Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Noppies
Noppies [boodskap #69943] Di, 03 Desember 2002 13:04 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Waar kom die woord vandaan, wat beteken dit en waar sit 'n mens se noppies?
Annette
Re: Noppies [boodskap #70003 is 'n antwoord op boodskap #69943] Wo, 04 Desember 2002 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daai een weet ek. Prof Ernst Kotze van UPE het aan my verduidelik dat 'n
nuwe trui vol wolletjies is, wat in Kaapse taal genoem word "noppies". "In
noppies" wees beteken dus dat jy grênd uitgevat is in nuwe klere wat nog vol
noppies is.

Koot

"Annette" skryf in boodskap news:asianl$r99el$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Waar kom die woord vandaan, wat beteken dit en waar sit 'n mens se noppies?
> Annette
>
Re: Noppies [boodskap #70006 is 'n antwoord op boodskap #70003] Wo, 04 Desember 2002 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Koot - dit was nou interessant. Ek ken egter glad nie van die noppies
van truie nie.
Ek het altyd aangeneem het dat om in my noppies te wees ek baie tevrede
is.
Ek kan jou ook verseker dat ek geen tevredenheid ervaar as ek 'n nuwe
nuutwol trui sou dra nie - ek jeuk my dood:))
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:ask6c4$kkp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daai een weet ek. Prof Ernst Kotze van UPE het aan my verduidelik dat 'n
> nuwe trui vol wolletjies is, wat in Kaapse taal genoem word "noppies". "In
> noppies" wees beteken dus dat jy grênd uitgevat is in nuwe klere wat nog vol
> noppies is.
>
> Koot
>
> "Annette" wrote in message
> news:asianl$r99el$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Waar kom die woord vandaan, wat beteken dit en waar sit 'n mens se noppies?
>> Annette
>>
>
Re: Noppies [boodskap #70010 is 'n antwoord op boodskap #70006] Wo, 04 Desember 2002 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Mens hoor nie dat skape daaroor kla nie.

Maar ja, ek verstaan die betekenis ook soos jy, dat dit tevredenheid
beteken - soos wat (gewone mense, nou nie jy nie, jy jeuk) sal ervaar as
hulle nuwe klere dra.

K

"Annette" skryf in boodskap news:ask71i$qjbk0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie Koot - dit was nou interessant. Ek ken egter glad nie van die noppies
> van truie nie.
> Ek het altyd aangeneem het dat om in my noppies te wees ek baie tevrede
> is.
> Ek kan jou ook verseker dat ek geen tevredenheid ervaar as ek 'n nuwe
> nuutwol trui sou dra nie - ek jeuk my dood:))
> Annette
>
> "Koot" wrote in message
> news:ask6c4$kkp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Daai een weet ek. Prof Ernst Kotze van UPE het aan my verduidelik dat 'n
>> nuwe trui vol wolletjies is, wat in Kaapse taal genoem word "noppies". "In
>> noppies" wees beteken dus dat jy grênd uitgevat is in nuwe klere wat nog vol
>> noppies is.
>>
>> Koot
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:asianl$r99el$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Waar kom die woord vandaan, wat beteken dit en waar sit 'n mens se noppies?
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Noppies [boodskap #70011 is 'n antwoord op boodskap #70010] Wo, 04 Desember 2002 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kry die arme skaap bitter jammer wat allergies vir nuutwol sou wees:))
Sjeim.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:ask7rj$l6a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mens hoor nie dat skape daaroor kla nie.
>
> Maar ja, ek verstaan die betekenis ook soos jy, dat dit tevredenheid
> beteken - soos wat (gewone mense, nou nie jy nie, jy jeuk) sal ervaar as
> hulle nuwe klere dra.
>
> K
>
> "Annette" wrote in message
> news:ask71i$qjbk0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dankie Koot - dit was nou interessant. Ek ken egter glad nie van die noppies
>> van truie nie.
>> Ek het altyd aangeneem het dat om in my noppies te wees ek baie tevrede
>> is.
>> Ek kan jou ook verseker dat ek geen tevredenheid ervaar as ek 'n nuwe
>> nuutwol trui sou dra nie - ek jeuk my dood:))
>> Annette
>>
>> "Koot" wrote in message
>> news:ask6c4$kkp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Daai een weet ek. Prof Ernst Kotze van UPE het aan my verduidelik dat 'n
>>> nuwe trui vol wolletjies is, wat in Kaapse taal genoem word "noppies". "In
>>> noppies" wees beteken dus dat jy grênd uitgevat is in nuwe klere wat nog vol
>>> noppies is.
>>>
>>> Koot
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:asianl$r99el$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Waar kom die woord vandaan, wat beteken dit en waar sit 'n mens se noppies?
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Noppies [boodskap #70046 is 'n antwoord op boodskap #69943] Wo, 04 Desember 2002 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Noppies is the leading brand for Maternity wear in Europe with sales in
over 35 countries (Europe and USA)." - geen idee waar hulle die naam van kry
nie.

