Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 9/11
Nuus 9/11 [boodskap #70246] |
Mon, 09 December 2002 05:19  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
1)Elaine kon nie wag om te vertel dat ons teen Pakistan gewen het nie:))
Dis waar, ons het.
Gister tydens die RSG uitsending is van die opponente as Sri Lanka gepraat.
Vanoggend het die nuusleser 'n tonglips gehad en van Hansie Bojč gepraat:))
2) 'n Vyfjarige dogtertjie van Uitenhage is dood nadat 'n skoenlapper haar
mond ingevlieg het.
3) Sampie Terblanche van die US het 'n boek geskryf wat deur Onse Prez se
broer onderskryf, ondersteun en uitgegee word waarin die huidige regering
beskuldig word dat hulle hul eie voorheenbenadeeldes verraai het en liewers
hand om die blaas staan met groot besighede.
4) Quinton Fortune kan nou nog minder doelloos rondhardloop - hy het 'n been
gebreek.
5) Die paaie het oor die naweek begin besig raak - dis vakansietyd en almal
wil gaan lê en ontspan.
6) Die 2 blondekoppe van die 5 finaliste in die Mej SA wedstryd het dit nie
gemaak nie, maar die 2 blondekoppe van die laaste 3 in The Bachelor het wel.
Annette
|
|
|
|
|
Re: Nuus 9/11 [boodskap #70251 is 'n antwoord op boodskap #70249] |
Mon, 09 December 2002 06:03   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:))) Nie behep nie - maar is dit nie interessant dat waar 'n man die keuse
het vir 'n toekomstige maat hy uit 2 blondines wil kies ,en nie kans sien
vir brunet wat indringende vrae het nie, en die skoonheidsmense waargeneem
het dat 'n blondine nie 'n kans staan om te wen by internasionale
kompetisies nie?
Ek kan glad nie saampraat oor wie intelligent is of nie, want ek het slegs
die begin en die einde wan die kompetisie gesien gisteraand gesien.
Ek stel nie eintlik in skoonheidswedstryde belang nie, maar van jongsaf
word ons vertel dat die wenner so besig is, maar mens sien geen blywende
nalatenskap van enige wenner nie. - dus 'n mors van tyd en energie 'n jaar
lank omdat hulle so slim en daarby ook mooi is.
Ek het heel aan die begin die uitdunrondteprogram gesien - en toe nie een
van die deelnemers 'n simpel algemene kennis vragie kon beantwoord het nie,
het ek besef dat my idee van intelligent en die beoordelaars nie ooreenstem
nie.
As net een van hulle daardie oggend hul koerant gelees het, ipv om die hare
100 keer te borsel, sou hulle al die algemense kennis vrae kon beantwoord.
En hier kom ek by 'n ander punt - al ooit opgelet dat diegene met die mooi
hare wat die hare glo so vreeslik elke dag borsel, niks anders in daardie
tyd doen as net hare borsel nie?
Vir my klink dit taamblik onproduktief, maar blykbaar is dit nie, want mooi
hare is 'n moet as nie swart is nie en wil wen:)))
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3df43028.0@news1.mweb.co.za...
> Wat's jy so behep met blond ~ nie-blond nie? Die nuwe Mej. SA het moerse
> selfvertroue. Dalk nie heeltemal so mooi soos daai Lee-Ann nie, maar sy
> het 'n brein.....die enigste onder die lot. Dalk het dit gehelp?
> "Annette" wrote in message
> news:at1a9o$vk888$5@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 1)Elaine kon nie wag om te vertel dat ons teen Pakistan gewen het nie:))
>> Dis waar, ons het.
>> Gister tydens die RSG uitsending is van die opponente as Sri Lanka
> gepraat.
>> Vanoggend het die nuusleser 'n tonglips gehad en van Hansie Bojč
> gepraat:))
>>
>> 2) 'n Vyfjarige dogtertjie van Uitenhage is dood nadat 'n skoenlapper
> haar
>> mond ingevlieg het.
>>
>> 3) Sampie Terblanche van die US het 'n boek geskryf wat deur Onse Prez se
>> broer onderskryf, ondersteun en uitgegee word waarin die huidige regering
>> beskuldig word dat hulle hul eie voorheenbenadeeldes verraai het en
> liewers
>> hand om die blaas staan met groot besighede.
>>
>> 4) Quinton Fortune kan nou nog minder doelloos rondhardloop - hy het 'n
> been
>> gebreek.
>>
>> 5) Die paaie het oor die naweek begin besig raak - dis vakansietyd en
> almal
>> wil gaan lê en ontspan.
>>
>> 6) Die 2 blondekoppe van die 5 finaliste in die Mej SA wedstryd het dit
> nie
>> gemaak nie, maar die 2 blondekoppe van die laaste 3 in The Bachelor het
> wel.
>>
>> Annette
>>
>>
>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Nuus 9/11 [boodskap #70282 is 'n antwoord op boodskap #70279] |
Mon, 09 December 2002 14:42  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Oops :-))
"Stone" wrote:
>>
>
> Ek ken dit as "trots OP ons spelers" en hoor en gebruik dit redelik gereeld.
> Nog nooit van "trots OM ons spelers" gehoor nie.
> :-))))))))))))))))))))))))))))))))))))
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:39:29 UTC 2025
|