het - toe sy 'n klag wou gaan lê toe 'n
kind haar in haar vertroue geneem het, is aan haar gestel dat slegs die
moeder die klag kan onderteken. In die spesifieke geval wou die moeder nie
die kind glo nie, of het heelwaarskynlik ander redes gehad hoekom sy geweier
het om dit te teken.

'n Ander dame het weer heeltemal verkeerdelik gekom met die storie dat die
wyse waarop kinders aantrek, mans uitlok om die veragtelike daad te pleeg.
Dis natuurlik 'n hoop bollie - en mens wonder hoekom daardie mite nog so
sterk aangehang word.

Tyd van lyste met handtekeninge en praat is lankal verby.
Nou moet daar geleentheid gegee word dat wanneer daar 'n aanklag is, elke
geval op meriete behandel moet word, sonder tegniese puntjies waar die
onwillige moeder moet teken . Deur haar onwilligheid is sy self net so
skuldig soos die gewaande molesteerder.
Dit help nie om die lot in die tronk te sit nie.
Laat die skuldiges vir die res van hul lewe betaal in kontant vir die
lydendes se opvoeding en noodwendige gevolglike sielkundige behandeling.

Ek is heeltmal bereid om 'n kind, vrou of jongmens wat so 'n ondervinding
gehad het by my in te neem en te help, net sodat hulle van die monster ( nie
altyd 'n man nie) kan wegkom.

Annette
Re: Petisie teen verkragters en aanranders [boodskap #70451 is 'n antwoord op boodskap #70406] Wo, 11 Desember 2002 21:24 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Dec 2002 09:21:44 +0200, "Annette" wrote:

>
> Annette
>

Dan was daar natuurlik daai girl wat in haar kamer
oorval is deur 'n man. Hy het haar 'n klap gegee,
op die bed neergesmyt, haar beursie en draagbare
radio geneem en na die venster beweeg. Met sy een
been reeds by die venster uit, vra hy sittende op die
vensterbank:"Wat gaan jy vertel wat gebeur het?"
"Dat jy ingebreek het, my aangerand beroof en verkrag
het." antwoord sy.
"Ingebreek, ja. Aangerand, ja. Beroof, Ja.
Maar verkrag?" vra hy.
"Maar jy gaan tog nie nou al loop nie?" sê sy.

DD
Vorige onderwerp: Plase in die RSA
Volgende onderwerp: Vir Davie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:18:19 MGT 2024