"Ik heb noppies (plastic overbroekjes met klitteband, daarin een katoenen
inleg) gebruikt"

Noppies = "Nappies" = babadoek?

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Noppies [boodskap #70048 is 'n antwoord op boodskap #70046] Wo, 04 Desember 2002 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dan wil ek nie weer in my noppies wees nie.

K

>
> Noppies = "Nappies" = babadoek?
>
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Noppies [boodskap #70050 is 'n antwoord op boodskap #70046] Wo, 04 Desember 2002 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O wee - dit word al weerder!:)))
Dus in jou noppies beteken jy dra doek?:))
Annette

Happiness is a State of Mind

"TJ" skryf in boodskap news:3dedeeb0$0$235@hades.is.co.za...
> "Noppies is the leading brand for Maternity wear in Europe with sales in
> over 35 countries (Europe and USA)." - geen idee waar hulle die naam van kry
> nie.
>
> "Ik heb noppies (plastic overbroekjes met klitteband, daarin een katoenen
> inleg) gebruikt"
>
> Noppies = "Nappies" = babadoek?
>
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Noppies [boodskap #70051 is 'n antwoord op boodskap #70048] Wo, 04 Desember 2002 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet mens dit hou vir die oudag:)))
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:askrjs$66$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dan wil ek nie weer in my noppies wees nie.
>
> K
>
>>
>> Noppies = "Nappies" = babadoek?
>>
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>> www.artslink.co.za
>>
>
Re: Noppies [boodskap #70063 is 'n antwoord op boodskap #70003] Wo, 04 Desember 2002 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Daai een weet ek. Prof Ernst Kotze van UPE het aan my verduidelik dat 'n
> nuwe trui vol wolletjies is, wat in Kaapse taal genoem word "noppies". "In
> noppies" wees beteken dus dat jy grênd uitgevat is in nuwe klere wat nog vol
> noppies is.

In ons " Afrikaanse Idiome en Vaste
Uitdrukkings" (Botha..Winckler) is
daar twee uitdrukkinge met die woord
noppies in. Die een is dié waarna jy
verwys: "om in jou noppies te wees"
( to be highly pleased/satisfied.)
Maar daar is ook dié een: "Kinders is
'n seën van die Here, maar hulle hou
die noppies van die klere." (It costs
a great deal of money to raise children.)
Sou die "noppies" in beide gevalle die-
selfde oorsprong hê? En is dit miskien
verwant aan die Engelse woord "nap" wat
gebruik word soos in "the nap of the carpet."

Gloudina
Re: Noppies [boodskap #70121 is 'n antwoord op boodskap #69943] Do, 05 Desember 2002 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...

... waar sit 'n mens se noppies?
> Annette

Wou gister al vra maar was te skaam ...
Wat sê mens as jy groot noppies het? Noppe?
Re: Noppies [boodskap #70124 is 'n antwoord op boodskap #70121] Do, 05 Desember 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy vra nog!!
Vandag by die kaffee vreeslike seksie brode.
Die deeg is van buite af van beide kante na die die middel gerol. Ek het
omtrent gekyk na die drie paar borste wat so skaamteloos daar lê op die rak
voor die paais:))
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0212050426.43a74e90@posting.google.com...
> "Annette" skryf in boodskap news:...
>
> ... waar sit 'n mens se noppies?
>> Annette
>
> Wou gister al vra maar was te skaam ...
> Wat sê mens as jy groot noppies het? Noppe?
Re: Noppies [boodskap #70125 is 'n antwoord op boodskap #70063] Do, 05 Desember 2002 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Klink of dit dieselfde oorsprong het. Klink ook of die idioom 'n tweede
betekenis het, amper iets soos dat dit lekker is om kinders te hê, maar dat
hulle die beste deel van jou lewe neem - bietjie sinies!

Of, dalk was dit maar net goeie ou rymdwang...

