| Re: TAAL + KERK: nog steeds apartheid ? [boodskap #7041] |
Ma., 19 Augustus 1996 00:00 |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
gal...@ibm.net wrote:
<<>Mense, die kwessie stel my teleur. Ek dag apartheid is dood?. Ek dag dis 1996?
>Herrinner my tog weer daaraan dat dinge nou anders is in die NUWE SA.
> Asseblief. Of is ek te haastig? >>>
In dele van die wit gemeenskap is daar deesdae 'n bietjie van 'n regse backlash.
Ek vermoed (en hoop) dat dit deel van die onvermydelike pendulum is.
As dit nie is nie, is dit 'n skeur in wit (veral Afrikaanse) geledere
wat solied raak.
Ongelukkig is dinge so dat die bitterbekke gehoor word.
Wat ontstel is dat die ding van beginsels baie swak verstaan word en
dat daar omtrent geen verbintenis tot beginsels is nie.
[Bygewerk op: Wo., 24 Junie 2026 07:46] deur moderator Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|