Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor 'n plek wat "Droë Waterval" genoem word
Oor 'n plek wat "Droë Waterval" genoem word [boodskap #6967] |
Fri, 09 August 1996 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die volgende gedig praat nie net oor 'n plek in
Suid-Afrika nie. Dit praat ook van die verlede en
toekoms van persoonlike lewes, die verlede en
toekoms van 'n volk, die verlede en toekoms van
'n kontinent. Merk op hoe die stalagmietvorming
wat daar naby in die Kangogrotte plaasvind, ge-
bruik word om die digter se groeiende jeugbewussyn
te beskryf. Merk ook op hoe subtiel die tema van die
waterval en die eggo's van die water gebruik word,
wanneer die vader besef dat die toekoms alreeds in
sy kinders soos 'n waterval bruis. Dwarsdeur die hele
gedig is die tema van voortreis en uitreik na die toe-
koms dominant, alhoewel dit ook 'n elegie is vir die
verlede, vir dit wat gebeur het, wat agtergelaat word.
Daar is werklik 'n plek wat Droë Waterval genoem
word in die Swartberge.
DROË WATERVAL
Ferdi Greyling
In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n klein gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
...Poqo...Mandela...
en aande in die agterkop gaan le^
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die see"ning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte bougainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.
Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop le^.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's van my verlede.
Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:
Dro"ewaterval.
'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel
Jy hoor water,
'n dun, verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.
My kinders dink die naam Dro"ewaterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.
Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle o"e, diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.
(Kyk!
Hulle ry alleen uit oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!
Op die dun pad
na Beaufort-wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle steeds!
Dit pla hulle nie
dat vroe"e mens en dier
uit die tye van die groen Karoo,
vergete in die gestolde klippe le^
waarmee die dun pad gepak is!)
Ek vind die beskrywing van die see as " 'n blou
woud" asemberowend mooi, miskien omdat 'n
mens ook onthou van die groen woude vol stink-
hout wat daar groei tussen Oudtshoorn en die see.
Die einde van die gedig is vir my ook 'n amper
emosionele skokproses. Die digter, die vader, bly
agter, wil nie totsiens sê nie. Maar die kinders
ry voort, noordwaarts, stop nie by die grense van
die bekende nie, gaan verby Olduvai (daar waar
Robert Leakey in die Skeurvallei die oergeskiede-
nis en die oervoorvaders blootle.) Hulle ry voort
na die Horing van Afrika, daardie deel van Afrika
wat die wetenskaplikes ons vertel eendag sal af-
splits van Afrika en op sy eie voortgaan. Die jeug
ry voort, vreesloos.
Resensie gepos deur Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 19:22:04 UTC 2025
|