Koot

skryf in boodskap news:3DEE1520.5030007@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Daai een weet ek. Prof Ernst Kotze van UPE het aan my verduidelik dat 'n
>> nuwe trui vol wolletjies is, wat in Kaapse taal genoem word "noppies". "In
>> noppies" wees beteken dus dat jy grênd uitgevat is in nuwe klere wat nog vol
>> noppies is.
>
> In ons " Afrikaanse Idiome en Vaste
> Uitdrukkings" (Botha..Winckler) is
> daar twee uitdrukkinge met die woord
> noppies in. Die een is dié waarna jy
> verwys: "om in jou noppies te wees"
> ( to be highly pleased/satisfied.)
> Maar daar is ook dié een: "Kinders is
> 'n seën van die Here, maar hulle hou
> die noppies van die klere." (It costs
> a great deal of money to raise children.)
> Sou die "noppies" in beide gevalle die-
> selfde oorsprong hê? En is dit miskien
> verwant aan die Engelse woord "nap" wat
> gebruik word soos in "the nap of the carpet."
>
> Gloudina
>
Re: Noppies [boodskap #70145 is 'n antwoord op boodskap #70063] Do, 05 Desember 2002 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message
news:3DEE1520.5030007@rogers.com...
>
> In ons " Afrikaanse Idiome en Vaste
> Uitdrukkings" (Botha..Winckler) is
> daar twee uitdrukkinge met die woord
> noppies in. Die een is dié waarna jy
> verwys: "om in jou noppies te wees"
> ( to be highly pleased/satisfied.)
> Maar daar is ook dié een: "Kinders is
> 'n seën van die Here, maar hulle hou
> die noppies van die klere." (It costs
> a great deal of money to raise children.)
> Sou die "noppies" in beide gevalle die-
> selfde oorsprong hê? En is dit miskien
> verwant aan die Engelse woord "nap" wat
> gebruik word soos in "the nap of
the carpet."

Die twee uitdrukkings wat jy noem kom albei ook in
Nederlands voor. So die oorsprong (surprise, surprise)
is plein Nederlands.

-In zijn nopjes zijn.

-Kinderen zijn een zegen des Heren, maar zij houden de
noppen van de kleren.

(van Dale)

Wat is dit met Afrikaners? Is hulle skaam vir die
verbintenis wat hulle taal met Nederlands het? Waarom
die oorsprong soek by "Kaapse taal" (watse ding is
dit?) en Engels?

Swart Simon
Re: Noppies [boodskap #70152 is 'n antwoord op boodskap #70145] Do, 05 Desember 2002 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> Die twee uitdrukkings wat jy noem kom albei ook in
> Nederlands voor. So die oorsprong (surprise, surprise)
> is plein Nederlands.

> -In zijn nopjes zijn.
> -Kinderen zijn een zegen des Heren, maar zij houden de
> noppen van de kleren.
> (van Dale)

> Wat is dit met Afrikaners? Is hulle skaam vir die
> verbintenis wat hulle taal met Nederlands het? Waarom
> die oorsprong soek by "Kaapse taal" (watse ding is
> dit?) en Engels?

Kalmeer jouself, van der Schans, niemand
sê dis Engels nie. Ek het maar net opgemerk
dat ons dieselfde woord ook kan terugvind
in die Engelse woord "nap." Nederlands en
Engels kom van dieselfde oertaal. Die
Engelse woord "nap" ( a dense, soft or fuzzy
surface on certain textiles..) se oorsprong
word aangegee in die American Heritage
Dictionary as Middle English noppe, from
Middle Dutch noppe....

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As iemand in sy noppies is, dan verwyder
Tant Hessie dit.
Re: Noppies [boodskap #70162 is 'n antwoord op boodskap #70145] Vr, 06 Desember 2002 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Bedaar, SS, bedaar. Ek is trots op die Nederlandse herkoms. Ek is ook trots
op die Kaapse oorsprong van baie woorde. En ja, in die Kaap word daar woorde
gebruik wat nêrens anders in die land genoem word nie.

Koot

"Swart Simon" skryf in boodskap news:3def932f.0@news1.mweb.co.za...
> wrote in message
> news:3DEE1520.5030007@rogers.com...
>>
>> In ons " Afrikaanse Idiome en Vaste
>> Uitdrukkings" (Botha..Winckler) is
>> daar twee uitdrukkinge met die woord
>> noppies in. Die een is dié waarna jy
>> verwys: "om in jou noppies te wees"
>> ( to be highly pleased/satisfied.)
>> Maar daar is ook dié een: "Kinders is
>> 'n seën van die Here, maar hulle hou
>> die noppies van die klere." (It costs
>> a great deal of money to raise children.)
>> Sou die "noppies" in beide gevalle die-
>> selfde oorsprong hê? En is dit miskien
>> verwant aan die Engelse woord "nap" wat
>> gebruik word soos in "the nap of
> the carpet."
>
>
> Die twee uitdrukkings wat jy noem kom albei ook in
> Nederlands voor. So die oorsprong (surprise, surprise)
> is plein Nederlands.
>
> -In zijn nopjes zijn.
>
> -Kinderen zijn een zegen des Heren, maar zij houden de
> noppen van de kleren.
>
> (van Dale)
>
> Wat is dit met Afrikaners? Is hulle skaam vir die
> verbintenis wat hulle taal met Nederlands het? Waarom
> die oorsprong soek by "Kaapse taal" (watse ding is
> dit?) en Engels?
>
> Swart Simon
>
Re: Noppies [boodskap #70168 is 'n antwoord op boodskap #70162] Vr, 06 Desember 2002 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis waar - Namakwaland is mos ook in die Kaap
Annette

.za> skryf in boodskap news:aspfr4$abd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bedaar, SS, bedaar. Ek is trots op die Nederlandse herkoms. Ek is ook trots
> op die Kaapse oorsprong van baie woorde. En ja, in die Kaap word daar woorde
> gebruik wat nêrens anders in die land genoem word nie.
>
> Koot
>
> "Swart Simon" wrote in message
> news:3def932f.0@news1.mweb.co.za...
>> wrote in message
>> news:3DEE1520.5030007@rogers.com...
>>>
>>> In ons " Afrikaanse Idiome en Vaste
>>> Uitdrukkings" (Botha..Winckler) is
>>> daar twee uitdrukkinge met die woord
>>> noppies in. Die een is dié waarna jy
>>> verwys: "om in jou noppies te wees"
>>> ( to be highly pleased/satisfied.)
>>> Maar daar is ook dié een: "Kinders is
>>> 'n seën van die Here, maar hulle hou
>>> die noppies van die klere." (It costs
>>> a great deal of money to raise children.)
>>> Sou die "noppies" in beide gevalle die-
>>> selfde oorsprong hê? En is dit miskien
>>> verwant aan die Engelse woord "nap" wat
>>> gebruik word soos in "the nap of the carpet."
>>
>>
>> Die twee uitdrukkings wat jy noem kom albei ook in
>> Nederlands voor. So die oorsprong (surprise, surprise)
>> is plein Nederlands.
>>
>> -In zijn nopjes zijn.
>>
>> -Kinderen zijn een zegen des Heren, maar zij houden de
>> noppen van de kleren.
>>
>> (van Dale)
>>
>> Wat is dit met Afrikaners? Is hulle skaam vir die
>> verbintenis wat hulle taal met Nederlands het? Waarom
>> die oorsprong soek by "Kaapse taal" (watse ding is
>> dit?) en Engels?
>>
>> Swart Simon
>>
>
Re: Noppies [boodskap #70194 is 'n antwoord op boodskap #70162] Sa, 07 Desember 2002 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot"
> Bedaar, SS, bedaar. Ek is trots op die Nederlandse herkoms. Ek is ook trots
> op die Kaapse oorsprong van baie woorde. En ja, in die Kaap word daar woorde
> gebruik wat nêrens anders in die land genoem word nie.
----
en die eerste Kaapse Afrikaans wat ek gehoor het in Wellington se
strate
op 'n Saterdag oggend was "JOU MA SE ****!!!"
Mettertyd raak mens gewoond aan die Kaaps Afrikaans en hoor dit nie
eers meer nie. Die Transvaler aan die anderkant is natuurlik geskok om
sulke tale te hoor, want die swart mense praat nie so oor en weer met
mekaar nie.
Re: Noppies [boodskap #70196 is 'n antwoord op boodskap #70194] Sa, 07 Desember 2002 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy bedoel jou ma se "kat"! :)))))
Annette

"Tobie" skryf in boodskap news:ass3rp$obh$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Koot"
>> Bedaar, SS, bedaar. Ek is trots op die Nederlandse herkoms. Ek is ook trots
>> op die Kaapse oorsprong van baie woorde. En ja, in die Kaap word daar woorde
>> gebruik wat nêrens anders in die land genoem word nie.
> ----
> en die eerste Kaapse Afrikaans wat ek gehoor het in Wellington se
> strate
> op 'n Saterdag oggend was "JOU MA SE ****!!!"
> Mettertyd raak mens gewoond aan die Kaaps Afrikaans en hoor dit nie
> eers meer nie. Die Transvaler aan die anderkant is natuurlik geskok om
> sulke tale te hoor, want die swart mense praat nie so oor en weer met
> mekaar nie.
>
Re: Noppies [boodskap #70199 is 'n antwoord op boodskap #70196] Sa, 07 Desember 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Dec 2002 09:18:01 +0200, "Annette" wrote:

> Jy bedoel jou ma se "kat"! :)))))

> Annette
>

of koffieaftreksel
Re: Noppies [boodskap #70201 is 'n antwoord op boodskap #70199] Sa, 07 Desember 2002 18:53 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gepraat van - ek wonder hoeveel mense gebruik nog hulle eie koffiesakke.
mens kry mos mense wat hul kussing oral neem - ek het 'n tannie wat net
koffie in haar eie koffiesak maak.

Annette

za> skryf in boodskap news:5eg4vug7etne8ifaucvjnmdiicqf7phoau@4ax.com...
> On Sat, 7 Dec 2002 09:18:01 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Jy bedoel jou ma se "kat"! :)))))
>
>> Annette
>>
>
> of koffieaftreksel
>
Vorige onderwerp: Kinderbomvervaardigers
Volgende onderwerp: Moppies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:49:28 MGT 2024